DIE NUWE WÊRELDORDE (7) (Slot)

'N VERBETERDE NUWE WÊRELDORDE

(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)

Koos Bester

"Die Chinese stut ook die Zimbabwese ekonomie. Hoe gaan die rekening aan Mugabe lyk? In Suid-Afrika self is die Chinese besig om die noordelike Vrystaat, Noord-Natal en Suidoos-Transvaal te beset. China se grootste uitvoerproduk het sy mense geword. Hier flits ernstige gevaarligte vir die Afrikaner. Die Chinese is in 'n wapenwedloop met Amerika gewikkel."

Dit is ironies dat die probleme van die Nuwe Wêreldorde juis in die belangrikste kraamkamer van die orde, Irak, aangeteken word.

Een van die ywerigste bevorderaars en borge van die Nuwe Wêreldorde (en ook van die Dakriete uit Suid-Afrika!) die Hongaar-Jood, (nou met Amerikaanse burgerskap), Georg Soros, toon met felle kritiek in sy boek THE BUBBLE OF AMERICAN SUPREMACY, aan waarom George Bush die jonge, gewese Amerikaanse president, met sy optrede in Irak die orde onder druk geplaas het. Een van Soros se grootste klagtes is dat Bush die VN verontagsaam en eensydig en selfgerig optree het, dit alles uiteraard doodsondes in die oë van 'n eenwêrelddrywer soos Soros is.

Soros hou klaarblyklik ook glad nie van Bush se belydenis dat hy glo 'n wedergebore Christen is nie. Bush en sy gewese administrasie word daarvan beskuldig dat hulle newcons is, 'n "eienaardige vennootskap tussen godsdiens- en markfundamentaliste". Hy skryf so iets is nie gesien sedert die Republikeinse kandidaat sen. Barry Goldwater, se aanslag op Amerika se presidentskap nie.

Dat die Nuwe Wêreldorde net soveel 'n ekonomiese as 'n politieke-religieuse strewe het, blyk uit Soros se raad in die hoofstuk, "Improving the World Order". Van Soros se waarnemings is:

  • Amerika se militêre begroting is byna net soveel soos die state van die wêreld se begrotings saam;
  • Amerika bepaal die agenda vir al die state van die wêreld, die ander lande moet reageer op enige beleid wat Amerika volg;
  • lande verkies egter steeds eie belang bo algemene belang. "Binne die Europese Unie poog lidlande om die kombers na hulle kant te trek".
  • GLOBALISERING
    1.            Dit is volgens hom gepas om van 'n globale kapitalistiese stelsel te praat. Die beweging van mense word steeds streng gereguleer terwyl kaptaal toegelaat word om vryelik te beweeg.

2.            Die vereistes om internasionale kapitaal te lok, kry voorrang bo ander maatskaplike doelwitte van lande.

3.            In globalisering word finansiële kapitale investering bevoorreg bo vaste investering.

4.            Vaste investering bied vir die internasionale finansierders soos multinasionale maatskappye minder houvas op lande.

5.            Sedert die Tweede Wêreldoorlog het regerings verkies om strategiese nywerhede te nasionaliseer. Die totstandkoming van die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande (Opul) in 1973, was 'n uitvloeisel daarvan.

6.            Globalisering het 'n "groot hupstoot" in die vroeë 1980's gekry toe Ronald Reagan en Margaret Thatcher programme begin instel het wat die staat van die ekonomie geskei het en die "markmeganisme" (wat dit ookal beteken) toegelaat het om die werk te doen.

