Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie kla oor die vuuroond in jou lewe nie. Miskien wil die Here jou vir iets groots gebruik. Vertrou Hom tot die dood toe!
WIE MAAK ONS GELD? (10) (SLOT)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
'N TERUGBLIK
Heelwat tyd het verloop sedert "Wie Swaai die Septer?" oorspronklik geskryf is. Hierdie hoofstuk van "Wie maak ons Geld", bevat gedagtes oor sake van die dag en onlangse gebeure.
Een ding is van deurslaggewende belang en dit moet by herhaling beklemtoon word: Die mag van emosionele oortuiging oortref redelikheid en logika. Die eerste en belangrikste taak van die konserwatiewe patriot is om die Pavloviaanse kondisioneringsmag in homself te erken en te identifiseer en dan die krag van hierdie aangeleerde reflekse in homself en in die massa te neutraliseer. Dit is met inspanning moontlik. Die leuen vergaan, terwyl die waarheid bly staan. Tensy ons dit regkry, is al ons geskrifte, artikels, feitelike gegewens, vertolkings, verduidelikings, voorspellings en waarskuwings soos kaf in die wind.
Die mag van emosionele oorreding oortref alle rede, stel versperrings op tussen wat gelees word en die standpunt wat ingeneem word. Dit verhinder enige betekenisvolle reaksie of aanpassing in ons daaglikse lewe. Mense lees van die internasionale bankiers of kommunistiese gruweldade, of verraad en politieke bedrog in hoë kringe, maar vyf minute later gaan hulle op hulle ou trant voort. Hulle is onverskillig teenoor alles, behalwe hulle onmiddellike, onbenullige belange. Dikwels werp hulle hulself geesdriftig in die stryd ten bate van dieselfde liberale doelwitte met onbetwisbare logika wat as ondermynend verdoem is in 'n konserwatiewe artikel wat hulle so pas klaar gelees het.
'n Doktersvriend van my, intelligent, ingelig, sjarmant, in die algemeen redelik en wat nie beïnvloed word deur mediakondisionering nie, is 'n goeie voorbeeld. Een aand terwyl ons brug speel, gaan die gesprek oor die WO. Met toenemende ongeloof het hy na my geluister terwyl ek vertel het van die WO as 'n wêreldregering-in-wording, van sy oorsprong, sy kommunistiese bande, sy weersinswekkende inmenging in die kookpot van internasionale finansies, Alger Hiss en ander, toe val hy my in die rede met: "Dit is 'n hoop regse onsin!"
Ek het dadelik aangebied om aan hom boeke en dokumentêre bewyse te leen wat alles wat ek gesê het kon staaf. Woedend het hy met die vuis op die tafel geslaan en my toegesnou: "Leen my net watter boeke jy wil. Ek sal dit nie lees nie, ek is nie bereid om my tyd te mors nie."
Emosionele kondisioneringspatrone is deur feite, deur my genoem — vandaar die uitbarsting.
Ek het al mense 'n konserwatiewe artikel sien lees en hoor sê hoe beïndruk hulle is deur die ooglopende waarheid daarvan. Die volgende dag het ek gehoor hoe dieselfde mense met 'n tirade lostrek teen "verkrampte dwepers" wat redelik probeer handel het volgens die uitgangspunte van die artikel. Vergewe my die persoonlike verwysings, maar eenvoudige, werklike voorbeelde is dikwels doeltreffend.
Oor die algemeen staan mense onverskillig teenoor alles behalwe hulle onmiddellike, persoonlike, klein belange. Baie van die onverskilligheid is ongetwyfeld 'n verdedigingsmeganisme. Sport, liefdessake, alkohol, skindernuus, restourante en ongelukke is verstaanbare lewenskomponente. Sameswerings en vernietiging van die beskawing is nie. Soos Sir Walter Scott in Guy Mannering sê: "To those who lie out of the road of great afflictions are assigned petty vexations which answer all the purpose of disturbing their serenity" (Aan hulle wat nie geraak word deur groot beproewings nie, word kleinlike kwellings opgelê wat goed beantwoord aan die doel om hulle gemoedsrus te versteur.)
