Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie met die duiwel redeneer nie, hy het al duisende jare se ervaring en jy sal verloor. Gebruik jou enigste wapen: God se waarheid – satan het geen verweer daarteen nie.
WIE MAAK ONS GELD? (5)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
M. Follick (1935) het in “Facing Facts”, in “Politieke Beskouing vir die Gewone Man”, bl. 102, voorspel “. . . Met die doel om aan Pole ’n hawe te gee, is nog ’n vergryp aan Duitsland volvoer: Danzig is van hom geneem en tot vrye stad verklaar. Van alles wat in Duitsland Duits is, is niks meer Duits as Danzig nie . . . vroeër of later sal die Poolse Korridor oorsaak wees van ’n toekomstige oorlog . . . en as Pole nie die Korridor aan Duitsland teruggee nie, moet hy hom klaarmaak vir ’n uiters rampspoedige oorlog met Duitsland, anargie en moontlik ’n terugkeer na die slawerny waaraan hy hom maar onlangs ontworstel het.”
As enigiemand in 1919 voorspel het dat binne 20 jaar die Britte, die kwaaiste kritici van Danzig en die Poolse Korridor, die Duitsers die oorlog sou aansê omdat hulle die reg van selfbeskikking vir die inwoners van Danzig en die Poolse Korridor eis, sou hy in ’n inrigting opgesluit gewees het. In 1919 het so ’n waansinnige, onregverdige en kriminele handeling ondenkbaar gelyk. Maar ons weet nou dat met ’n gevange Pers, leuenagtige politici en onbeperkte geldmag selfs die ondenkbare deur ons Superbankiers moontlik gemaak kan word.
Op 3 Maart 1919 het Churchill in die Laerhuis gesê: “Ons hou al ons dwangpotensiaal in volle gebruik of in onmiddellike paraatheid. Ons dryf die blokkade kragtig deur. Ons het sterk leiers wat op kort kennisgewing kan optrek. Duitsland is naby hongersnood. Die getuienis wat ek ingewin het van offisiere wat deur die Oorlogsministerie oral oor Duitsland gestuur is, toon, eerste van alles, die groot ontberings wat die Duitse volk ly, en tweedens, die groot gevaar van ineestorting v.d. ganse struktuur van die Duitse maatskaplike en nasionale bestaan onder druk van honger en wanvoeding. Nou is dus die uur om tot ’n vergelyk te kom.”
Waartoe kon tot ’n vergelyk gekom word noudat Duitsland ontwapen en aan die verhonger was? Oor die vraag wie die oorlog begin en wie dit met twee jaar verleng het, kon nou eens en vir altyd uitsluitsel gegee word. Hoe het dit plaasgevind? In algehele verontagsaming van wat regtig gebeur het, is Duitsland voor die keuse gestel: erken of dat jy die oorlog begin het of kies die dood en verhongering van miljoene en die instorting van die hele bouwerk van die Duitse maatskaplike en nasionale bestaan onder druk van honger en wanvoeding.
Die Bankiers het Wêreldoorlog I ontketen deur die Engelse, Franse, Russe en Italianers te oortuig dat die oorlog ’n brekfis en die beloning oorweldigend, skitterend sou wees. In werklikheid het dit vier jaar geduur en 25 miljoen mense moes sterf. Om die Duitsers te dwing om skuld vir die oorlog te erken, was vir die Bankiers van die grootste belang sodat die waarheid verbloem kon bly. Hulle wis dat die amptelike Geallieerde redes vir die begin en voortsetting v.d. oorlog heeltemal fiktief sou wees, en dat, na verloop van tyd, hulle ware oorlogsoogmerke aan die lig sou kom.
Die Duitsers, gestel voor die keuse van lewe of dood, het die lewe gekies deur skuld vir die oorlog te erken, en niemand, selfs nie die Pous nie, leier van 500 miljoen Katolieke, het durf verklaar dat hierdie erkenning van oorlogskuld, afgepers deur die geweerloop, van nul en gener waarde was, of ’n verduideliking geëis waarom die militêre verbonde van Engeland, Frankryk en Italië geheim gehou is en waarom die Britse regering tot op die laaste volgehou het dat hy geen belang in die twiste v.d. Kontinent het nie en dus onbetrokke was, terwyl hy in werklikheid ’n vaste militêre verbond met Frankryk gesluit het.
