NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God wil hê dat ons soos diamante in sy Koninkryk skitter.   Daarvoor word die hitte van beproewing dikwels benodig.   Daar sou geen diamante gewees het as daar nie hitte was nie.   Sulke beproewing is ook die diamantstof waarmee God sy juwele poets.

BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (12)

geskryf deur Philip Venter  (u kan die boek bekom deur hom te skakel by  083 444 7672)

“Vyf sjielings, miesta Verwey.”

“Vyf sjielings? Dis nogal baie vir elke patroon.”

“Nee, Miesta Jan, vyf sjielings per geweer. Die patrone – hoeveel is daar?”

“Omtrent vyf duisend.”

“Ek sal die patrone van jou hande afhaal vir vyf Engelse pond.”

“En vir die twee honderd en tagtig nuwe Martini-Henri’s vyf sjielings elk? Dit is, laat ek nou mooi dink – omtrent sewentig pond? Plus vyf pond vir die ammunisie?”

Ephraim Epstein trek ‘n stuk papier en ‘n potlood nader. Hy maak vinnig twee sommetjies. Die een wat Jan Verwey behels en die ander een vir wat hy vir die wapens en ammunisie kan kry as hy dit aan die Boere verkoop. Ja, hy kan ‘n mooi winsie maak!

Jan wil homself, soos gewoonlik, vererg vir die Jood, maar draai om en begin uitloop.

“Mister Jan, dis nie ‘n slegte deal nie. Tye is maar taai, veral nou met die oorlog wat dreig…”

Jan draai om en loop terug.

“Oorlog? Watse oorlog?”

“Met die Ingelse. Die klomp Boere is besig om kwaad te word, maar dit weet jy sekerlik?”

“Laat ek nou mooi verstaan, Eph. Jy weet oorlog kom en die Boere wil nuwer gewere hê as die klomp ou voorlaaiers en Monkey-tails? En jy weet dat hulle baie sal betaal vir die Martini’s! Jou ou skelm – ek hoop hulle hang jou op voor die oorlog begin!”

“Biesnies ies biesnies, mister Verwey. Jy weet tog mos.”

‘n Bebaarde man, ‘n ent van hulle af, wat na ‘n nuwe toom staan en kyk, maak ‘n aanmerking sonder om op te kyk.

“Neef, as jy net so honderd tree met die pad af loop, kom jy by Oom Paul se huis. Hy is nie die president nie, maar hy sal wees sodra die oorlog verby is. Gaan praat met hom.”

Die man sit die toom neer en begin uitloop.

“Wat van die toom, mister Joubert?”

“Nee, ek stel nie meer belang nie. En as ek jy is, meneer Epstein, dan pak ek op en verdwyn, voordat die Boere jou regtig ophang. Veral as hulle hoor wat jy vir die man hier gesê het.”

Hy loop die paar tree na Jan toe, steek sy hand uit en haal sy hoed af. Sy donker hare is kort geknip, maar sy baard is lank en grys. Hy het intense donker oë. Die hand wat hy uitsteek is hard van werk en vol eelte.

“My naam is Piet Joubert. Gaan praat met Oom Paul en sê vir hom ek het jou gestuur.”

*

Die laaste paar myl na Pretoria toe was baie onaangenaam. Sie en Sa is bly dat hulle amper daar is, aangesien hulle dan so ‘n paar dae af kan wees en rond kan ringkink, met die geld wat Jan vir hulle sal gee. Hulle dink onophoudelik aan die goedkoop wyn en selfgebroude bier wat te koop is in die dorp, en as hulle gelukkig is van die mampoer en brandewyn. En natuurlik die vroue. Daar is altyd ‘n swetterjoel van hulle beskikbaar vir ‘n man met geld wat in sy sak klingel.

Francesca is baie formeel as sy met Jan moet praat. Sy doen haar deel van die pligte om en by die kamp, maar bly op ‘n afstand. Jan het ‘n paar maal probeer om die lug tussen hulle te suiwer, maar hy maak meer skade as wat hy goed doen. Hy verstaan eenvoudig nie wat hy verkeerd gedoen het nie!

