Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Christus verklaar self dat Satan finaal, skielik en onkeerbaar soos 'n weerligstraal uit die hemel gewerp is; dat Hy ons bewapen teen al Satan se liste; en dat Hy ons teen alle bedreiging van Satan, of dit nou van die natuur of van die geestewêreld sal kom, sal beskerm.
SAMESWERING VAN DIE BANKIERS (2)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Sameswering van die bankiers
Vandat die internasionale bankiers dit reggekry het om 'n note-uitgifte-bank in die vorm van die "Federal Reserve System" in die Verenigde State op te rig, het hulle vir alle praktiese doel onbeperkte geldvoorrade wat hulle kan uitleen tot hulle beskikking. Aan hulle is naamlik deur die wetgewer ook die alleenreg toegesê om banknote te druk wat prakties beteken dat hulle soveel soos hulle wil, kan druk, terwyl die staat se hele eiendom en belastings die waarde waarborg en daarvoor instaan. (Dit is soos 'n pa met onbeperkte rykdomme, die staat, wat aan sy minderjarige seun, die bankier, die reg gee om uit sy pa se tjekrekening soveel te trek soos hy wil.)
Hierdie absurde situasie het meegebring dat die internasionale bankimperiums deur die gedurig stygende rente-inkomste reuse hoeveelheid eiendomme kon ophoop. Die posisie was naamlik dat die regering aan die bankiers rente moet betaal vir die geld wat hulle van die bankiers leen — geld wat die bankiers nie vir diens kry nie, maar wat hulle eenvoudig (met toesteming en op gesag van die lenende regering) met drukwerk uit papier vervaardig.
Dit is natuurlik in belang van die bankiers om die regeringskuld al hoe meer op te jaag. Hoe hoër die skuld hoe hoer is die inkomste uit rente. Daar is egter niks wat 'n regering dieper in die skuld dompel as 'n oorlog nie. Vir internasionale bankiers is dit glad nie 'n ongewone praktyk, om, in 'n bloedige militêre konflik, albei kante te finansier nie.
Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog — slegs 3 jaar na die opstel van die "Federal Reserve Act" — het die eerste groot roomafskepping of oestyd vir die bankiers aangebreek; en omdat dit vir hulle so lekker was, het hulle die aanleiding vir die volgende groot oorlog maar sommer in die "vredesverdrag" van Versailles van 1919/20 ingebou — 'n veronregte volk met 'n verontwaardigde Hitler as leier het van hulle die finansiële middele ontvang om 'n krygsmag op te bou vir 'n bloedige poging om die onreg te wreek.
In Europa het die Rothschild-dinastie reeds daarvoor gesorg dat in die verskillende lande sentrale landsbanke as private instellings kon ontstaan. Die Bank van Engeland, die Bank van Frankryk, die "Landeszentralbank" van Duitsland en ook die Reserwebank van Suid-Afrika is nie, soos die meeste mense sou dink, die eiendom van die verskillende regerings nie — nee, hulle verteenwoordig private monopolieë.
Soos ons vandag weet, sou daar aan die Tweede Wêreldoorlog minstens 'n jaar vroeër 'n einde kon gekom het (met die besparing van daardie hele oorlogsjaar se menselewens wat geëis is en sake wat beskadig of vernietig is); die afgooi van atoombomme op Nagasaki en Hirosjima was totaal onnodig omdat Japan reeds kapitulasieaanbiedings gemaak het; die Vietnam-oorlog sou volgens verklarings van Amerikaanse generaals 50 binne enkele maande tot 'n seëvierende einde gebring kon word, terwyl die teenoorgestelde toe, 10 jaar en 58 156 dooie Amerikaanse soldate later, gebeur het, naamlik 'n oorwinning vir die Kommuniste: dit alles as die internasionale finansiers dit net wou toegelaat het.
Gary Allen skryf in Die Insider (p.54/55): "Al die mense wat strewe na diktatoriese beheer oor moderne nasies, het die noodsaaklikheid van 'n sentrale bank begryp. Die vyfde punt in die veroweringsprogram van Karl Marx wat in sy ‘Kommunistiese manifes’ genoem word, lui soos volg: ‘Sentralisasie van krediet in die hande van die staat d.m.v. 'n sentrale bank met staatskapitaal en met 'n absolute monopolie.’
Lenin sou by geleentheid gesê het dat, om 'n staat Kommunisties te oriënteer 90% van die sukses toegeskryf sou kan word aan die oprigting van 'n sentrale bank.
"Sulke samesweerders het geweet", skryf Allen, "dat 'n mens nie sonder militêre geweld 'n land kan beheer nie, behalwe as die betrokke nasie 'n sentrale bank het waarmee 'n mens die land se ekonomie kan beheer".
