Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Februarie het spanning tussen Israel en Iran vergerger toe Israelse leiers Iran blameer het vir nog twee aanvalle. Op 13 Februarie is die Israeliese Ambassade gebombardeer in verskeie state. Die ontploffings was soortgelyk aan aanvalle op Iran se kernwetenskaplikes 'n paar jaar gelede waarvoor Iran vir Israel blameer het. Kortom, Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Het Suid-Afrika dalk ook die gunstige besoek van God nie opgemerk?...
DIE GELDMAG (1)
Baie mense hoor nou eers van terme soos Die Nuwe Wêreldorde, 'n Een Wêreldregering en Die Geldmag. Dit is terme wat nou dikwels gebruik word vandat die Covid-virus sy skielike verskyning gemaak het en ons dit met mekaar verbind. Maar daar is baie lank gelede reeds uitstekende werke oor die Geldmag, die superrykes van die wêreld geskryf. Van een daarvan is Beumont Schoeman die outeur en is dit nou die regte tyd om dit weer deur te werk om sodoende 'n beter begrip te kry van wat presies nou vir ons voor die deur lê.
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Van Rhodes tot Oppenheimer
Dit was Benjamin Disraeli, voormalige Eerste Minister van Brittanje, wat gesê het: “Die wêreld word vandag regeer deur heeltemal ander mense as wat diegene glo wat nie agter die skerms is nie.” En dit was die bekende lord Bryce wat in sy Modern Democracies geskryf het: “Die demokrasie het nie ’n meer volhardende en verraderlike vyand as die geldmag nie... Daardie vyand is gedug omdat dit in die geheim deur middel van oorreding of misleiding werk, eerder as deur mag en so mense niksvermoedend betrek. Dit is oral ’n gevaar vir enige goeie regering.”
Ander skrywers en politieke leiers van naam voor en ná hulle het die invloed en bedreiging van die groot geldmag ewe oortuigend geïdentifiseer en die standpunt van C. Rothschild, een van die magtige Rothschild-familie, bevestig toe hy verklaar het: “Gee my beheer oor die rykdomme van ’n land en ek gee nie om wie die wette van die land maak nie.” Abraham Lincoln het in sy stryd teen die magte van die suidelike state van Amerika gesê: “Ek het twee groot vyande: die Suidelike leër voor my en die groot finansiële instellings agter my. Van die twee is die een agter my my grootste vyand.” Vir die groot geldmag was Lincoln ’n stuikelblok in die verwesenliking van hulle oogmerke en daarom is hy gewelddadig van die toneel verwyder.
Die geldmag duld geen stuikelblokke en versperrings in sy weg nie. As dit vir hulle nodig is om oorloë te ontketen om hulle oogmerke te verwesenlik en hulle rykdomme te vergroot, sal hulle dit doen. Revolusies en ondermyning het handige werkmetodes van die verteenwoordigers van die groot geldmag geword. Hulle gee nie om om mense en hele bevolkings in vreemde en gevaarlike ideologieë te verstrik nie. Hulle sit skaamteloos hand om die nek met die sosialiste en die kommuniste en knip nie ’n oog om nasies aan hierdie stelsels te verslaaf nie, solank hulle oogmerke daardeur bevorder en hulle onversadigbare aptyt vir steeds groter mag en invloed daardeur bevredig word. Hulle doen hulleself voor as groot nasionaliste en patriotte, terwyl hulle inderwaarheid die grootste vyand van die nasionalisme is. Want die geldmag is internasionaal; dit ken geen loialiteit aan enige land nie en word dus nie aan bande gelê en gekortwiek deur sulke niksbeduidende magte soos nasionalisme en nasionale regerings nie.
Die werkinge van die politiek, nasionaal en internasionaal, kan nooit volkome begryp word sonder ’n behoorlike kennis en begrip van die mag van geld nie. Oor die bestaan van ’n beperkte, invloedryke groep mense wat die geld van die wêreld beheer, word daar vandag nie meer geargumenteer nie. En oor die feit dat hierdie groepie mense hulle groot rykdomme en invloed gebruik om regerings te beheer en te manipuleer ter bevordering van hulle eie oogmerke, bestaan daar vandag ewe min twyfel by diegene wat die kennis tot hulle beskikking bestudeer en vir hulleself verwerk het.
Dit word algemeen aanvaar dat regerings of beheer word deur politieke of militêre diktators, of deur demokraties verkose verteenwoordigers. Oënskynlik maak hulle die wette van die land, handhaaf hulle die orde, beheer hulle die administrasie en inisieer hulle selfs konstruktiewe ontwikkelings. Maar die werklike mag setel in die hande van ’n klein groepie mense, wat van agter die skerms werk en hulle invloed laat geld, maar aan die oorgrote deel van ’n liggelowige publiek en selfs ’n groot deel van onkundige wetgewers onbekend is. Dit is hierdie klein kliek, en nie die regering nie, wat sulke uiters belangrike sake soos die geldvoorsiening van ’n land, werkloosheid, nasionale skuld, ekonomiese insinkings, nywerheidsonrus en selfs die ontwikkeling van ontwrigtende politieke bewegings, soos die Kommunisme, beheer.
Nadat hierdie verraderlike mag op so ’n duidelike wyse deur sulke prominente figure soos Disraeli, Gladstone, Bryce, Woodrow Wilson en andere aan ons uitgewys is, ontstaan die vraag hoe die groot geldmag sy leierskap beplan en handhaaf. Die antwoord hierop is ongelooflik eenvoudig. Die geldmag regeer eenvoudig deur beheer oor ’n land se geld uit te oefen. Dit gebruik hierdie mag om mense, instellings, regerings en nasies vir sy eie private oogmerke te ontplooi. Geld is so essensieel vir regerings as wat dit vir mense is. Maar nie een van die twee het beheer daaroor nie. Diegene wat beheer het om geld te weerhou, te manipuleer en die waarde daarvan na willekeur te verander, het ook die mag om die wêreld as hulle skaakbord te gebruik met die oogmerk om meer rykdom en groter mag in te palm. Hulle het beheer oor die lewensbloed van beskawings — geld — en hulle maak berekend van hierdie mag gebruik.
Sir Reginald McKenna, gewese voorsitter van die Midlands Bank in Engeland, het by geleentheid gese: “Hulle wat die krediet van die land beheer, bepaal ook die beleid van die regering, gewese en hou die lotgevalle van nasies in die holte van hulle hand.” McKenzie King, Eerste Minister van Kanada, het in aansluiting hierby dikwels verklaar: “Alvorens die beheer en voorsiening van geld_ en krediet nie teruggeplaas is na die regering en die regering dit nie aanvaar as sy belangrikste en heiligste verantwoordelikheid nie, bly alle versekerings oor die soewereiniteit van die parlement en die demokrasie futiel en ydele praatjies.”
Vervolg...