Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons hoef nie die hele wêreld op ons skouers te dra nie. Jesus sê sy juk is sag en sy las is lig: Jesus se 'juk' is die redding van die mensdom; sy 'las' is om mense te oortuig van sy Liefde en Genade, en Hy nooi ons uit om dit saam met Hom te dra; los jou eie sware las en neem Jesus se uitnoding aan.
BRITTANJE EN DONALD TRUMP
Dr Danie Theron
BRITTANJE SE ROL IN DIE ONDERMYNING VAN DONALD TRUMP SE PRESIDENTSKAP
Ek is tans besig om die boek van MCE van Schoor, Chistiaan Rudolph de Wet: Krygsman en Volksman, te lees. Dit het in 2007 verskyn. Hieroor sal ek later skryf maar mens word opnuut met veragting vervul vir die wandade van die Britte tydens die Tweede-Vryheidsoorlog. En toe hulle die oorlog teen ‘n klein klompie Boere nie met regverdige oorlogvoering kon wen nie, toe wend hulle hul tot barbaarsheid teen weerlose vroue en kinders. “British foulplay”.
Vandag skryf ek egter oor ‘n man wat op 12 Februarie 2019 in die ouderdom van 96 jaar oorlede is en wat waarskynlik by meeste van die lesers onbekend is. Terloops, 2 Februarie is die geboortedatum van president Abraham Lincoln.
Lyndon H Larouche, ‘n Amerikaner, was veral in die VSA bekend vir sy politieke visie en die korrektheid van sy uitsprake oor neo-kolonialisme. Hy het ook ‘n boek geskryf Neo-colonialism in Africa wat wys hoe sogenaamde “onafhanklikheid” in Afrika net gelei het tot ‘n nuwe vorm van kolonialisme waar VSA en Britse maatskappye regerings omgekoop het en Afrika se minerale verder gestroop word.
Op sy en sy vrou se webtuiste www.larouchepac.com kan baie insiggewende artikels gelees word onder meer oor sy verwagtinge van BRICS (die gesamentlike poging deur Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-AFrika) om Amerika se houvas op die wêreld te verbreek.
Die ondersoek wat sedert Trump se verkiessing as president in die VSA aan die gang is (en niks oplewer nie) het wel nou aan die lig gebring dat niemand anders nie as Barack Obama vals inligting wat uit Londen afkomstig is gebruik het om te probeer insinueer dat Rusland ingemeng het in die verkiesing.
Die voormalige MI6-agent Christopher Steele het aan sy hanteerder, die voormalige adjunk prokureur-generaal Bruce Ohr gestel dat hy enigiets sou doen om te verhoed dat Trump as president verkies word.
Steele het ‘n vals dossier opgestel wat bewerings bevat dat Putin en Trump saamwerk. Die FBI het geweet dat dit ‘n klomp leuens is maar is sedertdien besig met ‘n ondersoek waarvoor die Clintons betaal het.
Die voormalige hoof van die MI6, Buttayé se Intelligensiediens, Sir Richard Dearlove, het die aanvoorwerk vir hierdie smeer-kampanje uit Buttayé begin en dit wil lyk asof dit nou gaan boemerang.
Brittanje was naamlik bang dat die spesiale verhouding wat tussen die VSA en Buttayé (se geldmagte) heers, deur Trump verydel sou word.
Dit is ook bekend dat Dearlove die leuens oor Irak se “wapens van massavernietiging” help versprei het wat tot Irak se vernietiging gelei het.
Wat ter sake en op die spel is volgens Larouche is dat Buttayé ten alle koste wil verhoed dat enige bande tussen die VSA, Rusland en China aangeknoop word. Die “City of London” se finansiële heerskappy is duidelik besig om te verkrummel.
Dit is die skreiende ironie waarmee ons in die pers bestook word: Terwyl Trump as die krimineel uitgesonder word met Putin as sy “vennoot”, word die subversiewe optrede van die vorige president Barack Obama en Hillary Clinton toegesmeer.
Dit is nogal ‘n vraag wie die grootste kriminele in die VSA is; die Bushfamilie of die Clintongesin.
Dit is bekend dat die Vrymesselaars die Britse politiek beheer en ook baie sterk bande met Amerikaanse presidente (uitgesonderd Trump) gehad het. So is Amerikaanse beleid dikwels geplooi om Vrymesselaarbelange (Joodse belange) te bevorder.
Larouche het ‘n unieke siening oor wêreldgebeure en daardie webblad kan gerus gelees word om ‘n alternatiewe blik op wêreldgebeure te kry.