Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hy wat op homself vertrou is verlore; hy wat op God vertrou is tot alles in staat. Maar waarom is ons vertroue so swak dat ons elke liewe dag van voor af moet leer om God te vertrou? Het Hy dan nie gister sy betroubaarheid bewys nie? En eergister? En die dag tevore? Vertrou op God met jou hele lewe en spring aan die werk!
DIE GELDMAG (3)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE WESE VAN DIE STRYD
Suid-Afrika was nog nooit gevrywaar van die mag en die bedreiging van die geldmag nie. Trouens, die Afrikanervolk het in die verlede, net soos vandag, op verskillende maniere met hierdie vyand kennis gemaak, selfs in die vorm van ’n bloedige oorlog waardeur die Afrikanernasie byna uitgewis is. Vandag maak die geldmag nie meer van oorloë gebruik om sy oogmerke in Suid-Afrika te bevorder nie, maar dit beteken nie dat hy minder berekend te werk gaan nie. Teen die einde van die vorige eeu was dit Rhodes en Milner en hulle handlangers wat hulle teen die Afrikanerdom gerig en ’n vernietigende oorlog teen die Afrikaner ontketen het om sy land en sy rykdom te verower. Vandag word nog dieselfde stryd deur die opvolgers van die Rhodes-Milnerpolitiek teen die Afrikanervolk gevoer — net met ander middele. Die ideale en strewes van Rhodes en Milner is steeds die ideale van hulle opvolgers in Suid-Afrika en hulle belangrikste wapen teen die Afrikaner bly steeds hulle groot rykdomme en ander middele, soos die pers, wat hulle met hierdie rykdom ingepalm het.
Niemand beskryf die aard van die Afrikaner se stryd en die verband tussen die teenswoordige en die verlede beter as juis ’n man wat baie na aan die binnekamers van die groot geldmag in Suid- Afrika gestaan het nie. Hy is mnr. Morris Broughton, voormalige redakteur van een van mnr. Oppenheimer se koerante, The Cape Argus. Broughton het in 1960 in botsing gekom met sy base, die beheerders van die Engelse pers, toe hy enkele simpatieke geluide oor die Afrikaner se strewe na republiekwording laat hoor het. In sy boek, Press and Politics, wat hy geskryf het nadat hy die redakteurstoel van sy koerant as gevolg hiervan moes ontruim, gee hy die leser ’n besondere insig in die wese van die stryd wat steeds teen die Afrikanernasie vanuit die binnekamers van die geldkringe gevoer word.
“There is,” skryf Broughton, “also the need to get rid of the invisible man who sits on the other side of the editorial desk in nearly every English newspaper office. There he is — exasperating, silent and solemn — the ghost of Paul Kruger. It is against him and his image that, fundamentally, the vials of inky scorn, irony, wrath, eloquence and repudiation are still poured out.”
Wat Broughton hier sê, is dat vanuit die redaksionele kantore van die Engelse koerante die “Boere-oorlog” nog voortgesit word: Cecil John Rhodes se nalatenskap teen Paul Kruger se nalatenskap; finansiële imperialisme teen kulturele nasionalisme.
Die Afrikanernasie besef glad te min wat Rhodes en Milner se nalatenskap in die Anglikaanse wêreld van vandag beteken. Na Rhodes se dood het Milner langer as twintig jaar die Rhodes-politiek voortgesit. Die bloedspoor van Rhodes en Milner deur die Suid-Afrikaanse geskiedenis het nie by die Tweede Vryheidsoorlog doodgeloop nie. Eers was daar die Milner-kindergarten van 1902 tot 1910, wat die Afrikanerdom moes toeploeg onder immigrante en hom moes verengels en wat die internasionale geldmag moes toelaat om homself na die Engelse oorlog in Transvaal in te grawe. Daarna het die spoor van Rhodes en Milner vaer geword in Suid- Afrika, maar Milner self slaan in 1911 uit as die groot finansiële weldoener van die kommuniste in Rusland. Terselfdertyd het Milner in die diepste finansiële en politieke binnekringe van Engeland gesit.