Tog word veel van die weerstand teen konserwatiewe beskouings kunsmatig bewerkstellig en is veral die gevolg van Pavloviaanse reaksies op die bioskoop- en televisiewêreld. Die hoofstukke oor die Groot Towerlamp handel in breë trekke oor die tegnieke en dit is nie nodig om dit volledig hier te herhaal nie. In Suid-Afrika was daar egter die afgelope twee jaar 'n geweldige toename in kondisioneringstegnieke, veral op televisie. Integrasie word op ons afgedwing deur vermenging as alledaags en natuurlik voor te stel. Advertensies bevat byna sonder uitsondering, tonele van veelrassige "harmomie". Swartes en Wittes eet gebraaide hoender saam, of drink saam pynppel- gegeurde koeldrank teen 'n agtergrond van palmbome, Hawaiise skuimbedekte seesand, of dans saam in veelkleurige skoene! Romanses, betowering, glimlagte, geluk en vingerlekkende broederskap straal daar uit. Hiermee gepaardgaande word maksimum televisiedekking en vooropstelling aan Swart vermaaklikheidskunstenaars, sportlui, kunstenaars, politic en segsmanne gegee. Aanhoudende herhaling is daarop bereken om weersin af te breek en 'n Utopiese droomharmonie uit te beeld waar alle mense eenders en alles lig en lieflik is.
Hierdie idilliese wêreld stem glad nie ooreen met die werklikhede van gedwonge integrasie nie, al is die werklikhede hoe laakbaar. As integrasie elders in die wêreld geslaag het, sou sulke breinspoeling moreel geregverdig kon word. Om 'n rassis te wees beteken nie, ek herhaal, beteken nie veragting vir en afkeer in ander rasse nie. Dit beteken wel om trots wees op jou erfenis en voorkeur gee aan jou eie, maar dit is ook 'n realistiese erkenning van verskille in benadering, verskillende insigte, gevoelens en denke, wat nie saamgevoeg kan word nie.
Apartheid as praktiese filosofie, het een groot deug. Dit beperk die geleentheid tot sinnelose rassegeweld tot 'n minimum en verhoed dat rasseboewery, deur Swart of Wit gepleeg, toeneem. Rasseharmonie is die gevolg van die reg tot selfbeskikking en etniese trots — nie haat nie. Dit is verbastering en gedwonge integrasie wat rasseonmin skep. Anders gestel: Gedwonge segregasie is aansienlik minder skadelik as gedwonge integrasie, al is eersgenoemde nie volmaak nie. Ongelukkig woon ons nie in 'n platonies volmaakte wêreld nie, maar in 'n werklike en onvolmaakte een.
Die bewering dat integrasietonele in advertensies bloot kommersieel is en sonder duistere bedoelings, verg 'n antwoord. Diegene wat dit beweer, wys op die geweldige salaris- en loonverhogings van Swartes in Suid-Afrika en die ooreenstemmende tot nog toe onontginde, reuse-kommersiële markte wat nou geskep word. Verhoogte koopkrag het 'n hele nuwe reeks produkte, veral luukse goedere en meubels, binne bereik van die gemiddelde Swart gesin geplaas. Hierdie argument is in 'n sekere sin geldig maar dit dek geensins die hele prentjie nie, soos die volgende voorbeelde aantoon:
Verkope van 'n sekere soort margarien het gedaal toe die advertensie, wat by Blankes suksesvol was, ook op die nuutgestigte Swart televisiekanale vertoon is. Die advertensie, met tonele waarin die rasse geïntegreerd saam is, het ook gewys hoe 'n klein seuntjie 'n ou man se margarientoebroodjie gaps, terwyl laasgenoemde op die bank lê en slaap. Vir Blankes was dit 'n grap, maar die swart kultuur, hier aansienlik wyser en gesonder as die Blanke s'n, het die oneerlike handeling afgekeur, te meer nog omdat van Swart kinders verwag word om ouer mense, wat by Swartes geëer en bewonder word, te respekteer. Die toneel moes verander word sodat die ou man vir die seun een van sy toebroodjies aanbied, voordat verkope weer gestyg het.