Hieroor skryf Professor Quigley in sy boek Tragedy and Hope (p. 326-327): "n Mens moet glad nie glo, dat die bekende hoofde van die sentrale banke van die wêreld self die werklike maghebbers in die wêreldfinansies is nie. Nee, hulle is bloot net die tegnici en agente van die beherende beleggingsbankiers van hulle eie lande deur wie hulle heel bo aangestel is en wat die volle mag het om hulle enige tyd af te dank. Die werklike finansiële mag van die wêreld is in die hande van hierdie beleggingsbankiers (ook bekend as internasionale bankiers of grootbankiers) wat grootliks agter die skerms van hulle eie, nie-saamgevoegde privaatbanke bly. Hulle het dus 'n sisteem van internasionale koöperasie en nasionale dominansie gevorm, wat privater, magtiger en geheimsinniger was as dié van hulle agente in die sentrale banke..."
Hoe magtig is hierdie sentrale banke nou eintlik? -
Hulle beheer ons geldvoorsiening en die rentekoerse, waardeur hulle die hele ekonomie kan manipuleer. Hulle kan inflasie of deflasie verwek, resessie of ekonomiese oplewing. Hulle kan die beurspryse na eie goeddunke op of af jaag.
Die Federal Reserve van Amerika is so magtig, dat die Amerikaanse kongreslid Wright Patman, gewese voorsitter van die House Banking Committee, beweer het: "In die Verenigde State bestaan daar vandag in werklikheid twee regerings ... Ons het die ordelik gekonstitueerde Regering ... Dan het ons 'n onafhanklike, ongekontroleerde, nie-gekoordineerde regering in die Federal Reserve System, wat die seggenskap oor finansies het alhoewel dit deur die grondwet vir die kongres gereserveer is".
Een van die beslissende gebeurtenisse van hierdie eeu was ongetwyfeld die Bolsjewistiese rewolusie in Rusland.
Hieroor is daar oorvloedige valse gerugte in omloop, omdat die geskiedskrywers daarin geslaag het om die wesenlike gebeurtenisse verborge te hou. Vandag word daar algemeen beweer dat die Kommunisme 'n beweging is van die onderdrukte massas wat in opstand gekom het teen die uitbuiting deur die werkgewers. Niks is verder van die waarheid nie!
Gary Allen gee ons 'n kykie in die geskiedkundige feite. (Die Insider, p.92): "Die sukses van die Kommunisme in Rusland word vandag algemeen toegeskryf aan die omstandigheid dat die Kommuniste die simpatie van die Russiese bevolking gehad het, omdat die na die tirannie van die tsare maar al te ontvanklik was vir 'n ander sisteem. Hierdie mening strook nie met die geskiedkundige feite nie. Alhoewel dit aan byna almal bekend is dat die Bolsjewistiese rewolusie in November 1917 plaasgevind het, weet slegs weiniges dat die tsaar reeds in Maart, d.w.s. sewe maande vroeër geabdikeer het. Toe tsaar Nikolaas II geabdikeer het, is daar deur Prins Lvov 'n voorlopige regering gevorm, wat volgens die Amerikaanse model opgebou sou word. Ongelukkig het die Lvov-regering plek gemaak vir die Kerensky-regime. Dit is baie moontlik dat Kerensky, 'n sogenaamde demokratiese sosialis, slegs 'n oorgangsregering vir die Kommuniste gelei het...
"Hy het 'n algemene amnestie vir Kommuniste en ander rewolusionêres afgekondig (soos vandag van Suid-Afrika geëis word; Skrywer) van wie baie na die mislukte Rooi Rewolusie van 1905 verban was. So het daar 250 000 toegewyde rewolusionêres na Moedertjie Rusland teruggekom om die lot van die Kerensky-bewind te beseel".
Ons sien dus dat ook in die Sowjetunie dit nie die onderdrukte massas was wat die Kommuniste aan bewind gebring het nie. Net soos in ander kommunistiese of sosialistiese lande het die rewolusie nie van die volk se kant gekom nie, maar is van bo af of van buite aan die volk opgedring. Laat ek dit kortliks verduidelik:
Die latere leiers van die rewolusie, Lenin en Trotzki, was nog bannelinge, Lenin in Switserland, Trotzki in Amerika. Die Bolsjewieke was, toe die tsaar geabdikeer het, geen sigbare politieke faktor met enige mag nie. "Hulle het nie op aandrang van die onderdrukte massas na Rusland teruggekeer nie, maar magtige manne uit Europa en die Verenigde State het hulle aan bewind geplaas.
"Lenin is in die beroemde 'verseëlde trein' dwarsdeur die oorlogverskeurde Europa gestuur. Hy het ongeveer 5 tot 6 miljoen dollar in goud by hom gehad. Die hele saak is deur die Duitse opperkommando en Max Warburg gereël."
Daar kan hier net enkele besonderhede van die vervlegting van die supergeldmag met die Bolsjewistiese rewolusie aangedui word. Die volgende aanhalings uit Gary Allen se boek Die Insider behoort voldoende te wees om die juistheid van hierdie uiteensetting te toon.
Hy skryf (p.95-98): "Die Duitsers het blykbaar 'n genoegsame regverdiging gehad vir die finansiering van Lenin en Trotzki. Die twee hoofverantwoordelikes vir die finansiering van Lenin was Max Warburg en die uit-Rusland-uitgestote Alexander Helphand. Hulle kon beweer dat hulle die saak van hulle land dien deur die finansiering van Lenin. Weliswaar het hierdie twee 'patriotte' dit nagelaat om teenoor die keiser melding te maak van hulle plan was om in Rusland 'n Kommunistiese rewolusie op te stook".
