Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Beleef jy baie fisiese pyn, teleurstellings, of verlies in jou gemoed? Onthou wat God vir jou sê: "Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig..." Jeremia 1:5
WANNEER GAAN DIE AMERIKAANSE RYK VAL?
Dr Pieter Swart
Alle ryke het in duie gestort. Dit kan in klippe uitgekap word. Tans is daar een moondheid wat beslis besig is om tekens te toon van agteruitgang: die Amerikaanse ryk.
Mense sal verskil want op die oog af lyk alles nog goed. Die dollar is baie sterk. Aandele op Wallstraat se pryse is hemelhoog. Verskeie state skuld die VSA geld wat in dollar terugbetaal moet word. Die VSA het militêre basisse oor die hele wêreld gevestig en lyk dit net of daar geen einde is aan die uitbreiding van Amerikaanse mag nie. Die VSA het met die ontginning van olie (“fracking”) ook sy posisie verstewig en gaan selfs olie uitvoer.
Maar is die groot katastrofe nie dalk net om die draai nie? Die woord beteken immers oorspronklik “sudden downturn” of dan skielike afwaartse spiraal. Word na die saak in diepte gekyk, sal inderdaad bevind word dat dit die geval is. Die supermoondheid wat sy mag op alle terreine kan uitoefen bevind hom nou in ‘n posisie waar sy ekonomiese, militêre, tegnologiese en kulturele mag deur ander moondhede bedreig word. Sy invloed is besig om te taan.
Die USSR se val is in die vroeë 80’s deur Alexander Soltzenitzyn voorspel. Hy is uitgelag. Enkele jare later het dit gebeur. So, mens sal waarskynlik nou ook uitgelag word as ‘n soortgelyke voorspelling oor die Amerikaanse ryk gemaak word.
Wat besef moet word is dat ‘n ryk wat val, nie dadelik die sigbare tekens daarvan toon nie, en dat dit ook nie eensklaps gebeur nie. ‘n Staat in ‘n toestand van verval kan vir jare aanmekaar gehou word alhoewel die verval wel sal gebeur.
Dmitry Orlov het ‘n boek geskryf The Five Stages of Collapse: Survivors Booklet. Daarin beskryf hy die 5 fases van verval.
Die eerste fase is finansiële verval. Geloof in “business as usual” is verloor. Die tweede fase is kommersiële induiestorting. Geloof dat die “werk” sal voorsien is verloor. Die derde fase is politieke verval. Geloof dat die regering na jou sal omsien is verloor. Tydens die vierde fase vind sosiale verval plaas. Jy glo nie meer dat jou “eie mense” iets vir jou gaan doen nie. Tydens fase 5 vind kulturele verval plaas.
So, die orkes kan nog speel en die mense sing en dans, maar die skip is besig om te sink. Soos die Titanic. Intussen is die arm mense van die samelewing juis die mense wat die verval aan hulle lywe voel. Hulle het nie meer geld en basiese dinge in die lewe nie.
Intussen sal die media elke dag verkondig dat die ekonomie nog nooit so goed gelyk het nie. Mense wil nie die waarheid self in die oë staar nie, maar verkies om hulle te verlaat op persone wat juis betaal word om die teendeel te verkondig.
Donald Trump se beloftes kom tot niks en toegewings wat gemaak word stel die rykes in staat om ryker te word. Die begrotingstekort vir 2018 het $279 biljoen oorskry. Die bergrotingstekort het met 17% vanaf 2017 tot 2018 vergroot. Die regeringskuld het astronomiese afmetings aangeneem en net die rente sal eersdaags ‘n half triljoen doller per jaar beloop.
Trump maak ook meer vyande as vriende. Rusland, China, Duitsland, Frankryk ens. In Sirië het die VSA nie meer beheer oor die lugweë nie want Rusland het toegetree en hom tegnologies getroef. Die VSA gaan nie eens meer by die vredesproses betrek word nie en beplan om te onttrek.
Sedert 9/11 het die VSA $4 704 439 588 304 in die Midde-Ooste bestee, of sowat $14 000 vir elke burger van die VSA. Rusland lyk al meer na die nugtere denker en tree met redelikheid op; iets wat geheel en al by die VSA ontbreek.
Verskeie state verkies om nie meer in doller sake te doen nie maar maak byvoorbeeld gebruik van “currency swaps”. Die VSA se sanksies maak dat ander state na mekaar, eerder as na die VSA kyk vir goedere. As die doller nie meer nodig gaan wees vir internasionale handel nie, hoef state dit ook nie in reserwe te hou nie en hoef hulle ook nie handelsoorskotte met die VSA te handhaaf nie. VSA-goedere wat nie meer in aanvraag is nie plaas produsente in ‘n verknorsing. So word die Chinese Huwai-foon nou verkies bo die Amerikaanse I-phone. En boonop het die Chinese die VSA in tegnologie verbygesteek.
Die Amerikaanse politiek is in ‘n totale gemors gedompel met Demokraat én Republikein wat teen Trump gedraai het. Daar is van beleid nie meer sprake nie, wel van “impedement_ en ‘n “shut-down” van regering. Die gewone burger is boonop so oningelig dat hulle geen idee het wat aangaan nie. Televisie, Amerikaanse voetbal en basketbal en MacDonalds is omtrent die somtotaal van hulle bestaan.
Geen politieke rigting kan boonop bereik word waar almal in die regering (Demokraat en Republikein) deur Joodse geld beheer word en voorgesê word wat om te sê en te doen nie.
Daar is verder geen binding meer tussen Amerikaners nie. Die “melting pot” is besig om om te smelt. Vyftig persent van Amerikaners praat nie eens meer Engels nie. Van ‘n eenvormige Amerikaanse kultuur is daar geen sprake nie. Daar is geen gemeenskaplike dryfveer en ideaal nie en Amerikaners verneder en belaster mekaar en hulle president.
Amerikaners gee nie meer vir mekaar om nie en is vasgekluister aan televisiestelle en aan selfone. Alles het onpersoonlik geword. Wat het van status geword sónder geld?
Kulturele en sosiale verval is reeds ver gevorderd. Finansiële katastrofe kan enige dag plaasvind. Kommersiële verval is op die tafel en politieke verval is sigbaar.
So ja, die Amerikaanse ryk se einde is dus nader as wat ons besef.