In 'n ander advertensie is 'n toneel deur Swart kykers verwerp, waar 'n swart meisie en 'n blanke man teen 'n soortgelyke paar tennis gespeel het. Die groepering het geen verband gehou met die werklikheid soos die Swartes dit ken nie. Slegs 'n wedstryd waarin twee Swartes teen twee Blankes speel, is aanvaar.
Hierdie twee eenvoudige voorbeelde dien as bewys dat geldelike wins nie die rede is vir die aanhoudende klem op integrasie nie. Dit behoort die beplanners van sulke breinspoeling eintlik stof tot nadenke te gee. Ingewikkelhede buite kennis belemmer hulle veldtog vir verbastering.
Nog 'n ontstellende aspek van advertensies is die huidige nadruk op "nuwe!" By elke produk val die klem op 'n nuwe, verbeterde formule, 'n nuwe wonderbestandeel, 'n nuwe ontwerp, nuwe rewolusionêre deurbrake, ens. Die klem op nuwe is daar om die aanvraag te stimuleer en ontevredenheid met bestaande besittings te skep. Artikels word opsetlik as verouderd voorgestel en gepaardgaande ingeboude sielkundige tegnieke word gebruik om gevoelens van afgeskeeptheid en ontevredenheid met ou produkte te veroorsaak, terwyl nuwe behoeftes kunsmatig geskep word.
Die gereelde herhaling van hierdie proses het 'n bykomende newe-effek, veral op jeugdiges: Enigiets ouds is vanselfsprekend waardeloos. Ou waardes, tradisies en menings word dus ook verwerp as nie ter sake nie of betekenisloos, terwyl hulle meesal reeds hulle wesenlike waarde of meriete bewys het deurdat hulle die vernietigende gang van die tyd oorleef het. Tyd was nog altyd die uitwisser van afval en oppervlakkighede op alle lewensterreine — van kuns en letterkunde tot by die etiek en sedes. Nou word die breingespoelde massas van hulle verlede vervreem en gekondisioneer om slegs die nuwe dinge te hou.
Gewetenlose politici weet alte goed dat die herhaling van slagspreuke oor nuwe bedelings, nuwe maatskaplike benaderings, nuwe konstitusies, nuwe idees en nuwe aanpassings 'n werktuiglike en outomatiese reaksie sal uitlok. "Verander of sterf!" is die groot emosionele, papegaaikreet. "Verander en sterf!" is die naakte werklikheid waarmee ons te doen het. Ek skryf dit welwetende dat verandering die konstante faktor in die lewe is en ook onvermydelik — dat geen gemeenskap kan stagneer en dan nog bestaan nie. Maar dit word ook geskryf in die wete dat die meeste “verandering" wat vandag bepleit word, 'n verwoestende beplande vernietiging is, ontwerp om 'n Een- Wêreld-Staat te skep.
Die tegniek wat gebruik word om 'n skuldgevoel by wit nasies te skep, is in die hoofstukke oor "Die Groot Towerlamp" geskets. 'n Gevoel van skuld heers op die oomblik so algemeen in Blank Suid-Afrika dat 'n toestand van sieklike en patologiese daadloosheid ontstaan het. 'n Skuldbewuste persoon kan nie tot positiewe, kragtige handeling oorgaan nie; hy gaan uit sy pad om verskonings vir sy vyande se handeling te soek; hy praat alle soorte afwykings goed, terwyl 'n gevoel van sinloosheid en waardeloosheid voortdurend by hom spook.
