Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om dood te gaan is nie 'n kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns, die beste kry dit nie goed reg nie, sê onse Neelsie. Langenhoven se siening oor hoe moeilik dit is om nie 'n nuttelose lewe te lei nie laat mens onthou hoe die Psalmdigter bid: Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Om u bevele uit te voer is my hele lewe. Ek het gesê: 'Dit is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.' Ps 119.
VRYHEID VAN SPRAAK EN HAATSPRAAK
Dr Danie Theron
Vryheid van spraak word as een van die basiese menseregte beskou volgens die menseregteleerstuk. Maar is daar regtig so-iets soos vryheid van spraak? Wel, nie as mens kyk na wat as haatspraak beskou word en watter veldtog gevoer word om dit te verbied nie.
Wat ter aanvang gekonstateer moet word is dat die links-liberales, die voorstanders van vryheid van spraak, eintlik totaal en al onverdraagsaam is. So gesien is vryheid van spraak nie ‘n waarde of begrip wat tot sy reg kom in hulle denkwêreld en woordeskat nie.
Die land wat tans nog die grootste beskerming aan vryheid van spraak gee is die VSA. Daardie beskerming is ingebou in wat bekendstaan as die Eerste Amendament. Slegs spraak wat geweld aanmoedig word daar verbied.
In Europa lyk die prentjie gans anders. In baie state, waaronder Duitsland, Frankryk, Oostenryk, België en Switserland kan die verkeerde uitlating jou tronkstraf op die hals haal. Soos gewone kritiek of die uitspreek van twyfel oor gevestigde dogmas.
Want dit word as haatspraak beskou. Wat is haatspraak dan? In kort gaan dit oor spraak wat emosionele ontstigting vir die slagoffer kan veroorsaak of haat aanstig teen die slagoffer. So as jy iemand se gevoelens seermaak kan dit as haatspraak beskou word. Ja, so onverdraagsaam het die voorstanders van “vryheid” van spraak geword.
In Duitsland is die 88-jarige Ursula Howerbeck vir 2 jaar tronk toe gestuur omdat sy sekere gebeure (“feite”) tydens die sogenaamde Holocaust bevraagteken het. Mense word nou gearresteer vir uitlatings wat op Facebook gemaak word. En die aanslag is hoofsaaklik teen Blankes en veral regses. Intussen word die bedrywers van pornografie vrye teuels gegee om te publiseer wat hulle wil.
U sien, die slagoffers (“kriminele”) wat hierdie oortredings pleeg, is sorgvuldig uitgekies. Hulle is van regs, behoudende mense. Onder die voorwendsel dat moontlike geweld of outoritêre denke verbied moet word, word dan self outoritêr opgetree – solank die linkses net in beheer is en die besluite kan neem.
Wat gesê moet word is dat liberalisme ‘n geestesversteurde dogmatiese kultus is, eerder as ‘n politieke filosofie. In die liberalis se oë is “haatspraak” godslasterlik – die god naamlik die liberalisme.
Ook die Verenigde Nasies het nou toegetree tot die debat; natuurlik aan die kant van die liberaliste – en almal gewaarsku teen “haatspraak”. Ja, so stuur ons af op die Eenwêreldstaat met sy Eenwêrelddenke.
Probleem is – mense word algaande gekondisioneer om die obstruktiewe gedagterigtings van die liberales te aanvaar. Dit is so omdat al meer mense, en veral jongmense, begin dink “haatspraak” moet verbied word sonder om oor die saak behoorlik na te dink.
Selfs taalgebruik word nou gepolisieër. Soos aanspreekvorme – indien die dame dan ‘n “me” is en nie ‘n mevrou of mejuffrou nie! Ja, lag maar, in die VSA is reeds wette in hierdie verband gemaak. Ja, dit raak absurd.
Voormelde was natuurlik ‘n klassieke taktiek uit die Kommunistiese arsenaal. Kontroleer wat mense mag sê en jy kontroleer wat hulle mag dink. So word die massas dom, oningelig en afhanklik van die staat gehou. So gesien is daar geen verskille tussen kommunistiese en liberale denke nie. Die liberalis het soos die kommunistiese diktator geword. Hy kan nie billike debat verdra nie. Nou word die staatsgesag aangewend om regses te snoer. En die oningeligtes word met propaganda geïndoktrineer en gekondisioneer om oningelig te bly.
