Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aan die einde van jou lewe sal die vraag nie wees hoeveel jy hét nie, maar hoeveel jy gegee het; nie hoeveel jy gespaar het nie, maar hoeveel jy opgeoffer het; hoeveel jy liefgehad en gedien het, nie hoeveel jý geëer is nie.
INTERNASIONALE MINAGTING VAN MENSEREGTE
Dr SH GREGAN
Só minag Amerika die Internasionale Reg
Op 4 Maart 2009 het die Internasionale Strafhof (ICC) 'n lasbrief uitgereik vir die arrestasie van die Soedannese president, Omar Hassan al-Bashir. Hy word aangekla van misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade. Dit spruit voort uit die konflik in Darfoer wat na bewering die dood van 300 000 mense tot gevolg gehad het en 2,5 miljoen ander haweloos gelaat het.
Bashir is die eerste sittende hoof van 'n staat wat deur die ICC vervolg is sedert sy ontstaan in 2002. Terwyl Bashir waarskynlik nie kwyt te skel is van alle blaam vir wat in Soedan gebeur het nie, kan die klagtes deur die ICC nie as 'n regmatige uitoefening van die internasionale reg gesien word nie. Veel eerder het dit te make met 'n staat (en staatshoof) wat nie meer na die pype van die VSA gedans het nie. Dit illustreer hoe hierdie hof gebruik word om imperialistiese doelstellings te verwesenlik in state wat deur die VSA as van strategiese belang beskou word. Trouens, die ICC het hom sedert sy ontstaan feitlik uitsluitlik toegespits op Afrikastate. Net 108 van die sowat 180 state wêreldwyd is lid van die ICC.
Soedan het baie ryk oliereserwes in die suide. Vandaar die jarelange oorlog deur seperatistiese rebelle om Suid-Soedan af te skei van Soedan. Soedan is die grootste staat in Afrika en 10 ander state grens aan die staat. Chinese betrokkenheid in Soedan en die gevolglike olie-uitvoer na China het die VSA genoop om toe te tree. China investeer in Soedan en verskaf, in ruil vir die olie, militêre voorrade aan Soedan. Die VSA het die rebelle bewapen en befonds en uitsluitlik deur VSA toedoen is iets wat voorheen as verbode beskou is, veral in Afrika, naamlik die afskeiding van 'n staat deur geweld, in Soedan bewerkstellig. Suid-Soedan sou nooit tot stand gekom het as dit nie vir die VSA was nie. Waar die strewe na staatskap gewoonlik jare en selfs eeue duur, het Suid-Soedan oornag ontstaan.
Die VSA het ook, in reaksie op China se toenemenede betrokkenheid in Afrika, die sogenaamde United States Africa Command, of AFRICOM, in 2008 in Afrika begin vestig. Die VSA het die klagtes teen Bashir verwelkom. Die VSA ambassadeur by die VN, Susan Rice, het destyds verklaar: “Those who committed atrocities in Sudan, including genocide, should be brought to justice.” Hillary Clinton het dit beaam.
Maar waar staan die VSA wat betref die ICC? Eerstens ontken die VSA die jurisdiksie van die ICC (en in die besonder oor Amerika se militêre en politieke personeel). Die VSA het teen die totstandkoming van die ICC gestem. Tweedens eien die VSA homself die reg toe om in enige staat in te meng, selfs met geweld, en dus, met die wete dat die ICC niks aan die VSA kan doen nie.
Die VSA het oorlogsmisdade gepleeg wat Bashir s'n na die spreekwoordelike Sondagskoolpiekniek laat lyk. Die VSA het Irak, sonder VN-goedkeuring, en gebaseer op die leuen van 9-11, ingeval en vernietig. Meer as 1,3 miljoen Irakese is vermoor en 5 miljoen het gevlug. In sy “global war on terror,” het die VSA feitlik elke beginsel in die internasionale reg verkrag. Geen staat se soewereiniteit word deur die VSA gerespekteer nie. Daar bestaan genoegsame bewyse om George Bush en Tony Blair te vervolg vir die oorlog in Irak. Die VSA het die leerstuk van "pre-emptive war" — in direkte teenstelling met die internasionale reg — as hoeksteen van sy buitelandse beleid aangeneem.
Daarby verhoed die VSA enige besluit in die Veiligheidsraad wat die VSA of een van sy bongenote verantwoordelik mag hou vir menseregskendings. Waar dit die VSA egter pas word klagtes oor sogenaamde menseregteskendings as deel van sy imperiale oorlogspropaganda gebruik. So was dit die geval in Joegoeslawië waar Slobodan Milosevic in aanhouding vermoor is voordat hy onskuldig bevind kon word deur 'n hof wat op VSA-aandrang daargestel is.
Die hele debakel oor Bashir in Suid-Afrika het niks met menseregte en die internasionale reg te make nie. Die litigante in Suid-Afrika wat die saak by die hof aanhangig gemaak het word vanuit die VSA gefinansier en die media juig saam in hierdie skynheilige koor. Geen wonder dat Afrikaleiers die ICC met soveel skeptisisme begroet nie. Vir Bashir om vervolg te kon word moes die VN die saak na die ICC verwys het. Dis nie gedoen nie. Die lasbrief self is dus ongeldig.
