Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die herstel van ’n volk deur sy godsdiens te herstel, is ’n wenresep vir elke volk op aarde; ook vir die Boerevolk. Ons kla graag oor die onreg van die ANC-regering, maar wat het ons volk in hierdie penarie laat beland? Dieselfde ding wat Juda as volk in ’n penarie laat beland het - godsdiensverval. As ’n volk se godsdiens verval, verval die volk.
WAT MIKROBES NODIG HET, EN WAT pH IS
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (7)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
" In heeltemal suiwer water is daar soveel waterstofdeeltjies aanwesig dat die pH-meter die syfer 7 aanwys. Hoe groter die getal waterstofdeeltjies hoe kleiner die pH-syfer. By 'n pH-syfer van 8 is daar 10 keer soveel waterstofdeeltjies as by pH 9. By pH 7 is dit 100 keer, by pH 6 is dit 1 000 keer, ens. By alle syfers onder 7 is die vloeistof suur, by alle syfers bokant 7 is dit alkalies."
Om te kan lewe het die mens goeie voedsel nodig, lug met voldoende suurstof, 'n temperatuur wat nie hoog en nie te laag is nie; kortom, die lewensomstandighede moet gunstig wees. Mikrobes is ook lewende wesentjies. Om te kan lewe en vermeerder moet die omgewing en die omstandighede ook vir hulle gunstig wees.
Voedsel is natuurlik een van die noodsaaklikste dinge. Sonder kos kan hulle nie lewe nie. Wel kan 'n bakterie of swamspoortjie jare lank sonder voedsel bly, net soos die saad van 'n plant. Die aard van die voedsel is vir die verskillende mikrobesoorte ook belangrik, soos ons later nog sal sien.
Vog is 'n ander faktor wat nie onbelangrik is nie want onder andere los dit voedingstowwe op wat hulle dan deur hul selwandjies kan 'opsuig'. Maar ook die lug moet 'n sekere volggehalte hê om hulle normaal te laat ontwikkel.
Dan is daar die temperatuur wat 'n rol speel. Daar is bakterie-soorte wat die Eskimo's onder die mikrobes genoem word, byvoorbeeld seewater-bakterieë wat hulle aangepas het by die lae temperatuur van die see.
Daar is selfs swamsoorte wat nog by temperature onderkant vriespunt kan groei en daardeur in koelkamers skade kan aanrig.Ander mikrobes is weer lief vir warmte en groei graag by temperature van 75-80 grade Celsius – dit is 167-176 grade Farenheit. Die meeste bakterieë groei egter so tussen 25-40 grade C. Tot hulle behoort onder andere die siekteverwekkende bakterieë.
Terwyl lewende wesens gewoonlik almal suurstof nodig het (aërobe lewe) is daar onder die bakterieë ook hulle wat sonder suurstof kan klaarkom – die sogenaamde fakultatief anaërobe. Daar is selfs van hulle wat in die aanwesigheid van suurstof glad nie ontwikkel nie (anaërobe). Ook is daar soorte wat met min suurstof tevrede is (mikro-aërofieles).
Die laaste maar tog belangrikste faktor wat vir die lewe van die mikrobes nodig is, is die pH-syfer. Hieroor sal ons moet gesels omdat dit 'n uitdrukking is wat nie reg verstaan word nie.
Net soos sommige visse net in sout seewater kan leef en ander weer net in vars water, so is die bakterieë ook taamlik gevoelig vir die suurheid van die vog waardeur hulle omgewe is.
In die daaglikse lewe noem ons die teenstelling van 'suur' dan 'soet'. In die skeikunde is daardie 'soet' egter alkalies. Presies op die grens tussen suur en alkalies is die neutrale punt.
Om nou uit te druk hoe suur of hoe alkalies 'n vloeistof is, gebruik ons die eenheid pH. Dit beteken die negatiewe logaritme van die waterstofionekonsentrasie, maar hierdie geleerdheid sal ons sommer dadelik weer vergeet. Dis voldoende om te weet dat in die skeidkunde die pH-syfer gebruik word om aan te toon hoeveel waterstofdeeltjies (ione) in 'n oplossing is.
In heeltemal suiwer water is daar soveel waterstofdeeltjies aanwesig dat die pH-meter die syfer 7 aanwys. Hoe groter die getal waterstofdeeltjies hoe kleiner die pH-syfer. By 'n pH-syfer van 8 is daar 10 keer soveel waterstofdeeltjies as by pH 9. By pH 7 is dit 100 keer, by pH 6 is dit 1 000 keer, ens.
By alle syfers onder 7 is die vloeistof suur, by alle syfers bokant 7 is dit alkalies. Suur reageer alle sure soos soutsuur, melksuur, koolsuur, ens. Alkalies reageer loog, ammoniak, soda, ens. Natuurlik is alle stowwe nie ewe sterk stuur of alkalies nie. Soutsuur is bv 'n sterker suur as melksuur; bytsoda sterker alkalies as soda.
By groente en vrugte beïnvloed die rypheidstadium die pH. Die meeste bakterieë aard gewoonlik die beste by 'n pH van omtrent 7, dus 'n neutrale omgewing. Ons sêdan hulle optimum-pH is ongeveer 7. Maar ook onder en bokant 7 sal hulle nog groei, hoewel nie so goed nie. Hoe laer die pH-omgewing (dus hoe suurder) hoe moeiliker word dit vir hulle. Die Coli-bakterie (die bekende dermbakterie) groei nie onderkant pH 4.5 nie. Dit is vir hulle die minimum pH. Bokant pH 9.5 kan hulle ook nie lewe nie.
Gisselle en swamme het 'n laer optimum pH-syfer as die bakterië, so tussen 5-6; hul minimum-pH waarby hulle nog sal groei is ongeveer 2.
In die volgende artikel: Ensieme, die werktuie vir mikrobes.