Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is nooit vanselfsprekend dat ons nie alleen is nie. Dit is slegs genade, oneindige genade, as ons nie alleen is nie. Juis in die massas, die stadsgewoel, tussen derduisende gesigte van vreemdelinge en selfs bekendes, is mense op hulle eensaamste. Bid wanneer jy eensaam voel want gebed plaas jou in die teenwoordigheid van engele – daar kan jy nooit eensaam wees nie.
WIE MAAK ONS GELD? (4)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
In die vorige aflewering het ons na verskillende sette gekyk om ons arm, hardwerkend en ellendig te hou en ons so te kondisioneer vir ’n Marxistiese Wêrelddiktatuur. Nou kyk ons na die mag wat die koloniale magte oor Kommunisme kon uitoefen.
Die tweede groot hindernis teen die verspreiding van wêreldwye Kommunisme was die koloniale magte. Hulle het vrede, orde en beskawing gevestig waar daar voorheen verwoestende oorloë en barbaarheid was. Lenin se plan om hulle te vernietig was die insypeling van opgeleide terroriste in die kolonies om onrus, stakings en opstand te stook. Maar die Bankiers het ’n veel beter plan gehad: laat die twee struikelblokke in die weg van verdere Kommunistiese uitbreiding mekaar beveg en uitroei. Niemand sou ’n subtieler en vindingryker plan kon bedink nie. Hulle doel is om ’n Marxistiese wêrelddiktatuur te vestig waar alles en almal aan die staat behoort, d.w.s. aan hulle, die regerende klas. Hulle verwag geen teenstand van die gekleurde rasse nie want hulle is aan diktatuur gewoond. Hierdie Bankiers vrees egter met reg die Blankes wat hulself van die adel en die geestelikheid bevry het en nie sal rus voor hulle hul finansiële kettings ook afgelê het nie.
As gebeurtenisse oor die afgelope 70 jaar enige aanduiding is, dan het die Bankiers besluit om hulle te verswak, te ontaard en indien nodig te vernietig deur hulle mekaar te laat beveg, en deur die jeug van die oorblywendes met dwelms en seks te besmet. Aangesien die Arabiese volkere tans dieselfde behandeling ondergaan, sal hulle waarskynlik ons lot deel.
Sewentig jaar gelede was die witman die geëerde, onbetwiste wêreldheerser. Die Britse Ryk alleen het meer as die helfte v.d. wêreld se oppervlakte beslaan en gelyk na ’n onaantasbare borswering van bestendigheid. Vandag het dit verdwyn, die witman is oral aan die terugval en die bedreiging van kernvernietiging hang oor sy gebied. Hierdie Bankiers beskik oor die mag om of die Amerikaanse of die Russiese Regering te beveel om ’n Kernoorlog te ontketen waarin die Blankes weer die hoofslagoffers sal wees. Soos gemeld deur W.G. Smipson (op. cit. bl. 637) het James Warburg, ’n vooraanstaande lid van die bankdinastieë, reeds in 1950 voor ’n subkomitee van die Senaatskomitee oor Buitelandse Verhoudinge verklaar - miskien by wyse van dreigement: “Ons sal Wêreldregering kry of ons daarvan hou of nie.
Die vraag is net of dit deur instemming of deur verowering sal geskied”. Die Britte en die Amerikaners sal gou moet besluit om te swig voor Marxistiese wêrelddiktatuur of om ’n reeds verlore oorlog te voer.
Sewentig jaar gelede is Europa in twee magsgroepe verdeel: die Drievoudige Verbond van Duitsland, Oostenryk en Italië, en die Tweevoudige Verbond van Frankryk en Rusland. Om die Italiane te verlei om hul bondgenote te verraai, het die Franse hulle as beloning die Oostenrykse provinsie van Suid-Tirool beloof. Om hulle te help besluit en hulle volledig in die prentjie te plaas het die Franse hulle waarskynlik ingelig oor die geheime verstandhonding met Sir Edward Grey, die Britse Minister van Buitelandse Sake wat hulle op 22 November 1912 skriftelik belowe het om, in geval van oorlog, scs leërdivisies aan die Franse linkerflank te laat inbeweeg binne twaalf dae na die aanvang van mobilisasie. Geen voorwaardes insake Belgiese neutraliteit is neergelê nie. Die verbond was van krag of Belgiese neutraliteit eerbiedig is al dan nie. Die Oostenryk-Hongaarse Ryk, bestaande uit sewe verskillende nasies, almal roepend om onafhanklikheid, was aan die verkrummel: Duitsland sou alleen teen die drie magtigste nasies op aarde moes veg. Die oorlog sou van korte duur wees, twee of drie weke op die langste. Hoekom sou die Italiane nie deel in die roof deur by die oorwinnaars aan te sluit nie? Die Franse het egter die Italiane gevra om hulle ooreenkoms hoogs geheim te hou en steeds voor te gee dat hulle Duitsland en Oostenryk se bondgenoot is.
