Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onregverdige terugslae laat ons maklik verval in 'n "ek gee nie meer om nie" –gesindheid. Maar deur genade word ons in staat gestel om in moelike omstandighede raak te sien dat Hy ons dra. Moenie ophou soek na uitkoms nie, gebruik dit as 'n geleentheid om jou talente en gawes van God te gebruik, glo dat die regte dinge op die regte tyd gebeur het en ook verder sal gebeur – vertrou God!
NOGEENS: AARDVERWARMING
Dr J J Snyman
Daar is dalk heelwat lesers wat gefrons het oor die artikel oor globale verwarming en die feit dat twyfel oor die saak gewerp word.
Wat eerstens besef moet word, is dat nie globale verwarming nie, maar die redes wat daarvoor aangevoer word, in twyfel getrek word.
‘n Bietjie agtergrond sal die agenda wat gevolg word, duidelik maak. Al Gore, voormalige Visie-President onder Bill Clinton word as die “redder van nasies” beskou met sy kruisvaart teen aardverwarming. Sy 2006 dokumentêre film, An Inconvenient Truth oor die saak het ‘n Oscar gewen en hy is selfs vir die Nobelprys benoem.
Al Gore is lid van die Illuminati en elke ding wat hy vertel is ‘n leuen. Volgens die teorie wat verkondig word is koolstofdioksied (carbon dioxide) afkomstig van uitlaatstelsels van motors en aanlegte die sondebok, want dit “is collecting in the athmosphere and forming a barrier to stop solar heat from escaping.”
Daar bestaan ook ‘n boek geskryf deur David Mayer de Rothschild (seun van Evelyn de Rothschild) getiteld Live Earth Global Warming Survival Handbook om die saak mooi te verduidelik.
Al Gore was nie om dowe neute die Visie-President van die VSA nie. Hy is deur Clinton en die beheerders van Cinton vir hierdie rol uitgekies. Gore is ‘n neef van Richard Niscam, voormalige president. Hy woon die rituele van die Bohemian Grove by, ‘n satanistiese geheime organisasie. Phillip Eugene de Rothschild het die volgende oor hom te sê:
President Clinton has a “full blown” multiple personality disorder and is an active sorcerer in the satanic mystery religion. This is true of Al Gore as well. I have known Misters Clinton and Gore from our childhood as active and effective satanists.
So, moet Al Gore ons “beskerm” teen globale verwarming?
In die vorige artikel is melding gemaak van die Intergovermental Panel as Climate Change (IPCC) wat ‘n projek is van die geldmagte.
Vaclav Klaus wat president was van Tjeggoslovakye het gesê dat die IPCC nie ‘n wetenskaplike liggaam is nie, maar ‘n politieke een wat vooraf besluit het wat hulle moet verkondig. Ook die storie dat dit uit 2 500 wetenskaplikes bestaan is ‘n leuen.
In die IPCC se finale verslag is klomp dele uitgehaal bv dat klimaatsverandering juis nie sonder meer aan CO2 toegeskryf kan word nie. Professor Frederick Seitz, voormalige president van die Amerikaans Nasionale Akademie vir Wetenskap, sê dat 15 sleutel-seksies uit die finale verslag gelaat is omdat dit nie die politieke agenda pas nie.
Professor Richard Lindzen van die Departement Meteorologie van die Massachusetts Instituut vir Tegnologie het die volgende te sê gehad:
We are shifting away from science and the realism of religious fanatacism, where the followers of the creed, brimming with self-righteous fury, believe that they are in possession of a higher truth. And just as many religions the route to personal solution lies in the performance of supertious rituals such as changing a light bulb or arranging for a tree to be planted after every plane journey.
Indien op sekere gebeure in die geskiedenis gelet word is daar interessante gebeure wat vermoed moet word.
‘n Studie wat by Harvard Universiteit gedoen is het bevind dat daar ‘n Medieval Warm Period tussen die 9e en 14e eeu was waar globale temperature beduidend hoër was as vandag. Gedurende wat bekend staan as The Little Ice Age in die 15e eeu, het die Teemsrivier so gevries dat vertonings op die rivier gehou is, bekend as “Ice Fairs”.
Feit is dat die aarde se klimaat deurentyd verander. Dr Solanki, direkteur van die Max Planck Instituut vir Solar System Research in Gottingen, Duitsland, het die volgende te sê gehad oor die rede vir globale verwarming:
The sun has been at its straigest over the past sixty years and may now be affecting global temperatures. It is brighter than it was a few hundred years ago and this brightening stated relatively recently – in the last 100 to 150 years.
So hoe op dees aarde gaan mens die koolstofdioksied-bende oortuig dat die son dalk die rede vir aardverwarming is? Dr Solanki stel dat indien daar minder ontploffende uitlatings van die son is (bekend as “sunspots”) gaan dit gepaard met ‘n koeler tydperk, en vice-versa. “Sunspots” is ‘n fenomeen van die son se magnetiese veld en is geweldig groot. Dit word in die aarde se atmosfeer ingewaai deur solar-winde.
Ook Mars beleef tans warmer temperature en daar kan net een rede daarvoor wees soos Habibullo Abdussamatov, die hoof van ruimtenavorsing aan die St Petersburg Pulkovo Astronomiese Observatorium in Rusland, verklaar en dit is veranderinge aan die son. Die son beheer die aarde se klimaat deur direkte solar-bestraling en deur die kosmiese strale wat wolke vorm, te affekteer.
Professor Nir Shaviv van die Instituut vir Fisika aan die Universiteit van Jerusalem het bevind dat daar tye was wat daar tot 10 keer meer koolstofdioksied as vandag vrygestel was met geen effek op die klimaat nie.
Professor Ian Clark van die Departement van Aardwetenskappe aan die Universiteit van Toronto, Kanada, stel:
If we look at climate from the geopolitical timeframe we would never suspect CO2 as a mayor climate driver.
Dit is deur wetenskaplikes uitgewys dat CO2 ‘n baie klein deel van die aarde se atmosfeer beslaan. In terme van verandering, meet dit “tens of parts per million.” Indien CO2 as ‘n persentasie van al die gasse in die atmosfeer geneem word, bv suurstof, stikstof ens, is CO2 maar 0,054%. Boonop is dit wat mense tot die 0,054% bydra minder as die helfte. Vulkane, diere, plante, bakterie, dooie blare en veral die see, produseer ook CO2.
Professor Clark het trouens bevind dat dit nie CO2 is wat verwarming veroorsaak nie maar verwarming wat CO2 veroorsaak!
Die hele CO2-aardverwarmingstorie is dus ‘n leuen, maar soos gesê word, “he who plays the piper call the tune.”