Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons gewone vreugdes word maklik deur slegte omstandighede weggeneem. Daar is egter net een vreugde wat niemand van ons kan wegneem nie: die vreugde wat die HERE in ons bekragtig – hierdie vreugde is die weerklank van God se lewe binne jou wanneer jy die pad met Hom stap.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (2)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Stuit die stelsel die kapitalis teen die bors? Oppervlakkig "ja", maar speur 'n bietjie dieper en die antwoord is "nee." Oorloë is duur. Enige oorlogsugtige regering het geld nodig en beland so in die kloue van die geldskieters. Die bankiers is die gesigloses aan wie lande hulle astronomiese nasionale skulde verskuldig is. Kommunisme is bloot 'n werktuig van die wêreldgeldmag.
Die oorloë in Korea en Viëtnam is goeie voorbeelde van buitensporige duur oorloë teen "die kommunistiese vyand." Die oorloë is versigtig in die geheim so bewimpel dat geen werklike skade die kommunisme ooit berokken is nie. Met 'n vrye hand sou die Amerikaners Noord-Korea binne twee of drie weke op die langste verower het. Dog die Amerikaners moes 'n "no win war" — 'n oorlog wat jy nie wil wen nie — voer. In bogenoemde geval is strategiese teikens soos spoorwegaansluitings en brue veronagsaam en is verbied om hawens te blokkeer. Toe genl Mac Arthur, alles ten spyt, die kommunistiese magte terugdryf, is hy onmiddellik herroep en is die inisiatief prysgegee.
Onder die kommunisme of sosialisme word privaateiendomsreg afgeskaf en word nywerhede staatsbesit. Die bankiers op hulle beurt besit die staat. Die hele plan het 'n Machiavelliaanse eenvoud. Dit beteken dat 'n klein groepie algehele beheer uitoefen oor die industriële, landboukundige, myn- en mannekragbronne van die wêreld.
Die Tweede Wêreldoorlog is gevoer om die kommuniste beheer te gee oor Oos-Europa. Hitler het egter sy verdrag met Stalin verbreek en Rusland aangeval. Die kommunisme is bedreig. Amerika, wat toe oorweldigend isolasionisties was, moes tot die oorlog aan Rusland se kant uitgelok word. Bernard Baruch, lid van die internasionale bankiersbroederskap, en in beheer van die ganse Amerikaanse oorlogsnywerheid, het aan Roosevelt voorgeskryf wat hy moes doen. Roosevelt het alle Japanse bates in Amerika bevries, 'n verbod teen olievoorsiening aan Japan uitgevaardig en dit met 'n beledigende ultimatum opgevolg. Roosevelt het vooraf van die Japanse aanval op Pearl Harbour geweet — die Britse Inligtingsdiens het die radio-kodes aan die Amerikaners gegee. Nagenoeg 4000 lewens is opgeoffer om openbare reaksie in Amerika uit te lok.
Eisenhower is, sonder enige krygsondervinding, deur Baruch as opperbevelhebber van die Geallieerde magte aangewys, met opdrag om Oos-Europa aan die kommuniste te oorhandig, sodra gevaar vir die Botejewisme uitgeskakel is. Dit het Eisenhower gedoen deur doelbewus die Geallieerde leërs terug te hou totdat die Russe Hongarye, Joego-Slawië, Boelgarye, Roemenië, Tsjeggo-Slowakye en uiteindelik Berlyn self beset het.
Die oorlog is kwansuis begin omdat Duitsland Pole oorrompel het. Gerieflikheidshalf word daar in die krygsmitologie, wat later vir openbare verbruik geskep is, verswyg dat Rusland Pole dieselfde tyd binnegeval het; ook dat aan die einde van die Poolse "bevrydingsoorlog" Pole geheel en al onder die beheer van Rusland was en nog steeds is.
Die presiese aard van die bankiers se beheer oor Westerse staatsmanne is ingewikkeld. Groot belastingvrye stigtings is in Amerika deur die bankiers gestig om hulle bates van inkomstebelasting te vrywaar. Maar dit is juis hulle wat die stelsel van inkomstebelasting ingestel het toe hulle die Federale Reserwebank in 1913 gestig het. Hierdie kolossale misleiding van die Amerikaanse volk is op sigself'n verstommende verhaal. Die groot geldmag betaal nie belasting nie, die volk wel.
In 1917 het die stigtings 'n organisasie, bekend as die Council on Foreign Relations (CFR) gestig. Sy hoofkwartier is in Harold Pratt House, 68e Straat Oos 58, New York. Onder die dekmantel van 'n dinkskrum te wees het hierdie organisasie inderdaad volkome beheer oor die Amerikaanse politiek. Geen Amerikaanse president of minister van Buitelandse sake is oor die afgelope veertig jaar anders as deur middel van die CFR verkies nie. Demokraat of Rupublikein, hy is slegs 'n marionet wat dans soos die toutjies getrek word.
Noudat die openbare aandag uiteindelik op hierdie slinkse organisasie toegespits word, wat niks anders as 'n twintigste eeuse voortsetting van die oorspronklike Illuminati is nie, het hulle 'n nuwe tak begin, die Trilateral Commission. Die doelwitte van die CFR en die Trilateral Commission is 'n Een-Wêreld-Staat onder 'n wêreldregering, die WO. Die Trilateral Commission beoog as eerste stap na die bereiking van hierdie doel, die daarstelling van 'n reuse-handelskonglomoraat van die VSA, Japan en Europa. Die Europese Gemeenskapsmark is reeds daar en 'n Federasie van Suider-Afrikaanse State is op die tekenbord. Nasionale soewereiniteit en identiteit sal in albei gevalle afgebreek word om die werklikheid van 'n wêreldtirannie 'n stap nader te bring.
