Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die bekende uitdrukking "dit is wat binne jou gebeur wat saakmaak, nie wat rondom jou gebeur nie", vind gestalte in Spreuke 15:15 as die digter skryf: "Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees".
EINDE VAN DONALD TRUMP?
Dr Danie Theron
Die aanduidings is daar dat die einde van Donald Trump in sig is. Reeds sedert die aanvang van sy ampstermyn het die Joodsbeheerde magte in die VSA alles in werking gestel om van hom ontslae te raak. Dis eintlik ‘n wonderwerk, of dan wel verbasend dat hy steeds in die tuig is.
Persoonlik het ek alle vertroue in Trump verloor dat hy merkbare verandering aan die politieke landskap van die VSA sou bring. Alles het baie belowend gelyk by sy ampsaanvaarding, veral omdat hy op die oog af nie deur Joodse geld beheer is nie. Ook die beloftes wat hy gemaak het was indrukwekkend.
Maar reeds met sy eerste aanstellings kon gesien word dat niks sou verander nie. En toe het hy boonop verder gegaan as enige vorige VSA-president in sy verhouding met Israel. So is Jerusalem nou as die eksklusiewe hoofstad van Israel erken ter negering van alle en enige regte van die Palestyne.
Trump het duidelik geen beheer oor die besluite wat geneem word nie en is sy standpunt teenoor Rusland teleurstellend. Ek keer aanstons na hierdie punt terug. Trump word boonop daarvan beskuldig dat hy saamgewerk het met Rusland om homself as president verkies te kry. Die ondersoek daarna gaan niks oplewer nie want dit is onsin, tog sterk die Joodsbeheerde media die saak aan en moet aanvaar word dat een of ander leuen opgedis sal word.
Daar is inderdaad ‘n sameswering aan die gang om van Trump ontslae te raak en dit wil voorkom of dit in 2019 gaan gebeur. Trump word nou al selfs as ‘n agent van die Kremlin beskou.
Wat besef moet word is dat die Joodse geldmagte ‘n totaal ander agenda het as wat mens sou wou sien die geval moet wees. Dit is in hulle belang dat Amerika voortdurend in ‘n staat van oorlog met groot moondhede soos Rusland en China moet wees en ook met state in die Midde-Ooste. Daar is biljoene op die spel.
Die jaarlikse begroting van die militêre/sekuriteits kompleks beloop $1 000 biljoen. Die belastingbetalers dok hiervoor op. Om hierdie reuse bedrag te regverdig moet daar vyande geskep word. Rusland vervul hierdie rol al is dit vir enige ingeligte persoon duidelik dat Rusland juis vrede met die res van die wêreld nastreef. Trump moet dus ten alle koste verhoed word om vriendskaplike bande met Rusland aan te knoop. Hy word selfs verhoed om gesprekke met Vladimir Putin te hê. Trump word dus beheer.
Hierdie sataniese magte (die Joodsbeheerde militêre-industriële kompleks) het nie ‘n saak daarmee dat hulle diaboliese planne tot ‘n volgende wêreldoorlog kan lei nie. En dan word nie eens gepraat van die $1,2 triljoen kernwapen-ontwikkeling nie! Hulle sal trouens ‘n oorlog verkies want dan kan hulle juis méér geld maak.
Die groot media in die VSA word almal deur die Jode beheer en hulle blaas by die dag oorlog aan. So ondanks die feit dat Trump eintlik maar net ‘n marionet van hierdie magte is, word daar steeds ‘n plan in die mou gevoer om van hom ontslae te raak. Waarom? Omdat hulle hom nie vertrou nie en hy nie genoeg doen om oorlog aan te blaas nie. Hy is nie ‘n George Bush (pa se seun ) nie. Hy is nie deel van die kliek nie. Hy is nie ‘n “Skull and Bone” nie. Trump doen te min volgens hulle. Hulle wil oorlog hê. Daar is geld met oorlog te maak.
Intussen het ‘n politieke krisis in die VSA ontstaan. Trump kry niks gedoen nie en selfs sy “muur” word teengestaan. As Trump aankondig dat VSA-magte aan Sirië onttrek gaan word, word hy openlik ondermyn deur eie regering en kom daar niks van nie. Dit sal immers die wins wat uit daardie oorlog gemaak word, onmiddellik laat opdroog.
Trump sit nou met sy hande in sy hare want Joodse geld het Republikeine en Demokrate in hulle beheer. Al daardie lede van die Senaat en Huis van Verteenwoordigers word deur Joodse geld aan bewind gestel. En hulle dink nou almal aan die volgende verkiesing en geensins wat in die VSA se belang sal wees nie.
So belaglik het dit geword dat Trump van “hoogverraad” verdink word omdat hy kwansuis met Rusland saamwerk wat ‘n “vyand” van die VSA is. Die VSA-regering word geheel en al deur Joodse geld beheer en Trump is magteloos om enigiets hieromtrent te kan doen. Die gebeure van 9/11 het ‘n tydvak ingelui waar die VSA voortdurend met state in oorlog sal wees onder die dekmantel van “war on terror” en “pre-emptive war”. Laasgenoemde is kamstig ‘n metode van selfverdediging. Bid jou dit aan!
“Regime change” en “cold revolutions” is deel van hierdie strategie. Die IMF en die Wêreldbank speel hierin ‘n sentrale rol. Wat Trump tot dusver gered het was sy eie rykdom en diegene wat met hom verbind is. Sonder die mag van geld sou hy lankal uit die kussings gelig gewees het. Die magte wat teen hom opgestel is, is egter formidabel en lyk dit asof hy besig is om daardie stryd te verloor.
Die VSA, die sogenaamde “leier” van die Weste, stuur af op ‘n ongekende krisis in sy bestaan. Die regering funksioneer skaars, daar is geen plan nie, alles is gerig op die buiteland en oorlog, die burgers trek aan die kortste ent en niemand is in staat om werklik die leiding te neem nie.
My voorspelling is dat indien nie geslaag word om Trump in ‘n staat van beskuldiging te plaas nie, hy waarskynlik die slagoffer van ‘n sluipmoord gaan word.
Tyd sal leer....