Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geduld is om 'n moeilike situasie van God te aanvaar sonder om Hom 'n einddatum daarvoor te gee.
BRING FRANSE TERUG NA HUL WORTELS
Charlie Hebdo en vryheid van spraak
Dr SH Gregan
Die wêreld was die afgelope paar dae behoorlik in rep en roer oor die moorde wat deur vermeende Moslem-ekstremiste in Frankryk gepleeg is. Frankryk was tot in sy fondamente geskud en het die Franse in groot getalle hulle simpatie betoon met die slagoffers ("Ek is Charlie"), en ook hulle afkeur in geweld (gerig teen hoofsaaklik Moslems).
Wat opval is hoe oningelig mense oor die gebeure agter die gebeure is. Nie alleen is daar talle vrae oor die identiteit van die moordenaars nie, maar die vraag is ook of dit nie 'n beplande operasie was deur die magte van onheil wat nie alleen terreur en paniek wil saai nie, maar ook daaruitvoortvloeiend maatreëls in plek wil stel om individule vryheid hok te slaan.
Berigte wil dit hê dat ISIS (die radikale Moslems wat tans so bedrywig is in Sirië) vir die massaslagting verantwoordelik is. Maar ISIS word in die geheim befonds deur die VSA!
Vir enigeen wat werklik bietjie meer wil weet oor die aanval op Sirië se soewereiniteit, is die inligting nou oral op die internet beskikbaar. Die VSA (in samewerking met Israel en Saoedi-Arabië) befonds die ISIS terroriste en verskaf die nodige opleiding en wapens aan hulle. En Francois Hollande, sosialistiese president van Frankryk weet dit. As ISIS dan verantwoordelik is vir die aanval in Frankryk, waar laat dit die VSA en Hollande? Waarom is hierdie terroriste, wat lankal dopgehou was vir ondermynende aktiwiteite, nie verhoed om die aanvalle te loods nie? Of is hulle toegelaat om dit te laat gebeur?Wat dalk nie vir almal so bekend is nie, is dat Charlie Hebdo pro-Kommunisties was en selfs spotprente gepubliseer het wat aangedring het dat Marine le Pen se Front National verbied moes word. So in die naam van vryheid van spraak wou hulleself diegene wat met hulle verskil het, snoer! Wat die spot van die Moslems betref het Charlie Hbedo die mees vulgêre spotpente denkbaar van die profeet Mohammed gepubliseer. En by herhaling. Die Moslems se besware in hierdie verband het op dowe ore geval. Dit skep die teelaarde vir ekstremiste om te doen wat nou wel gedoen is. Maar Charlie Hebdo het ook in Desember 2014 'n spotprent van Maria, moeder van Jesus gepubliseer waar sy geboorte gee. Dit is vulgêr en afskuwelik, om die minste daarvan te sê. Ek weet nie van 'n enkele Christen wat beswaar gemaak het nie.
Hollande se skynheiligheid oor die hele saak blyk uit sy verklaring:
An act of exceptional barbarism has been committed in Paris against a newspaper. A paper, in other words, an organ of free speech. An act against journalists who had always wanted to show that in France it was possible to defend one’s ideas, and exercise their rights that are guaranteed and protected by the Republic.
Duidelik het Charlie Hebdo 'n agenda gehad om te velde te trek teen alles en almal met wie hulle verskil het en gesien in die lig van hulle kommunistiese sentimente, is hulle klaarblyklik voorstanders van 'n godlose sosialistiese samelewing. In Frankryk mag jy nie 'n enkele negatiewe woord rep oor die sogenaamde Holocaust nie, maar jy mag Christene en Moslems belaster. In die smerigste terme denkbaar. In dieselfde Frankryk van Hollande is die Front National se Jean-Marie Le Pen dikwels hof toe gesleep oor beweerde haatspraak. In 2004 is hy beboet met $12,000 oor sy opmerking dat wanneer daar 25 miljoen Moslems in Frankryk gaan wees, die res van die bevolking in vrees vir hierdie Moslaems gaan lewe. En in Brittanje is twee joernaliste wat 'n spotprentboek Tales of the Holocaust uitgegee het, tronk toe gestuur omdat dit op haatspraak sou neerkom. Duidelik geld ander standaarde as die Jode se heiligdomme aangetas word.
Marine le Pen en miljoene Franse het lankal gewaarsku teen die gevolge van onbeheersde immigrasie van Moslems na Frankryk. Tans staan die getal op 6,5 miljoen. Dit stuur af op 'n onafawendbare tragedie waarvan die afgelope gebeure net die voorspel was. Moslems en Christene verskil soos dag en nag waar dit gaan oor godsdiens, kultuur, tradisies en gebruike. Hierdie waarskuwings is deur die Joods-beheerde media en regering geïgnoreer. Nou is dit ironies dat 'n satiriese blad, wat eintlik onverbiddelik anti-regs en oorwegend pro-links was, en wat die draak gesteek het met die Moslems, dit op so 'n wrede manier moes ontgeld.
Die vraag is net: gaan die Franse die werklike probleem insien, of gaan toegeslaan word op wat deur die Joods-beheerde media as radikale elemente beskou word? Frankryk en Marine le Pen by name, moet hierdie geleentheid aangryp om die Franse terug te bring na hulle wortels. Geen samelewing kan stand hou as dit nie dieselfde toekomsverwagting deel nie. Dit is immers die les van Charlie Hebdo.