Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Spaar jouself teleurstelling deur vroegtydig vrede te maak met die feit dat jou grootste opoffering moontlik die minste dank sal kry – en moenie jou daardeur laat ontmoedig nie; dit was nie die doel van jou taak nie.
KOMMUNIKASIE- DWALING
Johan Dorfling
Dit is baie duidelik dat sogenaamde kundiges in regeringgeledere nie besef wat regtig in Suid-Afrika aan die gebeur is nie. Hulle dink net aan hulself sonder om ander se denke en gevoelens in ag te neem. Wat hulle ook nie besef nie is dat hulle hulself dikwels weerspreek wat daarop dui dat hulle onnadenkend en onbevoeg is om hulle werksaamhede te verrig.
Die Minister van Kommunikasie het op 26 April 2018 gesê sy glo nie dat baie wit Suid-Afrikaners ‘n skerp gevoel teen die (uitgedinkte) “strugglers” het nie. Sy beweer daar is wette wat haatspraak en diskriminasie hokslaan. Wat sy daarmee bedoel, het sy nie omskryf nie. ‘n Begrip moet immers duidelik omskryf word, want dit verskil veral tussen verskillende volke. As ons mense vir iemand (ook vir ‘n volkgenoot) sê “Jy is ‘n bobbejaan”, beteken dit hy weet nie waarvan hy praat nie, of hy het ‘n onnodige fout gemaak. ‘n Lid van ‘n ander volk mag dit as haatspraak sien. Nou word verwag dat ons ‘n Afrikaanse uitdrukking moet laat verdwyn! Hoekom kan die ander nie aanpas nie?
In dieselfde bewering het sy “diskriminasie” as ‘n oortreding bestempel. Ironies beteken diskriminasie om te onderskei en sy doen dit self deur wit Suid-Afrikaners te onderskei. So weerspreek sy haarself.
Vaag doen dieselfde minister ‘n beroep op alle patriotiese wit Suid-Afrikaners om te sê “Not in my name”. Sodoende toon sy uiterste onkunde. Wit Suid-Afrikaners (ek neem aan sy praat hoofsaaklik van Afrikaners), is patrioties as hulle saamstaan met hulle volkgenote en nie met die volkvreemde regering nie. ‘n Patriot is ‘n volk(s)man, duideliker ‘n volk se man. Sal sy saamstaan met Afrikaners? Wat jy van ander verwag, moet jy self ook doen.
In ‘n berig op 27 April 2018 op News24 wat klaarblyklik in Huffpost verskyn het, is daar talle foute wat nie sonder meer so gelaat kan word nie. Daar word geskryf van Suid-Afrika se “transition to democracy”, maar waar is die sogenaamde demokrasie? Dit word sommer net as ‘n feit gestel, maar dit bestaan nie omdat geen volk homself regeer nie. Op ‘n foto word juis ‘n donkerbril voor Mandela se oë gehou. Kyk hy na Suid-Afrika deur ‘n donkerbril? Mandela was juis in die tronk omdat hy gruwelike geweld teen blankes voorgestaan en beplan het. Die huidige volkvreemde regering sal dieselfde dade verfoei en as rassisme uitmaak as dit deur blankes gedoen word. Hoe nou?
Dat blankes sogenaamde swart op swart geweld net voor die 1994-verkiesing probeer bewerkstellig het, word sommer uit die lug gegryp en is heeltemal onwaar sonder enige bewyse of aanklagte deur ‘n staatsaanklaer. Word die huidige swart op swart geweld ook deur blankes aangehits? Swartes veg teen hulle eie mense wat swak of geen munisipale dienste lewer. Talle ander wilde ongegronde bewerings is in die artikel gemaak sonder dat enigiets verduidelik of gedebatteer word. Dis maklik om sonder feite te beskuldig en dan vir dié aan die ander kant van ‘n saak te laat verdedig, want dan het hy niks om te verdedig nie, slegs windeiers.
Almal moet meer insig aan die dag lê as die wanvoorstelling van bestaande demokrasie en dat apartheid misluk het. Moenie die onwaarheid as die waarheid voorhou nie. Eerlikheid en erkenning van alle volke bring vrede en vooruitgang, nie die gemors wat tans aan die gang is nie. Apartheid was ‘n groot sukses.
Inagnemend al die onsekerhede en deurmekaar omstandighede in Suid-Afrika, is verwagtend opgelet wat die ANC se president se toespraak op 27 April 2018 sou behels. Ongelukkig het hy slegs swartes toegespreek en Afrikaners geïgnoreer. Daarby het hy erken dat daar nog baie mense is wat steeds honger ervaar, miljoene sonder werk, en baie nog sonder huise en elektrisiteit. Wat ‘n erkenning van onbevoegdheid!
Ook hy praat van deelname aan die eerste demokratiese verkiesing 24 jaar gelede, maar sê nie hoe hy daarby uitkom nie. Dan gaan hy voort om te sê dat sy mense (wie?) nie regtig vry is as hulle nie werk het nie; as hulle nie onderrig kry nie. Wat het die regering van die afgelope 24 gedoen om sy mense te help? Blykbaar weet hy nie wat demokraties en dienslewering werklik is nie.
Na sy erkennings van mislukkings beweer hy dat hulle baie gedoen het om armoede te bestry en behuising te voorsien. Sy oggend̶ en aandpraatjies is teenoorgesteld. Herhalend praat hy van “We need to intensify radical economic transformation”. Hierdie woorde is al miljuisende kere herhaal sonder dat enigiemand verduidelik het wat dit beteken. Is dit ‘n geval van nie weet nie, maar ons hou die hele land aan die raai asof dit ‘n groot geheim is?