Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is nooit vanselfsprekend dat ons nie alleen is nie. Dit is slegs genade, oneindige genade, as ons nie alleen is nie. Juis in die massas, die stadsgewoel, tussen derduisende gesigte van vreemdelinge en selfs bekendes, is mense op hulle eensaamste. Bid wanneer jy eensaam voel want gebed plaas jou in die teenwoordigheid van engele – daar kan jy nooit eensaam wees nie.
DIE GELDMAG (15)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
STIGTINGSMANNE AAN DIE WOORD
Die SA-Stigting en sy politieke oogmerke kan miskien die beste beoordeel word deur sommige van sy leiersfigure hier kortliks aan die woord te stel. Maar eers is dit interessant om te let op die naam van die organisasie. Hy heet die Suid-Afrika-Stigting, nie die Suid-Afrikaanse Stigting nie. Waarom dan nie Suid-Afrikaanse Stigting nie? Die antwoord is heel eenvoudig: dit is geheel en al nie ’n Suid-Afrikaanse organisasie nie, maar bloot ’n organisasie wat ’n bepaalde stel oogmerke het om in Suid-Afrika na te strewe. So bv. kan daarop gewys word dat die man wat die Stigting se eerste voorsitter geword het en van wie die gedagte van so ’n organisasie glo uitgegaan het, sir Francis de Guingand, groot finansiële en nywerheidsbelange in Suid-Afrika gehad het, maar nie ’n Suid-Afrikaanse burger was nie en ook nooit enige voorneme gehad het om een te word nie.
Verder was daar ook Charles William Engelhard, nog ’n prominente lid van die Stigting se uitvoerende komitee. Watter soort identifisering kon daar enigsins bestaan het tussen hierdie man — ’n Amerikaanse multi-miljoener en hoof van ’n nywerheids- en finansiele kompleks wat die hele wereld oorspan het — en die langtermynoogmerke en aspirasies en persoonlike waardes van die mense van Suid-Afrika? Met ander woorde, hoe “Suid-Afrikaans” was hy? Inteendeel. Daar is getuienis van die nouste verbonden- heid van belange tussen mnr. Engelhard en sommige van die dodelikste opponente van Suid-Afrika. Baie min mense was bv. nader as hy aan die beleidmakers van die VSA wat geen geleent- heid laat verbygaan om hulleself te identifiseer met die bitterste vyande van Suid-Afrika nie. Wat nog verder betekenisvol is, is dat Engelhard lid was van die American Foreign Policy Association, die invloedrykste van al die fronte van die halfgeheime Council on Foreign Relations. En as ’n intieme vriend van Adlai Stevenson, die Amerikaanse ambassadeur by die WO tydens die Kennedy-bewind, watter vriend kon Engelhard van Suid-Afrika gewees het? Hy het in verskeie Amerikaanse regeringskommissies gedien en was terloops lid van die Amerikaanse geselskap onder leiding van sen. Mike Mansfield wat die onafhanklikheidsvieringe van Ben Bella in Algerie bygewoon het.
Saam met De Guingand en Engelhard was daar nog ’n prominente buitelander in die aanvangsjare van die Stigting in sy bestuurskomitee. Hierdie vreemdeling was Clarence B. Randall, Amerikaanse staalmagnaat en ook ’n lid van die CFR en persoonlike adviseur tot verskillende Amerikaanse presidente. Randall was die man wat na ’n besoek aan Suid-Afrika, waartydens hy allerlei simpatieke geluide gemaak het, by sy terugkeer in die VSA gese het dat Amerikaanse beleggers nie bekommerd hoef te wees oor die Republiek se beleid van afsonderlike ontwikkeling nie, omdat “ ’n progressiewe groep jong predikante binne die Afri- kaanse kerke besig is om die beleid te ondermyn.” Dit het nie veel tyd geverg om te wete te kom na wie Randall in die verband verwys het nie: Beyers Naude, Ben Marais en Kie., wat toe reeds met die voorbereidingswerk vir die totstandkoming van nog ’n insti- tuut, die Christelike Instituut, besig was.
Maar kom ons stel die leiersfigure van die SA-Stigting kortliks aan die woord om te sien watter soort politiek deur hulle vir Suid- Afrika beplan is.