Maar sulke rampokkermetodes sou tog seker nie in ’n beskaafde gemeenskap gedoog word nie! Daar sou tog openbare protes gewees het. Maar met ’n gevange Pers en leuenagtige politici was daar nie. Inteendeel, al ons nuusblaaie en al ons leiers het die Duitse erkening, met afdreiging verkry, as bewys van sy skuld aangedien.
Aangemoedig deur die stilswye en lafhartigheid van ons leiers was die Bankiers nou daarvan oortuig dat hulle weer ’n uiters winsgewende wêreldoorlog sou kon aanstig en weer die Duitsers daarvoor blameer.
Op 5 Januarie 1939 het Hitler in ’n gesprek met die Poolse minister van Buitelandse Sake, Beck, hom bereid verklaar om die bestaande Poolse grense te eerbiedig, sy aanspraak op die Poolse Korridor te laat vaar, mits die Pole hom ’n deurweg toelaat sodat ’n landverbinding tussen Oos-en Wes-Duitsland tot stand kon kom; op voorwaarde ook dat hulle die teruggawe aan Duitsland v.d. vrystad Danzig nie sou teenstaan nie. (Duitse Buitelandse Beleid: D.V. No. 119). Reeds op 24 Oktober 1938 het Hitler die Pole ’n soortgelyke aanbod gemaak, met erkenning van bestaande Poolse grense, maar toe het hy deurgang per pad en spoor deur die Korridor geëis. Aangesien die Pole op 5 Januarie 1939 nog nie sy vredesaanbod beantwoord het nie, het hy sy eis om ’n spoor, laat vaar en homself tevrede verklaar met ’n enkele pad met boonop die versekering dat hierdie pad nie enige bestaande of toekomstige Poolse pad of spoorlyne sal belemmer nie. Dit sou hulle of deur middel van boogbrue of tonnels kruis. Deur hierdie twee vredesaanbiedinge aan die Pole met erkenning van bestaande Poolse grense, het Hitler duidelik getoon dat hy 'n hoër prys op vrede as op grondgebied stel.
Toe die Pole hierdie aanbod aan die Britte en Franse oorgedra het, moes dit die effek van ’n bom gehad het: hier het hulle laaste kans om ’n wêreldoorlog te begin nou deur die vingers geglip. Hulle het nooit verwag dat Hitler uit vrye wil Duitse gebied sou afteken om die vrede te bewaar en hulle vriendskap te wen nie. Om die vrede te behou was Hitler gewillig om Duitse grondgebied, deur Duitsers bewoon, wat hy alle reg gehad het om te eis, te laat vaar - gebied wat aan Pole toegevoeg is deur skreiende skending van die reg tot selfbeskikking waarvoor Frankryk en Engeland die eerste Wêreldoorlog geveg en gewen het.
Die Bankiers se manne was raadop. Hulle het die Pole gevra om uit te stel, om Hitler te laat wag, want hulle het tyd nodig om te dink. Twee maande later, in Maart 1939, het hulle die Pole ’n onvoorwaardelike waarborg van Poolse grense, Danzig ingesluit, gegee, om aldus te verseker dat die Pole nie die Duitse vredesaanbod aanvaar nie, en om hulle aan te moedig om die 2'h miljoen Duitsers uit te wis om Hitler sodoende tot tussenbeidetrede te dwing en die Tweede Wêreldoorlog te begin. Op tipies Karl-Marxiaanse wyse het hulle vroom verklaar dat die probleem van Duitse minderhede in Pole met vreedsame onderhandelings geskik moet word. Hulle het baie goed geweet dat deur die bestaande Poolse grense onvoorwaardclik te waarborg hulle vreedsame onderhandelings onmoontlik maak om die eenvoudige rede dat die Pole nou geweier het om oor enigiets te onderhandel. Hoekom sou hulle Danzig en die Korridor bespreek as Engeland en Frankryk reeds hulle grense onaantasbaar verklaar het? Hitler het tevergeefs op ’n Poolse onderhandelaar gewag. Die Pole, met ’n waterdigte waarborg, het eenvoudig sy vredesvoorstelle geignoreer.
