Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
SAMESWERING VAN DIE BANKIERS (SLOT)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Sameswering van die bankiers
Wat was daar nou eintlik vir die bankiers te wen toe hulle met hulle finansiële hulp die Russiese rewolusie tot stand gebring het?
Wel, vir hulle plan vir onderwerping van die hele wêreld moes hulle om te begin 'n vastrapplek daarstel, 'n geografiese hinterland, vanwaar die bedreiging van alle ander nasies van die wêreld 'n aanvang kon neem. Om dit kort te stel, hulle moes 'n vyand in die lewe roep en opbou, wat as hulle verlengde arm aktief kon raak.
'n Paar van die rykste en magtigste manne van die wêreld het dus 'n beweging gefinansier, waarvan dit die uitgesproke doel is — so lyk dit in elk geval — om juis sulke mense soos die Rothschilds, Rockefellers, Schiffs, Warburgs, Morgans, Harrimans en Milners van hulle rykdomme te beroof. So lyk dit, maar dit is nie so nie. Waaraan is dit egter toe te skryf dat hierdie superrykes vir die internasionale Kommunisme geen vrees het nie? — We!, die rede is eenvoudig: omdat hulle dit beheer! Kan dit op enige ander manier logies verklaar word?
Gary Allen se op bladsy 103-104 van sy boek Die Insider: "Ons weet dat 'n kliek van Amerikaanse finansiers nie net by die bewindverkryging van die Kommunisme in Rusland gehelp het nie, maar baie energie daaraan bestee het om dit aan die bewind te hou."
Vanaf 1918 was hierdie kliek voortdurend met die oordrag van geld na Rusland besig, asook met die beskikbaarstelling van tegniese informasie aan die Sowjetunie, wat heel moontlik nog meer betekenisvol is.
"Dit word onweerlegbaar aan die lig gebring in die drie boekdele 'Western Technology and Soviet Economic Development' van die wetenskaplike Antony Sutton van die Hoover Institute vir Oorlog, Rewolusie en Vrede aan die Stanford Universiteit.
"Deurdat hy oorwegend amptelike dokumente van die Buitelandse Ministerie gebruik, toon Sutton oortuigend aan dat alles wat die Sowjets besit per slot van sake van die Weste verkry is. Dit is skaars oordrywing om van die USSR te sê: "Made in U.S.A.!" is Allen se logiese gevolgtrekking.
Soos ons nog sal sien, het die Verenigde State en Groot Brittanje hulle die meeste vir hierdie politiek beywer. Engeland se verraad teen Rhodesië wat vandag onder Marxistiese heerskappy is en ontvanger is van Britse ekonomiese en militêre hulp, is slegs een voorbeeld daarvan uit die jonger geskiedenis.
Daar moet hier beklemtoon word dat in hierdie internasionale sameswering nie net sekere groepe supergeldmanne betrokke is nie, dat ook ander internasionalistiese en sogenaamde "New Age”-groepe hulle beywer vir 'n sosialistiese wêreldregering se koms. Hulle gebruik daarvoor veelsoortige versteekte metodes, wat ook gemik op arbeid-, godsdiens- en rassestryd.
Dit is besonder relevant met betrekking tot die aanval op Afrika, soos ons nog later sal sien.
Ek wil ook glad nie beweer dat alle groot sakelui en bankiers met sameswering iets te make het nie. Ons moet 'n duidelike skeidslyn tussen die ondernemersgroepe in 'n vrye markstelsel en die internaionale finanskapitaal van monopoliste en mega-bankiers trek.
Hierdie aflewering sou onvolledig wees as ons nie kortliks nog 'n kykie sou neem na die min of meer geheime organisasies, wat deur bankiers geskep is ter bevordering van hulle planne vir wêreldheerskappy nie.