Skuldgevoel verlam die wil en vergiftig die psige. In die besonder ly Suid- Afrikaners kwaai onder ons verbanning uit wêreldsport. Dit is ironies dat besoekende sportspanne slegs die skuldgevoelens vererger. Ons het die ongemaklike gevoel dat ons spanne moet omkoop om ons te besoek en voel gevolglik vuil. Die optrede van ons leiers met hulle versigtige houdings, hulle geduldige toegewings, hulle liberale slapheid en verval vermeerder net die skuld en verwarring. Ons lê terroriste nie meer die doodstraf op nie, ons onderhandel met Swapo, ons maak ons polisie magteloos.
Die gees moet aangewakker word. Geloof in jou eie meerderwaardigheid is 'n aanwakkerende faktor, al is daardie meerderwaardigheid 'n mite. Die mens leef van sulke kraggewende mites en van sy gevoel van belangrikheid en lotbestemming en van sy trots. Dit is almal lewegewende, adellike waardes. Die demokratiese waardes is almal lewensverlonend, lewensverwoestend, die kuddemoraliteit, die oorlewing van die nie-geskikte, die terugvoering tot by die laagste gemenedeler. Ons versink in ‘n moeras van middelmatigheid as gevolg van ons skuldgevoelens.
Ons het 'n kragtige wekroep nodig om weer op te staan en onsself te laat geld, om ons koppe hoog te hou en ons deugde uit te basuin. Ons het hierdie land opgebou en ons het die lig van beskawing na hierdie donker kontinent gebring. Vergeet die verskonings en staan trots en fier soos dit hoort! Skuldgevoelens is 'n dodelike vyand. Ons moet dus elke geleentheid aangryp om te wys hoe skuldgevoelens kunsmatig geskep word. Ontleed films en televisieprogramme. Wys vir ons jongmense hoe die Swartman altyd gunstig voorgestel word, die Witman ongunstig. Wys op die tegnieke: Die vertraagde tempo, die klankeffekte, die emosionele tonele wat daarop bereken is om die Witman skaam en skuldig te laat voel. Onderwysers moet met hulle klasse praat, lektore met hulle studente.
Ontleed emosionele skrywery in koerante en tydskrifte krities. Slegs dan kan ons onsself aan die emosionele wurggreep ontworstel sodat elke artikel met kille saaklikheid ontleed kan word. In hierdie omstandigheid sal die waarheid begryp word en die leuens gesien word as leuens, terwyl idees op eie meriete sal staan of val.
Al die standaardsette van Hollywood word tans op Suid-Afrikaanse televisie gebruik. 'n Afrikaanse reeks, Taakmag, vervaardig deur Elmo de Witt-films het in een van sy finale episodes 'n besliste propaganda-partydigheid getoon. Skynbaar gewy aan die prestasies van soldate op die grens, het hierdie besondere episode gegaan oor die skaking van twee kinders, een blank en een swart, deur terroriste en hulle latere redding deur die taakmag. Die terroristeleier is as 'n "gawe kerel" voorgestel. Wanneer een van die terroriste op die punt staan om die kinders te skiet, stamp die leier die geweer opsy en se: "Moenie die kinders skiet nie!" Die blink idee om die soldate in terroriste uniforms te vermom, het van 'n Swart taakmaglid gekom. Die film eindig met die uitdowing van 'n toneel waar die swart en wit kind saam in 'n vreugdevolle omhelsing in die arms van die Swart kind se vader gesien word.
In die baie gewilde reeks Westgate word die wit heldin, Bonnie Thornton, met die held, Ashley Westgate in 'n Swart kerk deur 'n swart leraar in die huwelik bevestig onder die stem-dreunsang van 'n swart koor. Ander tonele vertoon Bonnie waar sy in nederige onderdanigheid met swart predikante praat, hulle "meneer" noem en hulle toegeeflikheid afsmeek. Die skurk is natuurlik Wit, ene Raymond Sandeveld, groot sakeman en korrupte ondernemer. Op veelvuldige maniere word die idee oorgedra dat rasseverskille nie bestaan nie en dat al slang in die Tuin van Eden die rassistiese dweper is.
