Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dis nie die storms van die lewe wat ons karakter vorm nie, maar hoe ons daarop reageer.
DIE GELDMAG (4)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Geheime aanslag uit die VSA
In die voortgesette volgehoue aanslag wat vandag nog teen pres. Kruger se nalatenskap gevoer word, verbaas een ding ’n mens telkens. Dit is die aanmatigende houding van die Engelse gevestigdheid teen geheime organisasies in die Afrikanerlewe. Die meriete of andersins van geheime organisasies daargelaat, die feit is dat die huidige aanslag teen Suid-Afrika byna geheel en al op geheime organisasies rus en vanuit binnekamers gevoer word waartoe slegs ’n klein groepie mense toegang het; dat die geheime Rhodes Trust vandag nog op geheime wyse die oorlog, net met ander middele, teen die Afrikanerdom voer; dat allerlei frontorganisasies in die Anglikaanse wêreld bestaan waaragter die geheime stryd om die Afrikanervolk te onderwerp, voortgesit word.
Toe diamante in die jaar 1870 in die Vrystaat ontdek is, is die OVS bloedloos deur Brittanje van die ryk gebied beroof. Die Britte wou nie hê dat die diamantvelde in Afrikanerbesit moes wees nie. Toe die goudvelde van Transvaal ietwat later so ryk geblyk het, was dit ’n herhaling, maar toe met ’n wreedheid en bloedigheid wat die wêreld met afsku vervul het. Agter hierdie moorddadigheid het Cecil John Rhodes en Alfred Milner gesit, maar agter Rhodes het die Rothschilds geskuil, wat Rhodes se De Beers-maatskappy gefinansier het en wat die finale seggenskap in Randse mynhuise gehad het.
Vandag is Suid-Afrika se rykdom weer eens die prys waarna gegryp word. Weer is daar vanuit die Anglikaanse wêreld die geveinsde verontwaardiging oor die politieke stelsel in Suid-Afrika, net soos teen die einde van die vorige eeu. Maar weer is dit ’n dekmantel vir die werklike motiewe: om beheer oor Suid-Afrika te kry.
Die regstreekse bedreiging kom tans nie uit Brittanje nie, maar uit die Verenigde State van Amerika. Soos die Rothschilds, as verteenwoordigers by uitstek van die internasionale bankiers en geldmag, destyds van agter die Britse politiek geopereer het, werk dieselfde magte vandag van agter die Amerikaanse politiek. Die geskiedenis is, wat dit betref, deurlopend en die deurlopendheid word verskaf deur die geheime organisasies wat in die skaduwees werk.
Een fassinerende aspek van die werkinge van hierdie geheime groep samesweerders is die samewerking tussen kommunistiese regeerders en Amerikaanse magshebbers. Hierdie broederskap van sulke oënskynlik onversoenbare ideologiese vyande het al dikwels in die verlede geblyk — van die dae toe die Kommunistiese Revolusie van 1917 in Rusland uit New York se bankierskringe gefinansier is. Jacob Schiff, van Kuhn, Loeb and Co., se nakomelinge het gespog met die twintig miljoen dollar wat hy uit New York bygedra het. En Milner, wat die Britse mag teen die Boere ingeroep het, het vanuit Brittanje gehelp met geld wat waarskynlik uit die verowering van Transvaal en die Vrystaat gemaak is.
In die eietydse geskiedenis is daar tallose voorbeelde van hierdie soort pro-kommunistiese vyande van die Afrikanerdom in die Engelssprekende wêreld. Daar is bv. die geval van Joseph E. Johnson, wat as voorsitter van die Carnegie Endowment for International Peace die invalsplan teen Suid-Afrika in 1965 laat uitwerk het toe die Internasionale Hof in Den Haag se uitspraak teen Suid-Afrika oor die Suidwes-saak verwag is. Dit verskyn onder die titel Apartheid and U.N. Collective Measures. Die Joseph Johnson het niemand minder as die kommunis, Alger Hiss, as voorsitter van die Carnegie Endowment opgevolg nie, en Hiss het tot een van die mees senior amptenare van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake gevorder voordat hy deur Richard Nixon, toe nog ’n prokureur, ontmasker en vyf jaar lank in die tronk gestop is.
Waarheen lei al die drade?