Sir Francis de Guingand: In Maart 1971 doen hy vanuit Durban ’n beroep op die Regering om sommige van die “diskrimine- rende” wetgewing te laat ondersoek en te magtig. Hy stel ook voor dat daar op die hoogste vlak sosiale kontak tussen die leiers van die verskillende rasse moet wees. Van die “diskriminerende” wette wat hy uit die weg wil sien, is die Ontugwet, die Wet op Gemengde Huwelike, Werkreservering en die Aanhoudingswette. “Dit sal ons goeie trou aan ons eie mense toon en bewys dat ons opreg is wanneer ons se dat afsonderlike ontwikkeling die uitskakeling van ras- sediskriminasie impliseer. Ek persoonlik vind dit baie moeilik om die wetgewing te verdedig.”
Dr. Etienne Rousseau (tweede voorsitter van die Stigting en gewese lid van die Uitvoerende Raad van die Broederbond): “As Blankes wil sien dat hulle lewenswyse bly voortbestaan, moet hulle toesien dat dit meer aan alle mense bied — nie slegs ’n minderheid nie — as wat deur die Kommunisme gebied word. Dit is reeds duidelik dat rassediskriminasie vandag in die wereld ’n baie vuiler etiket as Kommunisme geword het. Die meeste van die wereld se kwale spruit daaruit dat sy leiers, politici, kerkmanne en pers dikwels hulle optrede volgens allerlei teoriee, ideologiee en leerstellinge bepaal. Beleid en programme moet gebaseer word op die werklikhede van ’n veranderende wereld.” (8 Maart 1973) Hoe dr. Rousseau sy lidmaatskap van die Stigting en die vergoeliking van die nasionaliteitlose denke van die ryk geldmanne kon versoen met die leidende posisie wat hy in die Broederbond beklee het, is ’n vraag waarop net hy antwoord kan gee.
Dr. Jan S Marais (derde voorsitter): Op die jaarlikse grade- plegtigheid van die Universiteit van Pretoria in Maart 1971 verklaar dr. Marais “Ek glo dat ons moet aanvaar dat met elke sekonde wat op ons horlosie aftik, die hele beskaafde wereld minder bereid sal wees om enige diskriminasie op grond van ras, kleur en agtergrond te aanvaar. Die strewe na gelyke regte, afgesien van kleur of stand, is die filosofie van die tyd waarin ons lewe, en mense sal in die toekoms nog meer aan hierdie filosofie hang as in die verlede.”
Na ’n besoek aan die buiteland ’n paar jaar later eggo hy die woorde van sir Francis de Guingand en se dat hy in die buiteland allerlei vrae kry wat hy steeds moeiliker vind om te beantwoord. Van die vrae wat hy in die verband genoem het, is: Waarom is daar verskillende loonskale vir Blankes, Kleurlinge, Indiërs en Swartes wanneer hulle dieselfde kwalifikasies het en dieselfde werk doen? Hoe versoen jy die beginsel van ’n onafhanklike regstelsel met sekere ministeriële wette en “regering deur dekrete”?
Wat gaan julle met die stedelike Swartmense doen? Hoe kan die Blankes se bevoorregte posisie altyd bly voortduur? Glo jy werklik dat die 25 000 000 Gekleurdes eenvoudig gaan sit en toekyk terwyl Blankes hulle stemreg uitoefen en heers? Kan jy verduidelik waar die Blankes die morele en wetlike reg gekry het om die Kleurlinge te stroop van hulle regte? Sal jy ’n land besoek en met hom sake doen as jy in sake-ondernemings, hotelle, lughawens en restourante behandel word soos sommige mense in Suid-Afrika bloot op grond van die kleur van jou vel? As julle dan Wit en Swart restourante, hotelle en strande het, waarom nie minstens ook sulke gemengde geriewe nie, sodat elke persoon volgens sy persoonlike vryheid kan kies wat hy wil hê? Julle Blankes wil julle identiteit behou, maar waarom het julle sulke onmenslike wette nodig?
