Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God hét sekere uitverkore volke, dit leer sy Woord ons, maar dit kom ook met sekere verantwoordelikhede saam: "Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees" Kol 3:12.
GOD IS IN BEHEER
Luister na wat dr Ron Paul, ‘n voomalige kongreslid van die VSA oor Covid-19 te sê het:
“People should ask themselves whether this coronavirus ‘pandemic’ could be a big hoax, with the actual danger of the disease massively exaggerated by those who seek to profit – financially or politically – from the ensuing panic.”
In ‘n vorige artikel is verwys na die uitspraak van president Franklin D. Roosevelt van die VSA:
"The only thing we have to fear is fear itself”,
sy woorde tydens sy inhuldiging in 1933 met die Groot Depressie op sy ergste.
Baie van ons ouers en grootouers het dit ook beleef, ook in die Tweede Wêreldoorlog wat die Depressie gevolg het. Geld was skaars en so ook voedsel en klere. Ons geslag weet van sulke swaarkry eintlik bitter min. Ons ouers en hulle ouers onkraakbare mense was, mense met integriteit. En hulle was mense sonder vrees omdat hulle naby aan die Here geleef het. Daarom was paniek nie deel van hulle woordeskat of mondering nie. Hulle mag tekorte gehad het, nood beleef en armoede deurleef het, maar selfsugtigheid, argeloosheid, verwaandheid en hoogmoed het hulle nie geken nie. Hulle het deur gebed hulleself gestaal teen die aanslae van die lewe.
Vandag trek ‘n epidemie van vrees deur ons en ander gemeenskappe erger as wat die Covid-19 kan doen. En dan moet mens vra hoekom? Is dit nie dalk omdat ons geloof maar ‘n kleingeloof of ‘n vlak geloof of ‘n wangeloof en dus eintlik maar ‘n ongeloof is nie? En omdat mense vrees glo hulle enigiets wat aan hulle opgedis word en gee hulle hul laaste vryhede oor aan regerings wat krimineel is; wat vir hulle onderdane nie ‘n duit omgee nie en uitstekend slaag om hulle liggelowige en ongelowige onderdane met verdere vrees en paniek te belaai.
Die virus is nie die gevaar of die probleem nie. Die agenda agter die virus en die panieksaaiery deur die magte van onheil se media wat mense intimideer, noodtoestande en krygswetafkondig – dis die probleem! ‘n Liggelowige en kleingelowige onderdaan is hoogswaarskynlik nog bestand teen die virus, maar het geen weerstand teen die virus agter die virus nie!
Edmund Burke het gesê:
"No passion so effectually robs the mind of all its powers of acting and reasoning as fear."
Terwyl mense ontken hulle vrees en is paniekerig word hulle paniek net meer. As toiletpapier opgegaar word en winkelrakke leegraak is dit ‘n teken van paniek. Leë teaters, klaskamers, parke, restaurante? Dit vererger die paniek. In plaas daarvan dat siekes en swakkes die voorkeur aandag kry – dit is immers hulle wat gaan sterf weens die Covid-19 virus – word ‘n hele bevolking geteiken, mense se besighede tot stillstand gekners, die ekonomie vernietig en mense tot die bedelstand gedwing. Nou sit die bevolking boonop met leë gedagtes en leë lewens en, ook as gevolg van hulle ongeloof, ‘n leë toekomsverwagting.
Die grootste fout wat nou deur mense gemaak word is om die regering te vertrou. Dis die laaste mense om te vertrou. Hierdie regeringsgmagte is pionne van die magte wat nou deur middel van ‘n vaksien die wêreld deur hongersnood en MedieseKrygswet (“Hunger Games”) in ‘n Nuwe Wêreldorde in wil dwing.
