Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Net ‘n huigelaar bid vir ‘n lang lewe maar vrees die ouderdom. Moenie sê: “Nou is ek oud” nie. Sê liewer: “Ek het ‘n lewe wat nooit gaan ophou nie”.
DIE ROOI WÊRELDPARLEMENT (1)
Lees reeks by Die Rooi Wêreldparlement
Klaus Dieter Vaqué
"Ons gaan 'n een-wereldregering kry, of u dit nou ook al wil hê of nie, — met geweld of met instemming." – James Paul Warburg (Bankier)
Daar bestaan geen moontlikheid dat die ou Vrymesselaarsdroom van 'n demokratiese wêreldrepubliek volgens die patroon van die Verenigde State ooit werklikheid sal word nie.
Daarteenoor lyk dit of die totstandkoming van 'n totalitêre, sosialistiese wêreldrepubliek nog net 'n kwessie van tyd is.
Dit is die gevolgtrekking wat elkeen wat opmerksaam die gebeure van ons tyd gevolg het en weet van die allesomvattende netwerk van 'n internasionale sameswering wat uit Amerika beheer word, behoort te maak.
Ná die geslaagde Oktober-rewolusie in Rusland het die internasionale bankiers verder gewerk aan die plan om 'n bo-staatlike regering oor al die nasies daar te stel wat die voorloper sou word van die wêreldregering waarna hulle strewe.
So is, as 'n neweproduk van die vredeskonferensie van Versailles, in 1919 die Volkerebond gebore. Dit het egter geblyk dat hierdie eerste poging 'n mislukking was.
Omdat die plan reeds vooruit bekendgemaak is, het baie opmerksame burgers wantrouig geraak en 'n voorgevoel gehad van die gevaar wat daarin geskuil het. Boonop het daar (in daardie tyd nog) sterk teenkanting gekom van die kant van die Amerikaanse senaat.
Die buitengewoon geslepe finansstrateë het hulle egter nie deur hierdie terugslag van stryk laat bring nie. Hulle het geweet dat dit vir hulle planne van algehele beheer oor alle nasies van die wêreld absoluut noodsaklik was om 'n superinstansie in die lewe te roep van waar die wêreld regeer kon word.
Om 'n herhaling van die mislukking te voorkom, het hulle die moontlikheid beplan om hulle eie mense in te bring in die Amerikaanse regering en in al die belangrike bestuursposte.
Toentertyd (1921) het die skatryk Rockefeller-familie deur middel van een van hulle belastingvrye stigtings die "Council on Foreign Relations" (CFR) in die lewe geroep — 'n organisasie wat sou dien om mense vir die verskillende werksgebiede op te voed en hulle te vorm vir hulle ideologiese, politieke, finansiële, militêre en opvoedkundige mikpunt. In Londen is 'n soortgelyke organisasie opgerig naamlik die "Royal Institute of International Affairs."
Vanaf daardie tyd, en in 'n nog groter mate vanaf die einde van die Tweede Wêreldoorlog, bestaan elke VSA-regering in alle sleutelposte uit CFR-lede.
Onder invloed van hierdie geskoolde agente van die supergeldmag was dit nie moeilik om in 1945 die "Verenigde Volke-organisasie (VVO) te stig nie, waarvan die hoofdoel (soos wêreldwyd verkondig) die bewaring van wêreldvrede sou wees. Die werklikheid lyk egter heelwat anders.
In die ietwat meer as veertig jaar sedert die stigting daarvan was daar nie minder nie as 140 verskillende oorloë rondom die hele aardbol waarin 10 miljoen mense hulle lewens verloor het.
In die geskiedenis was daar nog nooit vantevore 'n periode met naastenby soveel oorloë, terrorisme en morele korrupsie nie. Net vanaf 1945 het daar meer as 'n miljard mense onder die Kommunistiese juk beland.
Nog nooit het die VVO die verslawing van ook maar 'n enkele mens veroordeel nie en dit het ook niemand van die Kommunistiese tiranie bevry nie. Daar is selfs nie eers 'n poging in die rigting aangewend nie — want vryheid is nie die mikpunt van die "Verenigde Volkere" nie. Die ware doel van hierdie "wêreldregering in wording" is presies die teenoorgestelde.
Die hoofkwartier van die VVO aan die Hudsonrivier in New York is die bron van geheime instruksies wat oor oorlog en vrede beslis en van daar af word rewolusie en terrorisme ondersteun en ekonomiese sanksies oor lande ingestel — net soos dit in die globale kraam van die wêreldbeplanners pas.