Soos berig in die “New York Times” van 24 September 1939 het Hitler, voor hy die nie-aanvalsdrag met Stalin onderteken het, die Britte deur middel van hul gesant in Berlyn, sir Neville Henderson, meegedeel dat Rusland nie die Pole sou help nie, maar 'n groter hap uit hul gebied sou vat as Duitsland. Hy het gehoop dat hierdie inligting die Britte sou noop om hulle bondgenote, die Pole, te waarsku en hulle só na die samesprekingstafel terugbring en oorlog verhoed. Dog die Bankiers se manne wou oorlog begin, nie vermy nie, en het die Pole nie gewaarsku nie.
Na ondertekening van die Nazi-Sowjet-ooreenkoms het Hitler die teruggawe van Danzig geëis en ’n volkstemming in die Poolse Korridor onder toesig van Russiese, Italiaanse, Britse en Franse verteenwoordigers (Duitse Buitelandse Beleid Dvii nr. 458). Nadat hy elf maande tevergeefs op 'n antwoord gewag het, het Hitler ’n plaaslike oorlog begin. Hy was nie op verowering bedag nie, maar het slegs Duitse gebied geëis, bewoon deur Duitsers wat die afgelope 21 jaar hul selfbeskikkingsreg ontneem is. Die Bankiersmanne in Engeland en Frankryk het hierdie plaaslike oorlog omskep in ’n wêreldoorlog, na bewering om Poolse grense en onafhanklikheid te verseker. Dat dit slegs ’n voorwendsel was om die oorlog te begin het geblyk toe Churchill ’n volle jaar voor die einde v.d. oorlog die Pole se onafhanklikheid weggeteken het. Op 5 Augustus 1973 het die “New York Times” onthul: “Oorlogskorrespondensie van Churchill wat vandeesweek openbaar is, toon dat hy in 1944 toegestem het tot Sowjet-oorheersing in Pole in ruil vir Stalin se ondersteuning van Britse belange in die Verre Ooste en die Middellandse See”.
Die Tweede Wêreldoorlog het niks te doen gehad met Poolse grense en onafhanklikheid nie. Dit was ’n stryd tussen twee botsende geldstelsels: ’n eerlike een wat om voortbestaan geveg het, en 'n oneerlike een. Van meet af aan was daar geen twyfel oor die uitslag nie. Genl. - maj. J.F.C. Fuller in “The Second World War 1939 - 1945” (Eyre en Spottiswoode, Londen E.C.4, bl. 316) se: “Dis snaaks dat maar een werkende etileen-dibromide-aanleg in Duitsland vloeibare etiel vervaardig het, ’n onontbeerlike bestanddeel van hoëgraadse vliegbrandstof... so doeltreffend dat geen moderne vliegtuig daarsonder aangedryf word nie’. Tog is hierdie enkele aanleg nooit gebombardeer nie alhoewel ‘hoogs kwesbaar.’ As dit so is, dan kon aan die Luftwaffe meer skade berokken gewees het deur hierdie unieke teiken te bombardeer as deur al die vernietigende aanvalle op lugvaartaanlegte saam . .
As ’n aantal Geallieerde vliegtuie hierdie fabriek gebombardeer het, sou Hitler se hele lugvloot gestrand het. Maar dan sou die oorlog slegs 'n paar weke geduur het, Nazisme sou vernietig gewees het, maar al die Bankiers se ander oorlogsoogmerke sou verydel gewees het. Om die Bankiers met miljoene te verryk, die wit volke uit te dun en te verswak, die Koloniale ryke af te takel, die staat Israel te vestig, Britse en Franse wêreldaansien te ondermyn, Kommunistiese Rusland die tweede wêreldmoondheid te maak en Kommunistiese diktatuur oor ’n verdere 1000 miljoen mense te verseker, moes die oorlog tot amper ses jaar verleng word.
Dat Hitler die Bankiers se kettings afgewerp het, is sonder twyfel. Soos berig deur W.G. Simpson (op. cit. bl. 700 en 702) het Lloyd George, Engeland se Wêreldoorlog I - leier, na ’n persoonlike besoek om met eie oë te sien, van Hitler se Duitsland gesê: “’n Verandering in Duitsland se geldstelsel het hom uit afgrondelike depressie na glorieryke ekonomiese voorspoed gevoer. Wat Duitsland betref, is Hitler ongetwyfeld die opstanding en die lewe. Hy is Duitsland se verlosser, ’n groot en wonderlike leier. Hy is die George Washington van Duitsland, die grootste le- wende staatsman en die Duitsers die gelukkigste volk op aarde”.
