Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sou U as regter handel o HEER, en gadeslaan die goddelose wandel van hierdie Afrikanervolk, ag, sou ons dan bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees; So word U, HEER, met bewing reg kinderlik gevrees.
DIE GELDMAG (7)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE BILDERBERGERS
In ’n studie van sulke magsgroepe soos die Council on Foreign Relations en sy Britse eweknie, die Royal Institute of International Affairs, sal dit blyk dat die politieke mag in die Westerse wêreld deur klein, dog magtige, elite-groepe_gerig word. Hierdie elite-groepe, wat in die geheim werk, is nie baie lief vir persfotograwe nie en hulle invloed op die gang van wêreldsake moet dus afgelei word uit die bedrywighede van die agentskappe wat hulle in hulle diens het. Daar is talle van hierdie agentskappe, waarvan een van die belangrikste die Bilderbergerroep is. Dit is noodsaaklik dat kortliks stilgestaan word by hierdie groep.
Waar die CFR uitsluitend tot Amerikaanse geldbaronne beperk is, is lidmaatskap van die Bilderberger-groep eintlik “internasionaal.” Onder sy bekendste lede tel sakemanne, nyweraars en politici en uit die VSA, Brittanje, Wes-Duitsland en ander Wes-Europese lande, asook lede van koningshuise in Brittanje en Nederland. Sedert sy totstandkoming was prins Bernhard, van Nederland, voorsitter van die Bilderbergers. Enkele Jare gelede is hy opgevolg deur prins Philip van die Britse koningshuis.
Prins Bernhard se verbintenis met die internasionale geldmag is natuurlik algemeen bekend. Enkele jare gelede het dit gelei tot die Lockheed-skandaal in Amerika wat nie alleen die Nederlandse koningshuis tot in sy fondamente geskud het nie, maar ook die Nederlandse regering tot op die randjie van ’n val gebring het. Prins Bernhard was so diep betrokke in hierdie skandaal dat daar selfs ’n geroep in Nederland opgeklink het dat koningin Juliana moes abdikeer. (In Suid-Afrika was prins Bernhard bevriend met dr. Rupert, glo op grond van hulle gemeenskaplike belangstelling in natuurbewaring.)
Die Bilderberger-organisasie het in Februarie 1957 tot stand gekom. Die byeenkoms van die verteenwoordigers van die groot geldmag en politici het op St. Simons-eiland, aan die kus van Georgia, in die grootste geheimhouding vergader. ’n “Opsomming” van die beraadslagings is egter in ’n aanhangsel tot die Amerikaanse Kongresrekords opgeneem. Dit is veelseggend om te let op sommige van die mense wat by hierdie byeenkoms teenwoordig was: Joseph E. Johnson, van die Carnegie Endowment for International Peace waarna reeds vroeër in hierdie boek verwys is in verband met sy aandeel aan die beplande invalsplan teen Suid-Afrika in 1965; G.W. Ball, gewese Onderminster van Buitelandse Sake belas met Afrika-aangeleenthede in die Amerikaanse adminstrasie; McGeorge Bundy, van die VSA John Foster Dulles, gewese Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake; Thomas E. Dewey, gewese Goewerneur van New York; Denis Healey, leidende figuur in die Britse Arbeiderpaxty; George K. Keisinger, Direkteur van Spesiale Studie van die Rockefeller Foundation; Geo. G. McGhee, Direkteur van die Middle East Institute; David Rockefeller, hoof van die Rockefeller-empire; en politieke, nywerheids- en mediaverteenwoordigers uit verskeie ander lande soos Denemarke, Frankryk, België, Italië, Wes-Duitsland, Noorweë, Swede, Kanada en Holland.
Waarom het hierdie mense daar in die geheim vergader? Wie het hulle daarheen gestuur? Wie het hulle byeenkoms geborg? Wat het hulle bespreek? Watter besluite het hulle geneem? Watter opdragte het hulle ontvang? Watter gemene deler van belange was daar tussen hulle? Die antwoord op die laaste vraag, wat ook die antwoorde sal verstrek op die ander vrae, was dat hulle almal bevorderaars van die internasionalisme was. En hulle belangrikste oogmerk was die bevordering van die gedagte van ’n eenwêreldstaat, soos mnr. P.W. Botha in 1973 die CFR ten laste gelê het.
’n Berig in die Sunday Times van Londen in Oktober 1957 is in die verband baie betekenisvol. Dit het gelui dat finansiers en sakemanne van die VSA, Brittanje, Kanada en nog dertien Wes-Europese lande in Fiuggi, Italië, met samesprekings begin het met die oog op die skepping van ’n Europese vryhandelsgebied en die stigting van ’n Europese Gemeenskapsmark. Daar was sestig afgevaardigdes teenwoordig. Dit is glad nie moeilik om in hierdie byeenkoms die hand van prins Bernhard se geheime Bilderberger-groep te bespeur nie, veral as gelet word op die mense wat daar teenwoordig was en ’n vergelyking dan getref word met die afgevaardigdelys na die stigtingsbyeenkoms op St. Simons-eiland.
In September 1958 is nog ’n dergelike geheime byeenkoms van die groep in Buxton, Derbyshire, gehou. So geheim was die byeenkoms en so streng was die voorsorgmaatreëls wat die groep getref het om hulle identiteit en hulle beraadslagings van die buitewêreld te weerhou dat met die uitsondering van drie baie ou inwoners van die Hotel Palace al die ander gaste op daardie tydstip kennis gekry het om pad te gee. Selfs die personeel van die hotel is vervang en eie personeel is tydelik in hulle plek in diens geneem. Prins Bernhard het nie alleen die burgermeester van Buxton geïgnoreer nie, maar ook die Britse koningin (toe hy voet aan wal op Britse bodem gesit het). Minstens twee dosyn van die afgevaardigdes wat die byeenkoms op St. Simons-eiland bygewoon het, was ook op die konferensie in Buxton teenwoordig.
Sir Edward Beddington-Behrens het in Junie 1960 in ’n huldeblyk aan Joseph Retinger, een van die prominente figure in die totstandkoming van die Bilderberger-groep, in The Times van Londen geskryf “dat die Bilderberger-groep die leidende politieke en nywerheidsleiers van die VSA en Europa bymekaar gebring het om middele te bespreek om enige bron van konflik tussen die VSA en sy bondgenote uit die weg te ruim. Die vergaderings, wat sonder enige publisiteit hoegenaamd in Engeland, Holland, Turkye, Switserland en die VSA gehou is, het leidende staatsmanne bymekaar gebring om probleme in privaatheid te bespreek en om standpunte met mense van gelykwaardige status in ander lande uit te ruil.”
Vandag sluit die naamlys van die Bilderberger-groep, wat met groot moeite uit die VSA bekom is, die name in van mense soos David Rockefeller, Henry Kissinger, Kurt Kissinger (gewese Wes-Duitse Kanselier), mev. Margaret Thatcher, James Callaghan, /Helmut Schmidt, en van die wêreld se bekendste nyweraars en sakeleiers. Dat die Bilderbergers ’n belangrike invloed op sowel politieke as finansiële ontwikkelinge gehad het en nog steeds het, val nie meer te betwyfel nie.
Vervolg...