Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Vader in die hemel, ons begeer dat u wil sal geskied, nie net in die hemel nie maar ook op die aarde, en veral hier in Suid-Afrika, die land wat U aan u volk gegee het om in te woon en te vermeerder – nie om verdruk en uitgemoor te word nie. Gee dat ons mense mekaar sal liefhê, beskerm en kalmeer – nie beveg, beskinder en opponeer nie. Laat elkeen van u kinders asseblief Psalm 14:2 ter harte neem: "Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra."" Dink watter krag ons volk sal hê as God baie sulkes vind!
AMERIKA EN DIE INTERNASIONALE REG
Dr Danie Theron
Alhoewel Jan en Alleman dalk gerus gestel word deur die hoofstroom-media oor Amerikaanse betrokkenheid op feitlik elke kontinent en vertel word dat dit ‘n oorlog teen “terorisme” is om “demokrasie” te herstel, lyk die ware verhaal heelwat anders. Amerika is inderdaad besig om die ganse wêreld te probeer verower.
Militêre basisse is oraloor gevestig. Grootskaalse militêre en ook koverte operasies is aan die gang. Dit sluit in die Midde-Ooste, Oos-Europa, sub-Sahara Afrika, Sentraal-Asië en die Verre Ooste. En al hierdie gebiede word in die naam van demokrasie gedestabiliseer. Dit gaan gepaard met ekonomiese sanksies – beter bewoord as ekonomiese oorlogvoering. Aanslae word ook gevoer op state se geldeenhede en markte.
Voormelde stel ‘n totale verwerping van die volkereg, vandag beter bekend as die internasionale reg daar.
William Rockler, ‘n aanklaer by die Nuremberg-verhore het dit vroeër soos volg verwoord:
The United States has discarded pretensions to international legality and decensy, and embarked on a course of raw imperialism ... run amok.
Ook Robert Jackson, Amerikaanse regter en self ook ‘ n aanklaer by Nuremberg het die volgende te sê gehad:
We must never forget that the record on which we judge these defendants is the record on which history will judge is tomorrow.
Die VSA se agressie wêreldwyd slaan geen ag op die Nuremberg -gebeure nie. Deur die VVO af te pers en te betrek word sogenaamd oorlog gevoer in die naam van “Selfverdediging”. Niemand het die VSA aangeval nie en geen staat het oorlog teen die VSA verklaar nie, maar die VSA eien homself die reg toe om die soewereiniteit van state aan te tas, dit in te val, te besluit wie mag regeer en wie nie en ‘n staat dmv ekonomiese maatreëls op sy knieë te dwing. Dit is niks anders nie as oorlogvoering, ‘n “Crime against Peace”.
Dit is ‘n kriminele onderneming deur die VSA onder die dekmantel van “teen-terrorisme” (counter-terrorism). Dit is in stryd met die Nuremberg-handves, die VSA-grondwet en die VN-handves.
Benjamin Ferencz, voormalige hoofaanklaer by Nuremberg, het ná die inval in Irak in 2003, dit soos volg gestel:
A prima facie can be made that the United States is quilty of the supreme crime against humaniter – that being an illegal war of aggression against a sovereign nation.
Nuremberg Beginsel VI “Crime against Peace and War” stel dit soos volg:
Planning, preparation, initiation or waging of a war of aggresion...
In terme van Nuremberg Beginsel III is die hoof van ‘n staat ook aanspreeklik. Dus, alle presidente van die VSA wat nog lewe, behoort aangekla te word.!
Die VSA ondersteun ook terroristegroepe om oorlog in state te voer, soos die geval met ISIS en Al Quada.
As moord in tye van vrede binne ‘n staat ‘n misdryf is, des te meer moord deur ‘n oorlog onder die dekmantel van ‘n “oorlog om demokrasie” te herstel.
Van die internasionale reg het niks oorgebly sedert die VSA elke domein vir homself opgeëis het. Inderdaad kan dit vandag as ‘n klug beskou word.
In die verlede is die soewereiniteit van ‘n staat baie hoog geag in die internasionale reg. Die VSA het ‘n streep daardeur getrek. Die VSA het met minagting van state se soewereiniteit en territoriale integriteit state verwoes en in puin agtergelaat. Dink maar aan Soedan, Irak, Sirië, Joegoeslawië en so meer.
Ekonomiese oorlogvoering deur die VSA in talle ander state kan in dieselfde kategorie geplaas word.
Wat onthou moet word is dat meer as 60% van die wêreld se ru-olie reserwes in Moslemlande is. Die haatveldtog teen Moslems het dus ‘n geopolitieke en ekonomiese dimensie. Daar moet uiteindelik beslag op daardie olie gelê word. Radikale VSA-gestemde “Moslem”-terroriste word gebruik om Moslemstate in chaos te dompel.
Sonder die propagandamasjien van die einste magte wat agter hierdie oorlog van die VSA sit, sou dit lankal reeds aan die kaak gestel gewees het.
Sou ‘n teenveldtog nie wêreldwyd aan die gang gesit word om hierdie internasionale misdrywe te ontbloot nie, sal die Amerikaanse ryk net ongestoord voortgaan hiermee – tot nadeel van die ganse mensdom!