NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Met Jesus se oorwinning aan die kruis is Satan en sy magte as verloorders gemerk. Jesus is die Oorwinnaar ook in jou lewe, en jy kan in sy krag oor die mag van die Bose triomfeer.

MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (2)

Klaus Dieter Vaqué

Lees reeks by Misleiding van die volkere

Geen eeu in die geskiedenis van die mensdom was nog ooit so gekenmerk deur leuens en bedrog soos die twintigste eeu nie, 'n eeu wat nou ten einde snel, en beplan is om te lei tot die begin van 'n "nuwe wêreldorde" waarvan die meeste mense nog nie die vaagste benul het nie. 'n "New Age", 'n nuwe tydsgewrig gaan volgens die beplanning van die samesweerders aanbreek, 'n era wat sy ontstaan vind in 'n eeu van onvoorstelbare menslike lyding; 'n sataniese tydsgewrig wie se god die "vader van die leuen" sal wees; 'n tydsgewrig wat "die bewoners van die aarde verlei," soos die Bybel dit uitdruk in Openbaring 13, vers 14.

Wie in Suid-Afrika lewe en die totale aanval op hierdie land mee­maak, gewaar hier waarskynlik duideliker as op enige ander plek in die wêreld die gekoördineerde aanslag van die geheime magte van duskant en van anderkant die ystergordyn. Dit mag wees dat hulle hier minder moeite doen om die samewerking tussen Oos en Wes geheim te hou omdat Suid-Afrika se mond propagandisties so gesnoer is dat die land — in elk geval van amptelike kant — byna nie effektief kan terugslaan nie. Of dit mag ook wees dat die toenadering of sogenaamde "glasnost"-politiek ("propaganda") van die Sowjetunie met die Verenigde State intussen al so ver gevorder het dat hulle die wêreldbevolking so stadigaan wil voorberei vir die beplande samesmelting tot 'n wêreld­regering.

In ooreenstemming hiermee word daar vandag in Europa al skeefge­kyk na iemand wat 'n al te duidelike anti-kommunistiese houding aan die dag lê en 'n mens word dan sommer maklik uitgekryt as "koue kryger" of iets soortgelyks. So 'n houding sou natuurlik ook nie ooreenstem met die verbroedering van die twee wêreldsisteme waarna daar gestrewe word nie. Gevolglik bevorder die massamedia en die geheime manne agter hulle die toenadering en die linkse neiging van die bevolkings op dieselfde wyse as wat die Protestantse en Katolieke kerke van die Aandland, wat eens op 'n tyd Christelik was, nou eis dat daar met ander gelowe "dialoog" en "verdraagsaamheid" moet wees om die pad voor te berei vir die groot verenigde wêreldkerk wat beoog word.

Hoe die samespel met die Sowjetunie en die beplande wêreldrege­ring sou funksioneer, is reeds in 1958 in die amptelike tydskrif van die "American Jewish Committee", New-York, soos volg verduidelik: "Die internasionale regering, die VVO, is eintlik 'n gemeenskaplike interna­sionale regering van die VSA en die Sowjetunie bymekaar".

In 1967 was dit 'n radio-kommentaar van "The Voice of America" wat in die Europaprogram van hierdie sender die kat uit die sak gelaat het. Dit was seker bedoel as 'n proefballon om die reaksie van die bevolking te toets voor daar tot die volgende stap oorgegaan word. Dit het gelui: "Die wêreld sal in die nabye toekoms so regeer word dat die Amerikaanse monopolie nie in teëstelling tot die Sowjetse monopolie optree nie, inteendeel, daar sal 'n afgesproke polarisering plaasvind. Gevolglik sal die VSA en die Sowjets in die geheim saamwerk en die VVO as dekmantel daarvoor gebruik. Daardeur sal die wêreldpubliek wat nie op hoogte van sake is nie, mislei word. Die twee wêrelde sal dus in die openbaar teen mekaar optree, maar in die geheim met mekaar ooreenkom. Dit is die "Nuwe Orde". Oorloë sal nog verder gevoer word, want dit behoort tot die teëstelling, maar hulle sal gekontroleer word en as beperkte strooivure gevoer word, sodat dit nooit tot 'n wêreldkonflik kan lei nie. Maar agter die skerms word dit so gereël, dat geeneen van die twee grotes die gebied van die ander een mag binneval nie. (Voorbeelde: Hongaarse opstand, oprigting van die Berlynse muur, Afganistan ens; die Skrywer) Die ware beslissings waartoe daar in geheime vergaderings ooreengekom is, word dan deur die helpers van die Kremlin en dié van die Wit Huis oorhandig, selfs die satellietstate van die supermagte sal nie te wete kom waartoe ooreengekom is nie totdat hulle voor die genome besluite as voldwonge feite te staan kom.i80 (Beklemtonings deur die skrywer)