Die VVO was van die begin af beplan as instrument vir die afdwinging van 'n totalitêre, sosialistiese wêreldorde volgens die Sowjetpatroon, wat gehandhaaf sou word deur middel van 'n internasionale krygsmag onder VVO-beheer en met insluiting van Amerikaanse atoomwapens. In 1950 het die buitelandse ministerie van die Verenigde State veelseggende verslag gepubliseer met die titel "Voorbereiding van die na-oorlogse politiek van 1939-1945". Die verslag bevat die lys name van Amerikaanse regeringsbeamptes wat verantwoordelik was vir die planne en wette vir die daarstelling van die VVO: Alger Hiss, Harry Dexter White, Viginius Coe, Noel Field, Laurance Duggan, Henry Harold Glasser, Victor Perlo, Irving Kaplan, Solomon Adler, Abraham Silverman, William Ullman, Wiliam Taylor en John Foster Dulles. Alma! 7pehalwe Dulles het later volgens beedigde getuienis ontpop as komnunistiese agente.
Wat John Foster Dulles betref, was dit ook bekend waar sy simpatie gelê het. Hy was deur Stalin in die VSA gewerf as regsraadgewer vir die Sowjetunie. Buitendien het hy noue bande gehad met die bankhuis J.P. Morgan.
Dit is dus geensins verbasend dat die handves van die VVO byna identies is met die grondwet van die Sowjetunie nie; dit is maar net aangepas by Westerse terminologie. Ook die seël van die VVO kom baie ooreen met dié van die USSR, wat weer eens nie blote toeval is nie.
Wie kan dan nog verbaas wees dat die stigters van hierdie "Rooi wêreldparlement" aan die Sowjetunie drie stemme in die algemene vergadering toegestaan het, terwyl die V.S.A. en alle ander state elkeen net een stem gekry het?
In die beplande humanistiese "Nuwe Wêreldorde" van die VVO is daar vir God ook geen plek nie. Die afgevaardigdes na die VVO-stigtingskonferensie Alger Hiss (VSA), Maxim Litwinow (USSR) en Sir Anthony Eden (Groot Brittanje) het alles wat op God betrekking gehad het, uit die VVO-handves verwyder en het dit in 1945 in die openingskonferensie deur die Algemene Vergadering laat goedkeur.
Wie nog 'n sweempie van twyfel het dat die VVO eintlik niks anders is nie as 'n reusagtige organisasie vir die uitvoer van die Sowjet- imperialistiese toekomsplanne en wat bestuur word deur die internasionale supergeldmag ter bereiking van hulle wêreldherskappyplanne, behoort kennis te neem van die byna ongelooflike feit dat die pos van hoogste bevelvoerder van die VVO-troepe permanent toegeken is aan ‘n Sowjetrus en sy plaasvervangers.
Voor die stigting van die VVO is hiertoe ooreengekom in 'n geheime verdrag tussen die Amerikaanse afgevaardigde Alger Hiss en 'n aantal Sowjetleiers onder Molotow.
In die "New York Times" van 22 Mei 1963 kon daar in 'n artikel bevestiging hiervoor verkry word en in 'n jaarboek van die VVO staan die name van manne wat tot dusver opperbevelvoerders was.
Dit is geen wonder dat die Amerikaanse krygsmagte in Korea en Viëtnam aan die kortste end getrek het nie, siende dat hulle opperbevelvoerder onder die VVO-vlag 'n Rus was.
Hoe moes 'n Generaal MacArthur die Kommunistiese aggressors in die Korea-oorlog met sukses beveg wanneer sy militêr-taktiese planne asook alle aanwysings uit Washington eers deur die hande van die kommunistiese opperbevelhebber van die VVO-troepe gegaan het wat daardeur ingelig was oor elke taktiese beweging van die Amerikaners,
Die Amerikaanse majoor Arch. E. Roberts skryf in sy boek "Victory Denied" wat in 1966 gepubliseer is: "Vanaf 1957... het die VVO hom vir sy ondermynende mikpunte wederregtelik heelwat verdere militêre mag toegeëien. Vandag moet die Veiligheidsraad van die Verenigde Volke as hoofinstrument vir globale verowering beskou word."
Hy skryf: "Die vermoë om oorloë te ontketen, is natuurlik presies die ding wat die opstellers van die Verenigde Volke se handves beoog het."
