Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, dankie vir 'n gesonde sin vir humor, vir die bevryding van 'n skaterlag en die veerstelsel van blymoedigheid. Dankie dat U die mens gemaak het om te kán lag en dat daardie innerlike vrolikheid 'n lig is in donker tye.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (32)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
“I would say to the House, as I said to those who have joined this Government, I have nothing to offer but blood, toil, tears and sweat. We have before us an ordeal of the most grievous kind. We have before us many long months of toil and struggle.
“You ask what is our policy. I will say, it is to wage war with all our might, with all the strength that God can give us, to wage war against a monstrous tyranny never surpassed in the dark, lamentable catalogue of human crime.
“You ask what is our aim? I can answer in one word: Victory. Victory at all costs. Victory in spite of all terror. Victory however long and hard the road may be. For without victory there is no survival.”
-Winston Churchill
The Libya Observer: Reports indicate 95 Libyans arrested in South Africa are part of Haftar's forces.
Saudi-based Al-Arabiya Al-Hadath TV channel said that the 95 Libyans arrested by the South African police inside a farm belonged to the 2020 Group, which is part of the Tariq bin Ziyad Brigade that is affiliated with Khalifa Haftar's forces.
Al-Hadath channel pointed out that those Libyans, who were arrested in a secret military training camp in the Mpumalanga province of South Africa, were sent by the General Command of Al-Rajma in official coordination with an Irish security company for training as special forces.
Commenting on this incident, the Ministry of Foreign Affairs of the parallel government headed by Haftar's close associate "Osama Hammad" announced it was following up on the conditions of the detainees in South Africa and its efforts to provide them with legal support as well as ensure that their detention conditions were appropriate.
*
Die een mens se vryheidsvegter is die ander se terroris. Vir die een groep is hy of sy ‘n held, maar vir die ander is dit ‘n moordenaar. Wie vir ‘n deel van die bevolking ‘n toekoms skep, mag dit dalk doen op die rekening van ‘n ander groep. En die geskiedenisboeke word altyd deur die oorwinnaars geskryf. ‘n Man wat bomme en landmyne laat plant bly ‘n terroris, al word hy ook president met die wêreld aan sy voete.
Wie ‘n verkenner vir een groep is, is ‘n spioen in die vyand se oë
‘n Held kan deur die opposisie gesien word as ‘n massamoordenaar.
Dis alles ‘n geval van perspektief.
*
Heinz von Kleibel se leër beweeg Weswaarts so vinnig as wat ‘n leër maar kan. Hy het daarteen besluit om Noord te gaan en die land van bo af skoon te maak. Eerder het hy besluit om die land in twee te verdeel, vanaf ‘n punt net suid van Gauteng en dan verder in die rigting van die Botswanagrens. Verdeel en oorwin.
‘n Paar vinnige skermutselings is deel van elke dag se trek en hy raak daaraan gewoond, maar raak nie sò ontspanne en vol selfvertroue dat hy sy eie waaksaamheid verslap nie. Van die heel klein skermutselingkies sal hy aan sy tweede in bevel, Abdul Ibn Jusuf, oorlaat, maar wil daarna deeglike terugrapportering hê. Hy wil elke detail weet, hoe het die vyand opgetree en wat was Abdul se antwoord daarop. Wanneer hy nie tevrede is met sy strategie nie, al sou hy die oorwinning behaal, sal hy sorg dat Abdul terdeë verstaan wat hy moes doen en wat nie. Hy sal nie sover gaan om die man te beledig of verstoot nie, want hy het immers die volgelinge van die Moslem nodig.
*
Vuilbaardsvlei beleef hulle vierde week na mekaar sonder dat ‘n skoot in woede afgevuur word. Natuurlik weet die omgewing se mense dat daar kos is, sowel as water, brandstof, wapens en ammunisie. Maar hulle weet ook dat daar ‘n vasberade klomp witmense is en dat hulle geen genade betoon vir enigiemand wat hulle veiligheid of voortbestaan bedreig nie.
Cor het stadig herstel en hou nog net hier en daar ‘n gevolg van die verwondinge oor. Hy loop steeds half mank, ervaar pyne wat hy aan niemand vertel nie en as Liza hom daaroor uitvra, maak hy dit af as onbelangrik. Wat hy egter aan fisiese herstel teruggewin het, het hy verloor aan sielerus. Hy is steeds woedend, al wys hy dit vir niemand nie en sy bloedvergelding vir sy vrou se dood is lank nog nie versadig nie.
*
Die Groot Chaos is voorafgegaan deur verwarring. Natuurlik het baie mense onrustigheid begin ervaar en afleidings gemaak, waarvan sommige geldig en ander heeltemal buite die kol, begin rondvlieg. Van die ingeligdes het begin om twee plus twee bymekaar te tel en het ‘n som gekry wat te skokkend was om te deel, ander het bloot die voor-die-hand-liggende gevaartekens raakgesien maar hulleself betig en dit afgemaak as paranoia.
