NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God is besorg oor die dinge in jou hart want ʼn beter wêreld, land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in jou hart nie.  As ons met rein harte begin bid, sal ons verbaas staan oor wat God met Suid-Afrika gaan doen.

DIE MOORDVIRUS (6)

Lees reeks by Die Moordvirus

EJG Norval

VIGS IN SUID-AFRIKA (2)

In die Wes-Kaap het VIGS stadiger gegroei met 1,66% in 1995; 3,1% in 1996 en 6,2% in 1997, hoewel sekere areas soos Plettenbergbaai, Knysna en Guguletu-Khayalitcha in 1997 sowat 12% positiewe groei getoon het. Tuberkulose-gevalle het in die vorige dekade verdubbel vanweë MIV se bydrae en volgens Die Burger (Januarie 1997) het die voorkoms van MIV in die Wes-Kaap tussen Januarie 1996 en Januarie 1997 verdubbel van 3,09% tot 6,29%. Teen hierdie tempo sou 24% van die Wes-Kaapse bevolking twee jaar later MIV-draers wees. Op 2 Desember 1997 het Die Burger berig dat 13% van Khayalitsha se inwoners besmet is en dat 'n Wêreldbankverslag voorspel het dat die epidemie Afrika gaan verswelg.

Verder is berig dat die siektesyfer elke 12 maande in Transvaal verdubbel, dat daar reeds 2,4 miljoen gevalle bekend is en dat daar 7 miljoen MIV-draers sou wees teen 2007, bo en behalwe die 1,5 wat dan reeds aan VIGS sou ly. Geprojekteerde waardes het daarop gewys dat die Transvaalsyfer tot 25% in 2002 sou styg.

Die Australiese pers het berig dat Suid-Afrika een van die wêreld se vinnigste groeiende VIGS-infeksietempo's het, dat ongeveer 5 miljoen Suid-Afrikaners teen 2000 deur die virus geïnfekteerd is, en dat die verdubbelingsperiode tussen 20 tot 24 maande is.

Die AIDS Bulletin van 1992 skryf dat die verdubbelingstyd 7 tot 9 maande was in 1988-1989. Daarna het die SA Mediese Joernaal:84, 1994, berig dat die verdubbeling elke 12 maande plaasvind.

VIGS in Suid-Afrika het vinnig toegeneem in Suid-Afrika, in weerwil van die SA Departement van Gesondheid wat in Oktober 2003 verklaar het dat daar net 4,69 miljoen MIV-positiewe mense in die land was, en dat die infeksietempo aan die afplat was – dit was dus 'n leuen want ons weet dit het pandemiese afmetings aangeneem en dat grootskaalse behandeling van die massas buite die kwessie is. Daar is geen fondse beskikbaar om alle MIV-draers gratis op staatsonkoste te behandel nie, en dit geld vir enige land ter wêreld maar veral vir Suid-Afrika wat deur 'n kommunistiese regime nie belastingsbetalersgeld kanaliseer na waar dit moet gaan nie.

Ten spyte van president Bush (jr) se $1 000 miljoen skenking van Amerikaanse belastinggeld aan Afrika (soos in Augustus 2002 deur die media gerapporteer) waarmee Afrikalande anti-retrovirale medikasie moes koop om "VIGS hok te slaan", het dit niks bygedra om MIV te stuit nie. Soos later beskryf, kan die sogenaamde "anti-retrovirale middels" slegs VIGS se simptome tydelik vertraag en uiteindelik is dit net skatryk Amerikaanse farmaseutiese korporasies en hul aandeelhouers in die VSA-regering wat by die aankope baat.

Volgens Clem Sunter van die Anglo-American Maatskappy sou VIGS-medikasie in 1996 al op R50 000 per persoon per jaar te staan gekom het en sou R100 miljard benodig word om 2 miljoen MIV-draers te behandel, 'n som wat 20% meer as hierdie land se totale bruto binnelandse inkomste beloop het.

