Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons leef in 'n skrikwekkende tyd waarin selfs Christene sondes wegpraat – dit het selfs 'n speletjie geword. Ons bely ook nie meer ons sondes opreg nie, ons sidder nie meer daaroor nie: ons skrik net wanneer die gevolge van sonde onhanteerbaar word – is dít nie skrikwekkend nie!
WAAROM HET JOEGOESLAWIË TOT SY EINDE GEKOM?
Dr J J Snyman
The war in Bosnia was America’s war in every sense of the word. The U.S Administration helped started it, kept it going, and prevented it’s early end. – Sir Alfred Sherman (Margaret Thathcher se adviseur).
Ná die val van die Berlynse muur was die uitdaging vir die VSA om sy oorheersing van NATO in Europa te behou, aangesien die kommunistiese bedreiging iets van die verlede was. Nuwe konflik moes dus gesoek word.
Joegoeslawië was ‘n ideale kandidaat met sy veel-etniese samestelling van ortodokse Christelike Serwiërs, Rooms-Katolieke Slowene en Kroate en die Moslems van Bosnië-Herzegowina. Sedert 1945 het Josip Tito die land met ‘n ysterhand regeer. Met sy dood was die geleentheid daar vir dramatiese veranderinge. Die VSA het dit dadelik ingesien.
Tot en met 1980 was Joegoeslawië se ekonomie baie gesond. Jaarlikse BBP was 6%, mediese sorg was gratis en die lewensverwagting was gemiddeld 72 jaar. Nege uit elke tien burgers was as literêr beskou.
Dmv die berugte NGO’s van die VSA ( non-governmental organisations) gelei deur die National Edowment for Democracy (NED), is die saadjie geplant om onrus in Joegoeslawië te stook. Dit moes gedoen word deur die staat te balkaniseer.
Die IMF het die finale nekslag toegedien deur onmoontlike voorwaardes te stel vir die hernuwing van die skuldlas van 21 biljoen dollar. Feitlik die helfte van alle inkomste moes aangewend word om die skuldlas te dra.
Goed-betaalde onrusstokers het die revolusie vanuit die hart van Joegoeslawië gelei. Reeds in 1984 het president Ronald Reagan die Nasionale Sekuriteit-Besluit Direktief 133 (NSDD) opgeteken wat ‘n “stille revolusie” in dié staat ten doel gestel het.
Die ekonomiese krisis het die chaos in Joegoeslawië verhaas. Teen 1991 het meer as ‘n 1000 maatskappye hulle deure moes sluit en het die BBP met 15% gedaal. Werkloosheid was 20%. Salarisverhogings is op bevel van die IMF gevries. Inflasie het tot 140% gestyg.
Dit was ‘n geval van elkeen vir homself. In Junie 1991 het Kroasië en Slovenië afgeskei. Waarom? Omdat die VSA in November 1990 ‘n wet aanvaar het wat deelstate van Joegoeslawië voor die ultimatum gestel het om af te skei en alle VSA hulp te verloor. Dat dit ‘n oorlogsverklaring van die VSA was, het meeste nie eers opgemerk nie.
Die VSA het aangedring op verkiesings in elk van die ses deelstate en partye van hulle keuses befonds. George Soros het hierin ‘n leidende rol gespeel.
Slobodan Milesovic, die president, het, soos dit sy goeie reg was, sy party in November 1990 geherorganiseer ten einde die federasie (en die staat) behoue te laat bly.
Toe seperatiste ‘n militêrere basis in Mei 1991 wou oorneem het Milosevic, soos dit ‘n president van sy land betaam, teenoptrede gelas. ‘n Burgeroorlog het uitgebreek.
Die Serwiërs is deur die geldmag-gestemde media as die onderdrukkers uitgebeeld. Die oorlog sou 10 jaar duur en 133 000 lewens eis. Met VSA-hulp en terroriste opgelei deur die VSA (huursoldate) het Bosnië-Herzegowina die speerpunt van die oorlog geword.