Hier het Engeland se Wêreldoorlog I-leier weer eens aan die wêreld vertel hoe om die Groot Depressie in ’n voorspoedgolf te omskep, deur slegs ’n verrotte, bedrieglike geldstelsel deur ’n eerlik een te vervang. Tog het ons regerings dit steeds veronagsaam.
Noudat alle koloniale ryke verkrummel het en vervang is deur meëdoenlose, dikwels onmenslike Marxistiese diktature wat om voort te bestaan swaar leun op liefdadigheid en lenings deur die Weste en wapentuig van Rusland, verstaan ons waarom Hitler reeds op 25 Augustus 1939 aan die Britte gesê het hy is gewillig om nie alleen ’n bondgenootskapsverdrag met hulle te sluit nie, maar ook te beloof om die Britse Ryk met Duitse gewapende magte te verdedig waar dit ook al aangeval mag word (Britse Buitelandse Beleid, derde reeks vii, nr. 284). In 1939 het dit aanmatigend gelyk om te veronderstel dat enigiemand dit ooit sou waag om die Britse Ryk aan te val, maar Hitler wou verseker dat Duitsland en Groot Brittanje mekaar nooit weer in ’n oorlog sou teenstaan nie. Hy het reeds in 1939 besef dat as die Marxisme Engeland verower, ontbinding en verrotting wêreldwyd sou versprei en uiteindelik die hele Europa, ook Duitsland, sou oorspoel. Daarom het hy aangebied om dit te verdedig waar dit ook al aangeval word.
Hitler was - so skryf kapt. Liddell Hart (“The Other Side of the Hill,” Cassell) - ’n groot bewonderaar v.d. Britse Ryk en die beskawing, siviele administrasie, vrede en orde wat Groot Brittanje aan die wêreld geskenk het. By Duinkerken het Hitler self die Duitse generaals wat die hele Britse taakmag wou gevange neem, gekeer om die Britte vernedering te bespaar. Toe Frankryk verslaan is, het Hitler gehoop Brittanje sou vrede maak, veral omdat hy geen eise sou stel nie.
Kapt. Russell Grenfell, R.N. staan in sy boek “Unconditional Hatred” (The Devin - Adair Company, Old Greenwich, Conn., bl. 233) verbysterd oor die buiten- gewone paradoks dat Engeland se hoofvyand, Hitler, gretig was dat die Britse Ryk behoue bly terwyl sy hoofbondgenoot, die V.S.A., vasberade was om dit te vernietig. Vandag weet ons almal die antwoord: die twee grootste struikelblokke in die pad van Marxisme, nl. Hitler en die Britse Ryk, moes vernietig word.
Hitler het Engeland en Frankryk geen skade berokken nie en niks geëis nie behalwe om in vrede en vriendskap met hulle te leef. As hulle vrede aanvaar het, sou niks vir hulle verander het nie. As Engeland, selfs na die nederlaag van Pole, vrede gemaak het, was miljoene lewens gered, het nie ’n vierkant voet Britse grondgebied verlore gegaan nie en was Brittanje steeds vandag die trotse besitter van die grootse ryk op aarde, en 2000 miljoen mense, nou onder Marxistiese heerskappy, was nog onafhanklike nasies. Pole sou in die Weste die Korridor, bewoon deur 2'h miljoen Duitsers, verloor het, en in die Ooste die gebied bewoon deur l'h miljoen Ukrainiërs, maar hy sou 'n onafhanklike land gebly het. Groot Brittanje kon selfs vredesvoor- waardes neergele het en die terugtrekking van alle Duitse troepe uit gebiede wat deur Pole en Tsjegge bewoon word, geëis het. Ek is seker Hitler sou dit aanvaar het, hy het immers self ’n volkstemming onder internasionale toesig voorgestel. Hy het slegs voormalige Duitse gebied teruggeëis wat deur Duitsers bewoon is.
Die “Times” van Londen het op 7 Oktober 1939 berig dat Hitler in sy toespraak na die inname van Pole weer sy begeerte na vrede en egte vriendskap met Engeland uitgespreek het. Hy stel geen eise nie en wil net vrede en vriendskap hê. Maar, het hy voortgegaan, as Engeland die oorlog aan hom opdwing, laat ons dit minder wreed, barbaars en duiwels maak, laat ons dit vermenslik deur verskeie soorte oorlogvoering soos lugbombardemente, gas en duikbote in die ban te doen.
