Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus Christus, die Vredevors, is die Vredemaker by uitstek. Die vrede wat Hy tussen God en ons bewerk het, moet nou ook in ons werk. Daadwerklike pogings om onmin uit die weg te ruim word van ons geëis. Mense wat vyandskap aanblaas word volgens Jesus uitgewerp waarteenoor vredemakers as erfgename van God aangeneem word. Bid dat die vrede van God in en ook déur jou werk en bid vir 'n wêreld vol vrede.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (6)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die groot towerlamp: bioskoop, radio, televisie (2)
Televisietegnieke is soortgelyk aan bioskooptegnieke, maar eersgenoemde is baie doeltreffender vir propaganda. Televisie het twee groot voordele bo films.
Dit is in die eerste geval binne-in die huis en dus toegankliker en tweedens is dit 'n volmaakte werktuig vir dokumentêre films en nuus, waar behendige redigering of vals byskrifte, verdraaiings en beklemtoning meebring wat wissel van vooroordeel tot blatante leuens. Een van die televisie-effekte op die menslike psige, wat die minste begryp word, is die een van distansiëring. Deur hierdie proses word die kyker onverskillig gemaak teenoor die werklikheid en nie in staat gestel om tussen die belangrike en die onbenullige te onderskei nie. So 'n situasie word geskep deur die kaleidoskopiese aanbieding van stof oor 'n ydperk van drie of vier uur. Nuusbulletins, advertensies, popgroepe, wetenskaplike besprekings, komedies en kultuurprogramme volg mekaar op en sodoende vind 'n groot gelykmakingsproses plaas. Aan niks word absolute of selfs betreklike belang toegewys nie.
'n Voorbeeld hiervan is die vertoning van die begrafnis van Lord Mountbatten in al sy prag en praal, wat onmiddellik opgevolg is deur 'n spul dansende en wildswaaiende stommerike wat koeldrank geadverteer het! Hierdie naasmekaarstelling het tot gevolg dat alles ver verwyderd en onbelangrik voorkom, en by die gewone mens word die indruk versterk dat die wêreld onsinnig is en nie logies begryp kan word nie.
In sy boek, The Victims, verduidelik Colin Vary die tegnieke om foto's te vervals deur middel van fotomontering, fotografiese tekeninge en vals byskrifte. Hy noem twee tipiese voorbeelde van televisie- en filmpropaganda wat aanhaling regverdig. (Ons vertaal).
Op 'n eiland in die Kagerarivier waar dit deur Uganda vloei. . . was daar in die vroeë sestigerjare 'n oulike klein hotelletjie in die besit van 'n Italiaanse dame. Die hotel is nie wyd bekend gestel in toeristebrosjures nie, maar sy ligging het mense van oor die hele wêreld aangetrek, veral die wat belanggestel het in natuurbewaring. Ten tye van die moorddadige botsings tussen die Hutu- en Watutsistamme in Ruanda-Urundi waar die Kagera ontspring, het 'n Sweedse TV-span op die skilderagtige Safari-herberg toegesak en die juniorkok en twee tuinjongens met 'n paar muntstukke omgekoop om in die waters van die Kagera by die eiland verby te dryf. So is hulle afgeneem, skynbaar morsdood, as deel van 'n dokumentêre film oor "slagoffers van kolonialisme". Om die probleem te oorkom dat hulle net drie "slagoffers" hiervoor kon vind, het die Swede 'n klomp hemde met verskillende kleurpatrone en ook ander kledingstukke aan die drie "slagoffers" oorhandig sodat hierdie drie onbewuste akteurs die toneel oor en oor kon herhaal. So kon tallose “liggame" wat die rivier afgedryf het, verfilm word. Die drie het die storie van die mal besoekers dieselfde aand nog vir hulle werkgeefster vertel dat die filmspan vertrek het. Die skokuitwerking van hierdie vals film het ongetwyfeld 'n onuitwisbare indruk op duisende liggelowige kykers in die verre Skandinawië gemaak.