Die volgende aanhalings is beramings wat die tempo waarteen VIGS in Suid-Afrika uitbrei aantoon:

  • Volgens die BS: Julie 2000 is SA by verre die ergste geaffekteerde land. Syfers deur die VV se organisasie, UNAIDS, het voorspel dat die helfte van tienerseuns vandag, later in SA sal sterf aan VIGS. Hulle self het ook nie hul weg oopgesien om betyds genoeg anti-retrovirale middels aan Suid-Afrika te verskaf nie.
  • Die UNAIDS-verslag van 2003 het gemeld dat 70% van alle manlike persone tussen 15 en 49 jaar oud in die Afrika Statebondslande MIV-positief is. Ook is dit bekend gemaak dat Suid-Afrika, wat maar 1% van die wêreld se bevolking uitmaak, 'n yslike 12% van die wêreld se VIGS-getalle uitmaak en dat 5 000 slagoffers daagliks in SA aan VIGS sterf – Augustus 2003.
  • Die John Hopkins Universiteit in die VSA het in Oktober 2003 verslag gedoen oor die stand van VIGS in suidelike Afrika en onder ander gewaarsku dat 66% van die kinders in Suid-Afrika teen 2015 aan VIGS sal sterf. Sou dit moontlik wees om die risikofaktore in hierdie groep met 50% te halveer, sou daar steeds 47% van die kinders teen 2015 sterf.
  • In Botswana sal 88% van die kinders teen 2015 gesterf het en sou die Botswana regering daarin slaag om die land se risikofaktore te halveer, daar steeds 78% gaan sterf.
  • In Zimbabwe is die ooreenstemmende syfer 52% en al sou die risikofaktore totaal verwyder word, sal al die huidige MIV-draers teen 2015 uitsterf. Volgens die UNAIDS-verslag is dit egter oral  te laat om die ramp af te wend en gaan die lewensverwagting vir SA teen 2010 slegs 30 jaar wees. Geen wonder die SA Gesondheidsdepartement keer dat die statistiek bekend gemaak word nie aangesien syfers soos hierdie wat in die UNAIDS-verslag vervat is, 'n verleentheid is en een wat soos 'n etiket om die regering se nek hang dat VIGS buite beheer is. Sulke statistiek skep geen beleggersvertroue nie en nog minder dien dit as 'n toeriste-aantreklikheid.
  • Die Burger: September 1998 se hoofartikel getitel "Dreigende VIGS-epidemie", berig: "Volgens die Wêreldbank dra een uit elke veertien mense in SA die MIV-virus. Die syfer kan straks nog styg omdat die virus die land ook deur baie onwettige immigrante ingebring word uit Afrika suid van die Sahara, waar 63% van die inwoners reeds besmet is."
  • Ekonome by die Universiteit van Natal het beraam dat daar teen 2000 reeds 250 000 Suid-Afrikaanse VIGS-wesies was en dat die getal teen 2005 tot 1 miljoen sou toeneem (die waarheid sou ons egter nooit later verneem nie). Sowat 60% van alle MIV+ mense in SA val in die 15-25 jaar ouderdomsgroep. Interessantsheidshalwe kan hier genoem word dat mense ouer as 35 jaar die VIGS-simptome gouer ontwikkel as jonger mense na infeksie.
  • Volgens die 'SR Epidemiological Comments'  (vol 2.1, 1994), is die verspreiding van die siekte onder die verskillende bevolkings by verre die hoogste in swart bevolkings.
  • In sekere streke in Suid-Afrika is die infeksietempo buite verhouding hoog (die sogenaamde 'hot spots') soos Fort Beaufort-omgewing waar 50% van die mense in 2002 positief getoets het – Die Tigerland: Maart 2002, en die Richardsbaai-gebied waar 'n syfer van 45% in 1997 voorgekom het.
  • Die lyk nie of VIGS-onderwys op skole enige vrugte afgewerp het nie: 87% van skoolkinders in die drie hoogste grade is seksueel aktief – hiervan beoefen 52% 'onveilige' sekspraktyke, en 47% glo dat die siekte geneesbaar is – SA Med. Journal: vol 82, 2992.
  • Van die tradisionele genesers is daar 71% wat nie glo dat seksuele omgang die hoofoorsaak is van MIV/VIGS nie. Terselfdertyd glo 71% dat 'n diep soen nie VIGS kan veroorsaak nie en het baie lede van die swart bevolking probleme met die beoefen van sogenaamde 'veilige seks' aangesien hulle kondome beskou as 'n "challenge to the male ego, and were associated with sexually transmitted diseases. Their contraceptive properties were viewed with suspicion and considered undesirable by  those teenagers who wished to prove their fertility."

Intussen tik die VIGS-bom meedoënloos voort in Afrika, onder die wakende oog van die SA Departement van Gesondheid en die UNAIDS-organisasie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1701 gaste aanlyn