Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aan Jesus behoort alle mag oor lewe en dood omdat Hy God is! Daarom kan diegene wat aan Hom behoort, nooit in ‘n skaakmatsituasie beland nie. Die Koning van alle konings maak altyd die laaste skuif!
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (26)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
South Africa rejected the party that ended apartheid.
The African National Congress lost its political monopoly in South Africa for the first time since vanquishing the country’s last white-led regime 30 years ago.
When votes were counted on Saturday, the A.N.C. received only about 40 percent of the vote, a steep drop from the nearly 58 percent that the party won in the 2019 election and far short of winning an absolute majority.
The party, which rose to international acclaim on the shoulders of Nelson Mandela, will now have two weeks to cobble together a government with one or more rival parties. Without an absolute majority, the A.N.C. can no longer handpick the country’s president, and President Cyril Ramaphosa may not have a second term.
One major question is whether the A.N.C. will embrace or shun Jacob Zuma, its former leader, who resigned as president in 2018 because of corruption charges. A party he formed just six months ago won 15 percent of the vote.
*
Met die president se aankondiging dat die ANC ‘n regering van nasionale eenheid gaan vorm, is ons net oor die eerste lae hekkie. Met die dat die ANC diep verdeeld is oor koalisievennote: die DA of die EFF en MK, is ‘n skeuring in daardie geledere vermy en Ramaphosa is nog, vir eers, veilig in sy pos.
‘n Rits partye sal genooi word om deel van die regering van nasionale eenheid (GNE) te word. Maar nou lê hef-aan voor. Wie gaan genooi word? Blykbaar staan die DA, die IVP, die EFF en die PA voor in die ry. MK is nie genoem nie, klaarblyklik synde ‘n party wat die grondwet verwerp. Op sosiale media het Julius Malema laat weet hy is nie vir die GNE te vinde nie. So gaan net die samestelling van die GNE reeds veeleisend wees. Soos die uiteindelike samewerking tussen uiteenlopendes soos byvoorbeeld die DA en die PA, indien hulle vir die GNE te vinde is. Dan: wat gaan die verskillende partye en die ANC se voorwaardes wees? Wat van die opposisie se tradisionele rol van parlementêre waghond? Hoeveel en watter kabinetsposte gaan aan watter partye toegeken word? Die hekkies gaan algaande hoër en hoër word, met dalk ‘n siedende MK en dalk ook EFF buite die baan. Dis heeltemal ‘n ander storie as die GNE wat Mandela destyds goedgunstiglik saamgestel het met FW de Klerk as tweede adjunkpresident en Pik Botha ook in die kabinet. Ek wil al onthou ook Roelf Meyer. Na ‘n ruk het De Klerk agtergekom hy en die Nasionale Party maak nie saak nie en het hulle hul aan die RNE onttrek. Dit het skaars ‘n rimpel veroorsaak, met dié dat die ANC ‘n magtige meerderheid gehad het. Ramaphosa sal in hierdie rondte hom deeglik aan die RNE-lede moet steur, of alles stort in duie. Nou kry hy ‘n laaste kans om sy staatsmanskap te toon, na sy wankelrige vertoning tot dusver. En staatsmanskap gaan dit verg.
-Annemarie Mishke
*
Renowned economist Dawie Roodt warned that South Africa is in deep financial trouble and faces many tough years trying to address its challenges.
Roodt said South Africa faces three main challenges – dismal state finances, collapsing local authorities, and poor state-owned institutions.
Local authorities are collapsing and face serious financial problems. They are important because they give citizens electricity, water, and roads.
State-owned enterprises are in a dismal state. Most of them have collapsed because of mismanagement and corruption. Many, like Eskom and Transnet, are crucially important to the economy. South Africa’s national accounts are in serious trouble and have become unsustainable, with debt of between 75% and 90% of GDP.
However, this is not where the problems end. South Africa faces numerous other challenges, including poor labour and trade policies and strained international relations.
Over the past two years, South Africa has antagonised some of its biggest trading partners, including Europe, the United States, and the United Kingdom. Its pro-Russia stance regarding the Ukraine war and decision to take Israel to the International Court of Justice did not sit well with some United States leaders. Lawmakers in Washington are reviewing the bilateral relationship between South Africa and the United States amid geopolitical differences.
The country is also plagued by high unemployment, an unstable electricity supply, collapsing infrastructure, and political instability. It has reached such concerning levels that some high-profile business leaders have warned that South Africa is heading towards becoming a failed state.
Roodt said these challenges would eventually cause the ANC to lose enough support so that the country could get a new government. However, he warned that this transition period would be painful. He likened it to the early nineties when South Africa moved towards democracy.
“The next five years are going to be very difficult because it is a transition period where we are getting rid of the ruling party,” he said.