Dit was in 1967 die kommentaar van die "Voice of America." Hierdie speletjie word nou al lank genoeg gespeel en nog steeds staar die mense asof deur angs gehipnotiseer op die vermeende Oos-Wes-konflik wat aan hulle die gevaar van die groot allesvernietigende oorlog suggereer.

Die Franse skrywer en Nobelpryswenner van 1952, Francois Mauriac, het ook op hierdie samehang van sake gewys toe hy geskryf het: ons behoort ons minder te bekommer oor die verskille wat die VSA en Sowjetunie van mekaar skei, maar veel meer oor dit wat hulle aan mekaar bind. Die twee supermagte, wat as opponente beskou word, trek die mensdom in dieselfde rigting van ontmensliking. Op die oomblik tree hulle eensgesind op waar hulle saam die stabiele Blanke regerings van Afrika vernietig en die hele suidelike Afrika aan kommunisties-geïnspireerde Swart demagoë uitlewer.

Wat alle Suid-Afrikaners behoort te begryp en die ander nasies behoort te besef, is net eenvoudig dit: die politieke Sionisme en die Wêreldkommunisme is die dryfkragte van 'n wêreldrewolusie wat sy lewensap ontvang van die internasionale supergeldmag. Albei bewegings kan slegs dan voortbestaan en gedy as hulle deur die internasionale supergeldmag aangehelp word. Hulle moet in die huidige wêreld van onrus, stryd en beplande chaos aan die supergeldmag diesbaar wees deurdat hulle aanhou om hulle nimmereindigende oorlog te voer deur destabilisering, disinformasie of deur opstand en terreuraanslae.

Dit is die vorm van die Derde Wêreldoorlog teen die Weste, sy mense, sy godsdiens en sy kultuur, wat deur steeds nuwe aanslae, deur lewensangs en deur omwentelings verswak, vermurwe en uiteindelik vernietig moet word.

Geen veldslag, geen afweerstryd is egter so seker verlore nie as die een wat gevoer word sonder om die teenstander te ken. Nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir alle volkere van die vrye Weste het hierdie afweerstryd onvermydelik geword. Hulle moet die stryd aanpak en terugslaan of anders sal dit van die begin af reeds verlore wees.

Alexander Solschenitzyn het blykbaar dieselfde gedagte gehad toe hy op 26 Maart 1976 in 'n BBC-radiopraatjie gesê het: "Voordat ek na die Weste gekom het en daar vir twee jaar sake deurgekyk het, kon ek my nie in die minste voorstel tot welke uiterste graad die Weste blykbaar blind is vir die wêreldsituasie nie, ja tot welke uiterste graad die Weste 'n wêreld sonder wilskrag geword het, 'n wêreld wat in die aangesig van die gevaar van angs verstar het ... Ons almal staan langs die afgrond van 'n groot historiese sondvloed, 'n vloed wat alle beskawings sal verslind en hele tydsgwrigte gaan verander. ..."

Ons het seker nie vir Solschenitzyn nodig om raak te sien dat die Kommunisme die allesvernietigende sondvloed is nie, wat van plan is om aan die vrye nasies van hierdie wêreld die doodsteek te gee sodat daar op die ruïnes daarvan die "Nuwe Wêreld" van die superbankiers gebou kan word.

