DIE MOORDVIRUS (2)

Lees reeks by Die Moordvirus

EJG Norval

WAAR EN WANNEER DIE OORSPRONG

Ons het in die eerste aflewering gelees hoe onverantwoordelik verskeie regerings in die wêreld omgegaan het met die VIGS-kwessie, hoe hulle op 'n spesifieke tydstip hulle siening daaroor verander het as gevolg van politieke druk en –invloed en dit klaarblyklik nie beveg nie omdat die wêreldbevolking minder gemaak moet word. Nou kyk ons eers na die ontstaan van die virus, waar en hoe dit bekend geword het.

Die meeste mense ken die afkorting VIGS, of waarvoor dit staan, Verworwe Immuungebrek Sindroom, (in Engels AIDS wat staan vir Aquired Immune Deficiency Syndrome). Hierdie siekte is in 1979 die eerste maal in San Francisco se Algemene Hospitaal by ‘n klompie homoseksuele opgemerk. Die benaming Gay Related Immuno Deficiency Syndrome of te wel GRIDS het dus hiervandaan sy oorsprong. Ons kan vandag in alle eerlikheid sê dat die media naas die VSA-regeringsagentskappe en mediese establishment die grootste aandeel daaraan gehad het om die wanpersepsie te skep dat VIGS ‘n homoseksuele siekte is, ‘n beskouing wat tot sneller verspreiding van die virus gelei het deur die aard en omvang daarvan te verswyg.

Dit is dié virus waarvan gemaak is of dit nie juis te gevaarlik en te oordraagbaar is nie. Dat die VIGS-virus selfs in speeksel en longslym voorkom, is egter later bevestig waarna die gevaar daarvan nie langer betwis kon word nie - MIV kan van een persoon na 'n ander oorgedra word deur byvoorbeeld met nies of hoes. Dit is moontlik omdat die virus selfs 'n paar dae buite die gasheer oorleef. Tot 1996 is dit nie geglo nie maar daarna het gevalle begin bekend word waar pasiënte hospitaalkamers met MIV-lyers gedeel het en alle ander oordraagbaarheidsfaktore uitgeskakel is wat navorsing hieroor aan die gang gesit het. Die eerste gevalle hieroor is in New York en daarna ook in Afrika aangeteken. Dit is aanvanklik stilgehou vir die publiek tot dit in Augustus daardie jaar deur die media uitgelek het.

In 1985 het wetenskaplikes bevind dat die Swart vroue in Afrika baie vatbaar vir die virus is. Die Reagan-regering se uitspraak was egter dat die virus geensins heteroseksueel oordraagbaar is nie en gevolglik het die alte gewillige media saamgewerk deur die ontdekking van die virus by Afrika-vroue sumier af te skiet.

Interessant dat die New York bloedbank tot 1984 met hand en tand gekeer het dat gebergde bloed vir virusse ondersoek word en kon dié teorie nie sonder meer weerlê word nie. As gevolg van die leuens wat deur persone in sleutelposisies van die grootste bloedbanke was het duisende hemofilie-lyers MIV-positief geword nadat hulle ongetoetste bloed ontvang het. Selfs die Britse minister van gesondheid het telkens in die openbaar die gevaar van VIGS as oordrewe afgemaak en was direk die oorsaak dat daar twee jaar later duisende mense MIV positief was deur bloed wat hulle ontvang het. Die Amerikaanse regering het nie dié ‘homoseksuele’ siekte as belangrik beskou nie en sterftes het bly toeneem.

Omdat die toestand gesien is as ‘n oormaat van seksueel-oordraagbare siektes was daar geen simpatie vanaf die staat nie en is hierdie mening verwoord deur Senator J Denton wat dit so aan die media gestel het: “Let the faggots die," en ook daarom was in 1985 die beraamde kans om infeksie deur ‘n bloedoortapping op te doen een uit 5 000 terwyl 18% van die bloedbanke in Afrika besmet was. Dit was die direkte gevolg van dwelmslawe wat hulle bloed vir ‘n paar dollar aan bloedbanke verkoop het om te betaal vir sy volgende ‘regmakertjie’ terwyl die bloedbankbedryf floreer het.