Teen hierdie soort verskynsel is ons enigste verweer om mense bewus te maak van hoe hulle gemanipuleer word. Tensy ons dit doen is massa-gehoorsaamheid, massa-gelykvormigheid, massa-menings en 'n naamlose massa ons voorland. Individualiteit sal uitsterf en 'n verstandlose en gesiglose gemeenskap sal die aaklige werklikheid word. Ons sal magteloos heen en weer geslinger word deur die aartsmanipuleerders.
Nog 'n interessante ontwikkeling op die Suid-Afrikaanse televisietoneel is Popshop, 'n program oor die nuutste popmusiek wat 'n soort televisie-Mekka vir die tieners geword het. Dat musiek 'n werktuig van die rewolusie geword het, is 'n grondwaarheid vir ernstige studente van die sameswering. In Amerika is die kommunistiese affiliasies van Young People's Records voor die Kongres bewys. [*] Hierdie plate wat vrylik gebruik word in Amerikaanse skole met die goedkeuring van baie "opvoedkundige" instansies, is bewys as hipnoties, senusteurend en verstandvernietigend. Laerskoolleerlinge wat aan hierdie duiwelse middels blootgestel is, was geprogrammeer tot latere neurose, want die plate bevat verborge Pavloviaanse tegnieke. Popmusiek word dikwels ingespan as 'n ondermynende werktuig wat rebelsheid en osedelikheid by tieners aanmoedig en terughoudendheid en selfbeheersing vernietig. Diskoteke waar die maatslag versterk word tot 'n peil wat die interne organe soos die hart, niere en ingewande laat bewe en met die gesinchroniseerde flitsende ligte en die polsslag veroorsaak'n hipnotiese beswyming en 'n atavistiese en primitiewe gemoedstoestand. Ons kinders word deel van 'n verstandlose massa en bly aangetas lank nadat die geraas opgehou het.
Ouers is onbewus van die dubbele betekenisse en ondermynende boodskappe wat popplate bevat, grotendeels omdat die volwassene beswaarlik die snertpraatjies verstaan wat vir intelligente spraak deurgaan. Boonop is die hedendaagse poptaal net vir die ingewydes. Ek het nogal gehou van 'n skynbaar aantreklike stuk deur ene Rodriques, getiteld Sugar Man. Die woorde het egter geen sin gemaak nie en eers toe ek my tienderdogter begin uitvra, het ek ontdek dat "sugar man" eintlik "dwelmsmous" beteken, dat "Mary Jane" marijuana" (dagga) beteken en dat "jumping coke" niks anders is nie as kokaïne." Reels soos "O sugar man won't you come soon, won't you bring back colour to my dreams" het skielik betekenis gekry. Sonder dat ek dit ooit kon verbind, was hier in my eie huis 'n plaat met 'n lofsang oor dwelmgebruik.
Popshop is om die volgende redes ontstellend: Dit word visueel aanskoulik en dikwels grieselig briljant aangebied. Tonele word oorsee geskiet en groteske maskers, "punck rock"-drag tonele vol suggestiewe onsedelikheid en "lassochisme, duiwels, Frankensteins en blatante seksuele bewegings is aan die orde van die dag. Kitare word reusagtige penisse, aakligheid word benadruk, laserstrale word deur 'n soort demoniese masjien geflits, histeriese krete en waansinnige uitdrukkings verwring die gesigte van die optreders. Kousmaskers, Rooihuidhaarstyle en kaalgeskeerde koppe is in oorvloed.