Hoekom het Frankryk en Engeland hulle militêre verbond geheim gehou?
Hoekom het die Franse hulle ooreenkoms met die Italiane geheim gehou?
Hoekom het die Italiane aangehou voorgee dat hulle ’n bondgenoot van Duitsland en Oostenryk was terwyl hulle inderdaad bondgenote van Frankryk, Engeland en Rusland was?
Hoekom het die Britse Regering tot die einde toe volgehou dat Engeland geen direkte of indirekte belang in die twiste v.d. Kontinent het nie en onbetrokke was terwyl hulle inderdaad ’n vaste militêre verbond met Frankryk gesluit het?
Hulle het almal gevrees dat as die Duitsers hulle geheime verbonde agterkom, die oorlog nooit sou begin nie. Die Geallieerdes het dus die oorlog beplan.
Die valse verklarings wat sir Edward Grey aan sy eie Parlement en volk gemaak het, was om die Duitsers om die bos te lei, om hulle te laat glo dat Engeland neutraal sou bly en so die oorlog sou toelaat om aan die gang te kom. As die Duitsers geweet het hulle sou behalwe Frankryk en Rusland nog teen Engeland en Italië ook moet veg, en uiteindelik ook Amerika en Japan, is gevrees dat die Keiser by die Oostenrykse heerser sou aandring om die Russe en die sluipmoordenaars van Serwië te gee wat hulle ook al begeer het. Dan sou daar geen oorlog wees nie en Engeland of Rusland sou ’n bondgenoot van Duitsland kon word.
Hoekom het die Geallieerdes die oorlog beplan?
Frankryk wou Elsas-Lotharinge en ’n aantal Duitse kolonies terugkry, die Italianers het ’n oog op Duitssprekende Suid-Tirool gehad, die Serwiërs op die gebied van die Kroate en die Slowake, die Tsjegge op Sudeteland, en Groot Brittanje op die leeue-aandeel van die Duitse Koloniale Ryk.
In 1916 het die Duitse Keiser aan Tsaar Nicholaas onmiddellike vrede met behoud van sy vooroorlogse grense gebied, maar die Tsaar het geweier en so sy eie lot verseël. Ook aan Engeland en Frankryk het die Keiser dieselfde aanbod gemaak, maar hulle het ook geweier, wat bewys dat die Geallieerdes nie alleen die oorlog beplan het nie, maar dat hulle dit boonop twee jaar verleng het met rampspoedige gevolge vir die hele wêreld. Tog het die wêreldpers ons laat glo dat die Geallieerdes die vredeliewende nasies was, en die Duitsers die oorlogmakers.
Brittanje, Frankryk en Rusland het nie die Duitse vredesaanbod aangeneem nie omdat die geheime regeerders van die wêreld, die Superbankiers, hulle daartoe oorreed het. Hulle het plegtig beloof om Amerika onmiddellik na die presidensiële verkiesing by die oorlog te betrek. Hierdie Bankiers het ook hulle oorlogsoogmerke gehad maar dit geheimgehou. Ons weet dit nou omdat ons weet wat daarna gebeur het. President Roosevelt het gesê: “In die politiek gebeur niks per ongeluk nie. As iets gebeur, kan jy wed dis so beplan.”
In Frankryk en Engeland, asook in Duitsland en Oostenryk, het die Bankiers reeds duisende miljoene gemaak deur papiergeld uit te gee en tjekboekkrediet toe te staan aan individuele regerings in ruil vir verbande, maar blykbaar wou hulle nog ’n bietjie meer maak. In Amerika het die bankiers op 22 Desember 1913, in verontagsaming van die Amerikaanse Grondwet, die alleenreg verkry om papiergeld in omloop te bring vir die Amerikaners deur die Federale Reserwestelsel in te voer. Miskien is die uitbreek v.d. oorlog in Europa doelbewus vertraag totdat hulle hierdie reg verkry het. Hulle was nou van voornemens om Amerika in die oorlog te betrek sodat hulle ook die paar biljoen dollars kon verdien wat die Amerikaanse Regering nodig sou hê vir die voortsetting van die oorlog, en dit sou hulle uit papier vervaardig!