  • Soros verklaar globalisering het die welsynstaat onder druk geplaas deurdat inkomste en winste nie meer so effektief deur die welsynstaat belas kon word nie terwyl, terselfdertyd, inkomste uit uit doeane en aksyns verminder het. Duitsland en Frankryk is van die state wat sodoende agtergebly het.
  • Volgens Soros is dit 'n misverstand dat multi-nasionale korporasies en internasionale markte die soewereiniteit van state vervang het. State sou volgens hom steeds dwingende bevoegdhede besit wat "geen individu of korporasie kan hoop om te hê nie.
  • Hy voer aan dat hierdie verskynsel tot 'n onderstebo situasie gelei het wat net voorsien vir produksie en verwisseling van private goedere. Daar was glo heelwat afwenteling van gesag in ekonomiese en finansiële sake, terwyl kollektiewe behoeftes en maatskaplike geregtigheid nie die nodige aandag gekry het nie, daarom hierdie onderstebo situasie. Die Europese Kommissie en Europa se Sentrale Bank het bevoegdhede ontvang, "tog behou lidlande soewereine regte in 'buitelandse sake, verdediging en die meeste ander gebied' ", volgens hom.
  • "Die ongelykheid tussen private en openbare goedere manisfesteer hom op talle wyses," verklaar hy. "Eerstens is daar 'n toenemende ongelykheid tussen ryk en arm, beide binne lande en tussen lande... Die probleem is dat die wenners nie die verloorders vergoed nie, nie binne of tussen state nie. Die welsynstaat soos ons dit geken het, het onhoudbaar geword, en internasionale inkomste-verspreiding het bykans nie-bestaanbaar geword... Die gevolg is dat die gaping tussen die ryk en arm lande steeds toeneem. Die rykste een persent van die wêreldbevolking ontvang soveel as die armste 57 persent. Sowat 1,2 miljard mense lewe met minder as 'n Amerikaanse dollar per dag – 2,8 met minder as 2 dollaar... Hierdie toestande is nie noodwendig deur globalisasie geskep nie maar globalisasies het weining gedoen om dit reg te stel."
  • "Tweedens geniet lande in die sentrum van die globale kapitalistiese stelsel ver te veel voordele bo dié aan die buiterant. Moontlik die grootste ongelykheid is dat hulle (in die sentrum) in hulle eie betaalmiddele lenings kan aangaan. Dit laat hulle toe om in teen-sikliese beleide betrokke te raak, rentekoerse te verlaag en staatsuitgawes te vermeerder om resessies te bestry..."

Die kern van Soros se klagte

Die kern van sy klagte is dat daar 'n vermiste komponent is in internasionale finasiële en handelsinstellings, sy sogenaamde IFTI's (Wêreldbank, die Internasionale Montêre Fonds en Wêreldhandelsorganisasie;) hierdie vermiste komponent  as  "beter wyses om internasionale steun te verleen."

"Ek was besorg dat die onbedoelde vennootskap tussen mark-fundamentaliste aan die regterkant (a-la Bush, Alan Greenspan e.a. – skrywer) en anti-globalisasie-aktiviste links, ons IFTI's kan ondergrawe of vernietig," skryf Soros.

Soros se oplossing

Soros openbaar skynbaar 'n gesonde respek vir die soewereiniteit van state en burgerregte. Sy oplossing lê in 'n balans tussen hierdie soewereiniteit en ingrype. Sy klagte is egter dat die voorste internasionale instelling, die VN, se lede neig om nasionale belang eerder as gemeenskaplike belang voorop te stel en dan skade doen aan die VN se geloofwaardigheid. As 'n konstruktiewe maatreël vir imenging doen hy aan die hand dat "regstellende aksies 'n baie groter rol behoort te speel".

Die Afrikaner ken uiteraard sulke dwangmaatreëls. Internasionale sanksies, boikotte en 'affirmative action' in die arbeidsmark. Soros gee darem die feit van die bestaan van verskillende etniese of belangegroepe toe en redeneer dat dit die vraag oor soewereiniteit bemoeilik.

Soros se raad om die Nuwe Wêreldorde op koers te hou

Dat Soros en sy geesgenote, hoofsaaklik te vinde in die Joodse geldmag, kapitaliste is, behoef geen betoog nie. Maar ná sy boek, THE BUBBLE OF AMERICAN SUPREMACY, kan daar geen twyfel wees dat hy nie 'n markfundamentalis  is nie. Hy verwerp die veronderstelling dat 'n vrye mark sy eie ekwilibrium soek en vind.

Nou hoe kwalifiseer Soros dan die kapitalisme wat hy vir die Nuwe Wêreldorde voorstaan? Die sleutel tot sy denke en benadering is 'n sogenaamde oop samelewing. Hy kla dat die Weste en Amerika onder George Bush die jonge
...vasgesteek het in die Koue Oorlog, waarin twee wêreldbeskouings en twee groot moondhede mekaar uitgedaag het, en hulle (die Weste, Bush?) nie geglo het dat die Sowjet-Unie besig was om sy kolle te verander nie. Die gedagte om op opbouende wyse in te gryp in die huishoudelike sake van die Sowjet-Unie, was vreemd aan die heersende denkwyse.