In die dorp gekom, vat sy haar paar karige besittingtjies en loop na tant Ralie se losieshuis, op die hoek van die lang straat, wat mettertyd Kerkstraat genoem sal word en een wat daarmee dwars loop. In die middel van die vinnig-groeiende dorp is ‘n plein wat oopgehou word, vir kerk en nagmaal. Eers wanneer sy in die huis self is, loop sy na die venster toe en kyk uit na waar Jan en sy waens staan voor die negosiewinkel. ‘n Emosie wat wissel tusen hartseer en moedeloosheid, hang rondom haar.

In haar handsakkie is daar presies vier sjielings en sewe pennies. Sy weet, want sy het dit al oor en oor getel die afgelope paar dae.

Tant Ralie is ‘n groot, moederlike vrou in haar middel vyftigs. Sy het ‘n lang rok en voorskoot aan, haar grys hare in ‘n bolla agter haar nek vasgemaak. Sy droog haar hande aan haar voorskoot af as sy die voorkamer binnekom.

“Hallo, Diertjie. My naam is Ralie en jy mag my nooit ‘Tante’ noem nie. Jy kan maar ook jou geldjie bêre, hoor! Jou kamer en etes is vooruit betaal vir ‘n jaar.”

“Hoe nou, Tante – ek bedoel Ralie?”

“Jou naam is Francesca Du Bois, is dit nie?”

“Ja, maar hoe weet jy dit?”

“Die man wat jou kamer betaal het, het vir my gesê ek moet op die uitkyk wees vir jou.”

“‘n Skraal man, met ‘n baard en snor?”

“Ja, Nooi. ‘n Aantreklike man, al is sy neus ‘n bietjie te groot en hy is te ernstig oor alles. Wat is jy van hom? Jy is bietjie jonk om sy vrou te wees, so ‘n niggie dalk?”

“Nee, Tante. Ek is niks van hom nie.”

*

Paul Kruger is ‘n swaar man in sy laat middeljare. Sy baard is welig, maar dit maak ‘n ring rondom sy gesig. Hy dra nie ‘n snor nie, nie wat Jan kan sien nie. In plaas daarvan om binnekant die eenvoudige huis te sit, sit hy op die stoep. Hy staan effens swaar op as Jan naderkom, steek ‘n groot hand uit om hom ‘n stewige handdruk te gee en gaan sit weer.

“Sit, Broer. My naam is Paul Kruger, maar dit weet jy seker.”

“Dagsê, Oom. My naam is Jan Verwey.”

“Ja, ek weet, Jan.”

“Nou hoe, Oom?”

“Jou reputasie het jou al vooruit geloop. Jy is dieselfde Jan Verwey wat saam met die Engelse was by Isandlwana, die Plek van die Klein Handjie en by Rorke’s Drif, aldan nie?”

“Ja, Oom. Maar ek was daar en het hulle gaan waarsku en het saam baklei, maar ek was nie deel van hulle nie.”

“So, jy is nie aan hulle verbind op enige manier nie? Het jy ‘n lojaliteit jeens hulle?”

“Nee, Oom.”

“Dis goed, want ek het nie tyd vir verraaiers nie.”

“Dit sal ek nooit wees nie.”

Paul Kruger kyk vir Jan in stilte aan, sy intense donker oë, met die swaar bakke wat aan die onderkant hang, kyk na hom asof hy sy woorde weeg teenoor dit wat hy sien. Na ‘n minuut en ‘n half praat hy.

“Ja, ek glo jou. Jy weet ek het jou pa en oupa geken?”

“Hoe so, Oom?”

“Jy het jou pa se bou en jou oupa se neus. Julle klomp het mos hierdie groot, behoorlike neuse. Jou oupa was ‘n goeie vegter en het nie een oomblik gehuiwer nie, so hoor ek. Hy het langs ‘n man geveg, wat baie groot was, maar vreemd genoeg het hulle hom ‘KleinCoen’ genoem, ek weet nie waarom nie.”

“Ek weet van hom, Oom. Dit was nie maar net skewe humor nie, hy was kleiner as sy neef, Coenraad du Bois, al was dit nie baie nie.”

Oom Paul sit dieper in die groot stoel, trek saggies aan sy baard en en dink vir ‘n paar oomblikke.

“Nou goed… dit maak sin. Groot Coenraad, wat die baie Xhosa vroue gehad het? Hy het hier in die Noorde van Transvaal ‘n dorpie begin, met al sy vroue en kinders. Jy weet ek was daar, tot so 1867?”

“Nee, Oom, ek het nie geweet nie.”