Vary haal nog 'n voorbeeld aan soos berig in die Engelse Catholic Herald van 29 Oktober 1948:
"In 1948 toe die Duitsers deur die besettingsowerheid gedwing is om na sogenaamde 'De-Nazifikasiefilms' te gaan kyk, het 'n dokter homself op die doek herken in 'n reeks wat voorgee om die gruwele van die 'doodskampe' by Buchenwald te vertoon. Slegs toe het hy tot sy verbasing besef dat die toneel eintlik deel was van 'n gebuite Duitse film oor die vreeslike lugaanvalle op Dresden, 13-15 Februarie 1945, waar hy sommige van die kwartmiljoen slagoffers van die Geallieerde fosforbomme bygestaan het. Die meeste van hierdie mense was uitgeweke vroue en kinders wat voor die Rooi gety vanuit die Ooste gevlug het."
In hierdie laaste geval is die agtergrond van verwoeste geboue seker uitgewis met die metode deur Vary beskryf en 'n konsentrasiekampmilieu daaroor geplaas. Ek onthou hoe 'n BBC televisiespan in die vroeë sestigerjare, net voor die ontbinding van die Rhodesiese Federasie, muntstukkies in 'n vullisblik voor 'n klomp swart kinders gegooi het. Die daaropvolgende gestoei is beskryf as "verhongerde Afrika-kinders wat kosbrokkies soek." Hierdie "dokumentêre" film is in Blantyre, Niassaland, verfilm om dr Hastings Banda se saak vir afskeiding te versterk. Die besonderhede is deur 'n vriend van my, wat daar gewoon het en toevallig op die toneel afgekom het, aan my vertel.
Die skrikwekkendste tegniek is miskien onderbewuste breinspoeling (subliminal brain-washing). As 'n boodskap vir 'n vyf-en-twintigste van 'n sekonde op 'n skerm geflits word en met tussenposes herhaal word, ontvang en registreer 'n kyker dit onbewustelik. Die leser kan na vele navorsingswerke oor hierdie tegnieke verwys word vir bevestiging van hierdie stelling. Die implikasie van hierdie tegniek is so skrikwekkend dat 'n mens eintlik bang is om daaraan te dink.
Hierdie boek sal in sy doel misluk het as die intelligente, maar voorheen moontlik oningeligte leser nie teen hierdie tyd oortuig is dat genoegsame getuienis voorgelê is om die dodelike gevaar waarin ons verkeer, uit te wys nie. Die tyd raak ontsettend min. Ek vra niks meer nie as dat die skeptikus probeer om hierdie argumente te weerlê op voorwaarde dat sodanige navorsing eerlik en regverdig gedoen word. Eerlike navorsing lei onvermydelik tot so 'n oorweldigend volledige en betroubare mag van getuienis dat oortuiging seker is. Lary Allen erken dat dit sy persoonlike ondervinding was. Sy Geskiedenisprofessor het hom gevra om die "ridiculous conspiracy theory" te ondersoek en te weerlê. Hy het die geleentheid aangegryp, want hy het destyds self gedink dis vergesog. Toe hy egter onweerlegbare getuienis van die beplande vernietiging van die Westerse Beskawing gevind het, het hy sy aanvanklike nut erken. As 'n mens dan nou oortuig is deur die getuienis, is die finale vraag: wat kan daaraan gedoen word?
Mag ons vir 'n oomblik die pad van die eensame waarheidsoeker naspeur? Hy sal eerstens geweldige morele moed moet hê. In sy diepste wese is die mens 'n kuddedier en sosiaal van aard en al het ons nie fisiese behoefte daaraan om saam te stem met ons verwante groep nie, is daar beslis 'n sielkundige behoefte daaraan. Niemand hou daarvan om as eksentriek beskou te word nie. In die huidige klimaat van sielkundige oorlogvoering en massamenings is die idividu wat anders dink, eksentriek. Daar is egter vir hom twee bronne van troos: Die eerste is dat die saak waarvoor hy veg van onskatbare belang is en die ander dat 'n steeds groeiende getal mense tot die stryd toetree.
Namate die internasionaliste desperater word, omdat die tyd aan ons kant is, moet hulle noodgedwonge al hoe lawaaieriger word.