Behalwe hierdie geldmaaksaak het die Bankiers ook oorlogsoogmerke gehad: hulle was voornemens om ontslae te raak van Tsaar Nicholaas en die Duitse en Oostenrykse Keisers omdat hierdie leiers vasberade was om aan hul regte vas te klou en geweier het om blote rubberstempelmonarge te word, gemanipuleer en beetgeneem deur die Bankiers. Hierbenewens was laasgenoemde ook van plan om revolusies aan te hits, te organiseer en te finansier in alle oorlogsmoeë, verarmde en verhongerde lande, en Marxistiese regerings waar moontlik te vestig. Teen 1916 was geen van hierdie doelstellings verwesenlik nie, dus moes die oorlog nog twee jaar voortduur. Selfs Churchill het toegegee dat dit so was, maar helaas slegs in 1936 toe hy aan die redakteur v.d. New York Enquirer gesê het: “Amerika se toetrede tot die oorlog was rampspoedig nie net vir julle land nie, maar ook vir die Geallieerdes, want as julle tuis gebly en julle eie sake behartig het, sou ons in die lente van 1917 met die Spilmagte vrede gemaak het. Dan sou daar geen ineenstorting, gevolg deur Kommunisme in Rusland, gewees het nie, geen instorting in Italië gevolg deur Fascisme, en geen Nazisme tans op die troon in Duitsland nie. As Amerika tuis gebly en na sy eie sake omgesien het, sou geen van hierdie “ismes” vandag deur Europa gesnel en parlementêre regering omver gewerp het nie.” (Ook berig in Social Justice Magazine, 3 Julie 1939, bl. 4)
Op kenmerkend Churchilliaanse - Karl Marxistiese wyse het Churchill die verkeerde mense beskuldig. As hy "Amerika" deur “Federale Reserwe - aandelehouers” vervang het, sou hy in die kol gewees het. Soos berig deur Gary Allen in American Opinion (Belmont, Mass, Mei 1976) onder die hoof “Deadly lies” wou die Amerikaners nie oorlog maak nie, maar is hulle teësinnig daarin gestoot. Hy sê: “In 1916 op sy verkiesingsveldtog het president Woodrow Wilson altyd ’n groot banier agter hom gehad met die opskrif: ‘Hy het ons uit die oorlog gehou.’ En elke keer wat hy voor die banier gestaan het, het Wilson geweet hy lieg. Hy het reeds in die geheim met Brittanje ooreengekom dat Amerika tot die stryd sou toetree. Terwyl hy sy Groot Leuen oor Amerika se neutraliteit verkondig het, was sy Kolonel House in Engeland besig om Amerika se toetrede met die Britte te reël. Hierdie onderhandelings het buite die Amerikaanse Senaat se wete geskied en in direkte skending van beide die gees en die letter v.d. Grondwet. . .”
Martin A. Larson het in The Federal Reserve and our Manipulated Dollar (The Devin - Adair Company, Old Greenwich, Conn. 06870, bl. 43/4 en 81) die volgende oor pres. Wilson te sê: “Hy was was 'n redenaar met hartstogtelike vuur, en vanweë sy voorliefde vir vroue - vernaamlik getroude vroue - en die ongelukkige gewoonte om minnebriewe aan hulle te skryf uiters kwesbaar vir afpersing. Boweal was hy ’n meester van evangelistiese uitspake waarin hy presies die teenoorgestelde bepleit het van wat hy voornemens was om te doen . . . Gedurende sy eerste termyn het hy hom as die groot apostel van vrede en neutraliteit voorgedoen. Toe hy in 1916 weer kandidaat was, het hy homself aangedien as die vlekkelose ridder in glinsterende wapenrusting wat die Amerikaanse vrede bewaar het. Hy het egter skaars die ampseed afgelê of hy het ’n vurige pleitbesorger van oorlog geword . . . Die oorlog sou, so het hy die bedroë volk verseker, alle oorloë beëindig en die wêreld vir altyd vir die demokrasie bewaar. Hy het nagelaat om te meld dat die Amerikaanse bankiers reeds Franse en Engelse obligasies van biljoene dollar verreken het, wat in geval van ’n Duitse oorwinning totaal waardeloos sou word.”
President Wilson het die Amerikaners bedrieg. Hulle het hom tot President verkies omdat hy beloof het om hulle uit die oorlog te hou. Churchill het die wêreld mislei deur “Amerika” te blameer, d.w.s. die Amerikaners, die bedroë, beswendelde slagoffers van ’n bose sameswering waarvan hy self ’n vooraanstaande lid was.
Dat ons Superbankiers die Bolsjewistiese Revolusie gereel en gefinansier het, is deeglik gedokumenteer. Hulle het dit self erken deur pres. Wilson te versoek om die Sesde Klousule in sy wapenstilstandsaanbod in te sluit waarin hulle oorwinnaars en oorwonnenes verplig het om aan Bolsjewistiese Rusland “. . . ’n opregte verwelkoming te gee in die gemeenskap v.d. vrye volkere onder instellings van sy (Rusland se) eie keuse, en wat meer is, hulp van enige aard wat hy mag nodig hê of begeer ...”