Ons onthou mos: Oorloë bring geld in die bankrekenings van die supergeldmag en maak die pad oop vir die sosialistiese weêreldstaat!
Dit is vandag in wye kringe gebruiklik om die VVO spottend as "parodie van 'n wereldregering" of as niksbeduidende praathuis te beskou, wat sonder invloed op die wêreldpolitiek is. Niks is verder van die waarheid nie! Dit is valse inligting wat opsetlik versprei word om die massas om die bos te lei.
Terwyl die media van die "establishment" die mikpunte en die belangrikheid van die wêreldorganisasie wegsteek of as van min belang voorhou, is die mag daarvan gedurig aan die groei en het dit vir al die nasies se soewereiniteit en vryheid 'n dodelike bedreiging geword
Suid-Afrika en Suidwes-Afrika was heel bo aan die vernietigingslys van die VVO. Vir 'n liggelowige wêreldbevolking word daar gesuggereer dat dit gaan om menseregte en die bevryding van onderdrukte volkere. Inderwaarheid het die Verenigde Volkere sedert hulle stigting alles in hulle vermoë gedoen om die vrye lande van die wereld te ondermyn. Hulle het die Kommunisme aangehelp waar dit ookal moontlik was, leuens versprei en beloftes gemaak en dan die volkere bedrieg.
Korea, Hongarye, Viëtnam, Kambodja, Tjeggoslowakye, Tibet, Afganistan en Katanga is maar 'n paar van hulle.
Kom ons kyk kortliks weer daarna: As 'n uitvloeisel van die sogenoemde ontkolonialisering van Afrika was daar beplan om in 1960 vir die Belgiese Kongo die hek oop te maak na onafhanklikheid.
Dadelik het daar twee magsgroepe ontstaan in die nuwe Afrikaanse nasie. Aan die een kant was daar Patrice Lumumba "'n jenewerdrinkende, daggarokende, kommunistiese boelie, wat deur Chroestjow 'n 'groot Afrikaanse leier' genoem is.”
Teenoor hom het die groep van Moise Tshombe gestaan. Hy was streng anti-Kommunisties en 'n hartstogtelike kampvegter vir die vrye-markstelsel.
Onder druk van Lumumba moes die Belgiese offisiere die leer en die land verlaat. Dadelik het die leer 'n orgie van plundering, verkragting en moord aan die gang gesit. Die Europese bewoners van die land het in die grootste paniek gevlug en alles agtergelaat wat hulle met jare se arbeid verwerf het.
Tshombe het by Amerika hulp gevra om die Rooi hordes van Lumumba in bedwang te hou. Washington het hulp geweier en het voorgestel dat die VVO gevra word om die probleme op te los.
Op 14 Junie 1960 het die Veiligheidsraad van die Verenigde Volke - met toestemming van beide Amerika en Rusland — besluit om hulle eie troepe na die Kongo te stuur ter ondersteuning van wie? — van Lumumba!
Des Griffin skryf in sy boek "Die Herrscher" bl. 169 (Engelse titel: "The Fourth Reich of the Rich"): "Minder as 'n week later het duisende VVO-soldate na Sentraal-Afrika gestroom. België het dadelik sy troepe onttrek en sodoende die Kongo uitgelewer aan die twyfelagtige ‘genade’ van Lumumba se plunderende gepeupel en die ‘vredestroepe’ van die VVO."
"Laasgenoemdes het min of niks gedoen om diegene te help wat werklik hulp nodig gehad het en om rus en orde te herstel nie. Die meeste van die tyd het hulle dadeloos gestaan en toekyk hoe die land verwoes is en al meer onder kommunistiese beheer gekom het."
Dit was ongetwyfel ook wat die VVO-strateë beplan het, soos sal blyk uit dit wat nou volg.
In hierdie toestand van algehele chaos en naakte anargie het Mois Tshombe geen ander uitweg gesien nie as net Katanga se losmaking van die sentrale regering wat deur Kommuniste beheer is en gevolglik het hy die provinsie Katanga onafhanklik verklaar.
Met Belgiese hulp het hy orde en vrede herstel en normaliteit het teruggekeer na die lewe van Katanga.
Volgens die woorde van sy Minister van Binnelandse Sake moes Katanga "'n bolwerk teen die Kommunisme in Afrika" wees. Sy noodlotswangere woorde, "Ek verafsku die Kommunisme en sal my houding nie verander nie," het die "vredeliewende" VVO-opperbevel blykbaar woedend gemaak, want Katanga is kort daarna met VVO troepe aangeval.
