Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag. As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag. Ons Bevryder, ons Bewaker, U die God wat ons bewaar!
WIE MAAK ONS GELD? (3)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Deel II: Verskillende sette om ons arm, hardwerkend en ellendig te hou en ons so te kondisioneer vir ’n Marxistiese Werelddiktatuur.
Ons geskiedenisboeke verbloem die feit dat die Amerikaanse Vryheidsoorlog aangehits is deur die aandeelhouers van die Bank van Engeland wat die Koloniste die reg om hulle eie geld te druk en uit te gee ontsê het. Soos reeds vermeld het die eerste Amerikaanse koloniste hulle eie geld uitgegee om vir regeringsuitgawes te betaal. Toe die Bank van Engeland se eienaars dit verneem, het hulle druk op die Engelse regering uitgeoefen en in 1764 het die Engelse Parlement Amerikaanse banknote onwettig verklaar en die verdere druk en verspreiding daarvan deur die Koloniste verbied. Dit het tot veel ontbering, verarming en werkloosheid onder die Koloniste gelei.
Met hulle voormalige voorspoed daarmee heen wou hulle sulke skreiende onreg nie langer veel nie en het hulle gerebelleer. Die Britte het oorlog verklaar teen hulle, ’n bewys dat hulle toe reeds nie deur koning en parlement regeer is nie, maar wel deur die Bank van Engeland. Ek is daarvan oortuig dat as die Britte behoorlik deur hulle leiers en koerante ingelig was, hulle hul eie kettings sou afgesmyt het en geëis het dat die Bankiers alle Nasionale Skuldbriewe teruggee, asook die rente daarop betaal sedert die stigting van die Bank van Engeland. Dan sou die eenheid van die Engelssprekende wêreld behoue gebly het, Groot Brittanje sou ’n vrederyk van ongedroomde finansiële en kulturele voorspoed binnegegaan en die twee wêreld- oorloë sou nooit plaasgevind het nie.
Daar kan voorts geen twyfel bestaan dat hierdie Bankiers die Franse Revolusie aangestig en gefinansier het nie. Vele aristokrate en Katolieke priesters het hul lewens verloor terwyl hul besittings beslag op gelê, “genasionaliseer” is, maar nie ’n engele bankier het ’n letsel opgedoen nie. Die Franse revolusionêres het die kettings van die adel en die geestelikheid afgewerp maar nie die van die Bankiers nie omdat hulle die revolusie georganiseer en gefinansier het.
Revolusies gebeur nie net sommer spontaan nie; die gepeupel sou gou belang in die saak verloor. Hulle moet georganiseer en gerig word deur betaalde agitators wat in die agtergrond bly maar sake aanhelp met behulp van goedbesoldigde terroriste. W. Cleon Skousen vertel in “The Naked Capitalist” (2197 Berkeley Street, Salt Lake City, Utah 84109, bl.57 -72) in besonderhede hoe belastingvrye instellings miljoene in die koffers van professionele revolusioniste en Kommunistiese terroriste-organisasies stort. Teen 1956 het die Fordstigting alleen reeds meer as ’n biljoen dollars aan hierdie doeleindes bestee en om Amerikaners op te voed om die evangelie van Karl Marx te aanvaar.
Niemand kan ontken dat miljoene reeds in Suid-Afrika gespandeer is om onrus, boikotte, moord, terroristiese dade, opstande en revolusie aan te blaas nie. As hierdie Superbankiers daarin slaag om grondstowwe, asook olie uit Arabie na Suid-Afrika af te sny, sal ideale omstandighede vir ’n Marxistiese diktatuur ontstaan.
Dis ons sedelike waardes wat ons motiveer en bepaal wat ons vir plesier bejag. ’n Redelike mens se vernaamste lewensdoel is ’n gelukkige bestaan. Hy verkry geld om egte of vermeende behoeftes te bevredig, maar die Superbankiers versamel dit vanwee die mag wat dit verleen. Hulle beskik reeds oor geweldige mag maar hoe meer hulle het, hoe meer groei hulle magsbegeerte.
Ek is daarvan oortuig dat hulle persoonlik gawe, hoogs intelligente en kunssinnige mense is, maar hulle stel 'n prys op mag, absolute mag bo alles. 'n Mens moet hulle bewonder om hulle sluwe listigheid, vindingrykheid en aanleg. Duitsland was seker vir hulle ’n groot teleurstelling want hy het nie, soos hulle gehoop het, ná Wêreldoorlog 1 die werkswinkel van die Kommunistiese Ryk gewordnie. Onder Hitler het Duitsland die grootste struikelblok vir verderc Kommunistiese uitbreiding in Europa geword. Dus was die eerste taak om hom te vernietig, hierdie keer algeheel, want Hitler het boonop hulle finansiele boeie verbreek deur hulle af te dank en hulle skelm geldstelsel te vervang met die eerlike een v.d. eerste Amerikaanse setlaars. Hitler was die eerste man in 250 jaar om die “Onvergceflike Sonde” te begaan. Hulle was dus vasberade om aan die wêreld te toon wat met rebelle teen hulle oorheersing gebeur.
Vervolg...