Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die vloei van die geskiedenis deur alle tye heen, ook óns volk s'n, is gewortel in die fontein van menslike gedagtes. 'n Mens se gedrag word grootliks bepaal deur wat ons dink. Daarom leer die Woord ons in Spreuke 4:23 om ons hart, meer as alles wat ons het, te bewaar want die oorspronge van die lewe kom daarvandaan.
DIE MOORDVIRUS (1)
EJG Norval
POLITIES-KORREKTE VIGS
In die vroeë 1980's het 81 regerings wette gemaak wat mense onder andere verplig het om MIV-toetse te ondergaan. Europese lande het MIV-draers uit hul lande gedeporteer en in stede soos München is MIV-positiewe staatsdienswerkers afgedank. Kuba het tussen 1986 en 1988 sowat een en 'n half miljoen MIV-toetse uitgevoer, 174 MIV-positiewe mense is geïdentifiseer en agter tralies geïsoleer. Indië en China het buitelandse studente getoets en alle MIV-draers gedeporteer.
In Junie 1987 het die Amerikaanse Republikeinse Koukus voorstelle ingedien om MIV-draers te kwarantyn. In Minnesota, Texas en Colorado is wette aanvaar dat MIV-draers in daardie state gekwarantyn moes word. Wetenskaplikes het die Reagan-administrasie en ander regerings tydens die Third International Conference on AIDS in Junie 1987 heftig gekritiseer oor verpligte MIV-toets, deportasies en beperkings op immigrasie. Die Senaat het nietemin daarvoor gestem dat alle voornemende, buitelandse studente, immigrante en langtermyn besoekers na die VSA toetse moes ondergaan en MIV-negatief moes toets alvorens hulle verblyf in die VSA toegestaan sou word. Hierdie bepaling word nie meer toegepas nie want sedert 1991 het 11 miljoen Meksikane (die meeste onwettig) die VSA ingestroom.
Die aantal MIV-slagoffers word bepaal deur anonieme bloedtoetse en dit "provides an overall picture of the prevalence of HIV without any single sample being traceable to any individual" (NS: Nov 1992) Die etiese aspek van die metode is nie moreel regverdigbaar nie want so word MIV+-draers nie geïdentifiseer en opgevolg vir verdere behandeling nie.
Die mediese establishment sorg dat alle toetsuitslae geheim bly en is dus indirek aandadig aan die toename van VIGS. Die establishment is tevrede daarmee dat MIV-draers ongehinderd voortgaan om MIV te versprei. Hulle is daarvoor te vinde dat 'n persoon se status geheim gehou word en dat daar nie teen die persoon gediskrimineer moet word nie. Let op na die dubbele standaarde wat die WGO/CDC toepas: Ebola-gevalle en al hul kontakte word dadelik afgesonder terwyl mense met MIV sosiale vryheid geniet.
Die Britse Public Health Laboratory Service (PHLS) het in Januarie 1990 begin met anonieme MIV-toetse op bloedmonsters, wat in hospitale en honderde klinieke om ander redes as MIV-bepalings getrek is. Daardeur kon regeringsagentskappe glo 'n goeie indruk kry van hoeveel mense geïnfekteer is en hoe vinnig die MIV deur die bevolking versprei.
Help hierdie epidemiologiese data die persoon met die virus enigsins? Nee, want die persone wie se bloed getoets is bly annoniem. Hy mag nie geïdentifiseer word nie. So 'n persoon mag nie eers self weet dat sy bloed sonder sy toestemming getoets is nie. So word hy toegelaat om dood en verwoesting verder te saai.
Tydens die 1988 'London Summit' het wetenskaplikes en menseregtekampvegters sterk te velde getrek teen praktyke wat hulle as 'AIDS-related discrimination' bestempel het. Dit het reeds in die 1980's gebly dat die siekte 'n wêreldwye impak in die sosiopolitieke aspek van die samelewing gemaak het en dat baie mense daaraan ook 'n rassekonnotasie geheg het.
Regeringstandpunte het verander en daar kon nie meer gediskrimineer word teen MIV+-draers nie. Die samelewing moes noodgedwonge enige geïnfekteerde persoon in skole en in werksplekke aanvaar terwyl VIGS-bewustheidsprogramme mense moes verseker dat draers geen gevaar vir die res van die samelewing inhou nie.
Soos dit later duidelik sal word uit opvolgartikels in hierdie reeks, word hierdie stelling sterk bevraagteken en word die stelling getoets of die motief agter die VIGS de-diskriminasie nie deel vorm van 'n wêreldwye depopulasie-agenda nie. Ongeïnfekteerde mense moet teen wil en dank aan geïnfekteerdes blootgestel word net om die "menseregte" van laasgenoemde te eerbiedig. Aanvanklik was baie regerings ten gunste daarvan dat mense met VIGS onder kwarantyn geplaas of uit hul lande gedeporteer word. Voorsprakers van menseregte, adviseurs, redakteurs, korporatiewe druk, gay-aktiviste, die WGO en verskeie organisasies het openbare meninge en regeringsbeleid ten opsigte van VIGS-diskriminasie totaal omgekeer.
VIGS sou waarskynlik verdwyn het indien die VSA outoriteite en regeringsagentskappe alle MIV-draers (soos in die geval van Ebola) reeds in 1979 geïdentifiseer en onder kwarantyn geplaas het. Toe was daar net 'n klein groepie draers met MIV en hierdie mense kon maklik geïsoleer word ter wille van die gesondheid van die hele wêreldbevolking. Maar helaas, die Reagan-administrasie het voete gesleep, navorsingsfondse besnoei, wetenskaplikes afgedank en toegelaat dat disinformasie in die kommunikasiemedia versprei word. En dit ten spyte van die feit dat epidemioloë en sommige viroloë voorspel en gewaarsku het dat die VIGS op 'n internasionale katastrofe afstuur.
In Suid-Afrika het 'n besondere VIGS-kultuur ontstaan waar MIV-negatiewe mense hulle vereenselwig met die regte van MIV+ mense. T-hemde is gedruk en selfs Mandela het destyds in die openbaar gespog met 'n HIV+ T-hemp. VIGS is verpolitiseer. Intussen word MIV-negatiewe mense se reg op gesondheid en lewe vertrap en hulle mag hulself nie beskerm teen hierdie dodelike siekte nie.