Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
VANDAG het God vir jou die geskenk van 86 000 sekondes gegee. Het jy een van hulle gebruik om vir Hóm dankie te sê?
WAAROM SJINA?
“Sjina is Amerika se grootste gevaar weens die ontsaglike ekonomiese groei en uitbreiding aldaar”.
Daar moet gevra word waarom Sjina voortdurend die teiken vir soveel verskeie virussoorte is waar onder griepvirusse, longvirusse en talle ander infeksies wat gedurig die hoofsentra op die suid-oostelike hoofland tref.
‘n Hoogsverdagte feit is dat elke uitbreek daarvan deur die hoofstroom-media beskryf word as “hoogs gevaarlik vir die mens” of ‘n “dodelike virus” of ‘n “pandemie” terwyl die sterftesyfers by die meeste van hierdie gevalle besonder laag is. Op hierdie wyse word die hele wêreld saamgesleep in die drama van ‘n “pandemie” wat duidelik ontwerp word om paniek en vrees te skep.
Meer nog, dit is duidelik dat hierdie pogings ontwerp word om die aandag weg te trek van werklike probleme wat deur regerings veroorsaak word. Merendeels is dit skokkende skandale en kriminele sameswerings van die elite wat hiermee toegesmeer moet word.
Die VSA is sekerlik die aktiefste land om virusse in hulle militêre bio-laboratoriums te vervaardig. Dus, as die waarheid bevestig moet word oor die Korona-virus, wys die vinger reguit na Amerika en behoort die uitbreek van die Korona-virus sonder omhaal as ‘n grootse poging tot volksmoord op Sjina beskou te word. Meer nog, met die wêreldverspreiding daarvan is dit deur en deur ‘n kriminele daad teen die mensdom.
Almal weet hoe maklik dit vir die Amerikaanse militêre mag is om met sy talle bio-wapenlaboratoriums ‘n super-virus te ontwerp en in ‘n groot stad soos Wuhan te ontplooi. Dade van bio-terrorisme word voortdurend uitgevoer. As ons terugkyk onthou ons die Spaanse griep-epidemie van 1918 wat by Fort Riley in Kansas ontstaan het waar soldate moes aanmeld by die Weermag se grootste opleidingsentrum tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die soldate is opsetlik besmet met die H1N1 griepvirus en is as voorwerpe of instrumente, vir die verspreiding van die virus gebruik. Hierdie daad was so suksesvol dat dit wel tot ‘n grootse pandemie gely en ‘n 100 miljoen mense wêreldwyd laat sterf het. As ‘n enkele Amerikaanse bio-oorlog uitgesonder kan word as die grootste uitwissingspoging van die mensdom, sal dit hierdie geval wees.
Amerika het ‘n lang geskiedenis van biologiese oorloë teen Sjina omdat Sjina ‘n groot ekonomiese gevaar vir Amerika inhou. Sjina is die één land wat weens sy kommunistiese ingesteldheid daarin slaag om onmenslike eise aan sy burgers te stel en hulle met ‘n ysterhand te beheer. Ongenadigde werksure en klein inkomstes met drakoniese beheer oor elke huishouding versterk Sjina se ekonomie met rasse skrede. En telkens as Amerika daarin slaag om dmv ‘n bio-oorlog veld te wen, staan Sjina op en presteer homself terug vóór in die ry met splinternuwe ekonomiese groei tot groot jaloesie van die VSA. Daarom dan ook dat Sjina nou ná hierdie Korona-aanslag so vinnig besig is om te herstel – hulle het ‘n virus as basis gebruik om ‘n virus-teenmiddel te ontwikkel genaamd Interferon Alpha 2B (IFNrec). Soos tevore gemeld verbied die VN Sjina om hierdie middel na ander lande te versprei. Intussen word die Sjinese gesond en is die sterftesyfer nou amper nul. Vir die VSA wat daarmee ‘n volksmoord wou pleeg is dit ‘n harde slag. Daarby is die Amerikaanse bevolking nou besig om in groot getalle die Korona-virus op te doen sonder ‘n hoogs effektiewe teenmiddel.
‘n Verslag van die International Scientific Commission for the Investigation of Facts Concerning Bacteriological Warfare in Korea en Sjina (ISC-verslag), bevestig berigte van Noord Korea en Sjina dat die VSA reeds in 1952 bakteriologiese aanvalle teen gewone burgers sowel as militêre aanvalle oor ‘n maandelange tydperk in beide die twee lande geloods het. Natuurlik het politici met die hoogste range (selfs vier ster generaals!) en manne in hoë posisies vanuit Amerika asook Brittanje hewig weerstand gebied teen die aantygings. Later is hope volumes vol berigte hieroor stil-stil en permanent uit Amerikaanse universiteite se biblioteke verwyder. Wanneer daar êrens nog ‘n kopie by ‘n veiling opgeduik het is dit baie diskreet gekoop en uit die publieke oog verwyder.
Amerika is dus dekades reeds in oorlog met Sjina, of dit biologies-, chemies- of kerngedrewe is. En vir die Sjinese is die Korona-aanval soos ‘n laaste strooi en neem hulle dit baie ernstig, selfs meer as toe die Eerste Wêreldoorlog gesneller is.
Die Sjinese owerheid sal dus nie hierdie aanvalle veel langer duld nie. Sodra hulle volkome herstel het sal Sjina samesprekings met Rusland hou. Hulle sal saamstaan en selfs saamsweer tot daar ‘n werkbare oplossing op die tafel is om Asië teen Amerika se “pro-demokratiese” internasionalisme te beskerm.
Alle Amerikaners moet kennis neem:
Korona gaan nie ongestraf bly nie, Sjina is besig om die situasie te hanteer!