NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die heel beste geneesmiddels ter wêreld is 'n hartlike lag. Martin Luther het gesê hy sou nie graag hemel toe wou gaan as hy nie seker was dat God 'n goeie grap sal kan waardeer nie. Ons moet leer om vir die regte dinge te lag sodat ons die slegte dinge beter kan hanteer.

DIE NUWE WÊRELDORDE (2)

(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde )

FIDEL CASTRO

Koos Bester

Ook die seer in enige reggeaarde en konserwatiewe Afrikaner se oog, Fidel Castro, se kommunistiese Kuba, volgens baie die stalinistiese soort, is steeds daar. Amerikaanse leiers kom en gaan, van Eisenhower, Kennedy, Johnson, Nixon, Carter, Reagan, Bush, Clinton tot Bush die jonge, maar Castro hou uit, hoewel nou sonder sigaar in die mond, maar seer sekerlik nog met ander sigaarvormige voorwerpe in sy gedugte arsenaal, missiele – waarskynlik met kernplofkoppe – om op enige gegewe dag vir krisisse, soortgelyk aan dié van die sestigerjare, vir Amerika te sorg.

In Wes-Europa het die Europese Unie en die euro as gemeenskaplike geldeenheid tot stand gekom, 'n stap met politieke én handelsimplikasies. Grensbeheer tussen die deelstate van die Unie is verslap en daarmee saam het die vloei van anderrassiges en andergodsdienstiges uit Afrika, die Midde- en die Verre Ooste, na Wes-Europa toegeneem. Wes- en Oos-Duitsland is herenig.

Dat alles nie wel verloop wat hierdie vervaagde grenslyne tussen die volkere van Wes-Europa betref nie, is die sigbaarste op landbougebied waar boere in die verskillende lande telkens in opstand is oor gebrekkige subsidies en die houvas wat die sentrale owerheid van die Europese Unie op hul produksie het. Die gebied worstel met dolbeessiekte en die verlammende uitwerking weens vee-en landboupeste wat die vryer beweging van produkte oor ou landsgrense heen meebring.

Die teenwoordigheid van miljoene nie-Europese vreemdelinge bring spanning in die nywerheid en die lewering van maatskaplike dienste. In Duitsland, Nederland, België en Oostenryk is daar 'n oplewing in nasionale gevoelens. Dit kan gemeet word aan die vertoning van volksbewegings soos die Vlaams Blok.

Terwyl die gewone volk kreun oor die gevolge van die Europese Unie, lag groot internasionale korporasies egter al die pad bank toe. Samesmeltings van groot maatskappye vind oor landsgrense plaas en dikwels is van dié samesmeltings tussen sogenaamde gekommersialiseerde instellings van voormalige openbare diensverskaffers soos telefoon-, pos- en vervoerdepartement. Groot internasionale geldbelange kry sodoende aandeelhouding in noodsaaklike openbare diensverskaffers wat in die verlede as strategiese bedrywe gesien is en deur verantwoordelike regerings nooit aan die willekeur en verliese van die sogenaamde vrye mark blootgestel sou word nie.

Ook pensioenfondse en ander reserwes van die openbare sektor, oor jare opgebou en konserwatief bestuur, word in dié proses aan die meerderheidsaandeelhouers, magte wat dikwels in die buiteland sit en beurse na willekeur kan manipuleer en laat tuimel, blootgestel.

Die reeds magtige internasionale geldbelange is deur die Nuwe Wêreldorde nog magtiger gemaak...

In Amerika het gesit die voorsitter van die Federal Reserve Alan Greenspan, vir opeenvolgende Amerikaanse administrasies al sedert Bush die oue se presidentstermyn, in dié magtige posisie. Só magtig was dié mens dat hy teenoor die media gespot het dat hy nie mag waag om te sê hoe dit met hom gaan nie, dit kan Wall Street in duie laat stort. Dit het dus in der waarheid 'n geval geword dat wanneer  Greenspan nies die hele wêreld se beurse 'n verkoue kry. Hoe kan die verantwoordelike wêreld toelaat dat die wel en wee  en mag van geld in dié mate in die hande van een mens beland? Is die wêreld  so arm aan mense en kundigheid vir verantwoordelike finansiële leiding van lande en volke dat een mens hierdie buitengewone magsposisie moet beklee, of is dit maar net nog 'n gevolg van die Nuwe Wêreldorde? Is die handel en nywerheid so uitgelewer aan manipulasie en invloedkopery dat geen gewone, verantwoordelike en bekwame finansiële bestuurder of sakeman meer sy weg kan vind na besluitnemingsposisies vir land en volk nie? Of sluit die Nuwe Wêreldorde met sy vooropgestelde uitgangspunt dat grense uitgewis word, die moontikheid dat sulke mense hul weg na bestuurs- en besluitnemingsposisies kan vind, byvoorbaat uit?

