Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer ons God begin dank vir al die vreugdes wat Hy ons skenk, sal daar nie tyd oor wees om te kla nie. Die mens wat dankbaar oor die verlede is, sal die Here ook vir die hede dank en die toekoms vreesloos tegemoet gaan. As ons dankbaar vir die genade van die verlede is, kan ons uiteraard ook op nuwes reken.
DIE GELDMAG (10)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE VSA SE MEESTERPLAN
Dat mnr. Vorster nie graag ’n konfrontasie met die groot geldmag gesoek het nie, het ook aan die lig gekom twee jaar voor die moord op dr. Verwoerd toe Vorster nog die portefeulje van Justisie beklee en allerweë die beeld van die “sterk man” gekry het. In daardie jaar het dit aan die lig gekom dat die Amerikaanse ambassade in Pretoria mnr. Quinton Whyte, destydse Direkteur van die SA Institute of Race Relations, gevra het om ’n “meesterplan” op te stel wat as handleiding vir die Amerikaanse regering kon dien hoe om die bestaande orde hier ingrypend te verander. Mnr. Whyte het aan hierdie versoek voldoen en die naam van mnr. Oppenheimer het ook prominent ter sprake gekom. Hy sou glo gevra word om sy invloed in die Withuis in Washington te gebruik om simpatieke oorweging daarvan te verseker. ’n Afskrif van die “meesterplan” is deur mnr. J.A. Marais en dr. Koornhof aan mnr. Vorster beskikbaar gestel met die versoek om dit openbaar te maak.
(Die feit dat dr. Koornhof daarby gemoeid was, moet toegeskryf word aan sy destydse noue verbintenis met genl. Van den Bergh, Hoof van die Veiligheidspolisie. Die dokument is klaarblyklik deur die Veiligheidspolisie onderskep.) Mnr. Vorster het egter geweier om op te tree omdat hy gemeen het dat dit ’n te delikate saak raak en dit nie in belang van Suid-Afrika sou wees nie.
Dit is belangrik om te let op enkele van die hoofpunte van hierdie “meesterplan”, omdat dit ’n insig gee in die latere politieke ontwikkelinge onder leiding van mnr. Vorster en die oogmerke wat die buitelandse magshebbers in Suid-Afrika nagestreef het.
In die dokument word erken dat die Swartes in toenemende mate begin deel in die Suid-Afrikaanse voorspoed en dat hulle daardeur hulle ekonomiese mag en moontlik ook hulle politieke mag kan vergroot. Die volgende oogmerke word onder meer gestel:
(a) Die Suid-Afrikaanse beleid van “Wit oorheersing” moet gematig word om te voldoen aan sommige van die wêreld se kritiek en om rassewrywing en moontlike bloedvergieting in Suid-Afrika te voorkom.
(b) Aanpassings sal redelik aanvaarbaar moet vvees v.ir die Blanke kiesers as die Nasionale Party-regering aan bewind wil bly.
(c) Die uitvoering van die plan moet hoofsaaklik gegrond wees op die politieke magstruktuur van die land en kan nie in stryd met ekonomiese ontwikkeling en voorspoed wees nie.
(d) Dit moet Afrikaanse “volkisme”, die Engelse finansier en nyweraar bevredig en Suid-Afrika se verdediging en nasionale veiligheid verseker.
As onmiddellike Amerikaanse beleid teenoor Suid-Afrika is onder meer die volgende genoem:
(a) Dat die VSA oorweging skenk aan middele om die Nieblanke in Suid-Afrika te help om vonne van selfverwesenliking en opleiding op verskillende gebiede te bereik, soos sport, musiek, jazz, gespesialiseerde opleiding, ens.
(b) Dat die VSA kategories verklaar dat uiteindelike Nieblanke politieke regte niks minder as Blanke politieke regte moet wees nie en dat, in die lig van die internasionale toestand, die VSA eis dat Blank Suid-Afrika hom in gemoed en daad voorberei op die onvermydelike politieke gevolge van toenemende Nieblanke getalle en ekonomiese en kulturele mag.
(e) Dat die VSA wys op die toenemende ekonomiese interafhanklikheid van alle groepe in Suid-Afrika ondanks “grensnywerhede” en “tuislandontwikkeling.” Laasgenoemde sal in werklikheid ekonomiese integrasie verhoog.
(d) Dat die VSA nie die vloei van kapitaal na Suid-Afrika onnodig belemmer nie, omdat dit die Nieblanke se mag sal verhoog en terselfdertyd die band tussen alle groepe en alle gebiede in en om Suid-Afrika versterk. Dit verhoog ook die VSA se mag om te beïnvloed.
(e) Dat die VSA openbare internasionale druk op Suid-Afrika deur Suidwes-Afrika en die Verenigde Volke volhou en dat hy in hierdie saak die nouste voeling met Brittanje handhaaf.
Hierdie “meesterplan” uit die linkse knoeikamers in Suid- Afrika het inderdaad die bloudruk van die politiek in die Vorster-era geword. Dit stem baie ooreen met die planne wat agter die geslote deure van die SA-Stigting, die tuiste van Suid-Afrika se geldmanne, gesmee is. Dit is binne hierdie raamwerk dat mnr. Vorster se politieke optrede beoordeel moet word en daarom is dit van belang om in effens meer besonderhede na ’n liggaam soos die SA-Stigting te kyk.
Vervolg...