*
Oorselfversekerheid is een van die gevaarlikste versugtings waarin ‘n mens homself kan begewe. Ten spyte daarvan dat Skeermes, Arno en Maya van beter moes weet, hulle is immers reeds deur die meule van gevaar en geweld, maar omdat hulle vir twee dae nie gevaar teëgekom het nie, is hulle oorgerus in die hoë skuiling waarin hulle hulle bevind. Soos reeds in baie gevalle in die verlede, is hulle kampie ontdek deur ‘n jong beeswagtertjie, wat sy oupa se troppie wegsteek in die berge.
Jabulani het die reuk van pangebraaide ontbyt op die oggendluggie geruik, versigtig nadergesluip en kon binne ‘n kwartier op die kamp afkyk, waar die vier voertuie in ‘n losserige kringetjie getrek is. Sy jong, sterk en fikse bene bring hom ‘n halfuur later terug by die huis, bestaande uit ‘n paar modder en grashutte en ‘n styfgetrapte klei middelruim. Sy amper onsamehangende gebabbel word meer duidelik as sy oupa hom aan die skouers pluk en tot verhaal bring.
Die ses grootmense, met Oupa wat ‘n ou AK onder sy bed uithaal, die ander gewapen met ‘n jaggeweer, twee gesteelde 9mm pistole en verder met kapmesse en selfs ‘n hark, beweeg vinnig na waar Jubalani beduie het. Job, Martha en een van die groter seuns hardloop na die nabygeleë statte en ruim die mense op.
Indien die Land-Cruiser se remme nie weer gebloei moes word wat ‘n uur en ‘n kwart geduur het, sou Skeer-hulle reeds uit die kamp wees, maar net nadat hulle al die lug uit die remsisteem gebloei het, sien Maya die eerste aanvallers op die hoogtes rondom hulle verskyn.
Behalwe vir die feit dat hulle oorgerus was, is die tweede groot fout wat hulle gemaak het, om in ‘n leegte kamp te maak, in plaas van op een van die hoër plekke. Elke slim strateeg sal vertel dat hoogte ‘n beduidende voordeel bied.
*
Dertig kilometer vanaf Vivo, op die pad tussen Pietersburg en Alldays, kan die Blouberg in die verte gesien word. Dit moet nie verwar word met Bloubergstrand meer as duisend agt honderd kilometer na die suide toe nie. Blouberg kry sy naam omdat dit, soos te verwagte, met ‘n blou skynsel gehul word. Dis die tuiste van vele endemiese spesies plantegroei en diere. Behalwe daarvoor is daar ook ‘n krater hoog en ver van die vrugbare vallei rondom. Binne hierdie groot en uitgestrekte krater, wat ook besonder vrugbaar is, leef ‘n paar honderd mense.
Die enigste manier om daar te kom, is hetsy per helikopter of met ‘n baie steil en moeilike voetpaadjie.
Mense wat weet, sal die name van Malabos en Magabeen herken.
*
Die eerste skoot wat ‘n mens in woede afvuur is jou ergste. Elke mens, dit maak nie saak hoe wild en woes jy is, of jy ‘n recce in die weermag is, ‘n opgeleide polisieman of wat ookal nie, daardie eerste trek van die sneller is die moeilikste. Jy weet instinktief dat daar ‘n bruggie oorgesteek is waarvandaan jy nie kan terugkeer nie. Dit kan of gaan ‘n lewe beëindig en jy is verantwoordelik daarvoor. Die mens wat jy skiet gaan nie weer asemhaal nie, gaan nie weer drome droom, lief wees nie en gaan nie terugkeer na die mense wat na hom of haar verlang nie.
Hierdie huiwering kan soms fataal wees vir die skut en dis dikwels eers as die aanvaller baie naby is, dat hy sal skiet. Soms wag ‘n mens dat iets moet gebeur, soos dat iemand anders die skoot sal trek, of dat die geveg sal staak.
Daardie effense beweging van jou snellervinger, die slagpen of haan wat die agterkant van die slagdoppie tref, die dryfmiddel ontbrand en die projektiel teen honderde, miskien duisende voet per sekonde vanaf die tromp van die loop werp. Die koeël, of projektiel, gee nie om wie voor dit is nie. Dis ongevoelig, onpartydig en sonder simpatie.
Wanneer die mense op Vuilbaardsvlei afstorm, is daar ‘n aantal manne, vroue en tieners wat nog nooit op ‘n mens geskiet het nie, en huiwer hulle, al is die teikens helder en duidelik in die visiere. Sodra die mense naderkom en met lewensbedreigende doel op jou afstorm, is die aftrek van die skoot instinktief. Later sal jy met die spoke worstel.
Die eerste sarsie skote is vanuit die gewere van die manne en vroue wat al voorheen in gevegte was en vanaf die opvolgendes is daar heelwat meer wat knal.
Janah, Giel en WP kniel langs mekaar en wag dat die aanstormers binne skootafstand is. Oom Bartel Viljoen se .303, een van die laastes wat die weermag destyds verkoop het, knal oorverdowend langs hulle. Hy haal stadig en met doelgerigtheid weer oor, sonder om sy oog van die teleskoop af weg te vat.
“One down, many to go.”