Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ervaring leer ons dat wanneer ons ons roeping en geloof uitleef maar nie daarin volhard nie, dit geen waarde het nie – daar is talle mense wat reg begryp het wat hulle lewensdoel is maar langs die pad moeg geword het. Dan was alles tevergeefs.
ONBETWISBARE FEITE OOR 11 SEPTEMBER 2001
Dr Danie Theron
Meer as 17 jaar na die gebeure van 11/9/2001, beter bekend as “9/11”, word die wêreld steeds die “amptelike” weergawe voorgehou oor wat op daardie veelbewoë dag gebeur het. En dit is ‘n leuen. Laat ek dit herhaal: Die amptelike weergawe is ‘n leuen uit die hel!
Om te wil glo dat amateurs wat skaars ‘n Cessna kan vlieg, vliegtuie kan kaap en met absolute akkuraatheid in geboue soos die Twin Towers en die Pentagon te kan vasvlieg en daarby dat die mees parate nasie (en weermag) in die wêreld (die VSA) aan die slaap gevang is, is om van Rooikappie die mees betroubare verhaal in die geskiedenis te maak. Dat mense sulke onsin kan glo getuig van die greep wat die Joodsbeheerde geldmag op die mense gekry het.
Benewens dit wat reeds aan die kaak gestel is oor die gebeure, kan tien onbetwisbare feite gestel word wat hopelik mense sal laat besef dat dit een van die grootste misdade is wat ‘n land (die VSA) aan sy eie mense gedoen het:
1. Die VSA-regering het tot vandag toe nog nie enigeen opgespoor, vervolg, aangekla of gestraf vir hierdie misdaad teen die mensdom nie. In terme van die Internasionale Reg is hierdie ‘n misdaad teen die mensdom. Die VSA staan onder die verpligting om diegene wat hierdie dade gepleeg het te vervolg en aan te kla. Die VSA-regering beweer dat ‘n man genaamd Khalid Shaikh Mohamed sedert 2003, dit wil sê 16 jaar lank aangehou word oor die gebeure. Hy word egter nie aangekla nie en blyk hierdie net nóg ln leuen te wees.
2. Toe die VSA besluit het om Afghanistan in te val, is geen bewyse aan die Verenigde Nasies voorgelê dat 9/11 enigsins met Afghanistan verbind kan word nie. Daardie getuienis word steeds afgewag.
3. Die VSA-regering het nie ‘n ondersoek na die gebeure van 9/11 gedoen wat aan die minimum internasionale standaarde voldoen nie. Die 9/11-kommissie was nie onpartydig nie en ook nie onafhanklik nie. Die ondersoek wat gedoen is was ook nie deursigtig nie en ook nie deeglik nie.
4. Ten spyte daarvan dat Osama Bin Laden as ‘n terroristeleier geëtiketteer is, het die VSA hom nooit aangekla in verband met 9/11 nie. Die FBI het in 2006 erken dat hulle geen bewyse het nie. Ons moes later lees dat die VSA hom doodgeskiet het en sy as in die see gegooi het, terwyl bewyse bestaan dat hy vroeër weens siekte oorlede is.
5. Die VSA het geen bewyse gelewer dat die 19 kapers van die vliegtuie enigsins aan boord van die vliegtuie was nie. Geen passasierslyste is ooit geopenbaar nie. Geen video-materiaal. Geen getuies. Geen DNA-verslae oor menslike oorskot. Niks.
6. Die VSA-regering het geen konkrete bewyse kon lewer dat die vliegtuie wel op die plekke neergestort het soos beweer is nie. Trouens, in 2008 het die FBI erken dat rekords oor die positiewe identifikasie van hierdie vliegtuie nie bestaan nie. Daar is dus geen bevinding dat die vliegtuie daar neergestort het nie.
7. Die VSA-regering het na 17 jaar nog nie verduidelik hoe meer as 1100 persone wat in die World Trade Centre was op 9/11 soos mis voor die son verdwyn het nie. Van 1100 mense is nie ‘n enkele tand of vingernael of been gevind nie. Daar is nooit verduidelik hoe op dees aarde dit moontlik kon wees nie. Onder die internasionale reg bestaan daar so ‘n verpligting.
8. Die VSA-regering het die naasbestaandes van die slagoffers van 9/11 vergoed deurdat hulle ‘n afstanddoening moes teken om die regering te vervolg. Hierdie vergoeding is meer as 7 keer dit wat die naasbestaandes van die brandweermanne wat daardie dag gesterf het, ontvang het. Elkeen het $2.1 miljoen ontvang – nogal ‘n aardige bedrag. Vyf en negentig gesinne het besluit om aksie in howe in te stel en en almal se sake is buite die hof geskik – teen ‘n gemiddeld van $5.5 miljoen per gesin!
9. Die VSA-regering het tot vandag toe versuim om te verklaar waarom daar juis op 9/11 verskeie militêre “drille” gedoen is, insluitend anti-kapingsoefeninge. Selfs militêre personeel was verbaas daaroor. Dus, militêre oefeninge is gedoen om die aandag af te lei van die ware gebeure. Waarom?
10. Verskeie militêre personeellede van die Pentagon is na 9/11 bevorder, wat aanspreeklik gehou moes gewees het vir hulle klaarblyklike nalatigheid op 9/11. Niemand is ooit voor stok gekry of aangekla nie. Waarom?
Slegs bogemelde is voldoende om die amptelike weergawe van 9/11 te verwerp. Dus, die administrasie van president George W. Bush is die hoofverdagtes vir die afgryslike misdaad van 9/11.
Nou is die vraag: Wanneer gaan hulle vervolg word? Die wêreld wag!