Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer alles van ons weggeneem word, behou ons die standhoudende troos: God se liefde – dit is onaantasbaar en ewig. Die mens wat daarin skuil, sal staande bly ongeag die storms om hom.
SELFOON- TEGNOLOGIE EN DIE GEVARE
Dr Willem Jordaan
Of ons nou daarvan hou of nie, die tegnologie in die selfoonbedryf is eenvoudig verstommend. ‘n Mens doen deesdae feitlik alles op jou selfoon – van banksake tot jou kosbestellings; en o ja, mens bel darem ook daarmee!
Daar word nou beweeg na 5G oftewel 5e generasie sellulêre telekommunikasie. Die bandreikwydtes raak oorvol en SG is net soveel vinniger en aantrekliker. SG en die IOT (Internet of Things) beloof om ons te verbind in kennis, skole, parke en waar ookal met triljoene objekte in die wêreld.
5G beloof om minstens 100 biljoen apparate te ondersteun en sal sowat 10 tot 100 keer vinniger as 4G wees. 4G was weer 10 maal vinniger as 3G. Om inligting af te laai sal nou 10 Giga-grepe per sekond behels.
Dit gaan dus oor spoed en effektiwiteit. Die torings is ook baie kleiner en die ou torings van 30 meter sal nou deur torinkies van net meer as ‘n meter vervang word.
Maar wat natuurlik nie beklemtoon word nie is die gevare. Dit is vir die menslike liggaam meer skadelik as goed, so kom ons kyk na gevolge wat ontstaan as gevolg van die bestraling, as mens dit so durf noem, wat kom van chroniese blootstelling aan selfone en sy eweknie:
- kortsluitings in ons DNA se enkel asook dubbel spirale samestellings;
- oksidasie-skade vind plaas; dit beteken die elektrone wat in ons brein van neuron na neuron as boodskapper moet oorgaan en nou oksideer, maw soos ‘n roes wat daarop ontstaan, veroorsaak ‘n suurstoftekort en dan ‘n tekort aan elektrone. Dit het siektes tot gevolg soos altzheimers en parkinsons, wat degeneratiewe siektes is wat breinfunksies verhoed;
- die metabolismeprosesse wat selle moet reguleer word afgebreek;
- bloedvloei na die brein word geaffekteer;
- die vlakke van melatonien, ‘n aminosuur wat die brein benodig, word afgetakel;
- die glukosemetabolisme van die brein word afgebreek;
- stress-proteïne word erfbare materiaal en beïnvloed geslag na geslag.
Daar is ook vasgestel dat die radio frekwensie-bestraling van selfone kanker veroorsaak. Studies het bevind dat dit die vel ook aantas en velkanker ‘n sterk moontlikheid word.
Studies wat in die Medical Research Institute van die Kanazawa Mediese Universiteit in Japan gedoen is, het aangetoon dat millimeter-golwe verskeie vlakke van selfoonbestraling veroorsaak wat selfs die oppervlak onder die oog penetreer, dus nie net die slymvliese soos in die oog nie.
In Rusland is bevind dat selfoonbestraling ook ‘n effek op diere soos katte het. Ook die immuniteit van mense word hierdeur aangetas. Verdere studies het aangetoon dat dit die groei van selle belemmer asook dat mense se weerstand teen bakterie mettertyd sal verlaag soos selle al swakker sal word.
Die negatiewe effek wat dit op plante het sal ook met tyd eskaleer, selfs die groente wat ons wil eet sal beskadig word.
Sekere voëlsoorte is selfs al verdryf deur die bestraling van selfone. Ook bye het die spit daarmee
afgebyt en word die bevolkingsgetalle bedreig.
Daar word bereken dat in alle ontwikkelde lande minstens 7 uit 10 kinders selfone besit vóór die ouderdom van 10 jaar oud. Kinders speel nie meer ander speletjies nie maar speel op hul selfone. Dis skokkend om te besef dat amper niemand aan die gevare daarvan dink nie en die kinders net laat voortgaan. Dit is grootliks te wyte aan selfoonvervaardigers wat net hul winsmarge in ag neem. Daar behoort wetgewing hieroor soortgelyk aan die rook van sigarette te wees waar daar op die pakkie die gevare van rook uitgespel word. Geen selfoon behoort verkoop te word waarop die gevare nie in fyn besonderhede uitgedruk is nie.
Een skrywer stel dit soos volg:
In fact, this giant uncontrolled experiment on children and adults has already begun, despite on urgent international apeal by term of thousands of scientists, doctors and environmental organizations calling for a halt to SG development.
Die volgende is reeds aangemeld:
- ... health problems such as insomnia, miscarriage, memory problems and other neurological issues, and there are widespread reports of annihilation of insect and bird populations.
In Wene, Oostenryk, is reeds bevind dat kinders die volgende simptome ondervind weens blootstelling aan elektroniese bestraling:
- ...nosebleeds, headaches, eye problems, chest pain, nausea, fatique, tinnitus, dizziness, flu-like symptoms and cardiac pain.
En nou gaan 5G-satelliete, wat baie meer gaan wees as tans, ook die die kwessie van bestraling vererger. Nie net is privaatheid daarmee heen in die era waarin ons leef nie, maar ons gesondheid is, of ons dit wil of nie, op die spel want die bestraling tref ook die nie-gebruikers van selfone.
Wanneer gaan die massas opstaan teen die geldmag en sy vernietigende geldmaakprojekte!