In hierdie verband wil ek graag vir prof. Quigley laat praat: "Daar bestaan nou vir een geslag 'n internasionale netwerk wat in sekere opsigte net so opereer soos die radikaal regses glo ten opsigte van die Kommuniste. Inderdaad het hierdie netwerk, wat ons die "Round Table"-groepe kan noem, niks daarop teë om met Kommuniste of enige ander groep saam te werk nie wat hulle dan ook dikwels doen. Ek weet van die ondernemings van hierdie netwerk, omdat ek dit 20 jaar lank bestudeer het en in die vroeë sestiger jare twee jaar lank die geleentheid gehad het om hulle dokumente en geheime aantekenings deur te snuffel."
Ter wille van volledigheid moet daar gemeld word dat hierdie netwerk van geheime, sameswerende organisasies waarvan prof. Quigley praat, nie maar eers 'n verskynsel van hierdie eeu is nie.
Dit het alles begin met die sataniese planne van ene Adam Weishaupt, professor vir Katolieke kerkreg aan die Universiteit Ingolstadt, wat op 1 Mei 1776 in Duitsland die Orde van die Illuminate (d.i. verligtes) gestig het. Hierdie groep van verligtes, wat Lucifer (=Satan) die "ligdraer" vereer het, het dit hulle ten doel gestel om alle regerings van Europa en alle godsdienstige instansies deur hulle eie mense te laat infiltreer om so geleidelik die kontrole oor die hele mensdom te verkry.
Hulle het hulle lede laat insypel in bestaande en nuwe Vrymesselaarslosies wat aldus aangesteek is met Weishaupt se geheime planne en wat op die wyse vinnig versprei het in die hele Europa.
Die Illuminate se samesweringsidees het vinnig ingang gevind by die Britse superfinanskringe, wat al lankal gesoek het na 'n weg om regerings en lande onder hulle beheer te kry. Hulle het die Illuminate gefinansier en ondersteun en het later aan Karl Marx opdrag gegee om, met die idees van Adam Weishaupt as basis, sy "Kommunistiese Manifes" te skryf as wegwyser vir die verowering van die wêreld.
Karl Marx het toe in 1864 vir hierdie doel die "Internasionale" gestig en daarmee as basis het die konsepsie van die internasionale Kommunisme ontstaan, wat deur dieselfde geldmagte gefinansier is as wat vandag die wêreldpolitiek agter die skerms beheer en rig.
Die plan was dat die wêreldrewolusie van die "proletariese arbeidersmassas" van nou af oor die hele aardbol moes vee om alle lande onder die heerskappy van die "Diktatuur van die Proletariaat" te bring, wat weer op sy beurt deur die supergeldmag beheer sou word.
Hoe suksesvol die plan van die samesweerders tot vandag toe was, blyk uit die feit dat vanaf die kommunistiese rewolusie in 1917 die Kommunisme sy mag uitgebrei het oor 1727 miljard mense wat 36% van die hele wêreldbevolking verteenwoordig. Die Marxisties-beheerde gebiede beslaan saam 46,9 miljoen vierkante kilometer; dit is 32,5% van al die vastelande se oppervlakte.
Sedert die rewolusie tot vandag het gemiddeld daagliks 70 000 mense in Bolsjewistiese slawerny beland. Dit is die bevolkings van 56 state en daarvan 41 sedert 1945.
En die getalle groei voortdurend, onophoudelik!
Met behulp van die magtigste wêreldgeldkringe wat daar ooit was en met die samewerking van duisende goedbetaalde invloedryke persone uit politiek, geldwese, ekonomie, kerkorganisasies en massamedia —wat daarvoor nog dikwels in Vrymesselaarslosies wêreldwyd verenig is — peil die sameswering doelbewus op die verwerkliking van sy plan af, die verenigde wêreld of "Nuwe Wêreldorde".
As komende wêreldregering het hulle eers die Volkerebond gestig en later die Verenigde Volke-organisasie (VVO). Albei is en word deur hulle volkome beheer en oorheers.
Die regerings, beide in Washington en Moskou wat deur Wallstraat gesteun en so te sê ook aangestel is, is niks anders as net 'n oëverblindery vir die volk nie.