Kom ons kyk na 'n voorbeeld van beweerde magsmanipulasie: 'n Mnr Reginald Howe het vir Greenspan gedagvaar oor 'n "sameswering" dat die prys van goud laag gehou word. Ook van die wêreld se grootste banke sou volgens Howe by die "sameswering" betrokke wees.

Howe voer aan dat Amerika hom vir 'n lae goudprys beywer om inflasie en 'n astronomiese tekort aan die land se betalingsbalans te verbloem en die dollar kunsmatig sterk te hou.

Hoe doen hulle dit? In dié bepaalde geval word groot hoeveelhede goud "geleen" aan partye wat dit dan van die hand sit. Tussen 10 000 en 12 000 ton "geleende" goud is glo betrokke. Die gevaar vir die banke as die goudprys sou styg is dat hulle astronomiese verliese sou ly. Kliënte sou eenvoudig nie kon bekostig om die goud teen sy veronderstelde wêreldprys aan die begin van 2001, naamlik 600 dollar per ons, in pleks van die 270 dollar van toe te koop nie.

Dit moet onthou word dat deel van die hele bedinksel is dat die banke die goud aan goudskieters "leen" teen die sowat 270 dollar per ons. Hoe sou die goudskieters nie in die knyp teenoor die banke wees as die prys skielik moet "normaliseer" tot die veronderstelde 600 dollar per ons nie!

Howe voer in hofstukke aan dat Greenspan in 1998 teenoor 'n komitee van die Amerikaanse kongres "beken" het dat sentrale banke gereed staan om goud in toenemende hoeveelhede te "leen" indien die prys toeneem. Hierdie optrede van Greenspan, so voer hy aan, het daartoe gelei dat meer goud sy verskyning op die mark maak, en die goudprys afwaarts gedwing word. Volgens Howe het gedagvaarde banke sedert 1994 groot goudverkope aangegaan om die prys van goud na benede te dwing. Hy glo voorts dat die betrokkenes wetgewing teen horisontale prysbepaling in Amerika oortree het en dat hulle skuldig is aan bedrog. Hy meen dat Greenspan en die Amerikaanse minister van finansies onder Bill Clinton, Lawrence Summers, ongrondwetlik opgetree het deur goud se verhouding tot die dollar te manipuleer.

Howe se regsgeding word gesteun deur die Amerikaanse Gold AntiTrust Aksiekomitee (Gata) . Howe voer aan dat Suid-Afrika se Anglogold en Barrick van Kanada oor heelwat vertroulike inligting wat dié manipulasie betref, beskik. Die bankgroepe betrokke by die skema is glo JP Morgan Chase, die Citigroup, Goldman Sachs, die Deutsche Bank en die Bank of International Settlements.

Hoe sou Anglogold by die skema baat? 'n Verskansing wat goudprodusente teen markfluktuasies by banke beding, is vir die verstaan van die situasie ter sake.

Die veronderstelling is dat as Anglogold weet dat die goudprys nie gaan styg nie, hy bykomende inkomste verdien deur dié verskansing teen 'n laer prys te maksimaliseer. Nog 'n beskuldiging is dat Anglogold by die goedkoper goud baat omdat die laer prys sy mededingers verswak. Dié markvoordeel bied aan Anglogold die geleentheid om mededingers spotgoedkoop te bekom.

Die belang vir goudprodusente by hierdie ongewone "markstabilisasiemeganisme" kan gesien word as byvoorbeeld bullopies op die beurse veronderstel word. Dié bullopies kan goudprodusente dan duur te staan kom. As die goudprys op die hakke van die bullopies toeneem moet die verskanste produsent die verskil tussen die verskanste prys en die markprys aan die bank vooruit betaal. Die produsent kan dan swak kontantvloei ervaar. Hy sit dan met verswaarde verpligtinge teenoor die bank én goud wat hy nog van die hand moet sit.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4146 gaste aanlyn