Eerste Minister Chamberlain het geantwoord dat dit onmoontlik vir Groot Brittanje sou wees om Hitler se voorstel aan te neem sonder om sy eer in te boet en sy eis te laat vaar dat internasionale twiste deur bespreking en nie geweld bygelê word nie.
Het Brittanje nie reeds sy eer ingeboet deur versuim om sy Poolse bondgenoot mee te deel dat Engeland en Frankryk - die borge van onskendbare Poolse grense - Rusland nie sou teëstaan om ’n groter hap uit Pole te neem as Duitsland nie.
Het die Pole nie vir goed v.d. onderhandelingstafel weggebly omdat hulle van die Britte ’n onvoorvaardelike waarborg gekry het dat hulle grense onskendbaar is nie? Engeland en Frankryk het hulle misleidende waarborg gegee met die uitsluitlike doel om alle vreedsame samesprekings om die konferensietafel te verhoed. Hitler het elf maande vir ’n antwoord op sy eerste vredesaanbod gewag, waarin hy bestaande Poolse grense erken en slegs deurgangsregte geëis het sodat landverbindings tussen Oos-en Wes-Duitsland ingestel kon word, voordat hy teen Pole oorlog verklaar het.
Chamberlain het Hitler se beroep om oorlog minder wreed te maak geheel en al geïgnoreer. Was Engeland en Frankryk dan nie vredeliewende nasies en Hitler die oorlogskramer nie? As ons dan nie sonder oorlog kan klaarkom nie, is die tweede beste plan dan nie om sy vernietiging te beperk nie? As oorloë nie in die ban gedoen kan word nie, waarom dan nie ten minste die barbaarsste, bloedigste en onmenslikste vorms van oorlog soos lugbombardemente, gas en duikbote in die ban doen nie? Wie in die Britse regering het bespreking met Hitler oor die uitskakeling van lugbombardemente, gas, duikbote en ander wrede vorms van oorlogvoering teengestaan? Die segsmanne v.d. aandeelhouers van ons nasionale banke het dit opponeer; hulle oorlogsdoelwitte vereis die algehele uitwissing van hulle vyande.
“The Times” het op 20 Julie 1940 berig dat Hitler na die neerlaag van Frankryk weer sy begeerte na ’n egte vriendskap met Engeland uitgespreek het. Hy eis hoegenaamd niks en sê “... Ek kan aan geen rede dink waarom hierdie oorlog moet aangaan nie. Ek is ontsteld om te dink aan die offers wat dit sal verg.”
Lord Halifax se antwoord hierop in “The Times” van 23 Julie 1940 is dat Hitler ’n anti-Chris is en dat die oorlog ’n Christelike kruistog teen die magte van die Bose is.
Wat het die oorlogsoogmerke van die Superbankiers met die Christendoen te doen? Het Hitler ’n anti-Chris en sy leër die magte v.d. Bose geword omdat hy bestaande Poolse grense erken en slegs deurgang oor ’n enkele pad oor die Poolse Korridor geëis het? Of omdat hy vervolgens selfbeskikkingsreg vir die Korridor se bewoners, ’n volkstemming onder internasionale toesig geëis het?
Vandag weet almal dat Wereldoorlog II ’n kruistog was om die Bankiers se oneerlike geldstelsel weer in Duitsland in te stel en aldus die weg te open vir die vernietiging van die wit volkere as hulle sou volhard om Marxistiese wêrelddiktatuur teen te staan.
Die Britte het die grootste koninkryk nog gebou waaroor die son nooit ondergegaan het nie. Britannia het die golwe eeue lank regeer maar in 1694 het ’n aantal onbekende bankiers die reg verkry om geld uit te gee, wat hulle aangewend het om ’n wurggreep op die regering te kry met die doel om die Britse Ryk van binne te rysmier deur korrupsie van hulle leiers wat die Britte laat oorlog maak het waar geen Britse belange op die spel was nie. Dit het eers die eenheid v.d. Engelssprekende wêreld verbreek en ons toe al nader aan ’n Marxistiese wêrelddiktatuur gebring.
Vervolg...