Deurdat hulle net daardie kandidate en partyleiers ondersteun en opbou wat gewillig is om die koers van die een-wêreld-mense te stuur, hou hulle met behulp van die massamedia (wat in hulle hande is) en met behulp van geweldige fiinansiële middele 'n absolute kontrole oor verkiesingsuitslae. Vir die superryk Illuminate is dit heeltemal om't ewe watter party wen, omdat hulle altyd kandidate in alle partye het. Om hierdie rede maak dit geen verskil (en dit is veral vir Suid-Afrikaners van belang) of daar in die Wit Huis 'n "liberale" soos Jimmy Carter of 'n "konserwatiewe" soos Ronald Reagan sit nie. Die "finale koers" van die Amerikaanse buitelandse beleid bly onveranderd, net die retoriek verander. As daar van Jimmy Carter nog skeltaal uit die Wit Huis vir Suid-Afrika gekom het, dan is dit onder Reagan maar net "konstruktiewe betrokkenheid" genoem, liefdevol verbonde met sanksies, "vriendskaplike" druk, afpersing en oproepe om politieke selfmoord.
Ook in Europa kon 'n mens die sosialistiese koers in die rigting van 'n wêreldstaat reeds vir tientalle jare presies volg. Die beplande vereniging van Europa, 'n enkele geldstelsel en die stigting van 'n sentrale bank vir die hele Europa is maar net stappe op hierdie pad. Daar bestaan skaars nog enige verskil tussen sogenoemde "burgerlike" en "linkse" partye, behalwe dat die een groep meesal 'n das dra, terwyl die ander dit verkies om "progressief proletaries" op te tree.
Nou moet 'n mens darem nie glo dat alle lede van die regerings en alle afgevaardigdes in die parlement bewuste handlangers van die internasionale samesweerders is nie. Afgesien van die manne in beslissende sleutelposisies (en selfs hulle soms onwetend) is daar van hulle eerbare staatsbeamptes wat deelname aan 'n wêreldwye sameswering met verontwaardiging sou afwys. Maar desnieteenstaande word sommige so gemanipuleer (of anders uit hulle ampte verwyder) dat hulle maar saam met die stroom gaan. Hulle het glad geen keuse nie indien hulle hul bevoorregte poste of posisies wil behou.
Hoeveel Amerikaners, Duitsers of Suid-Afrikaners sien werklik die ware motiewe raak wat daar agter die polities-ekonomiese aanslag op Suid-Afrika skuil?
Hoeveel het ooit al iets gehoor van die "Trilaterale Kommissie", daardie liberaal-internasionalistiese groep, wat vandag die hele buitelandse en belastingspolitiek van die Verenigde State dikteer en ook die regerings van die res van die Westerse wêreld sterk beïnvloed?
Die Suid-Afrikaanse joernaliste, Aida Parker, wat internasionale aansien geniet, het 'n paar jaar gelede 'n studiestuk uitgewerk wat die koerant "The Citizen" as 'n reeks laat verskyn het. Die titel van hierdie ontplofbare en deeglike verantwoorde werk was: "Secret US-war against South Africa." Die tema was blykbaar so 'n warm patat, dat mej. Parker kort daarna haar pos by die koerant moes prysgee. Toe word sy die uitgewer van 'n nuusbrief "The Aida Parker Newsletter" wat sterk aanbeveel kan word.
In haar studie skryf sy oor die "Trilaterale Kommissie" en sê sy dat hierdie liggaam sy begin in 1921 gehad het toe daar in New-York 'n private organisasie gestig is met die naam "Council on Foreign Relations" (CFR).
In die loop van jare het die CFR, wat deur finansiële reuse soos die Rockefellers ondersteun word, ontwikkel tot die belangrikste private organisasie in die wêreld, ja, Amerika se "onsigbare regering" geword het.
Volgens Aida Parker kom sy lede (destyds 1702 persone) uit die geledere van supergeldmagmanne, handel, politiek, universiteite en die vernaamste stigtings van Amerika. Daarby kom dan nog leidende verteenwoordigers van internasionale firmas soos IBM, ITT, Standard Oil, Xerox, Pan American, Firestone, US Steel en andere; ook verteenwoordigers van die massamedia soos Time, Life, Fortune, Newsweek, New York Times, Washington Post en nog heelwat ander — om dit kort saam te vat: die magtigste groep mense van die VSA op politieke en ekonomiese gebied.