Ons Suid-Afrikaanse jeug was in die verlede "aan die kant" en eerbaar. Die meeste is dit nog, maar die invloed van bogenoemde soort aanbiedings moet nie onderskat word nie. Om die jeug se denke te verwring is 'n wesenlike gebeure en nie 'n denkbeeldige doel nie. Baie van die anti-sosiale gedrag van ons tieners, baie van die skielike woedeuitbarstings, vuil taal, skielike trane en aggressiewe gedrag is die direkte gevolg van blootstelling aan popmusiek.
Nog 'n faset van popmusiek, wat die gewone mens nie sommer wil aanvaar nie, is die moontlike duiwelse invloede wat in ons huise ingedra word deur sekere popplate. Vir baie is so 'n gedagte onsinnig en niks anders as bygeloof uit die middeleeue. Tog is daar sekere groepe soos Judas Priest, Black Sabbath envKnights in Service of Satan (KISS) wat Satan openlik aanbid en hulle plate aan hom opdra. Die bestaan van satanaanbidding en ander soortgelyke kultusse is welbekend. Een ding is seker: Geen plaat wat deur hierdie groepe gemaak is, kan skadeloos of opbouend wees nie. Die wyse ouer sal probeer om sulke skadelike gemors uit sy huis te weer.
Aan die positiewe kant moet alle moontlike pogings aangewend word om waardering vir klassieke musiek by jongmense te kweek. Die romantiese musiek van Chopin is dikwels 'n goeie vertrekpunt en van daar kan na Vivaldi, Beethoven, Mozart en Bach gevorder word. Hierdie komponiste bied kombinasies van geluk, krag, gesondheid, besieling en klankpatrone wat 'n besonder heilsame en verheffende uitwerking het op gemoedere wat vir die eerste keer onder hulle invloed kom.
Musiek is 'n mag ten goede of ten kwade wat nie onderskat moet word nie. Aristoteles het dit eeue gelede geweet met sy pionierswerk oor die harmonieleer. Baie interessante navorsing is onlangs gepubliseer oor die ooreenstemming tussen Alpha-breingolfpatrone en die largo-ritmes van barokmusiek. Eksperimente wat nog grotendeels geheim gehou word en eerste in Roemenië gedoen is, het bewys dat die kunsmatige opwekking van Alpha-breingolfpatrone die aanleer van tale baie kan vergemaklik; die vermoë om vlot in 'n vreemde taal te praat kan in een dag aangeleer word. Daar is dus waarskynlik 'n direkte skakel tussen musiek en die skielike skeppingsdrang wat 'n kenmerk van die Renaissance was.
Musiek weerspieël nie net 'n kultuur nie, maar is 'n middel tot opheffing of vernietiging! Dit is ook waar van kuns. In 'n interessante boek, getiteld Crud — the Revolutionary Mission of Modern Art, bevestig Margaret Stucki my opmerking oor moderne kuns en sy gee die name van 66 "kunstenaars en kritici" wat te make het met kommunistiese frontorganisasies en ondernemings in die Amerikaanse Kongresverslag van 14 Junie 1956 (84ste Kongres, tweede sitting). Dit sluit Picasso, Matisse, Leger, Rivera, Kandinsky en Giacometti uit; bekende kunstenaars wie se verbondenheid met die Kommunisme welbekend is. Dr Stucki beweer dat moderne kuns in Rusland verbode is en dat kunsskilders moet skilder in die styl van Russiese realisme.
Dit lyk of die Russiese aanslag op die kuns drie fasette het. Die eerste is sosiale protes wanneer skilderye die aandag toespits op verontregting, of sosiale gebruike hekel. Die eersgenoemde kategorie bestaan uit 'n soort openbare vertoning van vuil wasgoed met die doel om skuld en skaamte uit te lok en laasgenoemde bestaan uit die ondermyning van die gevestigde sosiale struktuur. Die tweede faset is die daarstelling en regverdiging van grieselige kultusse en "-ismes". Die derde faset se mikpunt is om die kulturele erfenis uit wis, asook die individu se vertroue en eie oordeel.