Allen skryf verder: "'n Mens kry 'n ander perpektief op die saak as 'n mens in aanmerking neem dat die broer van Max Warburg niemand anders as Paul Warburg was nie wat ons leer ken het as die hoofbeplanner by die geboorte van die Federal Reserve System; hy speel in, deur sy posisie as direkteur van die Federal Reserve, 'n sleutelrol in die finansiering van die Amerikaanse oorlogspoging".
Verder lees ons: "Ook die skoonvader van Max Warburg se broer, Felix Jacob Schiff, seniorvennoot in die bankfirma Kuhn, Loeb & Co. het gehelp met die finansiering van Trotzki. Volgens die New-York se Journal American van 3 Februarie 1949: 'Daar word tans geskat dat Jacob Schiff ongeveer 20 miljoen dollar in die uiteindelike triomf van die Bolsjewisme in Rusland belê het — dit volgens Jacob Schiff se kleinseun, John Schiff".
Gary Allen haal dan aan uit die boek Czarism and the Revolutionation van die Russiese generaal Arsene de Goulevitch: "Die hoofverskaffer van die geldmiddele vir die rewolusie was egter nie die mal Russiese miljoenêrs of die gewapende bandiete van Lenin nie. Die deurslaggewende bedrae het in die eerste plek van sekere Britse en Amerikaanse kringe gekom, wat reeds vir 'n lang tyd die saak van die Russies rewolusie ondersteun het ...
"De Goulevitch vertel verder: 'Die betekenisvolle rol van die vermoënde Amerikaanse bankier Jacob Schiff in die gebeurtenisse inRusland is, alhoewel dit nog slegs ten dele bekend is, glad nie meer 'n geheim nie.'
"Generaal Alexander Nechvolodov se boek oor die Bolsjewisties rewolusie word deur De Goulevitch aangehaal waar ons lees: 'In Apri 1917 het Jacob Schiff openlik verkondig dat dit te Janke is aan sy finansiële ondersteuning dat die rewolusie in Rusland geslaag het. In die lente van dieselfde jaar het Schiff begin om Trotzki geldelik te ondersteun ... Gelyktydig is Trotzki en sy aanhangers ook deur Max Warburg en Olaf Aschberg van Den Nya Banken in Stockholm van geld voorsien ... ook deur die Ryns-Wesfaalse sindikaat en Jivotovsky .. wie se dogter later met Trotzki getrou het'."
Allen skryf verder dat Jacob Schiff miljoene gegee het om die tsaar en daarna die Kerensky-regering tot 'n val te bring. Selfs lank nadat die ware karakter van die Bolsjewiste in die wêreld bekend was, het hy nog geld na Rusland gestuur.
Dit het later geblyk dat die geld 'n goeie sakebelegging was. Volgens De Goulevitch: "Mnr. Bakhmetiev, die laaste keiserlik-Russiese gesant in die Verenigde State, het aan ons gesê dat die Bolsjewieke na hulle oorwinning tussen die jare 1918 en 1922 aan Kuhn, Loeb & Kie (die firma van Schiff) 600 miljoen roebel oorgedra het."
Soos Gary Allen se deeglike speurwerk bewys het, kan die finansiering van die Bolsjewistiese rewolusie en daarmee die opbou van die kommunistiese sisteem teruggevoer word tot 'n sindikaat van die internasionale geldmagte, waaraan, behalwe die Schiff-Warburg kliek, ook Morgan en Rockefeller behoort het. Dit word gesê dat dokumente getoon het dat die Morgan-organisasie op sy minste een miljoen dollar in die kas van die Rooi Rewolusie gestort het.
Suid-Afrikaanse lesers sal seker met belangstelling verneem dat volgens De Goulevitch se getuienis ook 'n uitermate vermoënde Engelsman met die naam Lord Alfred Milner (een van die hoofkarakters in die opstokery tot die Anglo-Boereoorlog) meer as 21 miljoen roebel uitgegee het vir die finansiering van die Russiese rewolusie. Milner was vantevore leier van die geheime Round Table-groep, wat deur die Huis Rothschild ondersteun is.
Ons sien dat samehangend met die Bolsjewistiese rewolusie baie van die name opduik wat ook by die totstandkoming van die Federal Reserve System 'n rol gespeel het. Dieselfde rnense was deurslaggewend betrokke by die instelling van die Marxisties-geïnspireerde eskalerende inkomstebelasting, met belastingvrystelling vir stigtings asook by Amerika se toetrede tot die Eerste Wêreldoorlog.
Ek wil dit weer eens beklemtoon: 'n rewolusie — die een destyds in Rusland en so ook die een vandag in Suid-Afrika — kan net met sukses deurgevoer word met behulp van deeglike organisasie en finansiering deur magtige manne agter die skerms. Die onderdrukte massas kan meesal nog die een nog die ander oplewer.
Vervolg...