Prof. Carroll Quigley is baie uitgesproke hieroor in sy merkwaardige boek, Tragedy and Hope. Wat sy stellings so belangwekkend maak, is die feit dat die geliefkoosde etiket van “regse fanatikus”, wat die linkses so maklik om die nek hang van enigiemand wat dit durf waag om aan die net te roer, nie in Quigley se geval aangewend kon word nie. Jare lank was hy in die sentrum van hierdie linkse magte en dit is met die kennis wat hy as ’n vertroueling van die magte opgedoen het, dat hy sy belangrike werk die lig laat sien het.
“There does exist,” skryf Quigley op bl. 956, “and has existed for a generation, an international Anglophile network which operates, to some extent, in the way the radical right believes the Communists act. In fact, this network which we may identify as the Round Table Groups, has no aversion to co-operating with the Communists or any other group, and frequently does so.” Prof. Quigley maak die onthulling nie omdat hy die “Anglophile network” vyandiggesind is nie. Hy sê in dieselfde paragraaf: “I know of the operations of this network because I have studied it for twenty years and was permitted for two years in the early 1960’s to examine its papers and secret records. I have no aversion to it or to most of its aims.”
Hierdie “Anglophile network” is ’n geheime organisasie en dit word ook as sodanig deur Quigley geïdentifiseer. “The chief aims of this elaborate, semi-secret organisation,” skryf hy, “were largely commendable: to co-ordinate the international activities and outlooks of the English-speaking world into one (which would, it is true, be that of the London Group).” Amery het dit in sy voorwoord tot Halperin se boek ’n “system” genoem. Qiuglcy noem dit by sy naam: “an elaborate semi-secret organisation.”
Waarom is dit dat die Engelse pers in Suid-Afrika en, wat dit betref, sekere Afrikaanssprekende politici en die mense aan universiteite, nie hulle stemme verhef teen die mag wat die geheime organisasie in die Engelse politiek, die Engelse kerke, die Engelse universiteite en die Engelse pers het nie? Die antwoord is eenvoudig: die Engelse universiteite en die pers in Suid-Afrika is in die mag van hierdie geheime organisasie, daarom durf daar vanuit dié oorde geen skewe woord oor die sake gehoor word nie.
“The chief backbone of this organisation,” skryf Quigley, “grew up along the already existing financial co-operation running from the Morgan Bank in New York to a group of international financiers in London led by Lazard Brothers. Milner himself in 1901 had refused a fabulous offer worth up to 100 000 dollars a year to become one of the three partners of the Morgan Bank in London. Instead Milner became a director of a number of public banks, chiefly the London Joint Stock Bank... He became one of the greatest political and financial powers in England, with his disciples strategically placed throughout England in significant places such as the editorship of The Times, the editorship of The Observer, the managing directorship of Lazard Brothers, various administrative posts and even cabinet positions. Ramifications were established in politics, high finance, Oxford and London universities, periodicals, the civil service and tax-exempt foundations.”
As ’n mens kyk na die lys van instellings waarop hierdie geheime organisasie sy seekatgreep gekry het, besef jy waarom daar so ’n stilswye bewaar word. Haas - geen koerant in die Engelse wêreld is vry van die greep van hierdie organisasie nie. Vir Suid-Afrika is dit van belang dat hierdie “Anglophile network” gebou is op die knoeifondament wat Rhodes en Milner gelê het, en dat die finansiering in die eerste jare gekom het uit die Rhodes Trust en later ook die Abe Bailey Trust, wat beheer gekry het oor die Engelse pers in Suid-Afrika en later ook oor die Afrikaanse pers.
Die doelstelling van die geheime organisasie wat Quigley beskryf het, is nog dieselfde as wat Rhodes en Milner s’n was. Afrikaner-nasionalisme is vir hulle ’n stuikelblok in die pad na groter rykdom en mag. Hulle streef, soos mnr. P.W. Botha tereg van die CFR opgemerk het, na ’n eenwêreldstaat (wat nou baie naby is) waarin die mag en invloed van die rykes en die superrykes toonaangewend in die middelpunt sal wees. Hulle vyand is die nasionalisme, maar terselfdertyd neem hulle die beste uit die nasionalisme vir die bevordering van hulle oogmerke. En soos in die dae van Rhodes gebruik hulle Afrikaners ter goedertrou, want dit is ’n treurige feit dat tienduisende Afrikaners vandag nie in staat is om hulle vyande te herken nie.
Vervolg...