Hy verklaar voorts:

Die jaar 2000 se buitelandse beleidsplatform waarop die toe nog goewerneur Bush verkies is tot president, trag om die gelukkige dae van die Koue Oorlog terug te bring, maar daardie dae is verby. Ons (Amerika se) identiteit moet op ander veronderstellings gebou word.

Soros redeneer dat nie net kommunisme nie, maar ook die sogenaamde vrye ondernemingstelsel, overgesegdsynde markfundamentalisme, ernstige gebreke het. " 'n Markekonomie word gekenmerk deur groot dosisse regulering en ander vorme van maatskaplike ingrype, nie deur die ongebreidelde jag na selfbelang nie," verklaar hy.

Volgens hom het die Weste die Sowjet-Unie oorwin in navolging van 'n oop samelewing, teenoor die Sowjet-Unie se poging om 'n geslote sameling te skep en nie deurdat die Weste in die eerste plek 'n navolger van vrye ondernemerskap is nie.

En as Amerika dan nie kan nie?

Amerika en sy bevolking is vir toekomstige geslagte in skuld gedompel. Hy is besig om sy Anglo-Saksiese karakter te verloor, nie net wat die etniese betref nie, maar ook sy taal (hy verSpaans) en godsdienstig (hy verRooms, uit Meksiko, Suid-Amerika en Kuba).

Sy weermag verswart, ook wat sy kommissierange betref. Wapentegnies het hy nie juis mededingers nie maar kan Swartes hierdie wapentuig doeltreffend beman? Sal Amerika hom kan handhaaf teen die vernaamste front wat hy vir hom in die Midde-Ooste geskep het: fanatieke Moslems met genoeg geld weens hul olierykdom om die heel beste aan wapentuig te bekom?

En as Amerika dan nie die leiding kan voortsit nie?

Wes-Europa het 'n kultuur wat volgens die ontledings van Oswald Spengler al die karaktertrekke van 'n ou mens openbaar. En sy Christelike binding is daarmee heen in die noorde, die gebied van waar die potente weermagte nog altyd gekom het. Sal die meesters agter die Anglo-Amerikaanse magswêreld noordelike Europa met die Anglo-Amerikaanse droom kan besiel?

As Amerika en Wes-Europa dan wegval, bly Japan en China oor. Met Indië 'n baie vergesogte buiteperd, wat skynbaar deur die wêreldmeesters afgerig word vir die July, daardie baie lelike Derde Wêreldoorlog. (Ons hoor toenemend van Indiese "nywerheidsprestasies" en sien al hoe meer Tatta- en Mahindra-bakkies op ons land se paai.)

Japan bly ná sy nare imperiale ervaring in die Tweede Wêreldoorlog 'n baie sku kandidaat vir wêreldleierskap, sy groot nywerheidsprestasies en die omarming van sy Sjintoe-godsdiens en kultuur in en deur die Weste ten spyt. Die Chinese reus roer. Swaar staatsnywerhede kom op die been en elektro-tegnies begin hy nogal geloofwaardige uitdagings aan Japan rig. Die Nuwe Wêreldorde het die planeet in 'n ryk noorde en arm suide verdeel. Blyke van hierdie noord-suid-stryd is die betogings by Internasionale Monetêre  Fondskonferensies. Maar sal dit lei tot 'n noord-suid gewapende wêreldstryd?

Stellig nie. Maar dit sal sekerlik sy rol speel.

China tree al hoe meer op die voorgrond, ook in suidelike Afrika, waar daar glo al by die 2 miljoen Chinese hulle in Angola bevind. Die Chinese stut ook die Zimbabwese ekonomie. Hoe gaan die rekening aan Mugabe lyk? In Suid-Afrika self is die Chinese besig om die noordelike Vrystaat, Noord-Natal en Suidoos-Transvaal te beset. China se grootste uitvoerproduk het sy mense geword. Hier flits ernstige gevaarligte vir die Afrikaner. Die Chinese is in 'n wapenwedloop met Amerika gewikkel. Rooi China het in die jare sestig van die vorige eeu onder Mao uit Afrika padgegee nadat hy flink hand bygesit het met die bou van die Tanzam-spoorlyn. Rooi Chinese instrukteurs was ook betrokke by die opleiding van kommunistiese soldate in Angola. Maar iets het die Chinese laat besluit dat die kool toe nie die sous werd sou wees nie. Nou het Beijing klaarblyklik 'n nuwe, ekspansionistiese visie wat weldra in aggressie kan verander, ook vir Suid-Afrika.