Die negatiewe siening oor die ICC is goed opgesom deur Miguel d’Escoto Brockman, die president van die Algemene Vergadering van die VN. Hy het die klag teen Bashir as absurd en polities gemotiveerd beskou:
“A few people with a very dubious past and with very little credibility pretend to know better than the whole African Union, ... This is absurd and really not an adequate way to deal with this issue.”
Christopher Black, 'n internasionale strafregpraktisyn en kenner van die internasionale reg, verwys byvoorbeeld na die lasbrief wat die ICC uitgereik het ten aansien van Muammar Gadaffi van Libië. Die metode wat gevolg is verskil nie enigsins van diê wat in Soedan gevolg is nie. Al verskil is dat Gadaffi deur VSA-gesteunde rebelle vermoor is voordat hy die leuen van die VSA in 'n hof aan die lig kon bring. Intussen is Libië aan flarde geskiet en stroom sy vlugtelinge, as gevolg van VSA inmenging, nou na Europa. Gadaffi se sonde? Hy wou nie voor die VSA buig nie! Black wys daarop dat daar 'n lang lys van persone bestaan wat slagoffers is van die VSA en die hof wat die VSA self nie erken nie, maar teen ander gebruik:
President Milosevic van Joegoeslawië,
President Saddam Hussein van Irak,
President Charles Taylor van Liberië,
Premier Jean Kambanda van Rwanda,
President Laurent Gbagbo van die Ivoorkus,
President Bashir van Soedan, en
President Uhuru Kenyatta van Kenia.
Nou is die VSA se visier op president al-Assad van Sirië en president Putin van Rusland.
Ron Paul, tans lid van die huis van verteenwoorigers in die VSA en voormalige presidentskandidaat, skryf oor die huidige vlugtelinge kwessie soos volg:
The reason so many are fleeing places like Syria, Libya, Afghanistan, and Iraq is that US and European interventionist foreign policy has left these countries destabilized with no hopes of economic recovery. This mass migration from the Middle East and beyond is a direct result of the neocon foreign policy of regime change, invasion, and pushing "democracy" at the barrel of a gun.
Even when they successfully change the regime, as in Iraq, what is left behind is an almost uninhabitable country. It reminds me of the saying attributed to a US major in the Vietnam War, discussing the bombing of Ben Tre: "It became necessary to destroy the town in order to save it."
Most of us have seen the heartbreaking photo of the young Syrian boy lying drowned on a Turkish beach. While the interventionists are exploiting this tragedy to call for direct US attacks on the Syrian government, in fact the little boy was from a Kurdish family fleeing ISIS in Kobane. And as we know there was no ISIS in either Iraq or Syria before the 2003 US invasion of Iraq.
As often happens when there is blowback from bad foreign policy, the same people who created the problem think they have a right to tell us how to fix it -- while never admitting their fault in the first place.
Here is the real solution to the refugee problem: stop meddling in the affairs of other countries. Embrace the prosperity that comes with a peaceful foreign policy, not the poverty that goes with running an empire. End the Empire!
Wat gebeur in Sirië? President al-Assad word voorgehou as 'n dikator wat geen ag slaan op die regte van sy burgers nie. Wie beweer dit? Die VSA en sy handlanger media. Op sterkte van hierdie fabel het die VSA begin om 'n monster in Sirië te skep, te befonds en te bewapen — ISIS. As gevolg van ISIS se optrede het duisende gevlug na Europa. Voordat die VSA begin het om Sirië te destabiliseer was daar nie vlugtelinge uit Sirië na Europa nie. So wie is te blameer? Nou het ISIS so gevaarlik geword dat die VSA vir ISIS met lugaanvalle in toom wil hou. Maar solank dit net nie in samewerking met Sirië se regering gebeur nie! Nogeens word VSA skynheiligheiligheid ten toon gestel, maar die hoofstroom media swyg.
Amerikaanse inmenging in die Midde-Ooste en in Afrika het nie stabiliteit en demokrasie ten doel, soos wat die VSA graag voorgee nie. Die bewyse is daar vir almal wat wil sien. Irak en Libië is gedestabiliseer en veel slegter af as wat die geval was onder die sogenaamde diktators. Daarbenewens is Saoedi-Arabië, die VSA se troue bondgenoot in die Midde-Ooste, die beste voorbeeld van 'n absolute diktatorskap — dog is hierdie staat, weens sy noue bande met die VSA, nie in gedrang nie.
Veel eerder gaan dit om onverklaarde (maar wel amptelike) VSA-beleid — om die res van die wêreld te destabiliseer en elke staat (en sy minerale- en ander rykdomme) aan die VSA te onderwerp. So wil die VSA homself as enigste supermoondheid bestendig. Ten koste van menseregte, menselewens en in absolute minagting van die internasionale reg.