Hier en daar het iemand die ergste verwag, maar besluit om sy kaarte naby aan sy bors te speel, het kos en water opgegaar en gesorg dat hy vir elke wapen tot sy beskikking genoeg ammunisie het. Dis nou as daar iets soos genoeg is.
Daar word vertel van ‘n inheemse leier (mag ons sê “Boesman”?) wie se volgelinge hom gevra het of dit ‘n koue winter gaan wees. Hy het toe skelm by ‘n plaaslike radiostasie gehoor dat dit moontlik gaan gebeur. Hy sê toe sy mense aan om hout bymekaar te maak. Daarna het hy by ‘n groter gebiedsradiostasie navraag gedoen en hulle het gesê dit gaan erg koud wees. Hy sê sy mense aan om nog meer hout te gaan kap en bymekaar te maak.
Uiteindelik vra iemand die weerprofeet waarom reken hy dit gaan ‘n koue winter wees, waarop hy antwoord:
“Ja, want ons hoor die boesmans maak baie hout bymekaar.”
In Suid-Afrika haal die mense mekaar oor-en-weer aan en maak ook hout bymekaar vir ‘n baie koue winter, figuurlik gesproke natuurlik. Inderdaad het ‘n yskoue winter gevolg, met baie sneeu en reën, hoë winde en baie ontbering.
*
Die wind het deurnag gehuil en die hol grondkrans het dit erger gemaak. Tog het dit in ‘n mate die koue gedemp en kon die reisigers ‘n bietjie slaap inkry.
Skeermes het gesit en tot laat toe sy wapens skoongemaak en geolie. Elke rondte tot sy beskikking is skoon en droog gemaak, die magasyne versigtig gelaai. Hy sou kort-kort in die flou liggie van sy battery-gedrewe lampie na Ezra opkyk, waar die outjie met onskuld op sy jong gesiggie lê en slaap en sy gemoed swaai van een emosie na die ander. Om die een of ander onverklaarbare rede het gister se skokkende toneel hom laat dink aan Leona, die vrou wat hy liefgehad het en wat in sy arms gesterf het.
Sy emosies swaai vanaf hartseer, na besorgdheid, as hy na die outjie kyk en word dan verdryf deur ‘n ongekende bloedlus, om die jong meisie te vergeld. Hy besef dat dit ‘n futiele poging is om die hele land te probeer reinig van wreedheid, wellus en boosheid, maar dit maak nie tans vir hom saak nie. Hy gaan probeer.
Twee ure voor dagbreek raak hy aan die slaap, maar dis ‘n onrustige, vlak slaap wat besmet is met aaklige beelde wat strek vanaf sy tyd as konstabel gedurende onluste in die laat 80’s, die mense wat ge”necklace” is omdat hulle dalk net uitgepraat het, die petrolbomme en suurbomme wat na hulle gegooi is, later as jong offisier die moorde waarvan hy die tonele bygewoon het, nog later die wete dat geweld ‘n onlosmaaklike deel gewond het van Nelson se reënboogland, die gevolglike plaasaanvalle en dorpsmoorde, wat gepaard gegaan het, meermale as nie, deur marteling en verkragting.
En die totale verval die afgelope dekades. Skielik besef hy dat nie net die infrastruktuur van Suid-Afrika tot niet gegaan het nie en die ekonomie daarmee saam, maar dat die morele verval baie erger en dieper was.
Hy was nog altyd ‘n diepgelowige mens, maar dis asof die Here Hom van hierdie land onttrek het en hy is nie seker of gebed nog gaan help nie. Hy weet ook nie wat om te bid nie, sou hy dit wel wou doen. Miskien net om soveel boosheid uit te wis as wat hy tot in staat is? Uiteindelik kom die slaap weer.
Hy skrik wakker en besef dit was ‘n slegte droom, maar as hy weer aan die slaap raak, is dit gevul met nagmerries van die Smit-moorde – al was hy nie eens daar nie – die gevegte nadat hy die polisie se wapensmokkelry ontbloot het, die gesig van ‘n graag-wil-wees Elvis, die man doodsgewond, sy eie ervarings by die Swartbergpas en Leona... Hoe kon hy so dom wees om nie net vir haar lief te kry nie, maar in sy bose wêreld van geweld en dood in te sleep?
Hoeveel mense se dood het hy op sy gewete?
Hy word wakker as dit nog donker is, maar met die wete dat die nuwe dag naby is. Hy lê lank op sy rug en kyk na die tentseil bokant hom, oftewel waar dit moet wees, want dit is nog pikdonker.
Skielik hoor hy ‘n diep dreuning, asof iemand in die kleinerige bergie se ingewande gaan krap het, gevolg deur ‘n skielike, harde suggeluid, asof iets groot meegegee het, gevolg deur ‘n harde, maar vinnige geruk van die wind.
Dan is dit stil.