Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons sterf nie soos diere nie. Jesus gee ons die belofte dat ons aardse lewe nie die enigste lewe is nie. Daar wag ‘n heerlike hiernamaalse lewe op alle gereddes.
FRANKRYK STAAN OP
Dr Pieter Swart
Hoe verblydend was dit nie om te sien dat Frankryk herrys het uit sy doodslaap nie. Die sogenaamde Geel Hemde-beweging (Yellow Vests) het Frankryk behoorlik geskud met ‘n landwye betoging waarin onder meer teen die verhoogde prys in brandstof betoog is. Ontevredenheid behels ‘n verskeidenheid van onderwerpe en kom dit op een ding neer: Hulle het genoeg van die globaliste gehad!
Die president, Emmanuel Macron, is ‘n voormalige Rothchild bankier en daarom ‘n globalis deur en deur. Hy het geen simpatie met hierdie Gilets Jaunes (geel hemde) nie en die polisie opdrag gegee om gewelddadig op te tree.
Oral in Frankryk op strategiese plekke het die betogers hulle verskyning gemaak. Ook en veral by die Champs-Elysèes in Parys. Dit het reeds in Nobember 2018 begin en is daar klaarblyklik soveel momentum dat groot dinge verwag word in terme van verset.
Waaroor dit in effek gaan is dat eensydige stappe deur die regering geneem word sonder dat die Franse burgers daarin geken word. Omdat daar soveel vraagstukke is, word daar nou op ‘n referendum aangedring. Dit word ‘n Burger-geïnspireerde Referendum genoem waar burgers sal besluit wat die vraagstukke moet wees waaroor gestem sal word.
In 2005 egter het president Jacques Chirac ‘n referendum uitgeroep om die grondwet van die Europese Unie te bekragtig. Tot die globaliste se ontsteltenis het 55% van die kiesers daarteen gestem en dit ondanks ‘n media wat hulle elke dag vertel het hoe wonderlik dit sal wees om deel van die Europese Unie te word. Chirac het eenvoudig die uitslag geïgnoreer en Frankryk het deel van die Europese Unie geword.
Die optogte was tot dusver vreedsaam maar die Franse regering het betogers met minagting behandel. ‘n Voormalige ligswaar bokskampioen van Frankryk het die gewelddadige polisie met hulle eie medisyne geantwooord. Hy is in hegtenis geneem en die Geel Hemde het blitsvinnig E120 000 ingesamel vir sy verdediging. Macron tree soos Lodewyk XIV op en sê Franse kan nie minder werk en meer verdien nie. Hy het ook die volgende te sê gehad:
These days I have seen unthinkable things and heard the unacceptable.
Hy het gesê hierdie betogers maak asof hulle namens die mense praat maar verteenwoordig slegs ‘n handvol. Maar hy sal nog sy fout agterkom want die versetbeweging se griewe is ernstig en hulle vervolg niemand. Mense is in opstand omdat ‘n klein magsgroepie in diens van die “mark” hulle in slawerny wil dompel.
Die verhoogde brandstofprys is nie net tot Frankryk beperk nie. Dis ‘n wêreldwye tendens. Die olieprys word gemanipuleer deur die VSA in samewerking met Saoedi-Arabië en is almal uitgelewer daaraan. Daar is geen tekort aan olie in die wêreld nie, wel ‘n oorskot. Gevolglik is daar geen rede waarom die olieprys so hoog moet wees nie. En ons almal weet van die effek wat ‘n hoër brandstofprys in die ekonomie van ‘n land beteken. Alles styg daarmee saam, vervoerkoste, voedsel, klere, huishoudelike benodigdhede, onderdele, medisyne, letterlik alles.
Omdat salarisse en lone nie ook styg nie verlaag lewensstandaarde. Nou word mense wysgemaak dat dit ‘n belastingtoevoeging is wat gemaak word tot die brandstofprys om aardverwarming hok te slaan. Dis ‘n leuen.
In Frankryk sal die belasting aangewend word om staatskuld te probeer verminder wat beraam word op 42 triljoen Euro’s, oftewel 96,8% van die BBP. Frankryk het nie meer raad met sy staatskuld nie en lieg nou vir sy burgers waarom brandstofpryse verhoog word.
Daarby is Frankryk se militêre begroting uitermatig met sy deelname aan NATO, laasgemelde wie se optrede niks met die beskawing van sy lidlande te doen het nie, maar wel alles met die uitbreiding van mag. Frankryk het pas sy militêre begroting met 40% verhoog terwyl persioene van oumense gevries is. Dit is skandalig!
Dit is ‘n wêreldwye verarmingsproses wat aan die gang is. ‘n Vat olie is gelykstaande aan 158,98 liter. Met die olieprys soos dit tans is beteken dit R0,35/liter. In Suid-Afrikaanse rand is dit ongeveer R5/liter. Dus, die res is belastings! Sou ‘n land boonop ‘n lening by die Wêreldbank maak, is een van die voorwaardes dat belasting op brandstof gehef moet word. .
‘n Mens kan maar net hoop dat die Geel Hemde se verset van krag tot krag sal gaan!