As 'n aanvulling by die CFR is daar in 1973 die "Trilaterale Kommissie" gestig. Die inisiatief tot hierdie stigting is geneem deur die multi-miljardêr David Rockefeller, voorsitter van die Chase Manhattan Bank, wat glo ook in Moskou 'n tak het en wat die eerste was om verlenging van die leningstydperk aan die RSA te weier. Rockefeller, wat in daardie jaar voorsitter van die "Council on Foreign Relations" was, het die Harvard-professor Zbigniew Brzezinski (gebore in Warskou, Pole) benoem tot leier van die "Trilaterale Kommissie".
Lede van hierdie organisasie rekruteer van toe of (soos lede van die CFR reeds voorheen gedoen het) tot soveel as 80% van al die VSA-regering se bestuursliggame uit eie geledere. Is dit dan nog 'n wonder dat die "algemene koers" van die Amerikaanse buitelandse politiek altyd dieselfde bly?
Die verklaarde doel van die "Trilaterale Kommissie" was (so is daar op navraag meegedeel) om die mense van Wes-Europa, Japan en Noord-Amerika bymekaar te bring, "om nouer samewerking in gemeenskaplike probleme tussen hierdie drie wereldstreke te bevorder."
Die "Trilaterale Kommissie" asook die "Council on Foreign Relations" word gefinansier deur die magtige Ford-Stigting, die stigting van Rockefeller-Broers en -Susters, die "Lilly Endowment" en die Kettering-stigting.
Aida Parker skryf: "Hulle is almal bekende liberale internasionaliste met die verklaarde doel om 'n wêreldregering of 'n superstaat tot stand te bring."
Oor Brzezinski skryf "Memo-Press" in die 4/1985-uitgawe: "In sy boek Between two Ages (Tussen twee Eras, Uitgewers: Vicking Press) skryf Zbigniew Brzezinski, dat, weens die probleme in die wêreld, 'n sentrale bestuur vir die wêreld nodig is.
"In die Januarie-uitgawe 1968 van 'Encounter' verklaar Brzezinski o.a. dat dit vandag met moderne elektroniese databanke moontlik is om elke burger dop te hou. En volgens 'Diagnosen' 8/83 is dit sy mening dat 'n beperkte kernoorlog 'n stabiliserende uitwerking sou hê en internasionale kontrolemaatreëls sou vergemaklik."
Indien die "Trilaterale Kommissie" 'n deel van die "geheime regering van die VSA" sou wees, is dit belangrik dat ons 'n oomblikkie stilstaan en 'n bietjie aandag bestee aan die leidende denker van daardie organisasie.
Brzezinski deel die moderne geskiedenis van die mensdom in vier fases in.
Volgens sy waardebepaling het die eerste baie primitiewe fase om godsdiens gewentel en daarvoor gesorg, dat "die idee aanvaar is dat die lot van die mens wesenlik net in die hand van God is."
Omdat dit getuig van "'n onverligtheid ten gevolge van kolossale bekrompenheid, ongeletterdheid en 'n uitsig wat beperk is tot die onmiddellike omgewing", is so 'n voorstelling blykbaar volkome onaanvaarbaar vir 'n verstand wat tot so 'n graad "verlig" en "geillumineer" is, as wat die Amerikaner uit Warskou reken dat dit met hom die geval is.
In sy derde fase beskou Brzezinski die Marxisme as "'n verdere beslissende en skeppende fase van die rypwording van die mens se universele geheelbeeld". Tegelykertyd beteken die Marxisme vir hom 'n oorwinning van die uitwendige, aktiewe mens oor die innerlike, passiewe mens en 'n oorwinning van die denke oor die geloof.
Ten opsigte van die "wedywering" tussen Rusland en Amerika, vind Brzezinski blykbaar niks verkeerd met die Russiese standpunt nie, dat "die allerlaaste resultaat van die wedstryd alreeds seker is weens die historiese meerderwaardigheid van die kommunistiese sisteem."