Die gevaar bestaan dat jy maklik as paranoiïes uitgemaak kan word omdat jy die verband tussen skynbaar alleenstaande en onverbonde tendense gouer merk. Om as paranoiïes gebrandmerk te word en paranoiïes te wees, is egter nie dieselfde nie. Die ernstige student van teenswoordige wêreldgebeure, wat bereid is om vreesloos en krities na te vors, sal oorvloedige getuienis kry van ordinasie met die oog op die doelwit, naamlik die vernietiging van die beste.
Leermag het paratroepe, tenkkorpse, agente, insypelaars, mediese korpse, intelligensieafdelings en voorraadklerke, almal met gespesialiseerde take, maar almal besig om te werk vir die bereiking van dieselfde doelwit. Op dieselfde manier val die internasionale bankiers en hulle trawante ons van elke hoek af aan. Die doeltreffendheid van hierdie aanval kan beoordeel word aan die verkeldering en ontwrigting in die wankelende wêreld om ons. Op die skanse en uitkykposte is daar nog slegs 'n klein aantal manne, in slagorde opgestel, wat 'n teenaanval probeer loods. Ons moet hulle getalle vergroot, maar ons kan dit nie doeltreffend doen nie voordat ons nie die breinspoelingsproses geneutraliseer het nie.
Nog 'n interessante verskynsel in onlangse jare is die talle Christelikgegronde preke wat die einde van die wêreld voorspel. Die meeste grond hulle voorspellings op Jesaja en Openbaring. Baie, soos The Late Great Planet Earth in Lindsay of When Your Money Fails van Mary Relfe is 'n samestelling van Bybelse vertolking en oppervlakkige feite oor die Illuminati of die bankorganisasies, asook teenswoordige politieke of ekonomiese tendense. Die preke is vrylik verkrygbaar. Kundige of gedokumenteerde navorsing oor die internasionale finansiers is baie moeilik bekombaar. Geen belangrike agentskap of boekwinkel sal laasgenoemde boeke aanhou of verkoop nie. Dit moet verkry word uit klein, onafhanklike, konserwatiewe bronne. Maar die godsdienstige boeke word vryelik bemark. Hoekom? Ek dink daar is twee baie goeie redes. Eerstens bevorder hulle die idee dat die Een-Wêreld-Staat onvermydelik is. Omdat dit dan duisende jare gelede in die Bybel voorspel is, kan niks gedoen word om so 'n onverbiddelike proses te verhoed nie. Geduldige aanvaarding en die verwagting dat Christus sal terugkeer en die wêreld by Armageddon sal vernietig, is al waarop ons kan hoop. By baie ernstig gelowige mense verlam hierdie gevoel van onafwendbaarheid op doeltreffende wyse enige teenmaatreëls wat hulle miskien kon getref het.
Tweedens is die boeke vir skeptici en ongelowiges 'n uiters doeltreffende verskoning om die skrywers oor moontlike sameswerings as gek randeiers te bestempel en verhoed op dié manier enige ernstige en akademiese navorsing oor die saak. Dis maklik om jou die smalende toon van 'n "akademikus" voor te stel: "Sameswering? O, jy bedoel die wêreld se einde en engele te perd en blasende trompette? Ag nee wat, jy verwag tog nie regtig dat ek dit ernstig moet opneem nie? Weet jy hoeveel maal die einde van die wêreld al voorspel is? Die getal van die Bees en 666 en snert oor reuse rekenaars in Brussel?" Spot is 'n baie doeltreffende afskrikmiddel.
Die skrywers van hierdie boeke is seker opreg en mag gelyk hê of nie. Die skade wat hulle boeke aanrig, glo ek, is onberekenbaar, want hulle wek twyfel oor 'n werklike internasionale sameswering wat geen mite of verbeeldingsvlug is nie. Dit is onwaarskynlik dat die wêreld in hierdie dekade tot 'n einde sal kom. Dit is egter waar dat 'n Een-Wêreldstaat ons sal oorval as ons alle teenaksies verder vertraag.
