Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hier is iets wat al ons volksgenote behoort te bemeester: "Die HERE my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat" – Jes 50:4.
CHRISTINA DIE VERSKRIKLIKE
Kriewelkop
" ...dit is net die weerkaatsing van wat wêreldwyd besig is om te gebeur. Deurgaans word vir die publiek gelieg oor syfers, of dit inflasie, skuld, lenings, populasiestatistiek, werkloosheid of wat ookal is, weet dit is 'n leuen! Ook in hierdie land waar ons woon."
Dit is nie net Suid-Afrika wat gebuk gaan onder die hiërargie van politieke populiste wat in 'n mafiastyl die land probeer regeer nie. Ons hoor oor ons eie nuuskanale egter nie veel van die haglike omstandighede van burgers in ander lande met soortgelyke owerhede nie om verstaanbare politieke redes. Maar in hierdie moderne tyd het die wêreld te klein geword om dié dinge heeltemal onder die mat in te vee.
So is dit dan bekend dat Argentinië met sy kriminele president, Christina Kirchner, wie net nog een van 'n lang ry diktators die afgelope generasie in Argentinië is, reeds met talle korrupsie-aksies uitgevang is. En sy het pas weer met 'n nuwe slenter vorendag gekom het. Maar eers ietsie meer oor Christina die Verskriklike:
Christina het onder andere oor baie jare 'n gefabriseerde ekonomiese beeld van Argentinië aan landsburgers en die wêreld voorgehou terwyl die ware inflasiekoers hemelhoog was, en tans weer ver oor die 25% is. Sy is ook al op heterdaad betrap waar sy reserwe fondse misbruik het vir politieke omkopery. Nou is sy weer besig om haar land binne-in 'n voedseltekort te dompel waarvan die verwagte gevolg grootskaalse plundering, geweld, chaos en ekonomiese ondergang sal wees.
Kirchner het 'n prysvasstelling of bevriesing op alle voedselprodukte geplaas wat veral teen die grootste voedselverskaffer in die land gemik is. Hierdie blyk 'n gekke besluit te wees wat grootskaalse ellende en ekonomiese ondergang in die land gaan bewerkstellig. Die burgers van Argentinië verdien beter as om dié despoot se tirannie te verduur. Oor die algemeen is Argentiniërs vriendelike en vredenliewende mense met groot werkskapasiteit.
Kirchner se wanbestuur sluit in ook toelating van enorme hoeveelhede buitelandse beleggers, vervalste statistiek van alles wat belangrik is, vernietiging van die sentrale bank se onafhanklikheid, en talle ander korrupsie en misdrywe wat waarnemers tot die gevolgtrekking bring dat sy eerder agter tralies hoort as in die presidentstoel; klink bekend né!
Daarby is dié diktator nou besig om Argentinië se grootste koerant te probeer sluit met allerhande slenters en wette wat verbied dat die koerant advertensies plaas. Die rede hiervoor is wraak nadat die koerant dit gewaag het om die akkurate inflasiesyfers te publiseer.
Die voedselprysbevriesing beteken dat voedselinvoerders invoere sal staak omdat hulle groot verliese sal ly deur dit te verkoop teen die pryse van die nuwe wetgewing. Dus sal daar 'n onmiddellike voedseltekort ontstaan. Die gevolg is dat die swart mark sal floreer wat voedselsmokkelaars, korrupsie en misdaad op groot skaal gaan bevorder. Op enige gegewe stadium ontstaan 'n kriminele swart mark in 'n land wanneer die regering iets wat die mense regtig nodig het op so 'n wyse beperk.
As jy gewonder het wat Argentinië se probleme met jou te make het: dit is net die weerkaatsing van wat wêreldwyd besig is om te gebeur. Deurgaans word vir die publiek gelieg oor syfers, of dit inflasie, skuld, lenings, populasiestatistiek, werkloosheid of wat ookal is, weet dit is 'n leuen! Ook in hierdie land waar ons woon. Politieke tiranne sal enigiets doen om in magsposisies te bly, al vernietig hulle ook hulle ekonomië. Maar hoofsaaklik werk dit mee tot die finale oorname van die internasionale Geldmag wat nie kan wag nie vir die dag waarop daar 'n finale Eenwêreldregering aan bewind is. En hierdie aanstormende sneeubal kan nie meer gekeer word nie.