Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sou U as regter handel o HEER, en gadeslaan die goddelose wandel van hierdie Afrikanervolk, ag, sou ons dan bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees; So word U, HEER, met bewing reg kinderlik gevrees.
PAUL KAGAME: DIE SLAGTER VAN RWANDA
Dr JJ Snyman
Die artikel op Maroelamedia se webwerf “Afrika-pessimisme en ‘n piesang republiek” geskryf deur Nico Stegmann het baie belofte getoon by die aanvanklike lees daarvan. Maar dan verwys hy na Rwanda as ‘n uitsondering op die reël, ‘n land wat “merkwaardig herstel” het volgens hom. Hy maak melding van ‘n “burgeroorlog” wat daar gewoed het, dat Paul Kagame ‘n “goeie leier” is, en dies meer. Wel, wel...
Wat is die waarheid oor Paul Kagame? In die eerste plek dat hy waarskynlik die grootste mensemoordenaar is wat Afrika ooit gesien het. Ja, hy stel selfs vir Idi Amin in die skadu. Hoe so?
Kagame het meer as vyf keer soveel mense vermoor as Idi Amin. Hy het Rwanda in 1990 ingeval en ‘n oorlog van verowering gevoer wat in 1994 geëindig het; 800 000 lewens later word beweer. In 1996 het hy die Demokratiese Republiek van die Kongo ingeval en dit het vier miljoen slagoffers geëis.
Kagame is ‘n diktator, en alhoewel lid van die minderheidsgroep, die Tutsi’s, kry hy 93% van die stemme terwyl die Hutu’s 90% van die bevolking uitmaak. Dit terwyl die Hutu’s hom as ‘n veroweraar en terroris sien.
In die Weste word hy as ‘n held en redder gesien. In die The New Yorker word hy bestempel as die Abraham Lincoln van Afrika.
Daar kan net een rede wees waarom hy in die VSA as ‘n held beskou word: Hy dien die VSA se belange.
Daar was geen grootskaalse etniese onrus vóór Kagame met sy oorlog teen die Hutu-meerderheid begin het nie. Van ‘n burgeroorlog was daar nie sprake nie. Kagame met sy Tutsi-soldate het Rwanda ingeval in Oktober 1990. Die VSA het hom daarin ondersteun.
Uiteindelik is die Arusha-ooreenkoms in 1993 onderteken wat aan Kagane met sy onbeduidende Tutsi-minderheid baie mag gegee het. So het Kagame met sy Rwanda Patriotic Front (RPF) hulself in Rwanda gekonsolideer. ‘n Verkiesing moes egter binne 22 maande gehou word wat Kagame nooit sou kon wen nie.
Op 6 April 1994 word die vliegtuig van Rwanda se president, Juvénal Habyarimana en Burundi se president, Cyprien Ntaryamira neergeskiet deur die RPF. Kagane en sy RPF gebruik hierdie insident om ‘n massamoord van hoofsaaklik Hutu’s te laat plaasvind en binne net drie maande verower hy Rwanda.
Habyarimana was ‘n Hutu en het Rwanda regeer vanaf 1973 tot en met die sluipmoord op hom. Aanvanklik het Hutu’s, uit vrees vir wat gaan gebeur weens die sluipmoord, die Tutsi’s begin vermoor. Kagame se deeglike voorbereiding vóór hierdie sluipmoord het egter gesorg dat dit in ‘n Hutu-slagting ontaard.
‘n Ondersoek na die gebeure het presies dit aan die lig gebring – dat Kagame vir alles verantwoordelik was. Die VSA het die ondersoek in die kiem gesmoor.
“Amptelike bronne” wil dat 800 000 Tutsi’s vermoor is. Feit is dat daar nie eers 800 000 Tutsi’s in Rwanda in 1994 was nie.
Dit is skaamtelose Amerikaanse propaganda om Kagame as die held en die Tutsi’s as die slagoffers uit te beeld – ‘n infame leuen.
Volgens ‘n Rwanda-sensus van 1991 was daar maar 590 000 Tutsi’s in Rwanda!
Kagame was in die VSA opgelei te Fort Leavensworth. Hy was dus getaak vir hierdie slagting. En Habyarimana is voortdurend deur die VSA onder druk geplaas om Kagame te akkomodeer. Die VSA het sit en toekyk hoe die menseslagting plaasvind en nie ‘n vinger verroer om in te gryp of minstens ‘n stilstand te bewerkstellig nie.
Vir die VSA was dit maar net nóg ‘n geval van “collateral damage” om hulle doelwitte te bereik.
Die International Criminal Tribunal for Rwanda (ICTR) het gesorg dat die VSA se weergawe van die gebeure aan die wêreld vertel word. Dit was nie geregtigheid wat geskied het nie, maar “victor’s justice”.
Die aanvanklike aanklaer, Carla Del Ponte wou Kagane aankla van die moord op president Habyarimana. Sy is onmiddellik afgedank en vervang met Louise Arbour. Die ICTR wou ook bevind dat daar ‘n Hutu-sameswering was om Tutsi’s te vermoor maar kon dit nooit bewys nie.