Die bankiers het ook filiale soortgelyk aan die CFR en die Trilateral Commission. In Europa is daar die Bilderberggroep, lank aangevoer deur Prins Bernard van die Nederlande, en in Engeland die Royal Institute on International Affairs. Gesamentlik beheer hulle alle politieke figure van formaat aan die anderkant van die Atlantiese oseaan, indien nie regstreeks nie, dan seker onregstreeks deur geld, drukgroepe en "adviseurs." 'n Aantal van hierdie manne, soos Callaghan, is uitgesproke sosialiste; van ander, bv Willie Brandt, word beweer dat hulle geheime ledekaarthouers van die Kommunisteparty is. Geen ware of belangrike regse politikus sal ooit tot sy reg kom solank hierdie organisasies die beheer het nie.
Sedert die Bolsjewiek-rewolusie is die kommunisme aan die gang gehou deur reuse-inspuitings van Westerse kapitaal en tegnologiese steun. Die kommunisme is 'n kolossale bedrogspul, teen die grein van die natuur. Was dit nie vir genoemde steun nie, sou dit reeds tientalle jare gelede gesterf het. Verwek deur Karl Marx en die ryk nyweraar, Friedrich Engels, is dit 'n valse filosofie, "geheilig" deur die verwarrende brabbeltaal van dialektiese materialisme, wat beweer dat die mens niks meer is as die produk van sy omgewing nie. Hoe tragies dat dié leer in die wêreld se keel afgedruk is teen 'n prys van moord, bloedvergieting, wreedheid en barbaarsheid op haas ongelooflike skaal.
Alexander Solzhenitsyn, gesteun deur professor Kurganov, bereken dat 110 miljoen mense tussen 1917 en 1959 in die Russiese suiweringsveldtogte gesterf het. Volgens konserwatiewe berekening het 60-miljoen Chinese, toe die kommuniste hulle land oorgeneem het, gesterf. Boosheid van sodanige omvang is so verstommend dat diegene wat 'n bonatuurlike en sataniese mag daaragter sien, nie verkwalik kan word nie.
Dis hoogs interessant dat die sataniese simbool van die Illuminati op die Amerikaanse eendollarnoot verskyn. Die simbool is 'n stomp piramide met 'n oog in die spits, omring deur Lucifer (Satan) se mistieke lig. Die piramide het 'n verborge betekenis en simboliek. Satanisme het sy oorsprong in Antieke Egipte en Babilon, en die piramide gedenk dit. Die piramide stel ook 'n hiërargiese gemeenskap voor wat in die Nuwe Wêreldorde vernietig sal word — dit is dan ook die betekenis van die Latynse inskripsie Novus Ordo Seclorum. Die aristokrasie, in die spits, is al afgekap. Die oog in die spits is die geheime organisasie wat dit gedoen het en besig is om die wêreld se lot te bepaal.
Die afgekapte spits of hoeksteen van die driehoek dui ook op die vernietiging van die Christendom. Die ander slagspreuk, Annuit Coptis, beteken, vry vertaal, "Ons onderneming slaag". Die datum in Romeinse syfers, 1776, is die stigtingsdatum van die illuminati en nie, soos die Amerikaners dink, hulle eie vryheidsverklaring nie..
Rockefeller en Chase Manhattan Bank is 'n hoofkanaal vir die vloei van geld na Rusland. Om net een voorbeeld van tegniese samewerking te noem: Amerikaanse geld en ingenieurs het die afgelope jare die grootste en mooiste vragmotorfabriek ter wêreld by Kama, 960 km ten ooste van Moskou gebou. Sy produksie oortref die VSA se totale produksie van motors en vragmotors. Amerikaanse geld het 90% van die totale koste betaal, nl 45% deur die Amerikaanse regering en 45% deur die Chase Manhattan Bank, teen 6% rente onderskryf deur die Amerikaanse regering. As die skuld dus nie betaal word nie, sal die Amerikaanse belastingbetalers die sak moet skud en so verder hulle eie ondergang betaal.
Dit mag ongelooflik klink, maar verskil dit in wese van die Britse regering se voorsiening van wapens ter waarde van £8 000 000 aan Zambië sodat hy hom kan verdedig teen Rhodesië se lugaanvalle op terroristebasisse? Moenie vergeet nie, hierdie terroriste het twee burgerlike Viscount-vliegtuie, wat onbewapen was, neergeskiet en toe met 'n daad van onuitspreeklike barbaarsheid die oorlewendes van die eerste ramp vermoor.
Dit is 'n minderbekende feit dat Russiese skepe Amerikaanse skeepsenjins en hulle vliegtuie Rolls Royce-enjins het, met patentregte in Rusland vervaardig. Die kanonne en masjiengewere wat in Viëtnam en Korea teen Amerikaanse soldate gebruik is, was van Amerikaanse ontwerp en vervaardig in Russiese fabrieke, gebou deur die bankiers.
In die Tsaar se tyd was Rusland bekend as die graanskuur van Oos- Europa en het hy koring uitgevoer. Nou, met die klaaglike mislukking van kollektiewe boerdery, het hulle dikwels misoeste. 'n Bevolking wat honger ly is 'n potensiële gevaar. Om dit tot 'n minimum te beperk, voorsien Amerika Rusland van duisende tonne koring teen pryse veel laer as op sy eie tuismark. Die Gemeenskapsmark (EGM) gee vir Rusland poeiermelk — "surplusse" — gratis. Australië gee vars vleis teen weggeepryse. Die getuienis is onweerlegbaar, maar dit kry geen publisiteit in die wêreldpers nie.
Vervolg...