'n Finale opmerking, weer uit 'n Suid-Afrikaanse oogpunt beskou, gaan oor die ongelooflike tempo waarteen die Afrikaner se gees en sy idee van 'n eie volk te wees verwoes word. As daar ooit bewys was van bonatuurlike bemoeiing van die mens, dan kan die snelheid van hierdie verval as duidelike getuienis aangehaal word. Sedert die moord op dr H F Verwoerd in 1966 het die meerderheid Afrikaners alle geloof in hulleself, hulle geskiedenis en hulle toekoms verloor. Geld is 'n allesoorheersende hartstog. Liberale beleidsrigtings het die eenheid van sy kerke, sy regering en sy kultuur verbreek. Die deursnit Afrikaner is verward en ongelukkig, maar is so skuldbewus en verbyster deur die tempo van verandering dat hy nie instaat is om te protesteer nie. Onafhanklike denke het so goed as verdwyn. Die meeste Afrikaners klou nog pateties vas aan die party wat homself "nasionaal" noem, maar wat elke enkele beleid uitvoer waarvoor die Progressiewe Party ooit gevra het.
Inflasie, onder die 2% in dr Verwoerd se tyd is nou onberekenbaar — nader aan 20%. Ekonomiese groei in dr Verwoerd se tyd 6% is nou, na 20 jaar onder zero. Sensuurwette word elke dag verder verwater. Smerige video-films word vryelik versprei in elke stad en dorp. Dwelmverslawing neem toe en die rook van dagga is algemeen onder die jeug en dienspligtiges. die grensoorlog sleep onbepaald en onbeslis voort — 'n "no win war!" Wat betref petrolvoorrade, kleding, kos, medisyne, ammunisie en basiese, geriewe skiet die koste hemelhoog die lug in. Baie firmas maak seker baie geld! Intussen word die veggees al flouer en flouer. Die Afrikanerjeug word tot liberale denke verlei. Die Afrikaanse Studentebond flankeer met Inkatha, 'n swart nasionalistiese organisasie. Een van die weinige konserwatiewe Afrikanerorganisasies wat in die Republiek oorbly, is die Transvaalse Onderwysersvereniging, en selfs hier ondersteun baie die liberale De Lange-kommissie se aanbevelings oor onderwys. Veelrassige sport word in die skole aangemoedig alhoewel die meeste ouers nog daarteen is. Op elke terrein heers daar verbystering, verwarring en onsekerheid. Dit is ongelooflik dat alles binne die bestel van ongeveer twee dekades kon gebeur.
Die huidige klem op ekonomiese groeikoers ten koste van alle ander dinge is kunsmatig en voorspel onheil. Ekonomiese uitbreiding, buite verhouding, is voordelig op die kort termyn, maar sal om twee redes ramspoedig vir Suid-Afrika op die lang termyn wees. Dit sal net ons natuurlike hulpbronne vinnig uitput en tweedens sal dit ons algeheel afhanklik maak van die swart arbeidsmag. Vakbondmagte sal vermeerder. Die Konstellasie van Afrika-state lyk na 'n poging om die RSA die stut te maak vir die onbekwame en korrupte kommunistiese regerings op ons grense, net soos Amerika die kommunistiese Oos-Europese lande onderskraag. Die toestand lyk wanhopig. Maar met hulp van Bo kan en sal ons oorleef. Die Here help egter diegene wat hulleself help. Ons eerste stap sal moet wees om die breinspoelingstegnieke aan die kaak te stel, want sulke tegnieke lei tot gedweë aanvaarding van strategieë wat noodlotting vir die voortbestaan is.
As "Wie Swaai die Septer?/Wie maak ons geld?" hierdie ideaal kan help verwesenlik, dan sal dit sy oogmerke bereik het.
EINDE