Weer moet die vraag gevra word? Wie trek voordeel hieruit? Die mensdom? Nee. Die regerings? Nee, want hulle sal ook in die slag bly. Dis die geldmagte, die internasionale banke, die groot multi-nasionale maatskappye, Big Pharma, die groot wapenmaatskappye, ja, almal wat deel is van die agenda om groter beheer daar te stel
Die drakoniese maatreëls wat nou ingestel word gaan nie oornag verdwyn nie. Beheer deur hierdie helse magte word nie maklik opgegee nie. En dit deur ‘n saak totaal en al buite verband te ruk! Tienduisende mense sterf weens gewone griep elke jaar. Net in die VSA het meer as 60 000 weens griep in 2018-2019 gesterf en meer as 80 000 in die 2017-2018 seisoen. So, elke jaar sterf meer mense in die VSA weens griep as wat in die totale Viëtnam-oorlog gesterf het. Maar niks is toegemaak nie. Geen restaurant nie. Geen skool nie. Geen president wat met ‘n vreesbevange gesig die land toespreek nie.Geen paniek nie.
Waarom word ons nie behoorlik ingelig nie? En waarom gaan inenting nou heel moontlik verpligtend word? U sien, die onderdanigheid wat hulle wil afdwing vereis meer paniek en vrees, meer ekonomiese chaos en armoede. Nou blyk dit boonop dat sterftes wat aan Covid-19 toegeskryf word, eintlik gevolg het op ander siekte toestande wat die persone gehad het Sien: https://www.bloomberg.com/news/articles/2020-03-18/99-of-those-who-died-from-virus-had-other-illness-italy-says
Die vraag is eenvoudig: Waarom dan die mees drastiese stappe in menseheugenis as dit die geval is!?
Die WHO, die Gates Stigting en Big Pharma het ‘n wesenlike belang daarin dat hierdie “pandemie” moet voortduur vir solank as moontlik. Dit sal waarskynlik die enkele grootste “scoop” wees as 7 miljard mense verpligte inenting moet ontvang. Dit terwyl minder as 1% van mense wat “positief” toets, sterf!
In Suid-Afrika gaan die prentjie vir die Afrikaner al droewiger word synde hy nou deur die “Einsteins” van die Nuwe Orde vertel word hoe om ‘n virus te hanteer, terwyl hulle self die grootste besmetters is van ons land! Ai en hulle is tog so slim; dis nou as mens RSG en Beeld moet glo. Wel, kyk maar hoe slim sy baas vang in die dae wat kom en hoe die “swaargewigte” van die regering met hulle geloof in voorvadergeeste vlug voor hierdie virus!
Al probleem is, soos alreeds elders genoem, ons is uitgelewer. Ons is in baie opsigte totaal magteloos.
As SARS,varkgriep, MERS, Ebola en Korona ons vrees bevange maak, dan moet ons maar weet ons het dalk in klein geloof en selfs ongeloof verval. Dan moet ons weer versterk word uit die EwigeWoord, deur Hom wat op water geloop het, die kruis oorwin het. Kan u dink as die Afrikaner nou as verenigde front verklaar het:
Ons vrees nie want God is in beheer!
Ons ouers en grootouers het tydens die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorlog nie ‘n erediens gemis nie. Al het hulle nie geld gehad vir kos nie. Want hulle geloof was hulle wapenrusting teen elke aanslag. Waar skuil ons mense vandag te midde van ‘n virus met ‘n opgeblaasde storie?
As vrees jou bemeester, weet dan maar dat jou geloof geweeg en te lig bevind word. Ons voorouers was ook by tye bang, omdat hulle mense was. Maar hulle was nooit lafaards nie, want dit is wat vrees van joumaak – bangheid sonder perke.
In Markus 6:6 lees ons hoe Jesus selfs verbaas was oor mense se ongeloof. Wat sou Hy vandag oor hierdie mensewêreld sê?
Kom ons gebruik hierdie krisis om te besin en te besef dat Jesus, die Heilige van God, Seun van die Allerhoogste, vrede bring vir die mens op aarde te midde van vrees - die mensewêreld se storms, die geesteswêreld se chaos en die dood as laastevyand en vrede wat alle verstand en alle vrees te bowe gaan!
Moenie vrees nie. Ek is met jou…
Jesaja 41:10