Het die wêreld dan nie begryp dat die kommunistiese partye wat in baie Westerse lande vandag die amptelike status van eerbare volkspar­tye geniet, glad nie gewone politieke organisasies is wat vry wedywer met ander partye nie, maar dat 'n mens hier te doen het met kriminele sameswerings teen elke Westerse staatsorde? Is 143 miljoen dooies en byna 2 miljarde verslaafde mense in die kommunistiese magsgreep dan nog nie genoeg om ons oë oop te maak sodat ons sien waarheen Maxisme en Kommunisme ons deur die deur van sosialisme, gaan lei, indien ons dekadente Westerse demokrasieë nie spoedig 'n einde maak aan hierdie gedoente nie?

Dis misleiding van die volkere vind vandag op alle gebiede plaas. In skole, universiteite en teologiese opleidingsentra is sedert die begin van hierdie eeu die saad van verwarring en vernietiging uitgestrooi en die lote daarvan het intussen orals in die wêreld welig begin groei. Toestande van anargie, rebellie teen ouers en onderwysers en godde­lose, leë kerke is die simptome van 'n siek maatskappy wat sonder ideale, morele waardes en voorbeelde koersloos voortsteier. Sielkundige en psigosomatiese siektes het epidemiese afmetings aangeneem en word deur pseudowetenskaplike "deskundiges" van die psigiatrie nog vererger. Die perverse gedagtes van ene Sigmund Freud vorm aan baie universiteite nog die basis van 'n "wetenskap" wat meer verwoes as opbou.

Deur die vervalsing van hierdie eeu se geskiedenis wat deur die oorwinnaarsmagte afgedwing is, word daar aan die jong mense in Duitsland 'n geskiedenisbeeld oorgedra wat vaderlandsliefde en nasio­nale bewussyn as iets verwerpliks voorstel en hulle moet opvoed as Pan-Europeane of wêreldburgers. Trots op en liefde vir die Duitse vaderland en sy groot historiese verlede kry 'n mens deesdae byna net nog by Duitsers in die buiteland wat 'n heldere blik op die geskiedenis bewaar het en geen slagoffers was van die geallieerde "heropvoeding" van almal in Duitsland na die oorlog nie.

In antropologie (menskunde) word die Marxistiese leerstelling van die gelykheid van alle rasse in die studente ingeprent — 'n gelykheid wat daar nòg by mense nòg êrens elders in die natuur gevind word. Hierdie noodlottige leerstelling of ideologie — die ontkenning van die saamhorigheid van stamme en volkere, die ontkenning van die ander­soortigheid van die veelvoud van menslike rasse — het grootliks daartoe bygedra dat chaos en grensoorloë ontstaan het en dat separatistebewe­gings dikwels met moord en terreur veg vir hulle selfstandigheid en hulle eie "aparte ontwikkeling."

Al pas dit hierdie een-wêreld-beplanners ook glad nie, is die feit van verskille tussen volkere nie net ooglopend vir almal wat gedurig met ander rasse te doen kry nie, maar word ook bevestig deur alle bioloë van naam wat die moed het om standpunt in te neem teen die amptelike, polities geïnspireerde siening. Die mag van die geheime manipuleerders is egter so groot dat 'n professor in Biologie of Antropologie sy pos kan verloor as hy hierdie ongewenste waarheid verkondig. Daar is baie voorbeelde hiervan, veral in Amerika, waar die politieke eise van die establishment in geregsake dikwels die voorkeur kry bo die wetenskaplike bewyse van vooraanstaande professore.

Die ondermynende materiaal aan skoolboeke en riglyne vir die gebruik daarvan wat deur UNESCO ('n onderafdeling van die WO) uitgegee word, word vandag deur die meeste lande van die Westerse wêreld sonder kritiek oorgeneem. Die uitwerking daarvan is 'n vervlak­king en gelykmaking van die denke, wat dit vir die komende wêreld­burgers makliker moet maak om die nog komende rewolusionêre veranderings van politieke, sosiale, ekonomiese en godsdienstige aard te aanvaar.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4341 gaste aanlyn