Amerika se aanspraak dat hy 'n bolwerk van die Weste teen die kommunisme , is uiters belaglik. Sy multimiljoendollar-toesegging aan Rooi China en sy weiering om Taiwan te erken, kan nie sommer net weggeredeneer word nie — en dis maar net twee voorbeelde. Net so insiggewend was die Weste se aandrang op 'n weiering om Zimbabwe/Rhodesië te erken. Uiteindelik is Zimbabwe as sulks deur die Weste erken, maar eers na 'n W-beheerde verkiesing die Marxis Robert Mugabe aan bewind gestel het met die seën van die Britse Lord Soames (van Rothschild en Seuns) en Lord Carington (van Barclays- en Hambrobanke).
Wat kan die gewone man egter doen teen die geweldige mag van geld en orrupsie? Hy kan lees, praat en voorthamer op diepgaande vlak totdat daar 'n ingeligte meerderheid is, pleks van 'n ingeligte minderheid. As dit gebeur sal geen regering die beleid van die internasionaliste kan deurvoer nie, weens openbare verset.
Wat van ons Suid-Afrikaanse opset? Die internasionale geldmag het sy kloue ferm en diep in ons pragtige land ingeslaan. Ons staan op die rand van 'n afgrond, maar ons kan die proses stopsit. Ons het die moed, die mannekrag, die verstand, die ondememingsgees, die hulpbronne. Elke beleidsrigting moet uit een eenvoudige gesigspunt beoordeel word: Bevoordeel dit Suid-Afrika of bevorder dit Een-Wêreld-totalitarisme?
Wie, byvoorbeeld, trek voordeel uit 'n besoek aan ons land deur eerw. Jesse Jackson en sy leermeester Jack O'Dell, ook bekend as Hunter Pitts O'Delle, oor wie die Kanadese Intelligensiediens 'n reuse-legger besit met 'n lang geskiedenis van kommunistiese bedrywighede en samewerking? Wat is ons beste skanse teen kommunistiese insypeling uit die Noorde? Is dit nie 'n wit Rhodesië (nou swart Zimbabwe) en beheer van die Namibwoestyn en Walvisbaai in Suidwes-Afrika nie? Hoekom beëindig ons nie alle hulp aan Mosambiek (N'Komati), Angola en Zambië nie, ten minste tot hulle ophou om terroriste te huisves? Dis tog net gesonde ekonomiese beleid, omdat die ekonomieë van hierdie lande in puin sal lê en hulle nooit die reuselenings en voedsel wat aan hulle voorsien is sal kan terugbetaal nie. Waarom betaal ons duisende belastingsbetalersrande aan die terroris Steven Biko se weduwee? Waarom stuur ons ons spoorverkeer deur Maputo? Waarom gee ons voor daar is 'n petroltekort in Suid-Afrika as ons terselfdertyd petrol uitvoer na Zaïre, Zambië en Nieu-Seeland? Waarom is Sasolpetrol, wat hier vervaardig word, so duur?
Hoe lank nog gaan ons die sogenaamde wêreldmening paai, terwyl elke toegewing slegs die teken is vir nog 'n sarsie buitensporige eise?
Kom ons eis 'n verduideliking van elke politikus, wat beleidsrigtings voorstaan wat skadelik is vir ons eie belange. Laat ons aandring op ons oorlewingsreg en as ons daarvoor moet veg, laat ons dit doen. Enigiets is beter as papbroekige oorgawe met die onafwendbaarheid van uiteindelike uitwissing. Wat ons kan doen en hoe maklik dit boonop gedoen kan word, is bewys deur ons inval in Angola. Dit is ook gedemonstreer deur die verwoesting wat 'n handjievol wit Rhodesiërs teen geweldige getalsoorwig onder kommunisties opgeleide swart terroriste gesaai het. Die Rhodesiërs se uiteindelike oorgawe was te wyte aan die politieke maneuvers van hulle leiers.
Laat ons ten slotte Edmund Burke se woorde onthou: "Al wat nodig is vir bose om te seëvier, is dat bekwame mense niks doen nie!"