Des Griffin skryf (bl. 170): "Na aanvanklike terugslae het die Katanga troepe teruggeslaan en groter oorwinnings van die "vredestroepe' verydel. Gefrustreerd deur hulle gebrek aan sukses het die VVO-soldati begin met 'n terreurkampanje teen die burgerlike bevolking var Katanga. Moord, brandstigting, verkragting en plundering was aan di( orde van die dag. Negentig persent van die geboue wat deur VVO bomme verwoes is, was huise van die burgerlike bevolking.
"Tot almal se verbasing het die Katangese die VVO-barbare in bedwang gehou en hulle nuwe vaderland se kapitulasie afgeweer. Soos Griffin in sy verhaal verder vertel, het daar omtrent 'n jaar later 'n "top secret"-memorandum van die VVO in die hande geval van die ‘Amerikaanse Komitee vir die Ondersteuning van die Kantanga se vryheidsvegters.’ Die memorandum het 'n gedetailleerde plan bevat via 'n tweede beslissende slag teen die anti-Kommunistiese provinsie Boonop is daarin verklaar: ‘Die Verenigde State sal hulle soos in die verlede as gebonde beskou aan VVO-besluite en sal die vliegtuie wal vir transport benodig word — en later helikopters — beskikbaar stel.
Die Buitelandse Ministerie baseer sy politiek op die VVO en sal sy verpligtings teenoor die VVO in geen opsig verwaarloos nie.’ "
Griffin skryf (b1.171): "Op 29 Desember 1962 het die 'vredes'-barbare van die Verenigde Volke, vars toegerus met Amerikaanse dollars en oorlogsmateriaal, die vryheidliewende Katanga vir die tweede keer aangeval. 'n Maand later toe die invallers Moise Tshombe se laaste vesting bestorm het, het hy aan sy dapper troepe gesê: 'Julle het in die afgelope twee-en-'n-half jaar driekeer heldhaftig teen die vyand geveg. Nou het die oormag oorweldigend geword.' Kort daarna het die laaste flikkering van hoop op onafhanklikheid en vryheid in die Kongo gesterf."
'n Paar verdere voorbeelde van die VVO-"vredes"-troepe se optrede in die praktyk behoort voldoende te wees om die boosheid en huigelagtigheid te illustreer van hierdie organisasie, wat aan die wêreld verkoop is as "die laaste hoop van die mensdom" en waarvan Pous Paul VI beweer het dat dit die aardse weerkaatsing van God se ryk op aarde is.
Toe met die aanval op Katanga in 1961 Amerikaanse Globe Master vragvliegtuie VVO-soldate kompleet met hulle pantserwaens en artillerie in die hart van die stad Elizabethville afgelaai het, het hierdie mag dadelik begin om alles flenters te skiet wat voor die bekke van hulle kanonne en gewere gekom het; so bv. die Lubumbashi-hospitaal (insluitend dokters, verpleegsters en pasiente), kerke, winkels, kantore, privaatwonings en skole.
Op 12 Desember 1961 het Smith Hempstone, die Afrikakorrespondent van die "Chicago News", uit Elizabethville berig: "'n Man het voor die Grand Hotel Leopold II waarin ons vertoef het, stilgehou. 'Kyk na die werk van die Amerikaanse misdadigers', het die Belgiese motorbestuurder gesnik, ‘maak 'n foto daarvan en stuur dit vir Kennedy'.
"Op die agterste sitplek het 'n gewonde Swart man met glasige oë in 'n skoktoestand gesit, wat die liggaam van sy tienjarige seun in sy arms gehou het. Die gesig en die maag van die kind was deur granaatsplinters van die VVO-soldate mismaak tot 'n bloedige pappery."
In die boek "The Fearful Master" van G. Edward Griffin word verder vertel dat 46 burgerlike dokters van Elizabethville 'n eenparige verslag van die optrede van die VVO teenoor Katanga opgestel het, waaruit die volgende berig oor die bombardering van die Shinkolobwehospitaal op 12 Desember 1961 geneem is.
Die dokters het geskryf: "Die Shinkolobwe-hospitaal is duidelik met 'n yslike groot rooi kruis op die dak van die administrasiegebou gemerk. Om agtuur soggens het twee vliegtuie van die Verenigde Volke tweekeer baie laag oor die hospitaal gevlieg. Teen 9.30 het die vliegtuie begin om die markplein met masjiengewere te bestook, toe die skool en daarna die hospitaal, waarin 300 pasiente en nog baie van hulle familielede hulle bevind het. In die kraamafdeling is die dak, die plafon, mure, beddens, tafels en stoele deur koeëls deurboor. In 'n ander afdeling het 'n bom ontplof. Die dak, die plafon, die helfte van die mure en die ameublement is verpletter. Die bloed van die gewondes het die gebou na 'n slagveld laat lyk.