Daarby het die Reagan-regering se 50% besnoeiing in die begroting van die bloedbankbedryf ‘n 50% afskaal van inspeksies by bloedbanke meegebring waarna ‘n periode van vier jaar gevolg het waarin ongetoetste bloed die hele wêreld vol versprei is.  Dus is nie net Amerikaanse mans besmet met MIV nie maar die hele Europa.

Die Franse publiek was woedend nadat hulle te hore gekom het dat hulle regering heeltyd geweet het van die besmetting maar steeds met die invoere voortgegaan het. Nadat genoeg druk uitgeoefen is het die US National Intitute of Health die bedrag van $2,24 miljoen vir navorsing ontvang en het die wedloop oor wie die virus nou regtig  sou‘ontdek’  begin. Ene Rozenbaum het in 1983 ‘n limfklier-biopsie van ‘n homoseksuele man geneem waarin die ensiem trutranskriptase gevind is. Dit het verklap dat ‘n RNA-virus van die Retro-virusgroep vir hierdie gevreeste siekte verantwoordelik is.

Van die biopsiemateriaal is deur ene Montagnier van die Pasteur Instituut na die Amerikaanse viroloog Gallo van die National Cancer Institute gestuur en die twee here het beide navorsing gedoen wat na groot stryd met mekaar wat in die hof sy draai gemaak het, gelei het tot die ontdekking dat die virus slegs op menslike witbloedselle groei. Eers in 1986 het die drie wetenskaplikes, ene Max Essex, Luc Montagnier en Robert Gallo erkenning  vir hulle deurbraak oor die mees gevreesde virus ter wêreld in die vorm van die Albert Lasker Medical Research Award ontvang. Ter verduideliking oor wat die verskil tussen VIGS en MIV is: Wanneer iemand positief toets vir MIV kom dit daarop neer dat die persoon slegs geïnfekteerd is met die virus. Hy mag geen simptome toon nie of dalk aan ligtegraadse simptome ly. Wanneer ‘n persoon egter die finale stadium van die virus ingaan is die eerste tekens ‘n vervalle immuunstelsel en veelvuldige infeksies as gevolg daarvan. Talle leuens oor die prognose van die virus is egter deur sogenaamde ‘kenners’ vir jare versprei, soos dat nie meer as 30% slagoffers van MIV uiteindelik VIGS kry;  dat slegs 10% wat VIGS gekry het sal sterf, ens., ens.  Hulle was van die mees vooraanstaande viroloë en mediese-agentskappe, natuurlik ondersteun deur die media.

Maar die een saak wat hierdie ‘kenners’ probeer verswyg het, was die ontdekking dat die VIGS-virus nie ‘n natuurlik virus is nie.  Dit het geen verre oorsprong gehad nie en die teenliggaampies kon net so ver soos 1978 teruggespoor word. Uit die woorde van een van die wetenskaplikes genaamd Garret: “It was not a natural virus, in that, as time would tell, it’s key outer envelope site bore only ‘n partial resemblance to wild virusses” ontstaan dan die geregverdige vraag: Is die VIGS-virus chemies ontwikkel om as geheime biologiese oorlogswapen teen oorpopulasie  van die wêreld te dien?  Indien wel, wie is die meesters wat die toutjies trek met watter eindresultaat in gedagte? Die vraag waarom daar moontlik opsetlik 'n dodelike virus wêreldwyd losgelaat is, onstaan onwillekeurig wanneer daar na die effektiewe verspreiding en onwillige bekamping van die MIV-virus gekyk word. Aanvanklik is ontvangers van bloed wysgemaak dat VIGS nie deur bloedoortappings oordraagbaar is nie.

Dit was op die oog af met 'n bepaalde agenda in gedagte: 'n ideale metode om die siekte wyd en vinnig te versprei. Amerika het byvoorbeeld ongeveer 70% van Brittanje se bloedvoorrade verskaf en só verseker dat duisende ontvangers blootgestel is. Eers vroeg in die tagtigerjare het dit bekend geword dat talle hemofilie-lyers op hierdie wyse besmet is. Ook in die VSA is geen skenkingbloed vooraf vir VIGS getoets nie tot die druk daarvoor te veel geraak het in 1985. Dat dwelmslawe onwetend ingespan is om aan die verspreiding van VIGS mee te doen het geblyk toe regerings begin het om skoon spuitnaalde gratis aan verslaafdes te voorsien kamtig in ruil vir gebruikte naalde.

