Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ghandi het op 'n keer gesê: "Julle Christene het 'n dokument in julle besit met genoeg dinamiet daarin om die hele beskawing op te blaas; om die wêreld onderstebo te keer, om vrede na hierdie oorlggeteisterde wêreld te bring. Maar julle lees dit asof dit net goeie literatuur is!" Wat 'n skandvlek op ons Christendom!
SÓ MINAG ISRAEL DIE INTERNASIONALE REG
Dr JJ Snyman
In ‘n vorige artikel is gewys op die feit dat Israel se blokkade van die Gasa-strook ‘n vorm van volksmoord is wat deur die wêreld eenvoudig oor die hoof gesien word.
In hierdie bydrae word ‘n oorsig gegee van hoe Israel se hantering van die Palestyne ‘n blatante miskenning van internasionale reg daarstel.
Eerstens volg Israel ‘n beleid van “kollektiewe straf” (“collective punishment”) teen die Palestyne, bekend as die “Dahiya doctrine”. Dit word so genoem sedert dit vir die eerste keer in 2006 in Dahiya in Libanon aangewend is.
Daarvolgens word buitensporige druk (“force”) op ‘n siviele bevolking uitgeoefen ten einde die regering van daardie bevolking met politieke druk tot “oorgawe” te dwing. Dit is niks anders nie as terreur (dus: terrorisme). Verder is dit ‘n oortreding van die vierde Geneefse Konvensie (art. 33) wat stel dat kollektiewe straf ‘n oorlogsmisdaad is. Dit bepaal onder meer:
“No persons may be punished for an offense he or she has not personally committed. Collective penalties and likewise all measures of intimidation or of terrorism are prohibited ... Reprisals against persons and their property are prohibited.”
In die tweede plek het Israel sedert 1967 nedersettings begin oprig in die gebied wat onregmatig verower is in die Sesdaagse Oorlog. Daardie gebiede is dus geannekseer, ‘n stap wat ook onwettig was.
Vandag bevind reeds meer as 500 000 Israeli’s (Jode) hulle in hierdie gebiede. Artikel 49 van die Vierde Geneefse Konvensie stel dat dit
“illegal [is] for an occupying power to deposit or transfer parts of it’s own civilian population into the territory itoccupies”.
Dit stel ool ‘n oorlogsmisdaad daar. Die VN Veiligheidsraad resolusie 446 het dan ook bepaal dat sodanige nedersettings “no legal validity” het.
In 1980 het Israel Oos-Jerusalem geannekseer en verklaar dat Jerusalem Israel se “complete and united” hoofstad is. Die Veiligheidsraad van die VN het met besluit 478 die anneksasie as ‘n “violation of internationallaw” beskou wat nietig is en “herroep” moes word. Ook die anneksering van die Golan Hoogtes is as onwettig beskou.
Derdens het Israel in 2002 begin om ‘n 710km muur te bou wat 8 meter hoog is, kompleet met wagtorings en lemmetjiesdraad op Palestynse grondgebied. Israel se verweer was dat dit Palestyne sou verhoed om Israel se grondgebied te betree. Probleem is egter dat dit binne-in Palestynse grondgebied opgerig word en nie op die grens nie – altans meer as 85% daarvan. So is grond letterlik gesteel van die Palestyne.
In 2004 het die Internasionale Geregshof in ‘n Adviserende Opinie beslis dat die oprig van die muur onwettig is.
In die vierde plek het Israel tussen 1947 en 1949 sowat 750 000 Palestyne uit wat destyds as Palestina bekend was, gedryf. Sedertdien is die staat natuurlik “Israel” gedoop. In 1967 is ‘n verdere 300 000 verdryf. Vandag tel hierdie vlugtelinge ongeveer vyf miljoen. Artikel 49 van die Vierde Geneefse Konvensie stel dat
“Forcible transfers, as well as deportations of protected persons from occupied territory to the territory of the Occupying Power or to that of anyother country, occupied or not, are prohibited, regardless of their motive”.
Vir 60 jaar reeds weier Israel aan Palestyne “the right of return”. Die VN Algemene Vergadering se besluit 194 stel dat Palestyne hierdie reg het. Die besluit is herhaalde kere aangeneem maar sonder enige reaksie.
Vyfdens het die bevolking van Gasa sedert 2007 ‘n toestand waar hulle lugruim, seetoegang en landsgrense deur Israel blokkeer word. Dit staan bekend as die “Siege of Gaza”. ‘n Menslike katastrofe is besig om hom daar af te speel. Israel lag dit af as sou dit die Palestyne op ‘n dieët plaas. Hierdie optrede word wyd veroordeel, maar weereens ignoreer Israel dit.
Reeds 30 Veiligheidsraad-besluite is aanvaar om Israel se verontagsaming van die internasionale reg te veroordeel. Niks is gedoen nie. Israel lag dit af.
So het die VN ook gewys dat dit eintlik maar ‘n tandelose organisasie is en net deur veral die VSA gebruik word om sy ewe-verwerplike optredes wêreldwyd, te regverdig.
Benewens voormelde word Palestyne basiese regte in Israel ontsê en word blatant teen hulle gediskrimineer.
Die onvermoë van die internasionale gemeenskap en die internasionale reg om Israel tot verantwoording te roep is bewys dat politieke mag steeds dié sleutelfaktor is of ‘n regsreël gehandhaaf sal word, of nie. Hierdie politieke mag setel tans in die VSA wat op sy beurt beheer word deur die “Jewish lobby”; dws Israel.
Dit het ‘n baie gevaarlike toestand teweeggebring omdat elke ander staat uitgelewer is aan hierdie twee state se vergrype. In die proses het van die geloofwaardigheid van die internasionale reg min oorgebly.