Met hierdie klonsule het die Bankiers hulle in hul ware gedaante onthul: as naamlik die skeppers, beskermers, borge en bevorderaars van die Kommunisme. Hierdie klousule is deur oorwinnaar en verloorder aanvaar, maar deur beide verontagsaam. Die Bankiers moes ons nog ’n wêreldoorlog laat veg om ons te dwing om te doen wat ons onderneem het; maar ons het ons les geleer. Sedert Wêreldoorlog II gee alle regerings in die Weste, selfs neutrales soos Swede, die Kommunistiese regimes die kwistigste hulp van enige aard wat hulle mag nodig he of begeer.
W.G. Simpson (op. cit. bl. 716/9) sê dat prof. Antony Sutton in “National Suicide” (Arlington House, 1973) onweerlegbare getuienis lewer dat ons in die afgelope half eeu met die een hand met ons swaard Rusland en die Kommunisme gedreig het, maar met die ander agteraf maar op geweldige skaal hulp na Moskou laat deursypel het waarsonder die Kommunistiese despotisme in Rusland dalk algeheel sou ineengestort het. . . “Stalin het self in 1944 erken dat twee-derdes van die groot nywerheidsondernemings in die Sowjet-Unie met die hulp of tegniese bystand van die V.S.A. tot stand gebring is.” Prof. Sutton bewys dat die ander derde van genoemde nywerhede deur state in die Weste gebou is, dat die tenkaanlegte, die lugvaartkonstruksies, die plofstowwe en die ammunisie-opslagplekke hul oorsprong in Amerika het . . . “dat 90 tot 95% van die Sowjet se tegnologie sedert 1918 uit Amerika en sy bondgenote afkomstig is . . . dat ons enigiets van koperbedrading en motorvoertuie tot oorlogstenks, missieltoerusting en rekenaars vir die Kommuniste gebou, aan hulle verkoop of verhandel of regstreeks gegee het... dat hierdie massiewe tegniese bystand tot op hede voortduur . .. dat die Russe die grootste handelsvloot, nagenoeg 6000 skepe, in die wêreld het, waarvan twee-derdes buite die Sowjet-Unie gebou is ...”
Hoekom het ons Superbankiers die grootste staalaanleg in die wêreld in Sowjet-Rusland gebou? Waarom het hulle die grootste tenkfabriek daar gebou? Waarom het pres. Roosevelt se administrasie nie alleen die atoomgeheim aan die Russe verklap nie maar ook die boustof wat nodig is om ’n atoombom te maak aan hulle gestuur? Rusland is bestem om die onvermydelike oorlog te wen as die Westerse nasies volhard om ’n Marxistiese Wêrelddiktatuur teen te staan.
By Versailles het die Bankiers die vrede gedikteer. W.G. Simpson (op. cit. bl. 697) sê: “Mnr. Lloyd George het in sy ‘War Memoirs’ die wesenlike situasie glashelder in die volgende onvergeetlike woorde opgesom: ‘Die Bankiers het staatsmanne, politici, juriste en joernaliste opsy geveeg en hulle bevele uitgevaardig met die heerssug van absolute monarge wat weet dat daar teen hulle genadelose bevele geen verweer is nie.’” Die geheime oogmerk was eenvoudig: “Lê ’n Drakoniese onregverdige vrede op en maak ’n verdere winsgewende wêreldoorlog onvermydelik; en skep so ’n klimaat wat die verdere groei van Marxistiese diktature begunstig”.
In sy memorandum vir die Vredeskonferensie het Mnr. Lloyd George op 25 Maart 1919 geskryf: “Die behoud van vrede sal . . . afhang daarvan of daar geen redes tot ergerlikheid is wat voortdurend ’n gees van patriotisme aanstig, van geregtigheid en regverdigheid om te verhaal. .. Onreg en aanmatiging in die uur van oorwinning sal nooit vergewe of vergeet word nie. Om hierdie redes is ek dus gekant daarteen om meer Duitsers onder ander beheer te plaas as wat moontlik verhelp kan word. Ek kan my geen groter oorsaak van ’n toekomstige oorlog voorstel nie as dat die Duitse volk, sekerlik een van die ywerigste en magtigste nasies ter wêreld, omring sou word deur ’n aantal klein state, baie van wie se mense nog nooit self ’n stabiele regering daargestel het nie, maar elkeen met massas Duitsers wat vuriglik hereniging met die Vaderland begeer. Die voorstel van die Poolse Kommissie dat ons 2 100 000 Duitsers moet stel onder die beheer van mense met ’n ander godsdiens en taal - mense wat nog nooit in hul geskiedenis hul vermoë tot bestendige selfregering bewys het nie - moet, volgens my oordeel, vroeër of later tot ’n nuwe oorlog in Oos-Europa lei...”
Vervolg...