Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Woorde is magtig en kan ander baie gelukkig of baie seer maak. Woorde is ook openbarend oor wie jy werklik is. Jou karakter skyn sommer gou deur jou woorde. Wees versigtig wat jy sê – jy het 'n veranderwoordelikheid teenoor ander sowel as teenoor jouself. Dink vóór jy praat, en wees daarmee anders as die meeste mense wat onnadenkend leef.
ONS REGTE NUL MET KRYGSWET
NOODTOESTAND EN KRYGSWET IS SINONIEM
Vandag gaan die land se president ‘n belangrike afkondiging maak aangesien ons tans ‘n “state of disaster” beleef, afgekondig na aanleiding van die Covid-19 gebeure. Dit het geskied in terme van die Disaster Management Act. Die president kan ook, in terme van die State of Emergency Act besluit om ‘n noodtoestand af te kondig indien hy van mening sou wees dat die gebeure in die land erger gaan word as wat dit tans is. Na aanleiding van regeringskommentaar dat Covid-19 wel die hoogte gaan inskiet aangesien ons meer as dubbel (gister 240) óór die 100 tal besmetting tel wat na bewering binne 40 dae 1 miljoen sal bereik, kan ons ‘n nasionale afsluit (lock down) verwag saam met, of kort daarna, die afkondig van ‘n krygswet.
In Suid-Afrika sal dit as ‘n “noodtoestand” bekend staan, maar dit is maar net ‘n woord wat dalk beter op die oor val as krygswet, dog dieselfde betekenis het.
Wat is krygswet?
Welcome to Dystopia, a state of emergency – where ‘war is peace, freedom is slavery and ignorance is strength’ – George Orwell
Krygswet beteken basies dat ‘n staat van militêre mag in werking gestel word waar die staat (regering) deur middel van buitengewone magte wat hy vir homself toe-eien, die individu se regte vir alle praktiese doeleindes opskort en die “groter belang” van die gemeenskap voorrang sal geniet. Die veelgeroemde Grondwet met sy handves van regte is dus in sulke omstandighede ondergeskik aan die bepalings wat uitgevaardig word.
Mens kan nou spekuleer maar as mens sien wat reeds aan die orde van die dag is in state soos Italië, die VSA en Spanje dan is die volgende nie uitgesluit nie:
- Jy word tot jou huis beperk en mag net met toestemming uitgaan bv in ‘n noodgeval;
- Kontant word gekonfiskeer omdat dit kwansuis die virus dra (reeds elders gebeur), of jy daag by ‘n supermark op wat eenvoudig weier om jou kontant te aanvaar (reeds elders gebeur);
- Jy kan uiteraard nie jou besigheidsperseel bereik nie en weens die verbod op almal is daar in elk geval geen besigheid om te doen nie met gepaardgaande verlies aan inkomste wat vir baie onmiddellike nood beteken;
- Die Weermag en SAPD patrolleer die strate en jy durf nie eers om die blok stap nie;
- Enige oortreding van die maatreëls is krimineel en jy word summier in hegtenis geneem en aangehou, selfs as jy net “verdag” voorkom. Dit kan onbepaald voortduur omdat jy nie voor ‘n hof gebring kan word nie. Met die oordeel wat sommige van die SAPD-lede in ons land aan die dag lê is jy eenvoudig aan hulle “genade” uitgelewer;
- Goedere wat jy nie(dadelik) nodig het nie word op beslag gelê omdat ander dit broodnodig het viroorlewing. Dus, al daai opgegaarde kos;
- Toegang tot sekere webwerwe en TV-kanale word eenvoudig afgesny en sekere webwerwe verbied. Vryheid van spraak dus opgeskort;
- Howe word gesluit en jou toegang tot die reg basies onbepaald opgeskort ongeag enige onreg wat jou aangedoen word en al sou die SAW of SAPD hulle magte oorskry;
- Alle vuurwapens word gekonfiskeer en wonings deursoek teen jou wil en vir geen bepaalde rede.
Nou ja, klink dit na ‘n samesweringsteorie? Wel, dit vind reeds plaas! En ons ken die arrogansie, gewetenloosheid, korrupsie en magsbeheptheid van sekeres wat bo ons gewone burgers gestel is. Dis nie eers nodig om te wonder hoe hulle hierdie magsituasie gaan misbruik nie!
Hoeveel mense uiteindelik die virus in ons land gaan kry weet mens nie. Een minister praat van 70% en ‘n ander “kenner” van 80%. U kan aanvaar dat dit ‘n “noodtoestand” gaan beteken. Boonop word beweer dat tot soveel as 20% van diegene wat positief toets gehospitaliseer sal moet word wat ons hospitale nie sal kan hanteernie. Waar gaan hulle gehuisves word? In kerksale en skoolsale? Om hoe lank daar te bly?
En as baie van die ernstige gevalle gaan sterf (miljoene?), hoe op dees aarde lyk die land dan wat betref sy fisiese en geestestoestand? Paniek en histerie wat heers. Waarskynlik sal chaos dan uitbreek met plundering, rooftogte en moord. Dit sal in elk geval uiters onverantwoordelik wees om nie nou vir die ergste voorsiening te maak nie.
Ons mense het eenvoudig die wil verloor om vir hulle self te dink en soos al genoem beteken dit noodwendig dat hulle alles wat die regering sê, eenvoudig goedsmoeds aanvaar. Wat hulle nie besef nie is dat ‘n tragedie hier gaan afspeel en ons die akteurs in daardie drama is! Ons speel trouens die hoofrolle in hierdie drama, dit is nie meer ‘n fliek wat ons kyk of fiksie nie, dis realiteit!
Reeds vir jare is gewaarsku dat ons ter slagting gelei word in hierdie bestel. Nou het die uur van waarheid aangebreek. Het u al enige planne gemaak? Bande- en kommunikasiekanale met enersdenkende vriende gesmee? “Vlug- en ontsnaproetes” beplan vir ingeval chaos in u buurt uitbreek? Noodsaaklike kos opgegaar (al word nou daarmee gespot)? Mediese noodvoorrade aangekoop?
“Those who would give up essential Liberty, to purchase a little temporary Safety, deserve neither Liberty nor Safety.” – Benjamin Franklin
Sien veral die volgende:
- Prepper 101: Your Survival Guide to Getting Started
- Bugout Planning
- Pandemics and How to Prepare for a Pandemic Outbreak
- Emergency Communication Preparedness Checklist
- Best Emergency Food: The Top Survival Food Supplies
Ons weet nie wat die volgende maande inhou nie. Maar om jouself nou dadelik gereed te maak kan net voordele inhou. Doen wat jy behoort te doen. Moenie jou verantwoordelikheid op ‘n ander afskuif nie en veral nie op die regering van die dag nie. En bid sonder ophou. Los dus die res in God se hande. God help mense wat ‘n krisis met geloof en bereidheid tot weerstand (en oorlewing) tegemoet gaan.
Is Bloedrivier nie die beste voorbeeld daarvan nie?