Verspreiding van die virus is hierdeur sogenaamd probeer bekamp wat die gebruik van dwelms eerder aangemoedig het as omVIGS-oordrag te verlangsaam. In 1995 was daar net in New York alleen ongeveer 200 000 dwelmslawe wat gereeld nuwe spuitnaalde gevra het, 'n syfer wat baie maklik vasgestel is deur die uitdeel van naalde, 'n uiters geslaagde beplanning sou mens kon sê.

Dié praktyk het ook dwelmslawe in Italië van 4% in 1981 tot 76% in 1986 laat toeneem, en is in talle lande waaronder die VSA, Frankryk, Australië, Kanada, en Duitsland toegepas. Sommiges soos Frankryk het selfs pakkies opgemaak met naalde, alkohol, lappies, kondome ensomeer, onder die vaandel van bekamping van VIGS/MIV-verspreiding. Dit het egter bygedra tot die eskalering van dwelmafhanklikes, ongeveer 300 000 in Parys teen 1995.Sonder om te wetenskaplik daarna te kyk kan met alle stelligheid aangeneem word dat VIGS deur middel van seksuele kontak oorgedra word. Navorsingmetodes net soos met ander seksuele oordraagbare siektes waaronder sifilis, herpes, gonoreë en ander, het wetenskaplikes die sekerheid van hierdie stelling gegee. Daar bestaan egter geen bewys dat kondome die virusoordraagbaarheid totaal uitskakel nie. Amerikaanse navorsers het bevind dat rubber/latex-materiaal sekere virusse kan deurlaat, waaronder die MIV-virus gereken word. Vertikale oordrag van die virus, of dan die geboortelike oordrag van moeder na baba, is een van die 'doeltreffendste' metodes om die verspreiding daarvan te bevorder.

Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) was daar 3 miljoen MIV-positiewe moeders in 1990 waarvan vyf uit ses in Afrika gereken is. In 2003 is daar net in Suid-Afrika alleen 70 000 gemelde MIV-positiewe babas gebore. Heelwat van hulle het oor die algemeen by geboorte ook hart- en longprobleme, tuberkulose, breinvliesontsteking en talle ander kwale wat meebring dat hulle nie 'n lang lewe te wagte kan wees nie.

Wetenskaplikes beweer dat borsvoeding deur besmette moeders 'n verdere 15% bydrae tot oordrag van die virus aan hulle babas. Dit is moontlik dat die MIV-virus deur 'n oop wond oorgedra kan word. Sou 'n besmette persoon byvoorbeeld in dieselfde motorongeluk as 'n onbesmette persoon beseer word en hulle wonde in aanraking kom, is dit moontlik dat die onbesmette persoon die virus hierdeur kan kry.

Medici leef onder konstante spanning dat hulle die virus by besmette pasiënte kan opdoen deur 'n klein wondjie aan sy eie liggaam. Tandartse is selfs lugtig vir besmette spatsels van slym of bloed uit 'n pasiënt se mond wat maklik deur die dendritiese selle in slymvliese soos die oë opgeneem kan word. Daar is uiteenlopende menings oor die oordraagbaarheid van die virus deur middel van insekte soos muskiete.

Studies het getoon dat MIV twee tot drie dae in 'n muskiet oorleef nadat dit 'gevoed' is met besmette bloed. Hieroor glo sommige wetenskaplikes dit kan so oorgedra word, maar daar is ook diegene wat sterk daarteen standpunt inneem; dit is tans slegs 'n teoretiese vermoede met geen bewyse. En laastens, soos prostitusie deur owerhede aangemoedig is, is ook 'n algemene bandelose seksuele leefstyl met rede deur hulle aangepor, en is die aanspoor van 'vrye liefde' onder nie net jong mense nie maar almal wat 'n permissiewe leefwyse goedgekeur. Met 'n bandelose seksuele lewe en veelvuldige bedmaats is glo geen fout te vind nie, maar 'n faktor om mee rekening te hou in die verspreiding van VIGS.