En alhoewel ‘n verdrag in Maart 1992 onderteken is om Bosnië in drie dele te verdeel, het die VSA enkele dae later besluit om met Alija Izetbegovic ‘n ooreenkoms aan te gaan en het hy hom aan die verdrag onttrek. Die oorlog het gevolglik geëskaleer.
Izetbetgovic het die oorlog skielik ‘n “heilige oorlog” gedoop, ‘n jihad, iets wat dit net kon word vanweë Amerikaanse inmenging.
In 2002 het professor Cees Wiebes van die Amsterdamse Universiteit ‘n verslag gepubliseer getiteld Intelligence and the War in Bosnia. Daarin word bevestig dat die Pentagon en die radikale Moslemgroepe in Bosnië ‘n geheime alliansie gevorm het en wapens na Bosnië gesmokkel is. Duisende huursoldate is na Bosnië gestuur!
Op daardie stadium was die naam Osama Bin Laden nog onbekend. Wel, eers het hy die CDA hulp verleen in Afghanistan en nou het hy sy toetrede in Bosnië gemaak. Hy het ook ‘n Bosniese paspoort besit.
Die VSA-media het die propaganda-aanslag teen dít wat oorgebly het van Joegoeslawië, gelei. Milosevic is as ‘n oorlogsmisdadiger uitgebeeld en die ware geweldenaar, Izetbegovic, as ‘n heilige. Die waarheid was gans anders.
Die slagting by Srebrenica, waar Serwiërs uitgelok is om Bosniese mans af temaai, het aan die VSA die geleentheid gebied om 80 000 soldate in Bosnië te plaas om “vrede” te verseker. Op 14 Desember 1995 is die Dayton Ooreenkoms gesluit.
Intussen het die oorlog na Kosovo verskuif. Ook hier het die VSA die nodige steun aan die KLA (Kosovo Liberation Army) verleen. Dit het die oorloglustiges min geskeel dat die KLA deur die VSA gelys was as ‘n terroriste organisasie. Ook hier het Osama Bin Laden “waardevolle” werk vir die VSA gedoen. 30 000 Huursoldate het deur VSA-toedoen, toegetree.
Intussen het NATO lugaanvalle op Belgrade geloods. Bill Clinton het blatant gelieg dat Serwië besig was met “ethnic cleansing”, terwyl dit presies was wat die KLA in Kosovo gedoen het. Vir 79 dae is Belgrade gebombardeer deur NATO. Milosevic het geen ander keuse gehad as om ook Kosovo te laat gaan nie.
Milosevic was nou die laaste teiken. Deur middel van OTPOR! (vertaal as weerstand) en befonds deur miljoene vanuit die VSA is ‘n “vreedsame weerstand” van stapel gestuur om van Milosevic ontslae te raak. Hierdie keer sou dit deur middel van ‘n verkiesing geskied. Daarvoor is $41 miljoen bewillig. Die Serwiese jeug is geteiken. Anti-Milosevic slagspreuke is deur die ganse Serwië op mure met spuitverf geverf. 2.5 Miljoen plakkers is oral geplak. “He’s finished”, was die slagspreuk.
Die sosiale media, toe nog in sy kinderskoene, het handig te pas gekom. Op 5 Oktober 2000 het Milosevic die verkiesing verloor teen die VSA-gesteunde Vojislav Kostunica. Op 1 April 2001 is Milosevic gearresteer en is Serwië gedreig met sanksies as hy nie aan die Internasionale Tribunaal (ICTY} uitgelewer word nie.
Die klagte? Oorlogsmisdade. Op 11 Maart 2006 is hy dood in sy sel gevind. Hy is nooit skuldig bevind aan enigiets nie. In Maart 2016 het die ICTY bevind dat daar nie genoegsame getuienis was waarop Milosevic skuldig bevind kon word nie. Die media het hierdie bevinding geïgnoreer.
Duisende menselewens en miljoene dollars later.... En Amerika se greep op Europa was bestendig!