Dit is nou hoe die gedagtes loop van 'n man, wat in opdrag van die supergeldmanne 'n "verligte" organisasie lei, wat 'n beslissende invloed uitoefen en wie se vooropgesette doel die vorming van 'n wêreldregering is. Dit is hoogs waarskynlik dat Brzezinski se idees ooreenstem met dié van 'n ander invloedryke lid van die "Trilaterale Kommissie" nl. Henry (eintlik Heinz) Kissinger. Hierdie "geillumineerdes" is heel duidelik voorvegters vir 'n nuwe "New Age" wêreldgemeenskap wat deur 'n elite regeer word en deur die gebruik van die modernste tegnieke beïnvloed, dopgehou en beheer kan word.
Soos blyk uit 'n brosjure van die "Trilaterale Kommissie, is 'n "omvorming" van die teenswoordige ekonomiese sisteem van die wêreld van kardinale belang vir die daarstelling van 'n "nuwe wêreldorde" en 'n "nuwe rol" vir die wêreldbank en die Internasionale Monetere Fonds (IMF).
'n Nuwe wêreldgeldeenheid, genoem "Bancor," moet ingevoer word. Hierdie geldeenheid sou — soos by die spesiale trekkingsregte van die IMF — goud en die US-dollar as wêreldwisselkoerseenheid vervang.
Die "Nuwe Wêreldorde" oftewel Een Wêreldregering, so word beklemtoon, sou uiteindelik die hele Westerse wêreld, die kommunistiese blok en die Derde Wêreld omvat.
'n Soortgelyke organisasie soos die reeds genoemde "Council on Foreign Relations" op internasionale vlak is die groep van die "Bilderbergers."
Gary Allen skryf: "Die man wat die Bilderbergers in die lewe geroep het, is Sy Koninklike Hoogheid, Prins Bernhard van die Nederlande. Hy beklee 'n besondere plek by die Royal Dutch Petroleum (Shell Oil) en by die Societe Generale de Belgique, 'n reusagtige kartelkonglomeraat met wêreldwye takke.
"Die Bilderbergers ontmoet een- of tweekeer per jaar. Ons kry onder hulle vooraanstaande persone van die Verenigde State en Wes-Europa se politieke en finansiële kringe. Prins Bernhard steek dit nie weg nie, dat die einddoel van die Bilderbergers desgelyks 'n wêreldregering is. Tot dit so ver kom, koördineer die Bilderbergers die pogings van die ‘Insiders’ van Europa en Amerika."
Allen meld dan nog 'n paar veelseggende name: "Tot die Bilderbergers behoort uit die wêreld van superrykdom Baron Edmund de Rothschild, C. Douglas Dillon (CFR) van Dillon, Read & Co.Bpk., Pierce Paul Schweitzer van die Internasionale Monetere Fonds en George Ball (CFR) van Lehman Brothers."
Saam met die "Council on Foreign Relations" en die "Trilaterale Kommissie" vorm die Bilderbergers die "breintrust" van 'n finansiële elite wie se volledig uitgewerkte, maar vir-die-wêreldmassas-nogweggesteekte doel die vorming van 'n wêreldregering is.
Dit is vir die samesweerders duidelik dat hierdie “Nuwe Ordening van die wêreld" net deur die samesmelting van die twee supermagte, die VSA en die Sowjetunie, teweeggebring kan word.
Albei nasies wat vir die wêreld nog altyd 'n rat voor die oë draai deur die rol van twee antagonistiese wêreldmagte te speel, wat mekaar met atoomwapens bedreig, werk reeds jare lank op baie gebiede in die geheim saam.
Teen daardie nasies wat nog nie "saamspeel" nie (soos bv. Suid-Afrika) en wat die opmars van hulle volkere na sosialistiese knegskap van die hand wys, word daar opgetree deur te probeer om met gemanipuleerde ekonomiese maatreëls, rewolusies en, indien nodig, opgestookte lokale oorloë hulle ineenstorting teweeg te bring om op die puinhope van hierdie lande 'n totalitêre Godlose wêreldheerskappy tot stand te bring wat direk deur Satan bestuur sal word.
DIE ROOI WÊRELDPARLEMENT (1) vervolg...