Walter Nimocks skryf in sy boek, Milner’s Young Men (1968): “Milner became the personifacation of the imperialist government.” Een van Milner se medewerkers, L.S. Amery, het in ’n voorwoord tot Vladimir Halperin se boek oor Milner (1952) geskryf: “If the vision was Rhodes, it was Milner who over some twenty years laid securely the foundations of a system whose power in shaping the outlook and spiritual kingship of an evergrowing body of men throughout the English speaking world it would be difficult to exaggerate.”
Milner en die ander intieme medewerkers en lojale volgelinge van Rhodes het ook die beheer oor die miljoene van die Rhodes Trust gekry en het dit in die imperiale politiek van Rhodes aangewend — net minder openlik en aggressief. Nimocks skryf in sy reeds genoemde boek: “Unnoticed so far, but perhaps of greater historical importance, was the use of Rhodes Trust money to manipulate the newspaper press in South Africa.” Een van die koerante waarin Milner beheer gehad het sonder dat die publiek dit wis, was The Pretoria News sedert 1902. Dit staan opgeteken in Today’s News Today, die amptelike geskiedenis van die Argus- maatskappy.
Wanneer ’n mens die historiese feit geboekstaaf sien, besef jy hoe deurtastend en berekend die aanslag op die Afrikanerdom was.
Manipulasie is die sleutel tot die hele Rhodes-Milner-politiek. ’n Sameswering soos die Jameson-inval is die natuurlikste vorm waarin die soort politiek tot uiting gekom het. Die hele beswadderingsveldtog wat daarna teen pres. Kruger en die Boere van Transvaal gevoer is, is ook net so ’n wesenlike deel van hierdie politiek wat nie die daglig kan verduur nie. Geheimsinnigheid, bedrieglikheid, manipulasie, beswaddering — dit is die metodes van hierdie politiek.
Genl. J.B.M. Hertzog het voor sy uitsetting deur genl. Louis Botha regstreeks met die Rhodes-Milner-politiek te doen gehad. In een van sy toesprake verwys hy na die “Jameson-party” en praat van die “kwaadwilligheid en haat van die politieke bende.” Dan sê hy: “Leuens, verdraaiings, valse voorstellings deur hulle uitgedink en die wêreld ingestuur — siedaar, die middele deur hulle gebesig om hulle skaamtelose politiek van tweedrag en verdagmaking uit te voer. Die groot skaal waarop hierdie sluipmoordenaarsvegmetode voorttgesit word is haas ongelooflik.”
Vandag sit die verteenwoordigers van die Rhodes-Milner-politiek feitlik nog op al die plekke waar Rhodes en Milner hulle gelaat het in die Chamber of Mines, in die Chamber of Commerce, in die Rand Club, in die Engelse koerantkantore. Dit is hulle wat vandag nog veg teen pres. Kruger as die uitnemendste verteenwoordiger van Afrikaner-nasionalisme. Maar die stryd teen Afrikaner-nasionalisme deur hierdie regstreekse verteenwoordigers van die Rhodes en Milner-politiek het in die afgelope jare ook ’n nuwe dimensie gekry toe Afrikaanssprekendes hulle as vriende en assistente by hierdie georganiseerde “Afrikanerhaters” aangesluit het. Dit was veral tydens die Verwoerd-bewind dat hierdie bondgenootskap tussen die direkte verteenwoordigers van die Rhodes-Milner-politiek en hulle Afrikaanssprekende vriende duidelik vorm begin aanneem het. Net soos pres. Kruger in die pad van die magte was, was dr. Verwoerd in hulle pad. As verteenwoordiger van Afrikaner-nasionalisme het hy teen hierdie magte en die verwesenliking van hulle oogmerke gestaan. Daarom dat later in sy bewind die kreet “Verwoerd must go!” al sterker opgeklink het.
Vervolg...