“Ek het ook die slag van Vegkop meegemaak, maar my ouers het vroeg in 1838 Transvaal toe getrek, so ek was nie by Bloedrivier nie.”

“Ja, Oom. My oupa Flippie was by Bloedrivier en hy het darem heel anderkant uitgekom.”

“Neef Jan, sê my nou waarom is jy vanmiddag hier by my?”

“Oom, die saak staan so. Soos Oom weet, was ek daar by die bakleiery tussen die Engelse en die Zulu’s. Toe alles verby was, het die Engelsman, Chelmsford, vir my al die gewere wat oor was, gegee. Hy wou nie dat die Zulu’s dit vat nie en teen hulle gebruik word nie.”

“En jy het hulle in jou waens?”

“Dis reg, Oom.”

“Watse roers is dit en hoeveel is daar?”

“Martini-Henri’s, Oom. Daar is twee honderd en tagtig van hulle en vyf duisend patrone.”

Oom Paul kry ‘n lagtrek om sy sombere oë.

“En hoeveel wou daardie skelm Jood vir jou gee daarvoor?”

“Vyf sjielings elk en vyf pond vir die ammunisie.”

“Ek hoop jy het hom in sy maai gestuur?”

“Ek het Oom.”

Paul Kruger word ernstig. ‘n Hartseer trek kom oor sy gesig voordat hy praat.

“Neef, die oorlog met die Engelse kom, dis sowaar as wragtag. Ons is nog ‘n jong volkie en ons het al swaar tye gehad, anders kon ek jou gegee het wat die wapens werd is. Nou kan ek nie, maar ek gaan vir jou iets beter gee as wat ou Eph sal. Ek sal jou een pond tien gee vir elke geweer en dertig pond vir die patrone. Ek weet hulle is meer werd as dit, maar dis al wat ek kan.”

“Dis meer as wat ek wil hê, Oom. Ons kan afkom na een pond per geweer toe en vyftien vir die patrone.”

“Nee. My woord is my woord. Een pond tien vir die gewere en dertig vir die patrone. En Jan?”

“Ja, Oom?”

“Jy het saam met die Engelse geveg. So, jy weet wat hulle taktiek is. Natuurlik sal dit anders wees teenoor mense wat dieselfde wapens as hulle het, maar jy sal beter weet hoe hulle gaan werk as daar oorlog is, as meeste van die gewone burgers. Ons kort goeie manne, soos jy. As jy gewillig is om saam met ons te veg wanneer die tyd kom, sal ek dit hoog op die prys stel.”

“Wanneer kom die oorlog, Oom?”

“Jaar, miskien anderhalf jaar van nou af.”

“Ek sal my kant bring Oom. Natuurlik.”

“Nou-goed Jan Verwey. Ek gee jou die rang van veldkornet. Dis amper dieselfde as die Engelse sersante, maar by ons is dit meer ‘n offisier, soos ‘n luitenant. Ek was self een en dis ‘n groot verantwoordelikheid.”

“Ek is geëerd Oom!”

“Nou maar, dan is dit so. Ek sal vir jou twee briewe opstel. Een vir die bank en nog een wat jou kommissie is vir die rang. Is daar nog iets?

Jan huiwer ‘n lang oomblik.

“Ja, Oom. Daar is ‘n meisie…”

Oom Paul bars uit van die lag.

“Ja, daar is altoos ‘n meisie.”

“Oom ek is baie lief vir haar, maar sy is te jonk om my vrou te wees. Sy is daar by Tant Ralie se losieshuis, net straat-af. Ek sal baie bly wees as Oom se vrou of iemand net so af en dan by haar sal inloer en kyk of alles reg is by haar. En miskien, as ek nie kan nie, van my geld vir haar gee, soos sy dit nodig het. En as ek miskien om welke rede ookal, sneuwel of tot sterwe kom, al my geld en waens vir haar laat erf?”

“Ek kan definitief. Maar sê my Jan, hoe oud is sy?”

“Negentien Oom.”

“En jy is?”

“Vyf… amper ses en veertig, Oom. Wat is die datum?”

“Die sestiende van Mei 1879. Jan, hier by ons maak ouderdom nie baie saak nie. Ek is inderdaad ‘n paar jaar ouer as my Gezina en sy kla nie daaroor nie.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2080 gaste aanlyn