Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke mens se kruik word by tye so leeg dat jy niks meer het om mee te werk nie. Daar is net een plek om dit weer vol te maak: aan die voete van ons Here Jesus. Gaan sit nou jou leë kruik daar neer en vertel aan Hom hoe jy jou daaroor bekommer, en jy sal verstom staan hoe Hy dit met al jou daaglikse benodigdhede opvul !
DIE GASA-STROOK: ‘N HEDENDAAGSE KONSENTRASIEKAMP
Dr JJ Snyman
‘n Mens hoef net na die toestand in Gasa, waar 1,8 miljoen Palestyne onder beleg geplaas is vir die afgelope 11 jaar, te kyk om te besef waartoe die Israeli’s in staat is en hoe die Jode daarin slaag om die wêreld die swye op te lê om niks oor hierdie volksmoord te berig nie.
Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies sal toestande in Gasa in 2020 heeltemal onleefbaar wees. Gasa se kuslyn, landsgrense en lugruim word deur Israel blokkeer. Israel besluit wat in die gebied mag ingaan en wat nie.
46% van die bevolking is werkloos en 65% lewe op minder as R30 per dag. Daar is sowat 4 ure elektrisiteitstoevoer per dag. 95% van die water is ondrinkbaar.
Die gesondheidsdienste het heeltemal in duie gestort. Kinders kan slegs 4 ure per dag klasse bywoon. Toestande versleg feitlik daagliks. Die mense van Gasa het geen kontak met hulle volksgenote in die Wes-Oewer nie.
Sake is vererger in 2006 toe Hames vir Fatah verslaan het in die verkiesing en 44% van die 132 setels in die wetgewende vergadering gekry het. Fatah was beskou as uitgelewer en gedienstig aan Israel terwyl Hamas ‘n onverbiddelike stryd met Israel voer. Dit is duidelik ‘n geval van verdeel en heers.
Gereelde aanvalle deur Israel het reeds duisende se lewens gekos en van die 500 000 wat in 2014 hulle huise verloor het, is 90 000 steeds sonder huisvesting.
Die VSA dring aan dat Hamas die staat Israel erken waarna dit wat oor is van Palestina, die Wes-Bank (Wes-Oewer) en Gasa dan, as die Palestynse staat erken sal word. Dit nadat in 1917 met die Balfour-verklaring plegtig belowe is dat die regte van Palestyne in, wat toé as Palestina (vandag Israel) bekend was, nie aangetas sou word nie.
Wat ‘n mens moet besef is dat ons nie hier te doene het met ‘n normale hongersnood of droogte of natuurramp wat die gebied getref het nie maar ‘n doelbewuste beleid om ‘n staat en sy mense uit te wis – ‘n volksmoord.
Sara Roy van Harvard beskryf dit soos volg:
What is happening to Gaza is catastrophic, it is also deliberate considered and purposeful.
Gasa beslaan maar sowat 360 vierkante kilometer. Ten einde te oorleef het die inwoners ondergrondse tonnels gegrou na ander huurstate. Ook hierdie uitvlug is verhoed. Dit is dus bykans soos ‘n verwoeste stad met 1,8 miljoen mense wat daarin probeer oorleef en uitgelewer is aan die genade van Israel.
Alhoewel Joodse proseliete soos Theresa May, Britse Eerste Minister in 2017 die Balfour-verklaring met “pride” verdedig het, was die onafhanklike politieke korrespondent, Robert Fish nader aan die waarheid met sy stelling oor die Balfour-verklaring:
“...the most mendacious, decentful and hypocritical document in modern British history”.
In 1967 het Israel tydens die Sesdaagse Oorlog beheer oor Gasa, Oos-Jerusalem, die Wes-Oewer, die Golan Heights (behorende aan Sirië) en die Tunisië Woestyn (behorende aan Egipte) verkry. Alles onwettig en in stryd met die internasionale reg.
Daarna het Israel voortgegaan om 600 000 Jode in die besette Wes-Oewer te vestig – ook onwettig. Terloops, terwyl Israel hierdie blatante miskenning van die internasionale reg en Palestyne se menseregte gepleeg het, is Suid-Afrika, wat op vreedsame wyse afsonderlike ontwikkeling wou toepas, deur die hele wêreld, insluitend Israel gekritiseer. Niemand waag egter om Israel voor stok te bring oor hierdie brutale optrede teen die Palestyne nie.
Golda Meir, bekende voormalige Israeliese Eerste Minister, is op rekord dat sy gesê het:
The Palestinian people does not excist.
Dit verklaar Israel se houding in ‘n neutedop. Ontken net die bestaan van die Palestyne en die saak is opgelos!
Wat ookal mens se gevoel mag wees oor die Moslems, feit bly dat hier ‘n groot onreg gepleeg word Terwyl die wêreld gereeld “menseregte” skreeu wanneer dit hulle pas, is hier ‘n konstrasiekamp van 41 km lank en tussen 6 km en 12 km breed, onder hulle oë waar mense krepeer en duidelik aan ‘n volksmoord onderwerp word.
Verstaan u nou waarom ek geen vertroue meer het in die internasionale “reg” nie? Okkupasie word verbied, volksmoord word verbied, ekonomiese oorlogvoering word verbied. Israel ignoreer dit alles. En hulle word eenvoudig nie tot verantwoording geroep nie.
Die Palestyne toon ‘n wil tot oorlewing wat bewonderingswaardig is. Maar hoe lank nog? Maar belangriker is die vraag? Wanneer gaan die wêreld tot sy sinne kom?