Die gevolge daarvan gaan ‘n tragedie tot gevolg hê.
Sensorskap van boeke en ander literatuur deur die geldmag-beheerde maatskappye waaronder Amazon en Facebook is nóg ‘n metode om regses te snoer. Maar pornografie en homoseksualisme en Godslastering word openlik aangemoedig en geadverteer. Die Joodsbeheerde Anti Defamation League werk hand aan hand met hierdie maatskappye.
Blanke nasionalisme word aangeval en gesensor, maar Swart rassisme en Joodse meerderwaardigheid is geen probleem nie. So is haatspraak net iets wat uit regse geledere kom, maar links-liberales is nie daaraan skuldig nie.
En die Christendom is uiteraard die hoofteiken. Want dit is uit ‘n Christelike geloofsbasis dat waardes, wat die liberalis verag, aangeval word.
So wat van vryheid van spraak oorgebly het is goedgekeurde spraak. Spraak wat nie die Nuwe Wêreldorde se planne in die war kan stuur nie. In Amerika kan jy die buitelandse beleid van Donald Trump kritiseer, maar nie die beleid van Israel nie.
Israel is besig om Amerika te verander onder hulle eie neuse – “na die beeld van Israel”! Waarom is mense so blind om dit in te sien? Is die vrees vir die Jode dan reeds bevestiging dat die wêreld klaar deur hierdie haat-gedrewe groep regeer word?
Nog ‘n metode is om aan sekere woorde so ‘n afstootlike betekenis te gee dat niemand daarmee geassosieër wil word nie. Dink maar aan “rassisme”, “ anti-Semiet” ensovoorts. By ons is dit natuurlik “apart-hate”.
Terwyl ‘n links-liberale agenda van immigrasie, integrasie en afskaffing van sedelike norme bedryf word is regses besig om wal te gooi en te ontken dat hulle rassiste is, en die res swyg. As jy jou volk en land beskerm het jy ‘n gevaar vir die samelewing geword.
Die veldtog van linkse kant af is niks anders nie as ‘n haatveldtog en sal oorgaan na die gebruik van geweld teen regses want dit sal geregverdig wees omdat dit “selfverdediging” daar sal stel.
Die gelykheidsdogma gedryf deur die links-liberales wil van ons almal redelose hordes maak. Of dan, as jy weerstand bied, jou uitwis. Die Christelike Blanke is die teiken. Die Talmoediese Jood sit agter alles.
Laat dit by herhaling beklemtoon word: Die liberalis kan nie ‘n ope debat verduur nie, hy moet die regse die swye oplê. Hy is onverdraagsaam. Hy wil die nasionalis snoer om so die alleenspraak te verkry.
Nou word haatspraak as ‘n vorm van geweld beskou. Die argument is dat mense deur haatspraak “onveilig” voel en dit hulle gevoelens ‘seermaak”.
Dis gewoon loutere snert. Want dit kom net van een kant af en daar is nie so-iets soos ‘n reg dat jou gevoelens nie “seergemaak” mag word en dat jy dan sommer boonop “onveilig” voel nie. Dit is ‘n subjektiewe oorreaksie met geen basiese begronding nie. Dit is absoluut verregaande.
Dit was Alexander Solchenitsyn wat gesê het:
Violence can only be concealed by a lie, and the lie can only be maintained by violence
Professor James Burnham het in sy bekende boek Suicide of the West: The meaning and destiny of liberalism geskryf:
Liberalisme is besmet met Kommunisme in die presiese sin dat [dit] die meeste aksiome en beginsels deel ... Wat Kommunisme doen is om die liberale beginsels tot hulle logiese en praktiese uiterstes te neem.
Dus, haatspraak is wat die liberalis besluit het dit sal wees. Want hulle gee inhoud aan “menseregte” en vryheid van spraak.