Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet maar elke keer wanneer 'n stemmetjie van binne jou tot impulsiewe gedrag aanspoor, of jou in versoeking bring om iets te doen of te sê wat ander krenk of benadeel, leuens te vertel, of selfs daardie stemmetjie wat jou genadeloos bly beskuldig: dit is nié God se stem nie!
DIE JOODSE REVOLUSIONÊRE GEES
Dr Danie Theron
The Jews having rejected Logos (Christ), were inevitable rendered revolutionaries.
Daar het al baie boeke oor die Jode verskyn. Self het ek baie boeke oor die Jode gelees. As ek ‘n paar mag uitsonder wat beslis gelees moet word is dit The Zionist Factor van Ivor Benson, Judaïsm Discovered van Michael Hoffman, Controversy of Zion van Douglas Reed ea. Dit is uitstaande werke en ‘n absolute moet vir enigeen wat iets van die Joodse gees wil verstaan.
Maar sover dit mag gaan, sal mens steeds op werke afkom wat uitstaande is. So het ek afgekom op die werk van Michael Jones, The Jewish Revolutionary Spirit and the Impact on World Humanity. Wat ‘n uitstaande werk! Terloops, Amazon, die maatskappy van die rykste man op aarde, Jeff Bezos, verkoop die boek tweedehands vir $150, sowat R2 100!
Die Jode wat Christus verwerp het moes noodwendig iets in die plek daarvan stel. Volgens Jones is dit die revolusie. Die “Christian God acts with Logos” volgens Jones en die Jode wat Christus verwerp het, het hierteen in opstand gekom. Ja, hulle voer oorlog teen die Christendom. Volgens hom is die Joodse gevaar baie groter as die Islam-gevaar omdat dit “the threat of subversion from within” is, “otherwise known as revolution”. Enige nasie wat rebelleer teen God sal uiteindelik vind dat hy deur Jode beheer en regeer word.
Toe Jesus vir die Jode sê dat Abraham nie hulle vader is nie, maar die duiwel, was ras (afstamming) nie meer die fokuspunt van Joodwees nie maar die gees wat in hulle en hulle proseliete vaardig is.
Soos Jones dit stel:
The rejection of the Higher Logos at the unavoidable core of one’s religion or even as a determining factor of who is to count as a member of one’s community means that a revolutionary spirit is entuned with that community”.
Volgens Jones het die Jode ook baie inspirasie uit die Kabalah gekry, wat niks anders is as “toordery” nie.
Magic was a way of bringing about heaven on earth and was ultimately band up with the use of the new scientific worldview.
Ook dié losies van die Vrymesselaars onder Joodse invloed het sy spore in die Kabalah.
The exoteric past of that movement became the Royal Society; the exoteric part became Freemasonary.
Die Vrymesselary in Engeland het volgens Jones meegewerk om die Franse Revolusie te weeg te bring.
The Masonic lodges brought down the bourbon dynasty and ushered in the French Revolution.
Joodse ondergrawing van beskawings en die Christendom is dwarsdeur die geskiedenis te sien.
Moses Hess het opgemerk:
The Jewish type has remained unchanged over centuries.
Jones stel dat feitlik elke swart leier ‘n Joodse mentor gehad het wat hom aan revolusionêre idees voorgestel het. Dit was ‘n proses van:
...learning blacks away from Christianity into fantasies of heaven on earth which could only be brought about by the violence which folowed from Messianic polities.
Ook die bekende skrywer Dostoevsky skryf reeds hieroor in 1877:
The Jews have already leaped in mass upon the millions of liberated negroes and have already taken a grip upon them in their own way by means of their sempiternal ‘gold pursuit’ and by faking advantage of the inexperience and rices of the exploited tribe.
Die Jode het ook musiek as propaganda gebruik. Jones wys daarop hoe die Jode musiek gebruik het om die massas te ondergrawe. Musiek is gebruik as deel van die proses van assimilasie. Dit was asof die Jode Amerika geassimileer het en nie andersom nie.
Volgens Jones het die Jode Amerikaners van mekaar vervreem. Vandag sien ons hoe Demokrate en Republikeine mekaar aan die hare gryp, verwilder en uitlewer aan die Joodse heersers.
In ‘n volgende artikel word verder na die saak gekyk.