"In die kraamafdeling is vier Katangese vroue, wat so pas hulle babas gekry het, gedood asook 'n pasgebore baba en 'n kind van vier jaar."
Op 'n bewering van die VVO dat die enigste gewondes in Katanga vegters van die weerstandsbeweging was, het ene professor Ernest van den Hague, wat persoonlik na Katanga gereis het om 'n beeld van die gebeurtenisse te kry, die volgende kommentaar gelewer: "Dit is hard om, soos ek, met 'n moeder te praat wie se eggenoot voor haar oë in hulle huis met bajonette deur VVO-soldate gedood is. Ek het haar in die hospitaal ontmoet, waar sy haar sesjarige kind versorg het wat ernstige bajonetwonde gehad het. 'n Mens kan sekerlik nie met geloofwaardigheid 'n sesjarige kind onder die weerstandvegters tel nie.”
Die berigte van gruweldade van VVO-troepe in die Kongo, Korea ( ander plekke sou honderde bladsye vul as ons hulle almal sou aanhaal.
Die massamedia van die Weste, wat anders elke geleentheid aangryp om die sensasiebelustheid van hulle lesers te bevredig, het skaars enkele ‘n woordjie hieroor bekendgemaak. Die redes wat die Kommuniste besiel het om die VVO sedert die stigting daarvan met geesdrif te ondersteun, kry ons in 'n brosjure watin September 1945 onder die titel "Die Verenigde Nasies" deur die Kommuniste gedruk is. Dit toon duidelik wat daar met hierdie organisasie nagestreef is. Ons kan dit maar nou reeds sê: vrede was nie die doel nie!
In die brosjure staan: "Dit (die VVO) wil oorloë afskaf, maar elkeen weet dat oorloë eers afgeskaf kan word wanneer die kapitalistiese sisteem afgeskaf is."
Dan vertel die brosjure verder dat daar vier primêre redes is waarom Kommuniste die "Verenigde Volke" behoort te ondersteun:
- Die vetoreg sou die USSR teen die res van die wêreld beskerm.
- Die VVO sal elke gekoördineerde buitelandse politiek deur die vernaamste Westerse magte tot niet maak.
- Die VVO is 'n besonder hulpvaardige instrument vir die ontbindin van nie-kommunistiese koloniale ryke.
- Die VVO sal geleidelik die samesmelting van alle lande in di wêreld in een enkele Sowjetsisteem tot stand bring.
Duideliker as dit kan 'n mens dit seker nie stel nie.
Van die feite dat die Rockefeller-familiegroep die perseel langs die Hudsonrivier in New-York vir die administrasie-paleis van die "Rooi Wêreldparlement" geskenk het en Amerika sedert die stigting van die organisasie die leeueaandeel van die finansiële koste gedra het, moet ons aflei dat die mikpunte van die internasionale Kommunisme en dié van die supergeldmag en die van die Amerikaanse regerings sedert 1945 identies is.
In hulle gemeenskaplike aksie gerig op wêreldbeheer gebruik hulle die VVO as instrument vir hulle versteekte planne.
Hoe nader ons kom aan die "dag X", die uitroep van 'n wettige wêreldregering langs die weg van die VVO, hoe astranter en openliker kom die geheime samewerking van die beplanners in die agtergrond na vore.
Terwyl dit in die verlede net "die Kommuniste" was wat die vryheid van die Westerse of die Westers-gesinde lande bedreig het, gaan die bedreiging vandag al heeltemal openlik uit van die VVO en die Amerikaanse "State Department."
Wanneer die "vervanging" van 'n regering geluk (weens voorgegewe menseregteskendings presies soos in Suid-Afrika gebeur het,) dan is die voordeeltrekkers van die omwenteling altyd die Kommuniste. (Nog voorbeelde: Kuba, Nicaragua, Angola, Mosambiek, Rhodesië, die Kongo, Suid-Wes, ens.) Iran en die Filippyne, wie se pro-Westerse regerings met behulp van die Amerikaanse C.I.A tot 'n val gebring is, sal waarskynlik ook binnekort volg.
Vervolg...