Dr. Marais hoef nie oorsee te gegaan het om hierdie vrae teen te kom nie. Dit is ook die vraelys wat agter die geslote deure van die SA-Stigting opgestel en in die linkse pers in Suid-Afrika gestel word. Dit is die taal wat in die Stigting gepraat word en deur sy verklaring dat hy telkens hierdie vrae in die buiteland teekom, word net bevestig hoe fyn die geldmanne van die buiteland en die geldmanne van die Stigting georkestreer is in hulle planne om die politieke en sosiale orde hier te verander. En is dit dan, as ’n mens kyk na hierdie soort uitsprake van dr. Marais, enige wonder dat hy in die verkiesing van November 1977 deur die Progressiewe Party genader is om hom as PFP-kandidaat verkiesbaar te stel? En is dit nie ’n besondere getuigskrif vir die Nasionale Party dat dr. Marais hom toe as kandidaat van die NP verkiesbaar gestel en tans daardie party in die Volksraad verteenwoordig nie?
Dr. Anton Rupert (lid van die Broederbond en vriend van die Rothschilds en Rockefellers) in 1966 aan Allen Drury, be- kende Amerikaanse joernalis en skrywer: “Ekonomiese geleentheid is die sleutel tot al ons probleme. Daarmee sal kom ’n verbetering van baie van die dinge waarteen die buitewêreld beswaar maak. Ek glo dat die Bantoe se posisie in die volgende paar jaar baie sal verbeter, die Indiër s’n ook; ek voorspel dat ons eerlang algehele integrasie van die Kleurlinge in die Blanke gemeenskap sal hê.”
Dit is ’n paar van die Afrikaanssprekende luitenante van mnr. Harry Oppenheimer, die moderne Rhodes, op parade. Dit is die huidige geslag van Afrikaanse geldmanne van wie mnr. Piet Cillie op 27 Februarie 1971 geskryf het as “die taaie reaksie van enkelinge en groepe met groter geestelike reserwes, wat bereid is om die verantwoordelikheid van die min op hulle te neem en wat al die klagtes en bedenkinge en ontrou van die hede as gelese beskou.” Vir hulle en ander — dr. A.D. Wassenaar, dr. T. Muller, dr. Siegfried Kuschke, dr. W.B. Coetzer — se dienste is hulle almal met eredoktorsgrade deur Afrikaanse universiteite beloon.
“Diskriminasie op grond van ras of kleur is moreel verkeerd en skeiding op grond van ras of kleur is ekonomies onmoontlik.” Dit is nie mnr. Pik Botha aan die woord op 23 Oktober 1974 in die Veiligheidsraad van die VVO nie. Maar dit kon net sowel gewees het. Syne was ’n effense aanpassing: “Die beleid van my Regering is om weg te beweeg van diskriminasie, want diskriminasie grond van ras of kleur is moreel onverdedigbaar.” Die eerste aangehaalde woorde is die van Harry Frederick Oppenheimer in een van sy voorsittersredes van Anglo-American. Die datum? Tien jaar voor mnr. Pik Botha se deklarasie in die Verenigde - Volke.
Is dit dan nog enige wonder dat mense na aan mnr. Oppenheimer gesê het dat die belangrikste verteenwoordiger van die groot geldmag in Suid-Afrika ’n paar jaar gelede tydens ’n ontmoeting met mnr. Pik Botha in Johannesburg, net voordat laasgenoemde Minister van Buitelandse Sake geword het, byna op sy rug geval het toe hy moes verneem hoe ver links mnr. Botha bereid was om te beweeg?
Ja, vandag word die stem van Anglo-American en die mense wat in sy dampkring beweeg, inderdaad in die koukus van die Nasionale Party gehoor. Dit is dr. Piet Koornhof, die Rhodes-student van twintig of meer jaar gelede, wat in sy doktorale verhandeling reeds die taal van die groot geldmag teen apartheid gepraat het, wat na die VSA gaan en sê apartheid is dood. Dit is mnr. S.P. Botha, die Minister van Mannekragbenutting, wat werkreservering geheel en al afgeskaf het. Dit is mnr. Pik Botha, wat pleit dat die Ontugwet afgeskaf moet word omdat dit Suid-Afrika “onberekenbare skade in die buiteland berokken.” Dit is mnr. Hendrik Schoeman, die Minister van Landbou, wat sê dat gelowige mense nie die Ontugwet nodig het nie. En dit is mnr. P.W. Botha, die Eerste Minister, wat voorstelle vra vir die “verbetering” van die Ontugwet en die Wet op Gemengde Huwelike.
Vervolg...