Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moenie bly kla oor die dinge wat die lewe van ons weggeneem het nie. Vertroetel eerder die dinge wat die lewe ons gee en wat ons nog kan geniet.
WIE MAAK ONS GELD? (6)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Genl.-maj. J.F.C. Fuller (opcit. bl. 12) sê: “... Britse strategie behoort op seemag en nie landmag nie gebaseer te wees, omdat Brittanje se geografiese ligging in die eerste plek dit noodsaak. Dis gek v.d. Verenigde Koninkryk om die rol van ’n Kontinentale mag te probeer speel, ’n ding wat hy reeds sedert 1914 doen.” Op bl. 401 veklaar hy: “Selfs gedurende die kritieke 1940-somer was dit nooit ’n stryd op lewe en dood vir Engeland nie, om die eenvoudige rede dat dit nooit een kon word solank hy die see beheer nie”
Kapt. Russell Grenfell (op. cit. bl. 242/3) sê: “... die eerste oorweging vir ’n besluit op oorlog is die vraag of die betrokke land se lewensbelange sy deelname vereis. Hiervolgens behoort Engeland buite beide wêreldoorloë te gebly het soos hy suksesvol neutraal gebly het in die Franco-Pruisiese Oorlog van 1870, aangesien sy lewensbelange nog in 1914 nog in 1939 betrokke was.” Ons Superbankiers het alle rede tot tevredenheid met wat hulle tot dusver bereik het”.
Met behulp van hulle tweegatjakkalsklerke in ons regerings en politieke partye, asook ons leuenagtige nuusmedia, het hulle die helfte v.d. wêreld oorreed om “die gelukkigste volke” op aarde aan te val en te verower, hoofsaaklik omdat hulle dit gewaag het om ’n korrupte geldstelsel met ’n eerlike te vervang. Daarop het hulle 15 miljoen van hierdie “gelukkigste volk” van hul vaderland, fabrieke, myne, plase en huise beroof, en hulle gewing om weswaarts te beweeg om plek te maak vir 4'h miljoen Pole wat om onbekende redes hulle eie tuisland aan Sowjet - Rusland moes prysgee, terwyl 50 miljoen onskuldige mense, meestal blankes, in die proses omgekom het. Die Bankiers het hulle met belastingvrye miljoene verryk, die koloniale ryke afgetakel en twee-derdes v.d. mensdom onder Marxistiese diktatuur geplaas. Hulle het die staat Israel gevestig, die sogenaamde Vrye Weste geassosieer met regerings wat die mees basiese menseregte opgeskort en die Oos-Duitsers agter ’n muur doringdraad en masjiengewere “bevry” het. Hulle het die wêreld die Kommunistiese stemmetode as net so goed as die Westminstermetode laat aanvaar, en die Vrye Weste gedwing om geldelike en diplomatieke ondersteuning aan die Marxistiese terroriste te gee, asook aan Marxistiese regerings “wat hulle ook al benodig of self begeer. ’’Deur die goudstandaard af te skaf het hulle die reg verkry om onbeperkte hoeveelhede papiergeld te druk, wat voortwoekerende inflasie wêreldwyd veroorsaak het in ’n poging om die middelklas oral te ruïneer. Hulle het ons almal hard laat werk om Sowjet-Rusland in ’n militêre reus te omskep, in staat om ons almal te vernietig - en niemand het durf tussenbeide tree nie. Kan enigiemand nog twyfel of die geldmag alles oorheers?
Die Vrymesselary is nog ’n werktuig wat die Bankiers gebruik om hulle manne ons instellings en regerings te laat binnesypel. Die Vrymesselaars het hoë ideale: hulle beloof om mekaar te help en te ondersteun. Hulle veroordeel diskriminasie maar pas dit self intensief toe. As ’n lid vir die parlement staan, is hy verseker v.d. stemme van al die lede in sy kiesafdeling en ook van gunstige perskommentaar. Dis dus nie verbasend dat almal of die groot meerderheid van ons Parlements - en Kongreslede Vrymesselaars is nie. As hulle op hul beurt ’n regering saamstel, sal omtrent altyd al die lede Vrymesselaars wees, daartoe verbind om mekaar nie te verraai nie maar te verdedig en ondersteun. Dit verduidelik hoekom niks gedoen is nie toe L.T. Me Fadden die Amerikaanse Kongres in 1932 meegedeel het hoe om die Groot Depressie oornag te oorkom, of toe Lloyd George dit na ’n persoonlike besoek aan Hitler se Duitsland herhaal het, of toe Churchill ons so baie leuens oor Duitsers, Nazi’s en Pruise vertel het.
Vervolg...