Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, dis nie dat ek U probeer verstaan sodat ek in U kan glo nie; ek glo HERE, sodat ek kan verstaan. En ek glo ook dat ek nooit sal verstaan as ek nie glo nie.
DIE “BONES”
Dr Willem Jordaan
We offer no objections to their excisting claws
No one disputes with them their right...
Only he who wears upon his breast their emblem
He for every part shall be considered best
Yale student 1873
Die meeste mense wil niks daarvan weet dat meeste gebeure in die geskiedenis plaasgevind het as gevolg van ‘n sameswering of ‘n komplot nie. Dws, as gevolg van beplanning nie. Volgens hulle vind hierdie gebeure onbepland en spontaan plaas.
So bv het die twee wêreldoorloë glo spontaan plaasgevind en seker 9/11 ook! Wat hulle nie weet nie is dat diegene wat hierdie gebeure beplan het en wat die “amptelike” geskiedenis skryf, dws die goedgekeurde geskiedenis, wil hê dat hulle moet glo gebeure hou nie verband met mekaar nie en dat dit die een of ander “mal alleenloper” of “mal diktator” is wat gebeure eensklaps laat plaasvind het.
So byvoorbeeld is enkele ure na die sluipmoord op president John F Kennedy verklaar dat dit nie gebeur het as gevolg van ‘n sameswering nie, en soos Antony Sutton skryf:
...regardless of the fact that a negative proposition can never be proven.
Neem byvoorbeeld in ag dat die Rockefeller Foundation in 1946 $139 000 bewillig het sodat die “amptelike” geskiedenis oor die Tweede Wêreldoorlog geskryf kon word; dws die goedgekeurde geskiedenis. Daarvoor is vroeër die American Historical Association gestig sowel as die American Economic Association. So word die mense gekies, die tema bepaal en die doelwitte vasgestel.
Vir enigiemand dus om die “amptelike weergawe” aan te val, of in twyfel te trek, vra baie moed en goeie navorsing. Om ‘n sameswering te bewys, is daar gewoonlik drie vrae om te beantwoord:
1 Word geheime vergaderings gehou en dinge in die geheim beplan en vir die buitewêreld geheim gehou?
2 Word aksies beplan vanuit so ‘n organisasie/vergadering?
3 Is die aksies in ooreenstemming met die huidige orde of in stryd daarmee? As dit in stryd daarmee is, is dit beslis ‘n komplot.
Die organisasie wat ons in hierdie artikel onder die soeklig plaas bestaan al vir 85 jaar. Verskeie name bestaan waaronder Chapter 322, The Russell Trust, Brotherwood of Death, Skull and Bones of dan net Bones.
Dit opereer te Yale Universiteit in die VSA. Dit stipuleer baie duidelik dat dit ‘n geheime organisasie is en die lede daarvan sweer om alles daarvan geheim te hou.
In 1933 het generaal William Huntington, en Russel en Alphonso Taft, die Bones te Yale gestig. Taft se seun William Howard Taft het beide hoofregter en president van die VSA geword . Vyftien finale-jaar studente van Yale word jaarliks ingesweer en vergaderings vind plaas te Deer Island in die St Lawrence River. Daar is dus sedert 1832 meer as 3000 lede ingelyf waarvan 500 op enige gegewe tyd leef. Ongeveer ‘n kwart van die lewende lede is aktief betrokke in een of ander organisasie om die doelstellings daarvan te bevorder.
Lidmaatskap geskied slegs op uitnodiging. Daar word veral gekyk na ‘n voornemende lid se agtergrond, familie en betrokkenheid, “ a man that can go along”.
Inlywing geskied dmv ‘n uitgebreide ritueel en sielkundige kondisionering. Elke lid kry ‘n spesiale naam.
“Bonesmen” bereik ‘n baie prominente posisie in die samelewing indien hulle wil. Die nommer 322 op die embleem verwys na die jaar 322 vC waarin die Griekse orator Demosthenes dood is. Juis op daardie tydstip is Athene omskep van ‘n demokrasie na ‘n plutokrasie.
Die klubhuis is ‘n klinkersteen-gebou en word The Tomb genoem. Gerugte wil dat die kopbeen van Geronimo, die bekende Apache-leier, in die klubhuis aangehou word. Verskeie vooraanstaande Amerikaanse families het sake van die Bones deur al die jare rigtinggewend bepaal, soos die Rothschilds die ekwivalent van die Bones, genaamd The Group, vanuit Oxford Universiteit bepaal het.
Die Bones het elke organisasie in die VSA geïnfiltreer. Hulle beheer dus sake in die VSA. Gevolglik beheer hulle die politieke diskoers in die VSA en is daar nie sprake van ‘n vrywillige spontane ontwikkeling van die politiek in die VSA nie.
Talle van die invloedryke organisasies is deur Bones gestig. Hulle tentakels strek oor elke spektrum van die Amerikaanse samelewing
Die aktiwiteite van The Order (die Bones) is daarop gerig om die samelewing te verander, die wêreld te verander en ‘n Nuwe Wêreldorde daar te stel. In daardie wêreld is daar nie grense nie, geen persoonlike vryheid nie, geen beskerming deur ‘n grondwet nie en geen onderskeibare identiteit nie.
Die Bones beheer al die belangrike stigtings in die VSA. Om konflik te genereer, wat essensiëel is om verandering daar te stel, word twee opponerende idees of groepe gesteun . Dit verteenwoordig die tese en antitese. Die sintese (die oplossing) word deur die Orde (Bones) bepaal. So, die konflik van opponerende magte is essensiëel om verandering te bewerkstellig. Dit word die dialektiese proses genoem wat deur Fichte en Hegel daargestel is.
So sien ons vandag dat “verandering” of “hervorming” elke politieke agenda beheer en bepaal. Konflik is dus noodwendig daar en “konflikbestuur” is die antwoord. Dit word deur die Orde gedoen
Die Orde is verteenwoordig in die Council of Foreign Relations , die Trilaterel Commission, die Bilderbergers, die Bohemian Club, die Rtgs Society en die Atlantic Council en Fichte en Hegel. Voormelde is ongetwyfeld die “think tank” van Amerikaanse politieke beleid.
Sowat 1 miljoen Amerikaners verwerf grade elke jaar waarvan 30 000 doktorsgrade, aan die sowat 2500 instellings vir hoër opvoeding. Daarom is dit gewoon verstommend dat ‘n organisasie met sowat 300-400 lewende lede so ‘n greep op Amerika kan verkry. Die antwoord is geleë in min onomstootlike feite:
1 Joodse geld het hierdie “bright sparks” geïdentifiseer en befonds.
2 Die media is ook die nuttige idiote en prostitute wat die aangeduide beleid propageer.
So word die sowat 40 miljoen gegradueerdes van die VSA, wat te lui is om self ‘n mening te vorm ook vir die gek gehou.