Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
...en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hulle vaders gegee het – Jeremia 24:10
DIE MOORDVIRUS (5)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN SUID-AFRIKA (1)
In die boek 'Facing up to AIDS, the Socio-economic Impact in South Africa', skryf Cross en Whiteside die volgende:
"Whites have portrayed AIDS as a solution to the black population, while blacks regards it as a conspiracy to reduce their numbers. The psychological impact of AIDS in SA, with its divided an mutually suspicious sections, will cast a dark shadow over the era of post-apartheid reconstruction."
Tussen die jare 1986 – 1989 was daar in Suid-Afrika slegs 'n paar MIV-positiewe homoseksuele mans wat die siekte in die VSA opgedoen het, maar daarna het die siekte onder die swart bevolking in Soweto begin posvat. Dit is toegeskryf aan die 'freedom fighters' wat hierdie land geïnfiltreer het om basisse in swart woongebiede te vestig.
Die eerste HIV2-geval en die eerste gevalle van HIV1 het blykbaar in 1988-1989 in Suid-Afrika verskyn. Die NS: Nov 1987 berig dat daar 2 234 MIV-draers in 1987 opgeteken is, maar dat die werklike aantal toe eerder nader aan 15 000 kon wees. Die NS: Julie 1993 berig dat daar teen Julie 1993 sowat 300 000 draers in Suid-Afrika was en dat die getal elke twaalf maande verdubbel het.
Volgens Garrett was daar 400 000 gevalle in 1991 en die SA Med Joernal: nr 82 van 1992 is die getal tussen 754 000 en 1 020 000 vir einde van 1990 geraam. Die Cape Argust: 1 Nov 1996 berig dat daar toe 2,4 miljoen MIV+ persone in SA was en dat behandeling teen VIGS met 'n kombinasie van middels sowat R4 800 per maand per persoon gekos het wat duidelik buite bereik van die meeste was.
Die Burger van 30 November 1996 het berig dat die voorkomstempo onder vroue wat na-geboorteklinieke besoek het, gestyg het van 2,5% in Augustus 1993, tot 7,57% in 1994 en 10,44% in 1995. In Natal was die syfer 18,23% in 1995. In Transvaal het die syfer van 6,44% in 1994 tot 12,03% in 1995 toegeneem.
Die Burger het in dieselfde jaar, 1996, ook berig dat tot 2 000 mense per dag in Suid-Afrika met MIV geïnfekteer word terwyl die Sunday Independent van 1 September 1996 berig het dat daar elke dag 1 900 persone in Suid-Afrika gediagnoseer word met MIV (die diagnosesyfer is natuurlik 'n heeltemal ander saak as die werklike syfer aangesien derduisende nooit ondersoek is nie).
Die Argus van 11 Maart 1998 het berig dat Suid-Afrika se VIGS-omvang die grootste in die hele wêreld is met 1 800 nuwe (slegs aangemelde) gevalle elke dag. Die nasionale infeksiekoers vir SA was 2,76% aan die einde van 1990; 1,49% in 1991; 2,69% in 1992; 4,69% aan die einde van 1993; 7,57% in Oktober 1994; 12% in November 1995; 14% in 1996; 16% in 1997; en 24,8% in 2001 – dit is uit 'n bevolking van 43,6 miljoen geneem. Natal was voor met 27%; Oos-Transvaal tweede met 22%; en Wes-Kaap slegs 8%.
Teen die einde van die jaar 2000 was die nasionale infeksie-tempo reeds 24,5%. Die VIGS-groeitempo vir Natal was soos volg: 4,77% in 1992; 14,35% in 1994; 26,9% in 1997; en 32,5% in 1998.
In die 1990's het die infeksietempo in voorgeboortelike klinieke in SA gestyg van 1% in 1990 tot bykans 30% in 1997. Die UNAIDS NATIONAL RESPONSE BRIEF (www.unaids.com) wys daarop dat die persentasie hospitaalbeddens wat toe beset is deur VIGS-pasiënte tot 70% volwassenes was en natuurlik sowat 30% kinders.
Volgens die TLC Tydskrif van die SA Mediese Raad, vol 6 van 2002, het die Mediese Navorsingsraad berig dat daar in 2001 4,7 miljoen mense in Suid-Afrika aan VIGS ly, wat meer as enige ander land in die wêreld was. Volgens hulle was 33% van alle sterftegevalle in die land aan VIGS toegeskryf wat dit toe die grootste moordenaar verklaar het. Die verwagting was dat die syfer in 2010 tot 66% sou styg met 'n kumulatiewe syfer van tot sewe miljoen sterfgevalle. Toe reeds het die Raad die gemiddelde geskatte lewensverwagting wat 54 jaar was verlaag na 41 jaar.
Volgens die 2004 UNAIDS-verslag het navorsing getoon dat 15 miljoen Suid-Afrikaners MIV-positief is (toe geneem uit 'n bevolking van 43 miljoen).
(VIGS in SA (2) vervolg)