MEER OOR SKRIKKELJAAR

Waar kom skrikkeljaarsdag vandaan?

Jare waarin daar ‘n ekstra dag voorgekom het is meer as 2000 jaar gelede deur Julius Caesar ondek. Die Juliaanse almanak wat natuurlik na hom vernoem is, het een belangrike reël bepaal naamlik dat elke jaar wat eweredig deur vier gedeel kon word, as ‘n skrikkeljaar bekend sou staan

'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Dan is daar letterlik 366 dae in daardie jaar, nie 365 dae nie.

 

Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op 'n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat 'n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid 'n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word.

Ons kalender of almanak soos dit soms genoem word, slaan dikwels elke honderd jaar die skrikkeljaarsdag oor bv in die jare 1700, 1800, 1900 maar nie in die jaar 2000 nie – wat baie interessant maar nie verklaarbaar is nie. Dit bring mee dat daar soms agt jaar verby gaan voordat daar weer ‘n skrikkeljaar plaasvind.

Die Gregoriaanse kalender, wat tans regdeur die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het).

Waarom Februariemaand? Februarie is gekies as die maand waarin die ekstra dag moes voorkom omdat dit die enigste maand was wat net 28 dae gehad het terwyl alle ander maande 30 of 31 dae het.

Die dertien-maande kalender is deur Auguste Comte in 1849 voorgestel. Dit was gebaseer op ‘n 364-dae lange jaar. Elkeen van die 13 maande sou 28 dae lank en presies vier weke wees. Dit het nie gerealiseer nie.

Die Gregoriaanse kalender wat nou deur die hele wêreld gebruik word, is ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe te lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-ewening geleidelik vroeër in die kalenderjaar geskuif het. Uiteindelik blyk dit die regte keuse te wees en word seisoengebeure gereeld weer reggeskuif.